Ek is verstom oor die media se genadelose fokus op mense wat uiteindelik tot ons ondergang lei sonder om op ander wat net so skelm/korrup is te fokus.
Net so word Ramaphosa nou skielik soos Obama voorgehou as die engel Gabriël. Ramaphosa is ‘n multimiljoenêr a.g.v. SEB. Hy is nie ‘n self-made ryk sakeman soos Rupert of Trump nie.
Afrikaners se huidige lot is primêr deur Ramaphosa by Kodesa verseël. Hy was skaars aangestel as adjunkpresident toe plaas hy ‘n moratorium op plaasuitsettings wat aan swartes nou sterk aanspraak bied op permanente verblyfreg tot in die oneindige geslag. Hy was skaars verkies as ANC-leier toe kondig hy aan dat hy wetgewing wil deurvoer vir die onteiening van privaat eiendom sonder vergoeding; hy weet saam met die EFF het hy meer as 70% steun hiervoor in die parlement.
Blankes, veral Afrikaners, het in werklikheid meer te vrees vir wat Ramaphosa hulle reeds aangedoen het en myns insiens nog gaan aandoen as dít wat Zuma in sy hele ampstermyn gedoen het.
Die naïewiteit van soveel Blankes om te dink dat SA se ellende nou iets van die verlede is, gaan my heeltemal te bowe.
“As jy ‘n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sý reg…” (uit NP v Wyk Louw se versdrama Die dieper reg wat handel oor die Voortrekkers)
— Anoniem