Dan Roodt: Die aap in die Suid-Afrikaanse politiek

Ten minste sedert die Penny Sparrow-voorval, weet ons dat die woord “aap” in ons land uiters gevaarlik geword het. Veral op Engels as: “monkey”. Vir die Afrikaanssprekende klink “monkey” na ‘n verkleiningsvorm; dit het iets kinderliks en vriendeliks. Helaas, het ons nou die ander gesig van die aap gesien, in die vorm van massa- en mediahisterie.

EFF-betoging by H&M-winkel

Nog meer onlangs het ‘n horde rooi wagte van die EFF etlike winkels van die Sweedse modehuis Hennes en Maurits bestorm en daarbinne amok gemaak. Dis nou die fameuse “H & M”. Ek besit self ‘n paar linnehemde en -broeke van H & M; ek moet sê, dit verskaf my tans ‘n vreemde gevoel om hulle aan te trek, asof ek een of ander gebod oortree. Die aapgebod?

Om ‘n swartman ‘n aap of bobbejaan te noem, is kennelik ‘n “misdryf” soos dit in die taal van die strafhof heet. Om egter by ‘n kettingwinkel in te bars en jou op die oog af soos ‘n aap te gedra, is geen misdryf of oortreding nie; dit heet “protes” of “betoging”. Ons is al gewoond daaraan dat gewelddadige betogings, wat dikwels met saakbeskadiging gepaard gaan, in ons land onder die ANC-bewind aanvaarbaar geraak het. Dit gee nuwe betekenis aan die uitdrukking: “om te maak of breek soos jy wil”.

Solank jy net nie die aapwoord gebruik nie, anders is jy in gróót moeilikheid. Dit lei egter tot ‘n — myns insiens — tweede paradoks, en dit is: In die beklemtoning van ons gemeenskaplike primaatvoorouers by die Sterkfonteingrotte en elders, het ons reeds as’t ware die aap en veral die aapmens tot iets mensliks, of dan hominieds, verhef.

Toe ek jonk was, was daar ‘n kinderboek deur Sita waarin daar sprake van ‘n aapmens was. Die titel is: Mientjie en die aapmens. Ek kan nie die besonderhede meer onthou nie, behalwe dat Mientjie op vakansie Oos-Transvaal toe gegaan het, waar sy die aapmens sou teëkom.

Dan is daar nog die plaas naby Brandfort wat aan wyle advokaat C.R. Swart, die huidige republiek se eerste seremoniële president, behoort het. Op Nederlands, het dit “De Aap” geheet. Moontlik sou ‘n hedendaagse Naarpershoernalis wat na die spreekwoordelike “rassis onder elke bed” soek, iets sinisters daarin kon lees. “Apartheidspresident het op die plaas ‘De Aap’ gewoon”, sou ‘n gepaste opskrif kon wees. Binne die huidige, taalpreutse konteks kan dit iewers dalk as “skokkend” voorgestel word.

De Aap, plaas van wyle C.R. Swart. Foto: Dana Snyman se Facebook.

Eintlik is dit heel ironies. Want, Suid-Afrika is seker een van die mees dekadente samelewings op aarde, waar elke oortreding, selfs moord of verkragting, verdra word. Die bevolking in sy geheel word deur die media en die owerheid aangemoedig om so losbandig as moontlik te wees en hul oor te gee aan lolyt, brassery en ‘n soort revolusionêre roes waarin die drifte botvier. As ‘n blyk van vreugde, brand jy sommer jou buurman se huis af. Dis soos ‘n karikatuur van die Wilde Weste in Hollywoodfilms: ‘n gesuip in die kroeg, skote in die lug of sommer ‘n skietgeveg op straat, terwyl die vrederegter (sheriff) insgelyks dronk in sy kantoor sy roes afslaap. Anders as in die films, beskik Suid-Afrika kwalik oor eerlike, opregte burgers wat teen die onreg en wanpraktyke in opstand kom.

Dus, niks kan ons meer skok nie. Ons is gewoond aan die ergste: Diefstal. Moord en doodslag. Plaasmoorde. Dis alledaags. Vele misdrywe word nie eens meer by die polisie aangemeld nie, behalwe as dit vir versekeringsdoeleindes benodig word. Daarom is die hele gedoe rondom die woord “aap” of “apie” amper verfrissend. Want dit skep ‘n soort waanbeeld dat die inwoners van dié verrotte land nog iewers oor ‘n morele beginsel beskik! Niks traak hulle meer nie, die misdaad en korrupsie, selfs diegene wat op straat urineer (dit sien ek elke dag in Johannesburg), dog iewers trek hulle die streep: by die woord “aap”. Dít vind hul skokkend, grensoorskrydend, taboe. Hoe sonderling!

Helaas. Ek vermoed dat die EFF se kordate rooi wagte in hul ewe rooi oorpakke kwalik deur die A-woord geskok word. Dis alles bloot politieke teater. Kunsmatige verontwaardiging. Netnou gaan hulle in hul luukse, Duitse viertrekwaens klim en na Amerikaanse kletsrymmusiek luister waarin daar blatant en herhaaldelik na “kaffers” (niggers) en “hoermeide” (hoes) verwys word. Hulle glimlag daaroor.

As voorbeeld – en daar is beslis veel erger – haal ek aan uit die liedjie deur die gewilde kletskrymer Drake, genaamd “Jorja interlude”:

Tryna stay light on my toes
Just ran a light in a Rolls
Told me I’m lookin’ exhausted
You hit it right on the nose
I’m tired of all of these niggas
I’m tired of all of these hoes
Worried ‘bout takin’ my lane
They ain’t even got on the road

Dis alles net ‘n groot klugspel. Die gekrenktes maak asof hulle kamma deur die aapwoord onstel word, maar eintlik is almal reeds so blasé dat niks hulle ooit kwel nie. Ons beleef lankal reeds ‘n amorele toestand van anomie. Vir diegene wat nie weet nie, die term “anomie” is deur die Franse sosioloog Émile Durkheim gewild gemaak. Dit word gedefinieer as ‘n “toestand waarin die maatskappy min morele leiding aan indvidue verskaf”. Klink dit nie presies net soos die toestand waarin ons land verkeer nie?

Behalwe dat jy baie versigtig met jou verwysings na die diereryk en veral die orde van die primate moet omgaan, heers daar groot verwarring in Suid-Afrika oor wat reg en verkeerd, beskaaf of onbeskaafd, hoflik of onhoflik sou wees.

Eugène Marais, wat tans oor die algemeen as ‘n polities korrekte liberalis voorgestel word, het ‘n boek geskryf met die titel Die siel van die aap. Nie net is daar verskeie paragrawe in die boek wat hom vandag voor die erg rasbewuste SA Menseregtekommissie sou laat beland nie, maar hy het insgelyks ingesien dat die gedrag van die mens en van die bobbejaan heelwat ooreenstem.

Die mens staan dus redelik naby die sogenaamde hoër primate, soos wat Marais ingesien het:

“Nietemin is een beginsel seker (en elke oplettende Afrikaner weet dat dit so is, en sal dit geredelik erken): dat die kloof wat die bobbejaan in hierdie opsig (en in alle sielkundige opsigte) van die laer soogdiere skei, baie wyer en dieper is as dié wat die mens van die bobbejaan skei – met ander woorde, die ‘slimheid’ van die bobbejaan, wanneer met dié van die hoogste soogdier vergelyk, is oneindig groter as die ‘slimheid’ van die mens met dié van die bobbejaan vergelyk.”

Om die mens binne sy orde van primate te klassifiseer, veroorsaak politieke skande en selfs woede by radikale of Afromarxistiese groepe soos die EFF. Nietemin het die ANC-bewind, asook die links-liberale groepering in die Suid-Afrikaanse politiek, miljoene der miljoene rande daaraan bestee om die gedagte te vestig dat ons land “die wieg van die mens” verteenwoordig. Die huidige homo sapiens sou van die aapmense van Afrika afstam, iets waarop ons veronderstel is om trots te wees.

Vermoedelik is die evolusieteorie vir die huidige bewind en sy links-liberale meelopers aantreklik omdat dit sou behels dat alle menslike rasse van dieselfde aapmens afstam. Stephen Jay Gould, die ontslape Amerikaanse antropoloog, het iewers gesê: “Menslike gelykheid is ‘n toevallige feit van die (evolusie)geskiedenis.” Met ander woorde, dit sou kon gewees het dat die rasse beduidend van mekaar kon verskil het, maar “toevallig” is ons almal gelyk. Dié stelling het Gould, ‘n Joodse Amerikaner blykbaar die eerste keer tydens ‘n besoek aan Pretoria neergepen. Gould is egter ook daarvan beskuldig dat hy bepaalde feite gemanipuleer of verander het om sy siening te staaf.

Gegewe die histerie oor Penny Sparrow en die Britse H & M-kappiehemp, wil dit nou voorkom asof ons “gemeenskaplike herkoms vanaf die aapmens van Sterkfontein” nie meer so sterk beklemtoon word nie. Die hoofstroommedia en die radikale linkse groepe (eintlik is die hoofstroommedia self ‘n radikale linkse groep, wesentlik marxisties in hul uitkyk) is nie meer so erg trots op ons primaatskap en dat ons na verwant aan die ape en bobbejane is nie.

In ‘n samelewing waar die mees vuige taalgebruik, onbeskoftheid, gebrek aan beskaafde maniere — waag dit maar net op die paaie in Gauteng om die dierlike aard van die bestuurders te ervaar — is daar maar een soort “belediging” wat onaanvaarbaar is en dit is om iemand met ‘n aap of ‘n bobbejaan te vergelyk!

Dit is gewoon kranksinnig. Maar ons land het kranksinnig geword, dít weet ons lankal. Dat die kranksinnige regering en media toegelaat het dat 143 geestessiek pasiënte tydens die Life Esidimeni-voorval soos in ‘n Britse konsentrasiekamp weens honger, uitputting en verwaarlosing gesterf het, is maar een simptoom van die wesentlike waainsin onderliggend aan hierdie verdrukkende en onregverdige bestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.