Suid-Afrikaanse EU-hoof lê besoek af by Albie Sachs in Clifton

Albie Sachs (links) en Marcus Cornaro

Die hoof van die Europese Unie in Suid-Afrika, Marcus Cornaro, het besoek afgelê by die terroris en oud-regter, Albie Sachs in die miljoenêrswoonbuurt Clifton, te Kaapstad. Cornaro is ‘n linkse Oostenryker wat voorheen betrokke was by die organisering van sanksies teen Suid-Afrika.

Op Twitter het Cornaro gesê dat Sachs “ondersteuning van die EU verdien” vir sy projek oor “Kuns en geregtigheid”.

Terwyl Cornaro as die EU se topdiplomaat hoflikheidsbesoeke aan Albie Sachs aflê, het hy verlede jaar geweier om op korrespondensie van PRAAG aangaande die gebrekkige kulturele kontak op amptelike vlak tussen EU-lande en Afrikaners te antwoord.

In ‘n onderhoud spreek Cornaro hom ten gunste daarvan uit dat die EU help om blankes in die Suid-Afrikaanse stelsel deur swartes te vervang. Hy sê:

“Ek wil graag die Europese Unie posisioneer as waarskynlik Suid-Afrika se beste internasionale vriend as dit kom by die onvoltooide projek van transformasie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.