Leon Lemmer: Oor godsdiens en Afrikaners

Ek het onlangs oor ‘n omstrede onderwerp, te wete homoseksualiteit, geskryf (Praag 16 Desember) sonder dat dit erge negatiewe kommentaar ontlok het. Vandag is my tema godsdiens of eintlik religie,* want dit gaan nie uitsluitlik letterlik om diens aan God of gode nie. Die drie religieë wat in die Midde-Ooste ontstaan het en die grootste aanhang in die Weste geniet (Judaïsme, die christelike godsdiens en Islam), is monoteïsties en letterlik godsdienste. Maar in die geval van Oosterse religieë, soos Boeddhisme en Hindoeïsme, speel die bestaan van metafisiese of bonatuurlike wesens ‘n minder prominente rol. Religie raak die gevoelens en oortuigings van meer mense as homoseksualiteit. Om oor religie te skryf is dus (potensieel) meer omstrede. Ek skryf dus nou met selfs groter huiwering as in die geval van homoseksualiteit. Hopelik sal die hemel hierdie rondte ook nie val nie.

[* Anders as “godsdiens” verwys die woord “religie” skynbaar nie direk na God nie, maar etimologies wel in ‘n mate: “Religion: From religere (Cicero), the contemplation or the concern for something which surpasses the human being; from religare (Lactantius), the feeling of attachment to a divinity” (J Grooten and G Jo Steenbergen, New encyclopedia of philosophy, New York: Philosophical Library, 1972, p 370).]

By vorige geleenthede het ek Afrikaans en nie die christelike godsdiens nie, as die kern van Afrikanerwees beskryf.* Daar is minstens drie redes hiervoor. Eerstens, sedert veral 1994 het Afrikaners op groot skaal hulle rug op die kerk gedraai, dus op georganiseerde openbare godsdiens. Dit gaan by uitstek om die al hoe groter afvalligheid van die drie tradisioneel Afrikaanse Kerke ( die NG, Gereformeerde en Hervormde Kerk). Hiervoor is daar onder meer politieke redes, bv die amptelike afwysing van apartheid, wat selfs tot dwaling en sonde verklaar is, en die aansluiting wat die Afrikaanse Kerke by Afrikanervreemde en -vyandige elemente, soos die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Wêreldraad van Kerke, soek. Afrikaners het minder kerklik maar glad nie in dieselfde mate minder religieus geword nie.

[* My mening kry ondersteuning uit ‘n onverwagte oord. “Afrikaner identity is premised on the Afrikaans language, reworked by Afrikaner nationalism to be ‘the key cultural expression of a great volk‘” (Louise Vincent, aangehaal deur Christi van der Westhuizen in Sitting pretty: White Afrikaans women in postapartheid South Africa, Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press, 2017, p 58). Van der Westhuizen beaam: “Die taal is central” (187).]

Tweedens is Afrikaans volkseie. Dit is op (eens) eie bodem ontwikkel terwyl die christelike godsdiens ‘n verskynsel is wat wêreldwyd aangetref word, al het dit plaaslik aanpassings ondergaan. Anders as Afrikaans onderskei godsdiens (spesifiek protestantisme/calvinisme) Afrikaners nie duidelik van ander volke nie. Daar is die huidige (maar misleide) entoesiasme dat Afrikaans sy oorsprong by bruin mense het en voorts dat die meeste Afrikaanssprekers bruin is. Sodanige vertolking neem glad nie in ag die deurslaggewende rol wat Afrikaners in die ontwikkeling en vestiging van Afrikaans gespeel het nie; ook nie die (tradisionele) verskil in gehalte van die Afrikaans van blankes en bruin mense nie.

Daar is by hierdie twee etniese groepe ook ‘n groot graadverskil in lojaliteit jeens Afrikaans. Afrikaans behoort tot die kern van Afrikanerwees, terwyl Afrikaans vir (baie) bruin mense opsioneel, dus nie-noodsaaklik, is. Die mengeltaal Kaaps is ‘n lewende bewys van bruin mense se onsensitiwiteit vir en dislojaliteit jeens agbare Afrikaans. Die joernalis Carryn-Ann Nel word deur Media24 vertrou om oor Afrikaans verslag te doen. Onlangs het sy geskryf oor hoe lief sy vir Afrikaans is. Terselfderyd is sy “verheug” dat die Universiteit Vrystaat eentalig Engels geword het (Die Burger, 9 Januarie, p 11). Enigeen wat die toekoms van Afrikaans aan bruin mense toevertrou, verseker daarmee die ondergang van Afrikaans. Slegs Afrikaners kan sorg dat Afrikaans so onbesoedeld moontlik naas Engels bly voortbestaan. Ek kan nie aanvaar dat Afrikaanstaalkundiges en -letterkundiges voortgaan om my nie in hierdie opsig te steun nie. Dit moet ‘n simptoom van erge kruipsug wees. Leopold Scholtz veg met groot gebaar vir Afrikaans maar probeer deurlopend bruin mense daarby betrek. Hy is gevolglik nie bereid om die mengeltaal Kaaps as ‘n destruktiewe faktor in die voortbestaan van Afrikaans te verklaar nie (Netwerk24, 25 Januarie).

Derdens is daar die verskynsel van sekularisasie of verwêreldliking. Veral ontwikkelde, Westerse mense is geneig om al hoe meer aan die empiriese of sintuiglik-waarneembare wêreld verknog te raak en hulle al hoe minder te bekommer oor bv die moontlike bestaan van ‘n metafisiese* (dus nie-fisiese of geestelike) wêreld, asook (individuele) voortbestaan na die dood. Dit gaan eerder om die hiermaals as die hiernamaals. In hierdie proses kan mense al hoe meer materialisties word en geestelik verarm. “Secularization: The process through which religious thinking, practice, and institutions lose their religious and/or social significance. The concept is based on a theory, held by some sociologists, that as societies become industrialized their religious morals, values, and institutions give way to secular ones and some religious traits become common secular practices” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 823).

[* Die metafisiese word soms die bo-natuurlike genoem, maar dan nie met die implikasie dat dit ‘n onnatuurlike wêreld is nie. Daar word bv geglo dat sowel die empiriese as die metafisiese wêreld deur God geskape is. In soverre ‘n metafisiese wêreld verbeel word, is dit wesenlik ‘n afskynsel van die empiriese wêreld.]

Naas Afrikaans is dit ons bewoë geskiedenis, waarin godsdiens ongetwyfeld ‘n groot rol gespeel het, wat van Afrikaners maak wat hulle is. “Ethnic uniqueness fundamentally was expressed through common religious belief and, most important, common language … religion was the emotional expression of civilization, but language was the key to human group identity. The ‘true’ nature of any ethnic group lay in its language and its historical … past” (Dennis P Hupchick, The Balkans: From Constantinople to Communism, New York: Palgrave, 2001, p 194). Sedert 1652 het saamleef en saamwerk tot die vorming van ‘n eie Afrikanerkultuur aanleiding gegee. Met verloop van tyd is ons ontheem van enige ander vaderland, maar geestelik het ons wesenlik Europeërs gebly, vaandeldraers van Europese beskawing in Afrika. Ons enigste staanplek is in Afrika. Ons behoort uiteraard alles moontlik te doen om ons onuitroeibaarheid te bewys. Die ANC, daarenteen, wil die kern van Afrikanerwees, naamlik Afrikaans, vernietig.

Die meerderheid inwoners van ‘n land of kontinent kan sekulariseer terwyl die minderheid inwoners hulle godsdienste oortuigings behou. Dit is blykbaar in Europa die geval. Uit die bostaande definisie is dit duidelik dat alle waardes nie vanweë sekularisasie opgehef word nie. Die gesekulariseerdes grondves hulle waardes empiries terwyl die religieuses dit metafisies doen. Byvoorbeeld, Immanuel Kant (1724-1804) het sy absolute gebod (“categorical imperative”) suiwer rasioneel gegrondves. Dit kom op dieselfde neer as die Bybelse voorskrif dat jy aan ander moet doen soos jy wil hê dat hulle aan jou moet doen. Hierdie basiese ooreenstemming in waardes kan in die aard van menswees gegrondves wees. “Far from religion supporting morality, as we might think, what happens is that our intuitive moral thinking makes some religious concepts easier to acquire, store and communicate to others” (Boyer, bron hier onder, p 231). Min of meer dieselfde waardes kan deur sowel gesekulariseerdes as religieuses aangehang word. In die praktyk word egter gevind dat vervlakte geestelikheid (‘n wyer begrip as religieusiteit) ‘n mindere verknogtheid aan waardes by veral gesekulariseerdes tot gevolg kan hê. Dit is baie makliker om waardes oor te neem as om hulle self te skep. Maar mense se religieusheid kan ook vlak wees.

Wanneer ‘n mens in Europa reis is dit opvallend dat die katedrale en kerke deesdae die meeste van die tyd vir ander doeleindes as religie gebruik word, bv as trekpleisters wat toeriste aan vervloë tye herinner. ‘n Mens kan moeilik die indruk afskud dat geestelike vervlakking plaasgevind het. In hierdie geboue is daar dikwels (ten minste potensieel, dus ten spyte van die onstigtelike toeriste) ‘n gewyde stemming, wat verhoog word deur bv die gebrandskilderde glasvensters. Die aanvanklike doel met hierdie vensters was om temas uit te beeld wat godsdienstige boodskappe by ongeletterdes kon tuisbring. Maar die kleure wat in brandskilderye gebruik word en die lig wat deur hulle val, asook die uitbeeldings, vervul steeds ‘n funksie, naamlik om ‘n gewyde atmosfeer te skep. Daar is ook die ryke skat van kerkmusiek wat bly voortbestaan en steeds waardeer word, ook deur gesekulariseerdes, bv die werke van Bach, Händel en Bruckner. Dieselfde geld vir die godsdienstige inspirasie wat uitdrukking in ander kunsvorme, soos die skilderkuns, beeldhouwerk en argitektuur, gevind het. Daarsonder sou ons geestelik baie armer gewees het.

‘n Onrusbarende hedendaagse verskynsel is dat vanweë die intog van Moslems in Europa talle kerke in moskees omskep is. Die subteks is dat die eens christelike Europa sy geestelike kompas verloor het terwyl die Moslem-inkommers ‘n vaste(r) en selfs fundamentalistiese of fanatieke oriëntasie het. Religie stel Moslems in staat om in hulle vermoëns te glo terwyl die tradisionele Europeërs al hoe meer onseker van hulle identiteit word en daar by baie van hulle skynbaar twyfel is of dit die moeite werd is om hulle kultuur te beveilig. Hulle het perspektief verloor en perspektief, die oogpunt waaruit na dinge gekyk word, kan bepaal wat as belangrik of onbelangrik beskou word.

Naas materiële dinge, wat noodsaaklik is of ons gerief bevorder, is daar geestelike dinge, soos ten minste sommige tradisioneel christelike waardes, wat liefs nie verwaarloos moet word nie. Soos in die geval van mense is sommige dinge belangriker as ander. Soos in die geval van mense is alle dinge nie op dieselfde vlak nie. Daar is iets soos hiërargie. Die dinge wat hoog geag word, is verhewe en die hoogstes kan as heilig beskou word. Religie word gekenmerk aan heilige dinge. Ons lewe in ‘n tyd waarin dinge wat tradisioneel verhewe en heilig geag is, op groot skaal neergehaal en ontheilig, dus gelyk gemaak, word. Vir Afrikaners is bv die Voortrekkermonument, die Vrouemonument en die Afrikaanse Taalmonument heilig. Maar die ANC-regering het beheer oor bv die Taalmonument verkry. Diegene wat die grootste bydrae tot Afrikaans gelewer het, word daar glad nie meer (na behore) gehuldig nie. In Europa word kerke omskep in moskees terwyl die Taalmonument plaaslik weens ‘n ontheiligingsproses al hoe meer ‘n nie-Afrikaner-aanskyn kry. Roger Scruton, ‘n konserwatiewe Britse wysgeer, verduidelik in sy boek, The soul of the world (Princeton University Press, 2014, 211p; Amazin Kindle $11,39), waarom die behoud van dinge wat as heilig geag word vir die mensdom belangrik is.

Tim Crane

Ek het hierdie rubriek begin met die veronderstelling dat ek veral na aanleiding van die volgende boek van Tim Crane (gebore in 1962) sou skryf: The meaning of belief: Religion from an atheist’s point of view (Cambridge, Mass: Harvard University Press, 2017, 216p; Amazon Kindle $10,81). Sy uitgangspunt is dat religie vir gelowiges waarde het, dat dit ‘n belangrike komponent van etnisiteit is en as gom in sulke gemeenskappe dien. Nie-gelowiges behoort religie en religieuses dus met respek te behandel. Ek vind nie fout met sy invalshoek nie. My bewaar is eerder dat hy ‘n voordrag tot ‘n boek opgeblaas het; vandaar die baie herhalings in die teks. Hy spreek allerhande wysgerige kwessies aan wat die leesbaarheid van die teks vir nie-vakkundiges aantas en nie altyd ‘n noodsaaklike verband met die onderwerp het nie.

Crane onderskei tussen enersyds die betekenis of waarde en andersyds die waarheid van religieuse geloof (Kindle 38). Soos in die filosofie het wetenskaplike kennis die area verklein waarin religie geag word die waarheid te verkondig. Byvoorbeeld, die drieverdieping-wêreldbeeld (hemel, aarde, hel) is religieus-simbolies sinvol, maar nie objektief-wetenskaplik nie. Anders as die wysgere van weleer kom hedendaagse filosowe ook nie meer met kosmologiese uitsprake wat hulle in teenstelling met die wetenskapgefundeerde wêreldbeeld probeer regverdig nie.

Wat Crane suksesvol doen, is om die oordrewe aansprake en oneerbiedige uitsprake van die Nuwe Ateïste (Richard Dawkins, Daniel Dennett, AC Grayling, Christopher Hitchens en Sam Harris) te weerspreek. Waarmee gelowiges identifiseer, behoort eerbiedig te word: “belonging to a historical tradition and making senses of the world through ritual and custom” (49). Religie/protestantisme is onmiskenbaar ‘n belangrike element in die geskiedenis van Afrikaners. ‘n Mens kan kwalik respek vir Afrikanertradisie hê sonder om die die groot rol van godsdiens daarin te erken. Tydens die hoogbloei van Afrikanernasionalisme in die vorige eeu was daar heelwat sinisme oor die seremonies en sentiment waaraan die Britte vasklou, maar dit help Britte om te besef wat Britswees beteken. Nie-gelowiges “should attempt to understand religion and … tolerate it … without such understanding we lack an adequate sense of a fundamental part of human civilization and its history, and we therefore lack a proper understanding of ourselves” (57).

Religie word soos volg gedefinieer: “Religion … is a systematic and practical attempt by human beings to find meaning in the world and their place in it, in terms of their relationship to something transcendent” (133), bv God (186). “It involves not just believing in certain propositions or doctrines, or knowing certain stories, but also it involves acting in a certain way. Two broad kinds of action are important: the first is the participation in religious rituals, either collectively or individually; and the second is the group of actions directed at other people, such as codes of behavior and practices of morality or charity” (148). Latere wysgere (bv die eksistensialiste) poog “to find meaning in life; religion … attempts to find the meaning of life as a whole … ‘ultimate meaning'” (162), bv “How can one bring into one’s individual life a full recognition of one’s relation to the universe as a whole?” (172). Volgens religieuses “one should live one’s entire life in an awareness of the transcendent” (172).

Crane onderskei die religieuse impuls en religieuse identifikasie. “The religious impulse is the need to live one’s life in harmony with the transcendent (for example, the will of God). And ‘identification’ is my term for the fact that religions are social institutions … one does not just believe in a religion, one belongs to it” (194). Daar is parktyke, bv rituele, waaraan gelowiges deelneem (314). “Belonging to a religion is similar to belonging to a nation or having an ethnicity” (962). “The religious impulse involves the view that the world is not meaningless … that the world we experience is not all there is … that behind it all is the mystery of God’s presence … the unseen order” (476). “The religious impulse gives the believer’s life meaning. It does this because it guides the believer in how to live life in accordance with the unseen order (or to live a life of piety, or faith, or holiness)” (707).

Crane erken “people may have something like a religious temperament without actually being believers” (593). Temperament is onspesifiek terwyl “the religious impulse … the complex content of a specific belief” is (607). “There can be people who have the religious impulse but do not participate in any practices; and there can be people who participate but lack any sense of the transcendent” (1111). Anders as gelowiges, wys die eksistensialiste die metafisiese af en verwag van elke individu om suiwer empiries sin van die werklikheid te maak en self (beperkte) sin aan sy eie lewe te gee. “Any meaning there is must be something we have to create for ourselves” (498).

“Belief is a psychological state, a state of mind” (224). Soms word geloof ‘n disposisie/ingesteldheid genoem, dus die neiging om op ‘n bepaalde manier in sekere situasies te handel. “Our beliefs govern our actions. What we do depends partly on what we believe and partly on what we want” (231). ‘n Mens kan nie bloot glo nie. “There must be something that is believed” (238). Hiervoor gebruik filosowe soos Franz Brentano (1838-1907) en Edmund Husserl (1859-1938) die term intensionaliteit: “the capacity of things (usually restricted to minds or states of minds) to be directed at things other than themselves” (1178). Byvoorbeeld, ‘n kruis is vir christene ‘n simbool “that … point[s] beyond the mere material reality to the desired transcendent reality beyond” (1169). Wat geglo word, kan van ‘n religieuse of nie-religieuse aard wees. In Engels kan hierdie onderskeid met behulp van twee woorde duidelik gemaak word: “faith” en “belief”. Wat laasgenoemde betref, kan ek bv glo (‘n opinie huldig) dat dit môre gaan reën, maar in die Wes-Kaap blyk dit deesdae meesal ‘n valse geloof te wees. Van sowel religieuse as nie-religieuse geloof kan gesê word: “Believing something is taking it to be true … belief aims at truth” (246). Maar wat geglo word, kan waar of vals wees (238).

Die kosmologiese beeld wat in religieë voorgehou word, moet nie sonder meer met wetenskaplike kosmologie vergelyk of gelykgestel word nie. Byvoorbeeld, gelowiges kan glo “there is an unseen order, and that our supreme good lies in harmoniously adjusting ourselves thereto” (434). “The order that is the focus of the religious impulse is a normative order, the order of how things ought to be” (448). Religieuse kosmologie het dus in groter mate te make met die gedrag wat van gelowiges verwag word as met die fisiese werklikheid. Vir die gelowige gaan dit om “living a certain kind of value-infused life and seeing significance in the world. Religion is a moral and practical outlook that is worlds away from scientific explanation” (757). “The search for meaning is a very different thing from the search for scientific knowledge” (805).

“Religious belief tolerates a high degree of mystery and ignorance in its understanding of the world” (785). Sint Anselmus (1033-1109) se moto was: “I believe so that I may understand” (812). Gelowiges “talk about the next world and the afterlife and mean it sincerely, but this is as much an expression of hope as any kind of explicit metaphysical supposition” (842). “The idea that God – or whatever transcends all this [the empirical world] – is ultimately beyond our finite human understanding [and] is something that is central to all religious traditions” (636). Hierdie sin vir die mistieke is die grondslag vir geglowiges se aanvoeling van wat verhewe is en ook vir wat as heilig beskou word.

Die wesenlik paradoksale of irrasionele aard van religie is soos volg deur een van die voorste filosowe, Alfred North Whitehead (1861-1947), in sy boek, Science and the modern world (New York: Free Press, 1925/1967, p 192), verwoord: “Religion is the vision of something which stands beyond, behind and within the passing flux of immediate things; something which is real, and yet waiting to be realised; something which is a remote possibility and yet the greatest of present facts; something that gives meaning to all that passes and yet eludes apprehension; something whose possession is the final good and yet is beyond all reach; something which is the ultimate ideal, and the hopeless quest” (856).

Dat religie in die geskiedenis soms dood en verwoesting gesaai het, word nie deur Crane ontken nie. “But nonetheless I maintain that any external assessment of the value of religion as a whole has to take into account its enormous positive value in many people’s lives … the sense of belonging to a culture and having a history; the sense of the ineffable [“onsegbare”] in the world; the sense that there is value in something beyond the satisfaction of one’s desires of the present moment. Some of these things can be had without religion; but religion crystallizes them for so many people to provide a sense of who they are” (1615). “Religious belief is very unlikely to be removed by scientific evidence, and its waxing and waning in certain parts of the world are the result of contingent cultural traditions and political factors that often have little to do with rational argument” (1922).

In gesekulariseerde samelewings word twee aktuele probleme deur Crane uitgesonder. “There is the practical, personal, or moral question of how atheists should accommodate religion and believers in their own lives and in their own personal view of the world, and there is the political question of how secular states should make room for religious believers” (1651). In Suid-Afrika is hierdie probleem eerder omgekeerd: In hoeverre behoort die religieuse meerheid ruimte aan gesekulariseerdes te gun? Die gebruiklike hedendaagse standpunt is dat daar vryheid van denke en uitdrukking moet wees. In die praktyk word die uitlewing van sodanige vryhede egter dikwels aan bande gelê.

“No one should object to attempts to combat the bad effects of religious belief: the intolerance, the violence, and the restriction on freedom of thought and action that some religious groups and institutions unquestionably promote” (1664). “It must be possible to be a tolerant person yet not tolerate offensive behavior” (1839). Daar is “religious behavior that is not illegal but nonetheless objectionable” (1852), bv “genital mutilation” (1845). Ek is sterk gekant teen besnydenis by albei geslagte. Dit is myns insiens primitiewe liggaamskending. In die praktyk kan dit moeilik wees om ‘n balans te handhaaf tussen “civility” (1866) of “politeness” (1873), “hypocricy” (1866) en “integrity” (1880), asook “taste” (1873) en “sensitivity” (1880).

Pascal Boyer

Hoewel Crane se wysgerige besinning verdienstelik is, word die wese van religie ten minste aanvullend baie deeglik deur die antropoloog Pascal Boyer in sy boek, Religion explained: The human instincts that fashion gods, spirits and ancestors (London: Vintage, 2002, 430p; Amazon Kindle $19,49), beskryf. Volgens hom is religie ‘n kulturele konstruk met so baie variasies dat die term kwalik gedefinieer kan word. Religie is “a convenient label that we use to put together all the ideas, actions, rules and objects that have to do with the existence and properties of superhuman agents like God” (p 10-11). Soos van ‘n volkekundige verwag kan word, is sy benadering histories, insluitende voor-histories, en word baie klem op die primitiewe oorsprong van religie in bygelowe, geeste en voorvaders gelê. Dit is plaaslik hoogs ter sake omdat die christelike godsdiens in swart geledere met elemente van tradisionele Afrika-religieë geharmonieer word. Dit is soortgelyk aan bv die pogings op Karibiese lande, soos Haïti, waar Rooms-Katolisisme met Vodou aangevul word.

Een van die definisies wat Boyer verskaf is: “Religion is about the existence and causal powers of non-observable entities and agencies” (8). “The explanation for religious beliefs and behaviours is to be found in the way all human minds work” (3). Dit is diep menslik om oor verskynsels te wonder en verklarings daarvoor te soek, selfs al is die gevolgtrekkings van nie-wetenskaplike aard. “People want to understand events and processes, that is, to explain, predict and perhaps control them. These very general, indeed universal, intellectual needs gave rise to religious concepts” (12). “The human psyche is so built that it longs for the reassurance or comfort which supernatural ideas seem to provide” (22). “Most accounts of the origins of religion amount to one of the following suggestions: human minds demand explanations, human hearts seek comfort, human society requires order, human intellect is illusion-prone” (6).

Die manier waarop mense dink en hoe hulle voel, kan die samelewing grondig beïnvloed. “Religion is not just something that is added to social life, it very often organises social life” (26). Dink aan hoe verskillend hedendaagse reisigers enersyds oorwegend protestantse en andersyds oorwegend Rooms-Katolieke lande ervaar, om van Oosterse lande nie te praat nie.

Heel teen die einde verwys Boyer na Michael Shermer se standpunt van “belief as mental negligence” (384), dus dat ander mense se insigte oorgeneem word pleks van eie oplossings vir probleme te soek. “It takes greater effort to challenge and rethink established notions than just accept them … in most domains of culture we just absorb other people’s notions” (32). Maar die situasie is nie so eenvoudig nie. “Concepts in the mind are constructed as a result of being exposed to other people’s behavior and utterances. But this acquisition process is not a simple process of ‘downloading’ notions from one brain to another. People’s minds are constantly busy reconstructing, distorting, changing and developing the information communicated by others. This process naturally creates all sorts of variants of religious concepts” (37).

Die vertolking van “dieselfde” religie kan van land tot land verskil en daar is al gesê dat iedere gelowige op sy eie manier glo, bv soos dit hom ten beste pas. “The problem with all religious codes is that they must be general enough to be applicable without change to all possible situations. This is why in most places where you find such religious codes (generally in literate cultures) you also find a whole literature that adds nuance to their application” (197). “In the domain of the supernatural, people have detailed representations even though they are not told much” (86). Byvoorbeeld, in die Bybel is daar bitter min inligting oor die hiernamaals. Die kernboodskap kan egter dieselfde bly. “To explain religion is to explain a particular kind of mental epidemic, whereby people develop (on the basis of variable information) rather similar forms of religious concepts and norms” (53-54).

Slot

“Neither religion nor secularism is going to disappear. The least we can hope for is peaceful coexistence” (Crane 1935). ‘n Religieuse en in veel mindere mate ‘n nie-religieuse oriëntasie is deel van Afrikanerkultuur. Dit is eie aan die kultuur van ‘n etniese groep dat daar interne variasies is. “What we call culture is the similarity between some people’s mental representations in some domains” (Boyer 44); dus nie eendersheid in alle opsigte nie. Vir my lyk dit asof Afrikaners primêr deur Afrikaans saamgebind word. Religie is ‘n opsig waarin variasie toegelaat kan/moet word.

Wat my hinder is die tradisioneel Afrikaanse Kerke se louheid oor Afrikaans. Die Gereformeerde Kerk het dit oorweeg om Afrikaans met Engels as sake- en sinodetaal te vervang (Netwerk24, 9 Januarie). Gelukkig is hiervan afgesien (Netwerk24, 11 Januarie). Die NG Kerk het nog nooit Afrikaans as ‘n hindernis vir eenheid met die Verenigende Gereformeerde Kerk voorgehou nie. Weens ontwikkelde bruin mense se voorkeur vir Engels sal Afrikaans as kerktaal weens sodanige kerkeenheid ‘n ernstige knou toegedien word. Die punt is: Die tradisioneel Afrikaanse Kerke toon geen groot bereidwilligheid om ononderhandelbaar lojaal teenoor Afrikaans te wees nie. Op grond waarvan word aanvaar dat die Afrikaanselement moet toegee en nie die Engelselement nie? Omdat dit ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes is wat in 1990/94 mandaatloos aan die magte van die bose oorgegee het?

In die goeie ou dae was daar net die drie tradisioneel Afrikaanse Kerke (NG, Gereformeerde en Hervormde Kerk) waaraan Afrikaners kon behoort. Lidmaatskap van die (Afrikaanse) Apostoliese Kerk, ‘n “sekte”, was in (elitistiese) Afrikanergeledere nie (werklik) aanvaarbaar nie. Sedert 1994 het die opset ingrypend verander. Naas en vanweë die afname in die lidmaatskap van die drie Afrikaanse Kerke het ‘n groot aantal kleiner kerkgenootskappe hulle verskyning gemaak. Religieuse eksklusiwiteit is al hoe minder ‘n kenmerk van die Afrikanerdom. Sekularisasie speel plaaslik ook ‘n rol, hoewel in veel geringer mate as in Europa.

Maar die kerkgenootskappe het self ook merkbaar gesekulariseer in die sin dat hulle hulle al hoe meer eerder hiermaals as hiernamaals rig. Dink aan die omvang wat bevrydingsteologie aanneem. Anders as vroeër hou die drie Afrikaanse kerkgenootskappe nie meer (landswye) biddae om reën nie. Tans ook nie in die droogtegeteisterde Wes-Kaap nie. Is dit nie dalk weens sekularisering nie? – dat, wat die weer betref, groter vertroue in natuurwetenskaplike kennis as aan Skriftuurlike uitsprake gegee word? Aan die ander kant het dit plaaslik skynbaar uit die mode geraak om wolke kunsmatig te “melk”.

Wat religie betref is die vraag waar die streep getrek moet word. As die net te wyd gespan word, word Afrikanerskap verwater. As die norme vir insluiting te eng geformuleer word, word die Afrikanerdom as klein minderheidsgroep nog verder ontmagtig. Dit lyk realisties om die toets vir insluiting op waardes te grond, afgesien daarvan of die waardes religieus of rasioneel gegrondves is. Dan sal daardie waardes geënumereer en hiërargies gerangskik moet word. Pleks van so ‘n teoretiese benadering met ingewikkelde toepassing behoort ‘n meer praktiese benadering eerder gevolg te word. Laat individue liefs toe om hulleself as Afrikaners te identifiseer. “An individual’s awareness of group ‘belonging’ was key to national and ethnic identity” (Hupchick, p 196). Afrikaners word in die propaganda dermate gediskrediteer dat daar min gevalle sal wees waar mense hulle tot Afrikaners verklaar sonder dat hulle met reg daarop aanspraak kan maak. Die enkele gevalle wat valslik op Afrikanerskap aanspraak maak, sal met sosiale druk uitgewerk kan word.

Die ideaal is dat Afrikaners kultureel so herkenbaar moontlik Afrikaners moet bly. Ons moet in groter mate die (pioniers)identiteit herontdek waarop ons voorheen met reg trots was. Ons moet geloof – dit is immers waaroor hierdie rubriek handel – ook in onsself herontdek; dus nie toelaat dat die magte van die bose ons selfbeeld permanent skade aandoen nie. Ons is van hier en ons het gekom om te bly. Ons moet weer van meet af aan ons eie koninkryk bou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.