Brief: Afdwing van Engels flankeer met volksmoord

Rooi Oktober-betoging teen plaasmoorde in Londen, 2013.

Ek het gister afgekom op ‘n brief wat ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport geskryf het vir publikasie op die brieweblad. Dit het nie verskyn nie.

Hier volg die brief verbatim wat ek nou vir oorweging stuur aan Praag se brieweblad. Ek was ‘n joernalis by verskeie publikasies voordat ek as aktrise vir Kruik en ander instansies begin werk het.

Elma Potgieter

Geagte meneer,

Deur Afrikaansmediumskole en Afrikaanse tersiëre inrigtings se taal van onderrig (onderwyskultuur) te wil verander en deur Afrikaans drasties af te skaal op die groot openbare kommunikasiemedium, televisie, word daar nie net ongrondwetlik (volgens die oorgangsgrondwet ) opgetree nie, (‘n taal se status sal nie aangetas of afgeskaal word nie, eerder uitgebou word) maar daar word geflankeer met ‘n veel ernstiger misdaad: Volksmoord.

In die Suid-Afrikaanse Regskommissie se werkstuk oor Groeps- en Menseregte, Werkstuk 25, verskyn daar op p 334 die volgende oor Volksmoord:

11.28 ‘Sedert die stigting van die VVO is vier belangrike konvensies aangegaan wat minderhede beskerm, te wete:

i) Die Volksmoord-konvensie van 9 Desember 1948 (Die Konvensie met betrekking tot die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad van Volksmoord)

11.29 Die Konvensie bepaal dat aantasting van ‘n nasionale, etniese, rasse- of religieuse groep met die doel om dit ten dele of in die geheel te vernietig strafbaar is. Onder vollksmoord word nie alleen gereken die doodmaak van lede van die groep nie, maar ook die berokkening van ernstige liggaamlike of sielkundige leed aan lede van die groep…….’

Kan die afdwing van ‘n ander taal van onderrig of die gedwonge integrasie van rassegroepe nie gereken word as ten minste “ernstige sielkundige leed” wat die lede van ‘n bepaalde bevolkingsgroep aangedoen word nie?

Terloops, ek wonder nog die hele tyd wie organiseer die sogenaamde ‘studente-opstootjies’ by Afrikaanse onderwysinstellings. Nee, dit gebeur nie spontaan nie. Terugskouend het geen rewolusionêre beweging in die geskiedenis van die mensdom nog ooit spontaan ontstaan nie.

En wat is dié betogings, optogte, sitproteste, vullisstrooiing en opstootjies met gereelde tussenposes anders as ‘n gestadige rewolusie of omvergooiing van werkende strukture?

— Elma Potgieter

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.