ANC, EFF, Sadou en ander hou aan om Hoërskool Overvaal te terroriseer

Die ANC, EFF, Sadou en ander organisasies hou vandag aan om Hoërskool Overvaal en sy kinders te terroriseer deur die sing van dreigliedere en die skreeu van rassistiese slagspreuke. Dit volg op gister se betoging voor die skool waartydens volksmoordpropaganda soos “Kill a Boer” en “Shoot the Boer” voor die skool gesing is.

Die skool se werksaamhede sou vanoggend hervat. Die onderwysvakbond Sadou, wat gister Engelstalige kinders uit naburige skole vir hul betoging opgevorder het, asook die ANC, EFF, BLF, COSAS en SASCO het klaarblyklik nou besluit om die skool permanent te probeer ontwrig en terroriseer vandag dus nogmaals die skool.

PRAAG het gepoog om die skool vanoggend te kontak, maar kon geen woordvoerder in die hande kry nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.