Willem Petzer: Wat is kultuurmarxisme?

In die boek Das Kapital beskryf Karl Marx ‘n kulturele paradigmaskuif wat eers in elke Westerse land moet plaasvind voordat kommunisme in daardie land sal seëvier. In so ‘n land moet die familie vernietig word: die familie word beskryf as die kern van die Westerse samelewing, en die grootste teenstander van kommunisme. Godsdiens moet ook vernietig word
– veral die Christendom – en so ook die waardestelsel wat uit hierdie godsdiens (Christenskap) spruit. Daarna, kan aandag geskenk word aan die onteiening van privaat eiendom en uiteindelik die vernietiging van die volk, sodat die mense hul by ‘n globale kommunistiese regering kan skaar.

Marx, glad nie ‘n onintelligente man nie, was dus bewus van die populistiese tekortkominge van kommunisme in die weste. Aan die begin van die twintigste eeu, ongeveer drie dekades na die dood van Marx, was die algemene siening onder marxiste egter anders. Hulle het geglo dat, wanneer daar ‘n oorlog uitbreek in Europa, die werkersklasse van die nasies sal opstaan teen die “bourgeoisie” en ‘n kommunistiese revolusie begin. Hulle was egter verkeerd. Toe die oorlog uitbreek in 1914 was die mense se gevoel van nasionalisme, as gevolg van die Christen-Westerse waardes (soos beskryf deur Marx), groter as enige selfsugtige gevoel van selfverryking, en die proletariaat het hul uniforms aangetrek en oorlog toe gegaan.

Aan die einde van die oorlog, was die enigste vraag op dié marxistiese teoretici se lippe: “Wat het verkeerd geloop”?

Twee baie prominente Marxistiese denkers van die dag was Antonio Gramsci en Georg Lukács. Elkeen het, op sy eie, tot die slotsom gekom, dat die Europese werkersklas verblind is, deur die sukses van Westerse waardes en kapitalisme. Beide het geredeneer dat die, toe amper eeu oue, kommunistiese aanval op kapitalisme (dat dit ‘n stelsel is waarin die werker
verdruk word deur die werkgewer) nie suksesvol kan wees totdat Westerse waardes vernietig is nie.

Gramsci en Lukács se lewens het daarna heel verskillende wendings geneem. Gramsci is in Italië tot tronkstraf gevonnis, waar hy in 1937 dood is, as gevolg van swak gesondheid. In 1918 word Lukács egter minister van kultuur in bolsjewistiese Hongarye.

Hier besef Lukács dat die logiese eerste stap tot die afbreek van die samelewing sou wees om die familie-eenheid, deur
middel van seksuele immoraliteit, uit te wis.

Lukács het ‘n beleid, wat hy “kulturele terrorisme” genoem het, aangeneem, om juis op dié doelwit te fokus. Kulturele terrorisme het gefokus op jong kinders, deur hulle in die skole te teiken, met klasse wat hulle sou aanmoedig om Christelike waardes en etiek te verwerp. In hierdie klasse is die kinders aan harde pornografie blootgestel (pornografie
word tot vandag toe nog baie suksesvol deur kultuurmarxiste gebruik – ek sal nog ‘n artikel hieroor ook skryf). Die kinders is ook geleer om seksueel “vry”(losbandig) te lewe. Kulturele terrorisme het egter vinnig gefaal toe die mense woedend word oor wat vir hulle kinders geleer word, en Lukács vlug vir sy lewe in 1919 na Duitsland.

In 1923 te Frankfurt, ontmoet Lukács ‘n jong marxis, genaamd Felix Weil, wat baie welgesteld was ná ‘n erflating. Voor die koms van Lukács, het die marxistiese teorie in Duitsland slegs op ekonomie gefokus, maar Lukács oortuig Weil om ‘n nuwe dinkskrum te befonds wat sal fokus op marxisme op kulturele vlak – die Instituut vir Sosiale Navorsing, of eenvoudig net die Frankfurtskool. In 1930, onder leiding van Max Horkheimer, begin die skool die idees van Marx te vermeng met die idees van Sigmund Freud, en so word kultuurmarxisme gebore.

Klassieke marxiste het gefokus daarop om die werkersklas te oortuig dat hulle onderdruk word, deur die heersersklas. Die nuwe marxiste van die Frankfurtskool het egter begin om ál die mense te oortuig dat hulle elkeen op ‘n manier onderdruk word deur Westerse kultuurwaardes.

In 1933 verskuif die Frankfur skool na New York, die destydse bastion van Westerse kultuur en kapitalisme, en hulle begin in 1934 weer aan die Universiteit van Columbia. Hier begin die lede van die Frankfurtskool hul idees wêreldwyd propageer deur van die drukpers gebruik te maak. Die skool publiseer verskeie gewilde werke, waarvan die eerste
Critical Theory was.

Critical Theory is ‘n toneelstuk oor semantiek. Die boodskap was eenvoudig: elke pilaar van die Westerse kultuur – familie, christenskap, gemenereg, vryheid van spraak, seksuele kuisheid, en ander – word gekritiseer as ‘n vorm van onderdrukking.

Hierna volg ‘n boek deur Theodor Adorno en ander, The Authoritarian Personality. Hierin word die Christelike waardes van geslagsrolle en seksuele moraal beskryf as “veroordelend”en “verdrukkend”. Adorno vergelyk hierdie Christelike waardes met met die fascistiese wetgewing in Italië.
Hoe merkwaardig is dit nie dat “fascis” tot vandag toe nog een van die gunstelingbeledigings van die polities “korrekte” klomp is (om vir diegene wat Christelike waardes hoog aanslaan toe te snou) nie?

Die werke van die Frankfurtdkool deel die gemeenskap op in twee groepe, naamlik die onderdrukkers en die slagoffers. Die onderdrukkers word gepropageer as mans van Europese afkoms, en die slagoffers as enige ander groep wat die kultuurmarxiste tot vandag toe nog kan bedink.

Adorno en Horkheimer het ná die tweede wêreldoorlog teruggekeer na Duitsland, maar ander lede, soos Herbert Marcuse, het agtergebly in Amerika. In 1955 publiseer Marcuse die boek, Eros and Civilization (let op Amerikaanse spelling). In die boek word gefokus op “polimorfe perversiteit”, ‘n Freudiaanse begrip wat onder andere voorhou dat daar niks fout is met seksuele plesier buite die huwelik nie. Eros and Civilization het die due grondslag uitgemaak van die “seksuele revolusie” in die 1960’s.

Marcuse was ook die individu wat uiteindelik Horkheimer se droom van die 1930’s sou uitvoer. Deur middel van al die anti-wit en anti-christelike bewegings van die 1960’s – swart “bemagtiging”, feminisme, homoseksuele “regte”, seksuele “bevryding”- het hy dit dit reggekry om kultuurmarxistiese idees in die hoofstroom vry te laat. Dié anti-wit, anti-
christelike retoriek het vinnig by universiteite regoor die Westerse wêreld, waaronder Suid-Afrika, posgevat. Die 1960’s was die tyd toe die kultuurmarxiste die kultuuroorlog gewen het.

As ‘n finale spyker in die doodskis van Westerse Christelike waardes, publiseer Marcuse die boek, Repressive tolerance, in 1965. Hierin argumenteer hy dat verdraagsaamheid teenoor Christelike waardes gelykstaande aan die verdrukking van “korrekte” idees is. Hy leer dus sy “nuttige idiote” om die term “liberating tolerance” na te streef. Dit beteken basies om alle idees te verdra, behalwe Christelike of behoudende idees.

Vandag 50 jaar later in Suid-Afrika, is die kultuurmarxistiese denkwyse steeds die korrekte denkwyse – ons word almal geleer om “polities korrek” te wees, terwyl ons instellings soos universiteite en selfs sommige kerke kultuurmarxiste aan die stuur het.

Dit is nie moeilik om Kultuurmarxisme in ons alledaagse lewens raak te sien nie. Kyk net na enige van die media wat ons elke dag inneem. Die flieks en reekse op die televisie se protagonis en/of antagonis is gewoonlik geskei; die vroue is dominant terwyl die mans sensitief en swak is; iemand in die gesin is altyd homoseksueel; vroue is in beheer van die etlike
families wat nog bymekaar is; swart mense is altyd verantwoordelik, wys en regverdig, terwyl wit mense sleg, dom, swak of misdadig is. Die nuusmedia word dikwels beskryf as “met ‘n linkse vooroordeel”, maar eintlik is hulle ook net kultuurmarxisties. Hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde.

Die enigste manier om werklik ons volk te help, is om hierdie kanker uit ons lewe uit te sny en terug te keer na die waardes toe wat deur die kultuurmarxiste vernietig is.

Volg gerus die skrywer op Twitter: @willempet

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.