Hoërskool Overvaal môre gesluit weens verdere intimidasie, betogings

Hoërskool Overvaal

Ondanks die pleidooi van die minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, dat die regte van die kinders by Hoërskool Overvaal eerbiedig behoort te word, het ‘n aantal swart organisasies en linkses voortgegaan om die skool te intimideer en met geweld te dreig. Môre sal ‘n optog vanaf die Caltex-vulstasie in Vereeniging na die skool vertrek. Van die organisasies wat daaraan sal deelneem, is die MK-veterane, Cosatu, Sasco, COSAS, Sadou en die ANC.

In ‘n twiet het SASCO in Gauteng die skool en sy leerlinge as “remnants of the apartheid regime” beskryf.

Onlangs het verteenwoordigers van COSAS voor die skool ‘n oproep gedoen dat alle blanke mans doodgemaak moet word.

‘n Woordvoerder van die polisie, Brig. Sonja Slabbert, het aan Netwerk24 gesê dat hulle ‘n “vreedsame optog verwag”.

Op Facebook het ‘n swartman, Aubrey Thamsanqa Mabele, in die afgelope week egter gevra dat Zuma ammunisie behoort te verskaf om “die demokrasie mee te verdedig” waaronder hy “een koeël, een Boerekind” verstaan.

Etlike Afrikaanse organisasies en individue uit die ou NP-Broederbond-dampkring het Afrikaners egter gemaan om hulle nie aan die betogings en vyandigheid jeens Afrikaans te steur nie, en eerder aan “inklusiewe oplossings te werk”, wat dit ook al mag beteken.

Die ANC-lid en voormalige ambassadrise wat met een van die Verwoerd-kleinkinders getroud was, Melanie Verwoerd, het op News24 geskryf:

“Laat ek dit duidelik stel: Ek was nog nooit en sal ook nooit ‘n ‘taalstryder’ of vegter vir die Afrikaanse taal of enige taal hoegenaamd wees nie. Ek is ook ten volle daarvan bewus dat Afrikaans met soveel van die euwels van apartheid-Suid-Afrika verbind geraak het en dat vele Afrikaners steeds diep rassisties is.”

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.