Leon Lemmer: Korrupsie in Kenia en Suid-Afrika

Deel op

Nigerië word algemeen as die korrupste land in Afrika beskou. Dit maak hom heel moontlik die korrupste land in die wêreld omdat korrupsie deesdae so kenmerkend van en endemies in Afrika is. Dit was nie altyd so nie. Toe daar blanke politieke bewinde in Afrika was, was korrupsie nie prominent nie. Suid-Afrika was tot 1989 in ‘n groot mate korrupsievry. Ek dink onwillekeurig aan JG (Hans) Strijdom (1893-1958, eerste minister 1954-1958) vir wie dit ‘n passie was om sy amptelike en persoonlike sake, net soos die rasse, apart te hou. JC (Jan) Smuts (1870-1950, eerste minister 1919-1924, 1939-1948) het persoonlik geen groot waarde aan geld en besittings geheg nie. Sy Nkandla was ‘n sinkhuis, ‘n eertydse Britse militêre menasie, wat hy gekoop en in Irene laat heroprig het. Daar is gerugte dat daar tydens die berugte onderhandelingsera (1990-1994) staatsbates geoes is, maar ons sal nog ‘n tydjie moet wag op die bevestiging hiervan en die besonderhede. Ek moet byvoeg dat ek nog nie Hennie van Vuuren se boek, Apartheid, guns and money (2017, Kindle $19,77), gelees het nie.

Dat die nuwe Suid-Afrika uitmunt in korrupsie en dat dit van kwaad tot erger gaan, behoef geen betoog nie. In hierdie rubriek vestig ek egter die aandag veral op Kenia, wat in talle opsigte waardevolle insigte vir plaaslike toepassing na vore bring, maar ek gaan dit nie elke keer uitwys nie. Ek het reeds by drie geleenthede op Praag oor Kenia geskryf. Die jongste keer was op 13 Januarie, toe ek ook na die twee voriges verwys het. Hierdie keer skryf ek na aanleiding van Michela Wrong (gebore in 1961) se boek, It’s our turn to eat: The story of a Kenyan whistleblower (London: Fourth Estate, 2009, 368p; Amazon Kindle $11,83). Sy is ‘n joernalis wat jare lank die Britse Financial Times se korrespondent in Kenia en omliggende gebiede was. Sy het eerstehandse kennis van Afrika. Voorheen het sy ‘n boek oor die Kongo, In the footsteps of Mr Kurtz: Living on the brink of disaster in Mobutu’s Congo (2000, Kindle $10,44), en een oor Eritrea, I didn’t do it for you: How the world betrayed a small African nation (2004, Kindle $11,97), gepubliseer. Wrong het ‘n Britse pa (‘n spesialis in nierkwale) en ‘n Italiaanse ma gehad. Haar teks is ewewigtig, deeglik nagevors en goed geskryf.

In Desember 2002 is die korrupte Daniel arap Moi (gebore in 1924, president 1978-2002), ‘n lid van die Kalenjin-stam, deur Mwai Kibaki (gebore in 1931, president 2002-2013), ‘n Kikuyu, as president van Kenia opgevolg. Hy het die kandidaat waaraan Moi voorkeur gegee het, Uhuru Kenyatta (gebore in 1961, president sedert 2013), ook ‘n Kikuyu, verslaan. “The generals had gone to Moi when it became clear which way the election was going and offered to stage a coup … But the Old Man had waved the generals wearily away” (147). Dit was die eerste keer sedert onafhanklikheid in 1963 dat die staatshoof op grond van ‘n verkiesingsuitslag aangewys is (101). Tot 1992 was Kenia ‘n eenpartystaat. Teen 2002 was Kenia as die “land of the ‘little something’, the homeland of the bribe,” bekend (108).

Tydens die bewind van die eerste Keniaanse president, Jomo Kenyatta (1893-1978, president 1964-1978), het dit korrupsiegewys glad nie beter gegaan nie. Daar word verwys na die Jomo Kenyatta-era “when the Kikuyu had enriched themselves without compunction” (2649). “Kenyatta Africanised the civil service” (2790), soos ook in Suid-Afrika gebeur het, met dieselfde gevolge van ondoeltreffendheid en korrupsie. “A 1970-71 parliamentary commission helpfully authorised government employees to run their own businesses while holding down civil service jobs” (1057). Hoe bygelowig die eerste president van Kenia was, blyk uit die volgende: “Jomo Kenyatta had refused to spend a single night in State House [Kenya’s Union Building], convinced it was haunted by vindictive ghosts of the white administration” (618). In 1938 het Jomo Kenyatta vertel hoe harmonieus sy stam, die Kikuyu, gelewe het voordat die blankes opgedaag het (1681). In Nelson Mandela se outobiografie word dieselfde leuen verkondig: “The African people lived in relative peace until the coming of the abelungu, the white people” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 27).

In Kenia is daar meer as 40 stamme (4728). Diegene in beheer van die politiek gee voorkeur aan eiebelang, asook die belange van hulle familie, vriende en stamgenote. “The various forms of graft cannot be separated from the people’s vision of existence as a merciless contest, in which only ethnic preference offers hope of survival” (751). Maar hierdie kernkenmerk van die Keniaanse samelewing word in die inligtingsmedia verdoesel. “In matters ethnic, newpapers and radio station bosses adopt a policy of strict self-censorship” (768). “Directors of foreign NGOs [non-governmental organisations] puzzle over the fact that political parties, born and dying with the speed of dragonflies, either don’t bother publishing manifestos, or barely know their contents. But who needs a manifesto when a party’s only purpose is furthering its tribe’s interests?” (783).

Die politieke stelsel van ná-onafhanklikheid is al as “ethno-elitism” beskryf. “A pattern of competing ethnic elites, rotating over time, was established which made a mockery of the notion of equal opportunity” (908). Daar word wyd geglo dat Raila Amolo Odinga (gebore in 1945, eerste minister 2007-2013), ‘n lid van die Luo-stam, die presidentsverkiesing in 2007 en weer in 2017 gewen het, maar die verkiesingskommissie is Kikuyu-partydig. Johann Kriegler, wat in 1994 so skouspelagtig misluk het in die reëlings vir Suid-Afrika se eerste “demokratiese verkiesing,” het ‘n kommissie gelei wat aanbevelings oor die hervorming van Kenia se verkiessingskommissie gedoen het (5065). Dit is soos om by FW de Klerk, Roelf Meyer en Leon Wessels om hulp aan te klop oor hoe daar onderhandel behoort te word.

Kibaki was voorheen die minister van finansies en daarna die adjunk-president (1166). Hy was bekend vir sy luiheid by die werk en die baie tyd wat hy op die gholfbaan deurgebring het; “a man with a reputation for soft living and hard drinking” (210). Hy het met sy inhuldiging belowe: “Corruption will now cease to be a way of life in Kenya” (163). Korrupsie is egter nie die enigste misdaad in Kenia nie. Die hoofstad Nairobi word “Nairobbery” genoem (233). “In Nairobi’s sprawling slums, the largest and most sordid in Africa, Western-funded non-governmental organisations (NGOs) provided basic services, not the state, of which nothing was expected” (248). Tweederdes van Nairobi se bevolking lewe in plakkerskampe (2401). Vergelyk dit met die plaaslike aansprake op gratis huisvesting en dienste, wat teen wil en dank deur die belastingbetalers gefinansier moet word. In 2005 is berig dat 6 000 rotte in die Wakulima-mark in Nairobi gedood is “and an equal number made good their escape … More than 750 tonnes of garbage was removed and more than seventy tonnes of fecal waste sucked out of the horror toilets” (732).

Soos in die res van Afrika is agteruitgang aan die orde van die dag. “At independence in 1963, average per capita income had been level with that of Malaysia; now Malaysia’s was ten times as high” (248). “[Other] statistics made the same point…: living standards in the independent, sovereign state of Kenya were actually lower than when the hated British ruled the roost” (255). “Everyone agreed …: in a system of corruption and patronage so ingrained, so greedy it was gradually throttling the life from the country” (263). Transparency International “viewed [Kenya] as only slightly less sleazy than Nigeria or Pakistan” (263).

Hierdie “gorging on state resources” word “eating” genoem (263); “a culture where power is so often expressed in terms of ‘eating'” (3245). Diegene wat voorheen spreekwoordelik honger gely het toe hulle nie politieke mag gehad het nie, eet met oorgawe uit die staatstrog tot eie voordeel sodra hulle magsposisies beklee. Byvoorbeeld, “those in government were now eating ‘like gluttons’ out of a combination of arrogrance, greed and panic” (3254). Kibaki het ‘n nuwe pos geskep om hierdie eetlus hok te slaan: “Permanent Secretary in Charge of Governance and Ethics,” met direkte toegang tot die president (271). In hierdie pos is John Githongo aangestel. “His job, as envisaged by Kibaki, was not to formally investigate suspected corruption, nor did he have any powers to prosecute. Those tasks remained with the police force and the attorney general. His role was purely to advise the president – an interesting insight into the extraordinarily centralised nature of power in Kenya” (664). In Suid-Afrika is daar ook die al hoe groter gesentraliseerde konsentrasie van politieke mag. Daar is selfs sprake dat die provinsiale regerings afgeskaf gaan word, onder meer omdat die ANC-regering nie meer mag oor al die provinsies uitoefen nie. Sterk gesentraliseerde regering was en is natuurlik kenmerkend van kommunistiese lande.

Buitelandse regerings het Githongo se afdeling finansieel ondersteun omdat hulle belang het by die doeltreffendheid waarmee buitelandse finansiële hulp bestee en ander hulp gebruik word. Soos Kibaki is Githongo ‘n Kikuyu, “Kenya’s largest and most economically successful tribe” (210). Die Kikuyu word beskryf as “the most intelligent of the African tribes” en Kikuyu is ook “the most susceptible to subversive activities” (1714), soos blyk uit hulle destydse teenstand teen die Britse bewind. “[The] Mau Mau was always predominantly a Kikuyu phenomenon” (1770). Die Kikuyu maak aanspraak op “entitlement: a sense of being special, different, better – and therefore more deserving” (1901). Gikuyu is hulle moedertaal. “In Kenya, language holds the key to identity” (2325). Ek beweer dieselfde van Afrikaners; dat Afrikaans die kern van ons identiteit is. Dit is waarom daar van owerheidsweë en deur kruipsugtiges so baie moeite gedoen word om Afrikaans te ondermyn.

Githongo was voorheen ‘n joernalis en daarna in diens van Transparency International. Hy het aanvanklik geglo dat hy korrupsie kon uitroei en het gedink dat Kibaki opregte bedoelings het en hom hierin sou ondersteun. Die outeur het Githongo in Kenia leer ken. Sy het by geleentheid aan hom genoem dat hy welkom is om by haar om hulp aan te klop as dit nodig sou word. Daarna het sy na Londen verhuis. In Februarie 2005 het Githongo daar aangekom en ingetrek in die gastekamer van haar woonstel. Hy het uit Kenia gevlug en uit sy pos as sekretaris (soortgelyk aan minister) bedank. Hierdie boek is die verhaal van Githongo as fluitjieblaser teen korrupsie, maar ook veel meer omdat dit baie goeie insig bied in die omstandighede in Kenia, insluitende die politiek. Die outeur het drie jaar lank aan die boek geskryf.

Githongo was bevrees dat hy die slagoffer van ‘n sluipmoordaanval kon word. “Camden [in metropolitan London] has an awful lot of Africans living in it” (491). As bewysmateriaal het Githongo in Kenia klankopnames gemaak van ministers wat openlik hulle korrupte dade erken het. Hy het ook sy dagboeke en ander inkriminerende dokumentasie na Londen gebring. Nadat hy ‘n tyd lank by Wrong gewoon het, het hy ‘n woonstel in Londen gehuur maar spoedig ‘n pos in die East African Studies Programme van St Anthony’s College, Oxford University, gekry (3664).

Die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds het finansiële bystand onderhewig aan die privatisering van sommige staats- en semi-staatsbates gemaak. “The privatisation process itself … provided all kinds of openings for the entrepreneurial fraudster, including ruthless asset-stripping,” bv “import goods duty-free as famine relief … then sell them locally, undercutting the competition” (1065). Anders as in Suid-Afrika, waar swart ekonomiese bemagtiging blanke besit van ondernemings ondergrawe, word gesê “Kenya was full of one-ethnic companies” (1033). Korrupsie “not only enriched senior officials, they provided slush funds for what the ruling party knew would be fiercely contested elections” (1096). Vir die politici gaan dit nie om demokrasie – dus regering ooreenkomstig die wense van die kiesers – nie maar om politieke mag ter selfbevoordeling.

“Kenya … became the first country in the world to ratify the UN Convention against Corruption. Then there were the two pieces of legislation Kibaki had announced on the lawns of State House soon after his inauguration: the Public Officers Ethics Act, which spelt out a code of conduct for public officers and obliged them to declare their wealth; and the Anti-Corruption and Economic Crimes Act, which created the Kenya Anti-Corruption Commission (KACC)” (1121), met ‘n regter aan die hoof, wat spoedig korrup geblyk te wees het. Later het Westerse donateurs, wat tot 45% tot die regeringsbegroting bygedra het (2961), die Kenya Anti-Corruption Authority (KACA) gestig (2995).

Die toepassing van hierdie wette en die funksionering van die genoemde instansies is egter gebrekkig. “A Prevention of Corruption Act has actually been on the Kenyan statue book since 1956. ‘You don’t need any more bodies, you don’t need any more laws, you just need good people and the will'” (5232). “Upstanders” is nodig, nie “bystanders” nie (5309). Kenia het ‘n staatsintelligensiediens, maar Githongo het hulle verslae onbruikbaar gevind. “The intelligence service was part of the architecture of corruption” (1403). Jacques Pauw se bevindings oor die plaaslike intelligensiediens is soortgelyk. Githongo was verplig om eerder staat te maak op inligting wat sy eie personeel ingesamel het (1341). In die uitvoering van sy pligte het hy doodsdreigemente ontvang en smeerveldtogte is teen hom gevoer (1561).

Denkende Keniane is “all too aware of how much better things work elsewhere” (2470). In ander lande kan dit onder meer aan meriete aanstellings en dus doelteffende(r) regering toegeskryf word. Pleks daarvan speel stamverwantskap ‘n deurslaggewende rol in Kenia. Van Githongo is eenvoudig verwag dat hy stamlojaliteit hoër as die bestryding van korrupsie moet ag, al is dit waar dat “systemic corruption is the most efficient poverty factor on the continent” (4265). “The issue … is not guilt or innocence, but loyalty” (4618). Ook in Kenia is daar “the growing divide between rich and poor” (4519), wat die kiem van gewelddadige revolusie in hom kan omdra. Githongo se pogings om korrupsie te bestry, is beskou as “the naïve projection of inappropriate ‘mzungu‘ [white people’s] values onto an African nation where they were doomed to fail” (2560). Hy is beskou as iemand wat die regerende politieke party ondermyn, terwyl baie geld, verkry uit korrupsie, nodig was om die party met die oog op verkiesings te finansier (3539).

Benewens ministers in kernposte was president Kibaki self die kern van die euwel van korrupsie. “Kibaki was the system” (3784). Aanvanklik het Githongo gedink Kibaki was opreg en ernstig oor die bestryding van korrupsie. Spoedig het die teenoorgestelde geblyk waar te wees. “The president urged John to slow down” (2812). Daar was sprake dat Githongo na ‘n ander pos verskuif sou word (2880). Hiervoor het korrupte ministers druk op Kibaki uitgeoefen. Hoewel Githongo nie verskuif is nie, het hy hierna nie meer vertroue in Kibaki gehad nie: “The trust had gone” (2923). Na minder as twee jaar in die pos het Githongo landuit gevlug. Daar was sprake dat hy van hoogverraad aangekla sou word, veral nadat hy inkriminerende inligting oor ministers se korrupte doen en late aan die pers gelek het.

Die situasie was soortgelyk aan staatskaping. “Corruption can reach a point … where an entire nation is there for the taking, where sleaze has security implications not just for the nation concerned, but for its neighbours and allies” (4135). Daar was “mounting evidence of State House’s links with global gansterism” (4157). Jacques Pauw noem Suid-Afrika ook ‘n gangsterstaat (Praag 11 November). ‘n Aantal ministers en amptenare is na Githongo se onthullings afgedank, maar van hulle was spoedig terug in hulle poste (4378). “Kenya’s highly politicised legal institutions and judicial system … systematically erased the anti-coruption work done” (4300). Regter Ringera “exonerated former justice and finance ministers David Mwiraria and Kiraitu Murungi of a preliminary charged of obstructing justice. John’s testimony, ruled Ringera, was of no legal significance because he had not held the status of official investigator” (4378). “By September 2007 there had not been a single case of a public servant being prosecuted or even fined under the legislation” (4541).

Die Europese Unie het finansiële bystand aan Kenia verleen sonder om hom danig oor korrupsie te bekommer. In Brittanje was die departement in beheer van buitelandse hulpverlening die enigste een wat nie opdrag gekry het om te bespaar nie. Verder was daar by die Britse regering die “principled insistence on untied aid” (3322), dus soos Afrika-lande, bv Kenia, daarop aangedring het. Hierdie “inherent unaccountability” (3333) was die teelaarde vir korrupsie. “The Netherlands was the only bilateral donor to announce it was actually freezing aid over corruption concerns” (4178). “Kenya’s foreign partners failed to grasp that a system of rule based on the ‘Our Turn to Eat’ principle was explicitly designed to prevent the tickle-down upon which they counted for progress” (5200). Westerse donateurs dring nie sterk genoeg aan op die uitroeiing van korrupsie nie. “Fundamentally the West doesn’t care enough about Africa to pay too much attention to how its money is spent. It wants to be seen to do the right thing, and that’s as far as the interest goes” (5232).

In Kenia gaan dit nie om demokrasie in die sin van dat alle kiesers inspraak in die regering het nie. Dit gaan om politieke mag, om beheer oor die staatsbates uit te oefen, om dit te gebruik en misbruik. Stamverwantskap speel ‘n deurslaggewende rol in verkiesings. Diegene wat voel hulle kandidate het verloor, wend hulle dan tot grootskaalse geweldpleging. “The myth of Kenyan exceptionalism – the notion that the chaos associated with other parts of Africa simply ‘didn’t happen here’ – has been forever laid to rest” (5049). Die resultaat is dat daar al hoe meer polarisering plaasvind; dat stamlede hulle deur ‘n proses van “self-segregation” (5005) in bepaalde areas vestig met die uitsluiting van ander stamme. Dit word balkanisering genoem; ‘n terugkeer na hulle “ancestral homelands” (5016). Dit herinner aan Suid-Afrika se eertydse beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat in etniese tuislande vergestalt is.

Veral sedert die Tweede Wêreldoorlog word nasiestate veroordeel omdat hulle interstaatlike konflik sou veroorsaak. In Kenia word vrywillige etniese segregasie egter bedryf juis om vreedsamer toestande binne die land te skep.”Ethno-nationalism is emerging as Africa’s most toxic problem, challenging the continent’s very post-colonial structure” (5211). Dit word gesê na aanleiding van die arbitrêre landsgrense wat etniese stamme enersyds binne landsgrense saamgevoeg en andersyds in verskillende lande verdeel het. Die Afrika-Unie kon geen vordering maak met die verandering van die koloniale landsgrense nie. Die afskaffing van langsgrense word eerder oorweeg. ‘n Ander vorm van etniese nasionalisme kom in onrusbarende mate in Suid-Afrika voor. Swart politieke mag voed swart bewussyn, gevolglik word al hoe minder lewensruimte en regte aan minderheidsgroepe, soos die bruines, Asiate en veral die blankes, gegun.

Om die onrus na verkiesings te kalmeer, word daar in Kenia, soos in Zimbabwe, lede van die opposisie in die kabinet aangestel (5016). Maar daar is diegene wat bly aandring op regverdige verkiesings. “We will not eat bones while the others are eating all the steak” (5027). “With forty-two departments, the coalition government finally unveiled was the largest in Kenyan history, accounting for 40 per cent of MPs. Merely servicing this bloated exercise in jobs-for-the-boys would gobble up 80 per cent of the national budget” (5038). Suid-Afrika het ook ‘n yslike kabinet van 35 ministers en 38 adjunkministers (Wikipedia), wat nie net buitensporige salarisse ontvang nie, maar ook oordadige byvoordele, soos twee ampswonings (vir ministers) en luukse ampsvoertuie. Van die Keniaanse opposisiepartye word gesê: “Momentarily dampened, their hatred only await the next referendum or election to re-emerge, red-eyed and bent on revenge” (5049).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.