Media en Lesufi orkestreer steeds haat teen Hoërskool Overvaal oor Afrikaans en ‘witheid’

Só het dit vandag by Hoërskool Overvaal gelyk

Vandag het hernieude geweld, brandstigting en voorvalle van anti-blanke rassehaat in die omgewing van die Hoërskool Overvaal uitgebreek, ná die geslaagde hofbevel wat die skool teen Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, verkry het. Op die voorblad van The Star, ‘n koerant wat reeds geslagte lank anti-Afrikaanse propaganda publiseer, het ‘n uiters eensydige berig verskyn met die titel Pupils rejected by #HoërskoolOvervaal now at another school: Lesufi.

Dinsdag op RSG se “Praat Saam”-program het sowel Pieter du Toit van die links-liberale webblad Huffington Post as die Beeld-rubriekskryfster Christi van der Westhuizen teen die Hoërskool Overvaal uitgevaar en “witheid” die skuld gegee vir die rassespanning rondom die skool.

Gister en vandag het lede van die EFF en die ANC voor die skool betoog en slagspreuke geskreeu dat alle blankes die land moet verlaat of selfs doodgemaak moet word.

Een van die opgeruide swart betogers het luidkeels gekla: “Daar is wit onderwysers daarbinne!”

Die studente-organisasie COSAS het gedreig om die skool “toe te maak” en het tydens ‘n onderhoud met die TV-kanaal ANN7 gesê dat Lesufi die skoolbeheerraad moet afdank en eenvoudig beheer van die skool behoort oor te neem.

Verskeie anti-Afrikaanse betogers is ook vandag in hegtenis geneem nadat hulle ‘n petrolbom na ‘n polisievoertuig geslinger het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.