Afrikaanse skole en ouers hou asem op oor Overvaal-uitspraak

Deel op

Met die aanslag teen Afrikaanse skole wat steeds meedoënloos deur Panyaza Lesufi en die linkse blanke Engelse dames in die Gautengse onderwysdepartement gevoer word, is Afrikaanse skole en ouers in die provinsie erg bekommerd oor vandag se uitspraak deur regter William Prinsloo in die Noord-Gautengse Hooggeregshof. Die Hoërskool Overvaal in Vereeniging het die hof genader omdat Lesufi en sy bullebakke die skool wou dwing om te verengels deur 55 Engelstalige leerlinge te aanvaar terwyl die skool reeds vol is.

Die Engelstalige media het voortdurend stemming teen die skool gemaak en die Nasperspublikasie, News24, het selfs die plasing van Afrikaanse leerlinge by Afrikaanse skole deur ‘n amptenaar van die onderwysdepartement as “rassisme” en “rasprofilering” beskryf.

Ook Netwerk24 het ‘n artikel geplaas oor ‘n swart ouer wat 5 km na die naaste Engelse skool moet ry terwyl dit vir haar baie geriefliker sal wees as Overvaal net na Engels sal oorskakel.

Volgens Netwerk24 is dit “gevaarlik en duur” om 5km skool toe te ry. Die ouer het geen vertroue in die Afrikaanse onderwysers by Overvaal nie en wil hê dat hulle deur Engelse onderwysers vervang moet word.

“Ek is bekommerd dat die onderwysers wat al jare lank in Afrikaans skoolhou, gaan sukkel om dit in Engels te doen en daarom is dit baie belangrik dat die departement moet sorg vir Engelse onderwysers.”

Indien die skool die saak sou verloor, kan die aanslag teen Afrikaanse skole verhewig en kan sulke skole oorweldig word deur swart leerlinge en hul ouers wat aggressief op Engels aandring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.