Taalstryd in skole: Panyaza Lesufi vaar teen Afrikaans uit

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het opnuut teen Afrikaans uitgevaar, na aanleiding van die huidige hofstryd tussen die Hoërskool Overvaal en die provinsiale onderwysdepartement oor taal. Hoewel die skool vol is, wil Lesufi dit dwing om nog Engelstalige leerlinge in te neem sodat Overvaal verengels kan word.

Vol vertroue dat die howe met Boerehaatregters en vyande van Afrikaans gepak is, het Lesufi alle Afrikaanse skole in die provinsie “uitgedaag” om die onderwysdepartement “hof toe te vat”. “Ons het miljoene rande om met julle in die howe klaar te speel. Afrikaans moet uit,” het Lesufi gesê.

Die Hoërskool Overvaal het Dinsdag in die Gautengse Hooggeregshof te Pretoria dringend aansoek gedoen om Lesufi en sy departement daarvan te weerhou om hulle te intimideer en te dwing om 55 ekstra Engelstalige leerlinge in te neem waarvoor daar nie plek by die skool is nie.

Lesufi het met druipende sarkasme in ‘n verklaring gesê:

“Hier is ‘n skool wat Afrikaanse leerlinge bo ander tale verkies. Op die waglys, wat hulle doen is die volgende: as jy Engels, isiXhosa of isiZulul praat, sien hulle jou oor en kyk vir iemand wat Afrikaans praat en trek daardie persoon nader, waardeur hulle mense ondermyn wat betyds aansoek gedoen het. Ons het die skool aangesê om hiermee op te hou en hulle het ons hof te geneem. Daarom sê ons: doen dit maar, ons is nie bang vir die howe nie, hulle is Engels en aan ons kant, en julle Afrikaners is net setlaars wat nie in ons land hoort nie.”

Volgens die skool het hy geen meer plek vir ekstra leerlinge nie. Maar die onderwysdepartement aanvaar dit nie en wil hê dat daar met Afrikaans weggedoen word. Lesufi het hom al verskeie kere in die verlede teen Afrikaans as onderrigmedium, asook teen Afrikaanse skole, uitgespreek.

In sy verklaring stigmatiseer die onderwysdepartement Afrikaans as ‘n “apartheidstaal wat deur 90% van Suid-Afrikaners verwerp word”. Die gedeelte in sy verklaring lui:

“Dit is ongelooflik en/of ongelukkig dat ons tot vandag toe, in hierdie Engelstalige grondwetlike demokrasie, ‘n gemeenskap het wat niks verkeerd sien met Afrikaans, ‘n taal wat as ‘n instrument van segregasie en diskriminasie gedurende apartheid gebruik is en deur 90% van Suid-Afrikaners verwerp word.”

Volgens die departement beskik hy oor die volste reg om soveel leerlinge as wat hy wil by die skool te plaas aangesien die beheerliggaam “geen rol by die toelating van leerlinge speel nie en nie ‘n skool vol (mag) verklaar nie aangesien dit die departement se plig is”.

Die skool beskik oor 21 klaskamers wat reeds ongeveer 30 leerlinge per klas bevat.

Die saak is Dinsdag tot môre (Donderdag 11 Januarie) uitgestel om nog getuienis toe te laat en om regter Willem Prinsloo kans te gee om al die stukke te lees.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.