Die globale Sweedse klerewinkel H&M het om verskoning gevra vir die foto van ‘n swart kind met ‘n kappiehemp waarop staan, “oulikste apie in die oerwoud” (coolest monkey in the jungle op Engels).
Aanlynbeelde van die swart kin in die “apie”-kappie het woed op sosiale media ontketen. Die internasionale modeketting het om verskoning gevra nadat sy webblad die swart kindermodel met die “oulikste apie in die oerwoed”-kappie vertoon het.
Van die aanlynkritiek wat uitgespreek is, sluit beskuldigings van “onvanpas”, “walglik” en “nalatig” in.
Die klere-item vir kinders wat op die winkel se blad in die Verenigde Koninkryk as ‘n “gedrukte top met kappie” beskikbaar is, is Sondag opgemerk, onder andere deur die woernaalskryfster Stephanie Yeboah, wie se ontstoke skermafdruk van die klere-aanbod viraal versprei het.
H&M het intussen die groen apietrui van sy webblad verwyder, terwyl twee blanke kinders met ontwerpe in dieselfde kategorie steeds op die blad aanbly.
Een dra ‘n hemp met die woorde: “Mangrove jungle” of “Official survival expert”, terwyl ‘n ander ontwerpe van kameelperde of tiere vertoon.
Die swart Britse Arbeider-LP Kate Osamor het getwiet:
I was totally shocked, dismayed to say the very least to find this online imagine. @hm do you think this imagery is an appropriate representation of a young black boy? pic.twitter.com/ylCIMZHVtv
— Kate Osamor (@KateOsamor) January 8, 2018
British Labour MP Kate Osamor tweeted: “I was totally shocked, dismayed to say the very least to find this online imagine. @hm do you think this imagery is an appropriate representation of a young black boy?”
The Weeknd, ‘n Kanadese popster wat mansklere vir die ketting geprodoseer het, het gesê dat hy sy bande met die maatskappy verbreek.
Nog ‘n Twitter-gebruiker het gekla:
So the black kid gets to wear the H&M sweater with “Coolest monkey in the jungle” and the white kid with “Survival expert”. This is beyond disgusting. It’s a projection of your neocolonial thinking. You won’t see me anywhere near your shops these days @hm. pic.twitter.com/Gl7OtdVw4p
— Volkan 🔥 (@vulkaanrots) January 8, 2018
“n Rubriekskrywer vir die New York Times, Charles M. Blow, het gevra: “Het julle van julle verdomde koppe af geraak?”
Lebron James, ‘n swart Amerikaanse professionele basketbalspeler, het ook teen die beeld op Instagram uitgevaar:
“U got us all wrong! And we ain’t going for it! Straight up! Enough about y’all and more of what I see when I look at this photo. I see a Young King!! The ruler of the world, an untouchable Force that can never be denied!”
“We as African Americans will always have to break barriers, prove people wrong and work even harder to prove we belong but guess what, that’s what we love because the benefits at the end of the road are so beautiful!!”
‘n Woordvoerder vir die kleinhandelaar het gesê:
“Dié beeld is nou van alle H&M-kanale verwyder en ons vra om verskoning aan enigiemand wat aanstoot kon geneem het.”
Maar dit was eintlik ‘n Afro-Amerikaanse regisseur, Spike Lee, wat die idee van “swartes-uit-die-oerwoud gewild gemaak het in sy film oor verhoudings tussen die rasse, Jungle Fever, in 1991.
In Calais, Frankryk, het die sedertdien afgebreekte en berugte migrantekamp as die “Oerwoud” (Jungle) bekendgestaan, maar niemand het ten tye van die bestaan daarvan oor rassisme gekla nie.