Karel Combrinck: Weimar 1918/2018

Daar is vele wat glo dat die geskiedenis hom herhaal. Kom ons hoop maar dit is nie so nie, want daar is weinig in die geskiedenis wat ons herhaal wil sien, veral die verhaal van die twintigste eeu, sekerlik die donkerste blad in die geskiedenis van die mensdom. As dit so is dat die geskiedenis hom herhaal, is dit miskien omdat die mensdom nie wil leer nie.

Die oorsake van die Tweede Wêreldoorlog is menigvuldig en kompleks, maar die hoofoorsaak is die ineenstorting van die Duitse geldeenheid in die twintigerjare van die eeu.

Ná die afgryslike menseslagting van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1918 met die Duitse nederlaag beëindig is, het Frankryk, Engeland en Amerika ontsaglike reparasies van Duitsland geëis. Terselfdertyd het die sg. Geallieerdes die Duitse produksiemiddele, industrieë, grondstowwe ens. afgetakel en weggery. Die Franse het bv. die Swartwoud uitgekap en die hout na Frankryk gekarwei. Die gevolg was dat Duitsland reusagtige skulde opgestapel het wat hulle net nooit sou kon betaal nie.

Die President van die Duitse Reichsbank, oftewel die Duitse sentrale bank onder die Weimar regering, Rudolf Havenstein, het die probleem probeer aanpak deur steeds meer en meer Marke te druk wat die Duitse ekonomie op sy knieë gedwing het en die algemene bevolking in die diepste ellende gedompel het.

‘n Paar syfers oor die gevolge van Havenstein se besluit volg, tesame met, tussen hakies, die parallelle groei van Hitler se Nasionaal Sosialistiese (Nazi-) Party:

  • Maart 1915 1$ = 4,85 Mark (Hitler totaal onbekend)
  • Feb 1920 1$ = 100 Mark (Hitler begin klein groepies toespreek)
  • Maart 1921 1$ = 260Mark (Hitler hou toespraak voor 6000 mense)
  • Des 1922 1$ = 6,800 Mark
  • Jun 1923 1$ = 193,000 Mark (Die Nasionaal Sosialiste wen 6,5% van die setels in die Reichstag.
  • Nov 1923 1$ = 3,4,000,000,000,000 Mark
  • Sept 1930 Die Nazi’s wen 18,3%van die setels in die Reichstag.
  • Jul 1932 Nazi’s wen 37, 4% van die setels.
  • Maart 1933 Nazi’s wen 48% setels. Hitler word Rykskanselier.
  • Sept 1939 Tweede Wêreldoorlog breek uit.

Die Weimar-regering het geglo dat hulle geen ander keuse gehad het nie as om hulle geldeenheid te kelder ten einde aan die oorlogskuld te ontkom.

Vandag sit ons weer met ‘n situasie van astronomiese private en staatskuld. Daar is egter geen verskoning soos oorlog of oorlogskuld nie. ‘n Land soos Frankryk bestee die totaliteit van die inkomstebelasting wat sy burgers betaal aan die vereffening van die rente op staatskuld. L.W. die rente alleen. En die ander Westerse lande is nie juis beter daaraan toe nie, sommige selfs veel slegter.

In die private sektor gaan die banke steeds voort om maar te leen en te leen, dermate dat dosyne banke wêreldwyd die afgelope paar jaar bankrot en gesluit is. Talle ander banke, veral die heel grotes, is tegnies ook bankrot, maar dit is aanvaarde wysheid dat hulle “te groot is om bankrot te laat gaan”.

Hoe is dit dus moontlik dat reusebanke nie “toegelaat” kan word om in duie te stort nie? Die verklaring is tweërlei: Aanvanklik het die Westerse regerings probeer om die banke uit die verknorsing te help deur die bevolking (die middelklas) te belas. Die stadium is nou bereik dat die middelklas wêreldwyd belastingvoos is en nie verder uitgemergel kan word nie, wat maak dat Westerse regerings nou hulle toevlug neem tot … die druk van rommelnote, of soos dit ook genoem word, monopoly money.

Die Europese geldstelsel, nl. die euro, was uit die staanspoor gegrond op die Duitse Mark. Dit was trouens ‘n voorwaarde vir die toetrede van Duitsland tot die Europese Unie en die oogmerk was Duitse beheer oor die stelsel. Die Europese sentrale bank (ESB) is dus eintlik die Duitse sentrale bank met ‘n ander naam.

Vir baie jare het die Duitse sentrale bank met ‘n arendsoog gewaak oor die ESB en dus oor die lotgevalle van die euro. Die angswekkende gevolge van ‘n gepeuter met hul geldeenheid was nog te vars in hulle geheue om weer so-iets toe te laat.

Maar ongelooflik soos dit is, het Duitsland oor die afgelope paar jaar begin om, gebuk onder ‘n ondraaglike skuldlas van die staat en die groot banke, weer die druk van rommeleuros toe te laat. Die afgelope twee jaar druk die ESB 80 miljard rommeleuros per maand, so te sê in sy geheel bestem om die bodemlose put van die groot banke te probeer vul. Soos die Weimar-regering glo hulle dat hulle geen ander keuse het nie. (Die groot banke kan nie “toegelaat” word om te vou nie.)

Die Duitse nasionale skuldlas beloop tans 2, 064, 623, 120, 800 euro. Of liewer, dit was die posisie ‘n paar minute gelede, want die Duitse skuld groei teen 92,040 € per minuut. Minstens is dit ‘n syfer waarvan ons ‘n begrip kan vorm. Die jaarlikse rente op Duitse skulde beloop 48,396,856,438 euro. En, soos gesê, dis die algemene patroon in die Westerse nywerheidslande.

Die wesentlike vraag is: Wat doen die derduisende “demokraties verkose” politici wêreldwyd om die katastrofe te beredder? Hulle doen net niks, enersyds omdat die soustrein nog te lekker loop — vet salarisse en toelaes van allerlei aard, motors met bestuurders, gratis huise, ens. — en andersyds omdat hulle niks kan doen nie. Dis die groot banke wat die opdragte gee. Parlemente is niks meer nie as rubberstempels vir die banke en “demokratiese” verkiesings is weinig meer as sleutels tot die soustrein. En verder hou hulle hulle besig met die oplegging en invordering van belastings.

In skrille teenstelling met die fabelagtige rykdomme van ‘n handjie vol oligarge lewe dermiljoene mense in die Westerse wêreld vandag in armoede. Ons hoor net selde daavran. Netsoos die Weimar-regering in Duitsland in die twintigerjare, verkies “demokraties verkose” regerings om dit net te ignoreer. En so ook die fatsoenlike media, by uitstek die lakeie van die geldmagte. Hoeveel ruimte wy Die Burger bv aan die derduisende mense wat in Suid-Afrika in ellende verkeer? Ek lees die ding nie, maar my indruk is hulle bestee meer tyd aan die swangerskappe in die Britse koningshuis as aan die nood van hulle eie mense.

Dit moet vir enigeen met oë en ‘n bietjie verstand in sy kop duidelik te wees dat die situasie nie onbepaald kan voortduurtnie. Dis nie meer ‘n vraag van of die kaartehuis in duie gaan stort nie, maar wanneer en wat die gevolge gaan wees. Tog net nie weer ‘n wêreldoorlog nie, maar dis nie uitgesluit nie, helaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Puike uiteenzetting nog eens, Karel.
    PRAAG is nog maar net ‘aanlyn’ en daar komen de rubriekschrijvers/scherpschutters weer boven.
    Goed dat wezenloos Krankrijk ook wordt genoemd.

    Wel mag een niet onbelangrijke toevoeging over de ontwikkelingen in de EUSSR-as Krankrijk Duisterland worden gemaakt.
    Daar zijn en worden namelijk totaal minstens 25.000.000 ‘migranten’, van een bepaald soort, ondemocratisch naar binnen gelogen. Dat zorgt voor nog meer armoede en onveiligheid en onleefbaarheid (dood door misdaad en systematische verarming/verwaarlozing) voor evenzoveel Europeanen in alleen al die landen.

    • Danny

      Dankie Hans 🙂
      Gaan julle julle broers en susters hier in SA help met Nederlandse Universiteit satelliet kampusse sodat ons kinders ten minste in Afrikaans /Nederlands=moedertaal /stamtaal kan leer?

    • Chroom

      Hallo Hans, kan jy asb bevestig of daar koerante in Frankryk en duitsland was wat berig het dat hulle , Frankryk en Duitsland, ongeveer R4.6 miljard aan die weskaapse regering en kaapse stadsraad geskenk het. Jy kan my op my e pos antwoord, threetrade@gmail.com, asb Dit is baie belangrik om te weet en te bevestig. Indien moontlik kan jy ook bewyse aanheg, indien dit waar is. Dankie

  • gerhard reyneke

    Hitler was reg. Kyk wat het hy met Duitsland gemaak voor die 2de wereld oorlog. Van niks na n super land.

    • Karel Combrinck

      Net jammer hy het dit ook weer verwoes, saam met die helfte van Europa.

      • Suidpunt

        Julle is eintlik albei reg.

        “Socialism always works at the beginning”

  • Karel Combrinck

    ‘n Insiggewende besonderheid wat ek nog kon genoem het: Voor 3 Januarie 1973 het die Franse regering sy begrotingstekorte aangevul met lenings van die Franse sentrale bank. Op daardie datum het die Franse Nasionale Vergadering wetgewing aangeneem dat sulke lenings voortaan net aangegaan mag word van private banke. Dit was die begin van die onderhorigheid van die Franse staat aan die internasionale bankstelsel. Die wetgewing is ingedien en aangeneem, in opdrag van die destydse President, mnr George Pompidou, – ‘n voormalige Direkteur-Generaal van die Rotschild bank.

    • Gerad

      Daar is een reuse foute wat kommentators willens of wetens maak: Die wisselkoers word nie deur vraag en aanbod beheer nie maar deur die geldmagte. Hulle kan enige land oornag bankrot maak. Of dit nou Duitsland of Zimbabwe is.

      Sien Mike Maloney (elektroniese ingenieur – voorstaander van goud en silwer as belegging) se video “The Monetary System Visually Explained” https://youtu.be/23DNe0cJhcU

      Maar jy durf nie hierdie video te ignoreer nie: From Bitcoin to Hashgraph https://youtu.be/SF362xxcfdk Is dit die einde van kriminele banke, gekoopte regerings en Bitcoin!?

      • Heil Gerad et al! Een van my beskeie persoonlike uitdagings so vroeg in 2018 is dat dit wat ons nou tot en met 2017 weet (veral ook na die Volksraad se Memorandum aan die Buiteland, waar o.a. buiten aspekte van onderlinge verraad, astronomiese maar vrugtelose SA blanke belegging in die ou SA Tuislande uitgewys word), soos ‘n onoorbrugbare kloof of muur tot aan die hemel bo ons verstand uittroon! Selfs by http://kapteinmarlyn.blogspot.co.za is Afrikaner ekonomie vandag ter sprake. Die geskiedenis herhaal homself, omdat te min (Afrikaner) mense daaruit wil leer. Daarom verskil ek van die mense wie meen met oogklappe in plek moet ons in menslike redenasie “positief”” vorentoe beur (om ou foute blindelings te herhaal, of bloot net die keffende hondjies of jakkalsies rondom ons stompsinnig te ignoreer?). Dit is my beskeie mening dat Bitcoin (Algoritmunt) ‘n reuse internasionale vorm van geldwas is om geld te bekom en te skuif na “ander bedelings” (wat seker ook nie sonder korrupsie is of gaan wees nie) – maar met die huidige manipulerende internasionale bankstelsels gaan ons verseker in die stof duik. Kan die Afrikaner gesamentlik gefokus tot ‘n alternatiewe en volhoubare sosio-ekonomiese model kom? Ja, die “lekker ou dae” van mag, geld in die sak, sonskyn, braaivleis, strande en blinde nalopery …

        https://uploads.disquscdn.com/images/0b00fee51033ea9d8db0bea22ca112a991da0d61b6a311b6ceaf16c3d4912b4d.jpg

        • Rooikop

          Een ding van kriptomunt is dat ALLE transaksies se geskiedenis daarin vervat is en vervat bly. Wat ‘n beter manier vir sentral owerhede wat belasting hef om seker te maak dat hulle hul deel kry? Dat dit egter tans vir geldwas gebruik word is ek baie seker van.

          • Jip, … en intussen, slaap en sluimer die Afrikaner om nog bietjie uit te rus, te redekawel en towerfluitspelers reg in die bek van hierdie (Dier) bedelings in te volg. Al stywer span die web. Al dieper sink die dryfsand. Al meer wankelende die sanderige fondasies. Al meer bloot kermend-apaties en in selfbeskikkings-onverrigtersake die Volk (met ‘n Gelofte?)

  • Snel

    Ek neem aan n mens moet maar versigtig en fyn skryf op die onderwerp om nie aanstoot te gee nie, wil die praag werf nie n sekere “anti” status gee nie.

  • sussie se vissie

    Carel,
    Verskoon die irrelevansie vd plasing.
    Eerste keer dat ek ou wederhelf Stompvinger hoor bulk soos n koei in drag.
    Vat ons kapt vd reënboognasie se krieketspan toe mos sy pandoer snelbouler op Nuweland al te teer in beide hande….en kus hom karplaks op sy sweterige voorhoof na die neem van n paaltjie.
    Sal iemand tog die gatkruipende kaptein poepol inlig oor die toksines vervat in sweet.
    In beswil van my wederhelf en kapt poepol se vrou.

    • Rooikop

      Gag sou nie daar gewees het as hy nie een van die mandela-aanbidders is nie. Hierdie souteispel was mos juis in 94 gebruik om te help om die oorgawe te laat goedkeur deur die massas.

  • emiele

    ‘n Burgerlike en ekenomiese konflik broei die afgelope dekades met die afhanklike gepeupel aangespits deur die progresiewe elite aan die een kant, en die krimpende middelklas aan die ander. Die georkestreerde instroming van volksvreemdes in vele westerse lande is maar net nog ‘n uitvloeisel van hierdie konflik.

  • Gert Rautenbach

    Duitsland het vir lank die druk van euros teengestaan nadat Amerika dollars begin druk het om uit die 2008 verknorsing te kom. Hul mantra was “austerity”, maar moes uiteindelik swig toe spaarsamigheid die wa nie deur die drif kon kry nie.

  • Jacques

    Dankie. relevante artikel vir ons tye. Ons is inderdaad totale slawe. Laat dink my aan ‘n boekie wat ek in my besit het. Sterk aanbeveel:

    https://www.amazon.com/History-Central-Banking-Enslavement-Mankind/dp/191088149X/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1515386514&sr=8-1&keywords=history+of+central+banking

    Nogal ‘n Suid Afrikaner wat dit geskryf het.

  • Kalium_Chloraat

    Die Bitcoin – ding (wat werk vervang met spekulasie; lees die Protokolle van Sion) is nog ‘n stuk gereedskap wat die geldmagte gebruik om beheer te verstewig. Daar sal net so ‘n 1929 ineenstorting vir dit kom as wat vir die gewone spekulasiemark gebeur het. Kontantgeld en skuld word gebruik om met dit te spekuleer en so word skuld net meer en eer.. Die vat van die Bitcoin is ook soveel makliker (lees die Mt. Gox storie). Die kinderlike naiwiteit van kommenteerders oor hoe onafhanklik Bitcoin en soortgelyk is vermaak my.

    • Jacques

      Een ding wat ek nou al goed geleer het op universiteit en my beroep, is dat hoe hoër die opbrengs is, hoe hoër die risiko is. Myns insiens word Bitcoin gemanipuleer om soveel as moontlik beleggers in te kry. Hierdie borrel gaan bars. Die vraag is net wanneer. En net soos enige ineenstorting sit magte en kragte daaragter, bv die Fed. Wat hulle doen is om markte kunsmatig op te blaas en dan baie skielik weer af te blaas. Dis ook presies hoe die Fed die 1929 ineenstorting gedoen het. Beleggers verkoop in paniek teen lae pryse aan raai wie. Laat my dink aan ‘n onlangse artikel op Globalresearch.ca. In 2012 het ongeveer 300 individue 50% van die wereld se rykdom besit. In 2017 was 50% van die wereld se rykdom deur slegs 62 individue besit.

  • Skisofreen

    Dit is nie ‘n geval van die mensdom wat nie leer nie. Huidige gebeure is bloot die voortsetting van ‘n Agenda wat lank gelede vasgestel is. Die Agenda word sistematies uitgevoer en is dekades voor die Balfour deklarasie vasgestel. Op die oog af wil dit voorkom asof die Boererepublieke en die Duitsers in die pad wou staan, maar gegewe die feite van die geskiedenis is dit heel moontlik dat die gebeure deur ‘n omgekoopte leierskap gemanipuleer is om die uitkoms te verseker. As daar iets te leer is, is dit dat wat ek as individu leer geen duit maak op die stoomroller van die geldmag se agenda nie.