Volksgeloftefees: Laat die sirenes loei – laat die Volk maar bloei!

Toe kyk ek, en daar was ‘n hand na my toe uitgesteek, en daarin ‘n boekrol! En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee. (Esegiël 2:9-10 OAV)

Dit is vanjaar 179 jaar sedert 16 Desember 1838, – op ‘n baie lang trekpad.

Die Eksodus, deur Horace William Petherick

Wat kan die Boere-Afrikanervolk oortuigend en in verantwoordelike rentmeesterskap voorhou aan mekaar en aan ander, – of aan ons Messias van Nasaret as Hy môre weer sou kom met ons belonging vir wat ons gedoen het in die vlees?

Dit wil voorkom asof ‘n eiesinnige en wederstrewige herversamelde Europese nasie in SuidAfrika nog besig is met “Empiretjies” bou en nie met Koninkryksbou nie. Sou ons as Koninkryksmedewerkers en ‘n Oorblyfsel, – met groot moeite deur Gods hand tot hier gebring, – nie die Koninkryk laat kom op aarde soos in die hemel nie, wie sal dan? Wanneer?

Die belangstelling in die Geloftefees is besig om te groei soos wat eie Christelike volksidentiteit, roeping en plig weer in gebed en verootmoediging onder die druk van die wêreld en van ongeregtigheid in die Nuwe SA herbesoek word en verlore geskiedenis, – inderdaad, ‘n kritiese goue draad – weer in oënskou geneem word.

Steeds egter, lei dit nog nie tot tasbare en oortuigende, volgehoue Godsvrug in en om SA nie.

Die sirenes loei. Die Volk bloei en verarm, – fisies, ekonomies en geestelik. “Leiers” pronk, knoei en lei ons op verdeelde, onboetvaardige maar roemryke en verdrukkende paaie.

Monumente, kerktorings en die laaste tapisserie in die Voortrekkermonument, so tussen die erfgoed van ons vaders, dui op misleidings. Konsentrasiekampkerkhowe toon dieselfde vervallenheid as die hart van Volksgenote,  verward en vervalle in elke lering onder die son.

Geen Volkskerk dui die smal weg in suiwer Skrifgerigtheid meer aan nie. Die Bybel is vir talle nie meer ‘n lig vir die pad en ‘n lamp vir die voet nie. Waarom is die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier gemaak? Waarheen was die Groot Trek-eksodus van die strewende Verbondsvolk op pad?

Waar het ons afgedwaal, en waar gaan ons eindig?

Die Slag van Bloedrivier: 16 Desember 1838

Eer jou vader en jou moeder (en hulle ondernemingsgees, waaronder die Bloedriviergelofte en die Godgegewe uitkoms daarvan), dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. (Eksodus 20:12)

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Troos u hieraan… so dink ek vanoggend: Wat sou gebeur het as ook hierdie dag gekommersialiseer sou word deur supermarkte met sjokolade-ossewaens, koekwedstryde wie die mooiste die Voortrekkermonument kan uitbeeld (waar heelwat ou tannies mekaar in die hare vlieg), Volksdanse met toegangsgeld [ja, die dag behoort soos ‘n Sondag eerbiedig te word, maar, maar, maar…]. Jy sou die dag net soos Dankseggingsdag in Amerika ontheilig het.

    Nou kan ek darem sê – diegene wat hierdie dag vier, is eg. Die saak is nie verlore nie. Sedert gister is “Die Gelofte” die nommer 1 soekresultaat op die Afrikaanse Wikipedia, nie Versoeningsdag nie. Die belangstelling begin reeds vanaf 1 Desember 2017 ‘n aanloop neem. ( https://tools.wmflabs.org/pageviews/?project=af.wikipedia.org&platform=all-access&agent=user&range=latest-30&pages=Die_Gelofte ). Jy kan nie ‘n oppervlakkige burokratiese “niks” vir mense bied, terwyl kultuur/godsdiens, soos in hierdie opsig, veel meer te bied het nie.

    • John

      Die vraag is wiskundig vaan aard, nie nostalgies nie. Het die Gelofde toe vrug gewerp ?

      • Suidpunt

        ‘n Kritiese vraag vereis ‘n eerlike antwoord.

        Wiskundig, bedoel ons nou syfers? Getalle? Ek gaan aanneem John bedoel “wat is gedoen?”. Die eerste deel is mooi nagekom. Die “tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten” is waar dit begin moeilik raak. Streng gesproke was nie een van my voorouers daar nie (hulle was “Kolonialers”, of “Kaaplanders”, om nou M.E.R. se polities-neutrale woordeskat te gebruik), maar tog eerbiedig ek die dag. Of, probeer ten minste. Al glo my moeder Sarel Cilliers is verlangs van haar familie (ek kon niks hiervan opspoor by die geslagregisters nie).

        Dan kry jy ook die liberalistiese element sedert die 1970’s wat volkswees heeltemal wil ontken. Jy is ‘n wêreldburger, en enigiets wat net ruik na volksheid (wat tot “verdeeldheid” lei of ‘n stok in die monisme-wiel druk) moet onmiddellik negeer word.

        ‘n Mens kan ‘n vergelyking maak tussen diegene “wat uit plig” Latyn op skool moes leer, en diegene wat ten spyte van die leerplig wat afgeskaf is steeds WIL. Wie staan hier kop en skouers bo die res uit? Prof. Dr. Francoise Waquet verkies eerder hierdie vurige leerders as “die miljoene doodvertaalde werke deur leerders met wrok in hul hart jeens hierdie vak waarvoor hulle nie gevra het nie”. Net so wonder ek oor diegene wat die Gelofte vier, as getalle dan nou sou saakmaak: eerder diegene wat werklik wil, as halfhartige pogings, of dwang onder diegene wat daarin niks goed kan vind of voor koester nie. Ek dink byvoorbeeld aan Hemelvaartdag in Duitsland (wat by ons in Suid-Afrika lankal nie meer ‘n openbare vakansiedag is nie), wat toevallig saam met vadersdag val, waar mans kotsdronk word by hul Herrenpartien met Bollerwagen randvol van die bier en kos – dit was vanaf die 1800’s al so, veral in die Noorde en Ooste van Duitsland. Pa’s wat voor hul kinders dronk word het in 2008 die destydse Minister van Gesinssake, Ursula von der Leyen, uiteindelik die harnas ingejaag. In die Suide, in die Katolieke Beiere [heel toevallig ook die welvarendste deel van Duitsland], word die eeue-oue godsdiensparades egter steeds doodnormaalweg voortgesit waarin Christus vereer word, met Lederhosen en geveerde hoedens. Jaar in, en jaar uit. Oberammergau dieselfde.

        Dit is dus my punt. Ongeag van watter Wiskunde mens wil soek. Dat nie een van ons kerke in die omliggende dele van die Overberg (met die uitsondering van Caledon) hierdie jaar die dag gedenk nie, verbaas my glad nie. Maar jy weet seker reeds wat ek van kerke dink? [Of, wag, my hande jeuk nou om ‘n volgende artikel te skryf…]

        • Ou Transvaal

          Skryf die artikel , laat dit bekend word dat ons jongmense nie tevrede is met die manteldraaiery nie …??

          • Ou Transvaal, daar by die ASK waar ek vir 14 maande vrywillige Volksdiensplig gedoen het, is die vraag steeds onbeantwoord;- Kan die huidige generasie (Afrikaners op Universiteit en so 10 jaar in die werkplek) werk met dit (gemors) wat die Afrikaner Baby Boomers nalaat in SA?

        • John

          Indien daar geen gelofde afgelê was nie, sou die Boere geseevier het ? Sou hulle uitgedelg word ?
          Beide is moontlik, tog is beide nie `n uitgemaakte saak nie.

          Ek is al mank gepraat oor die godsdiens perdjie. Vat aan sy stertjie en jy sink in `n kolk. Dit hou nooit op nie en dit kom nêrens uit nie.

          Indien enigiets nou duideliker is dan is dit die feit dat die predikante waarskynlik die meeste van almal gemotifeerd is om enige fundamentalistiese so vêr as moontlik te flex om hul toekoms te verseker. Maar dis nou maar godsdiens vir jou.

          Gesien vanaf `n hoër piek, en sonder die besoedelende semantiek van die verskeie dollos gooiers, is ek in my hartjie van hartjies, en met innige opregtheid, daarvan oortuig dat nog die onderneming van 1838 nog die vrome vergaderings van boeppense op heuwels die gang van die natuur hoegenaamd kan laat stuier, wat nog van stuit.

          Drie en Sestig jaar later.
          Toe lê 25 000 Boere dood. Plase afgebrand en kinders saam met oupas en ooms sit en vergaan in St Helena en Indië terwyl oumas en babas verrot agter doring draad.

          Die Boere se meem is uiters selfsugtig. Dit sal nie los voordat die laaste druppel lewe uitgesuier is nie.

          Die Eugene Marais is in die minderheid en hulle sal vir ewig die eienaardige randeier bly. Die De Wets is die onmisbare sout vir die Boere, hoe kan jy nou sonder dit !?

          Prost !

          • Johann Schutte

            A reasonable capacity for abstract thought is required. Evolutionary theory asserts that any phenomenon that resists extinction (as has religion), must surely be a viable survival strategy, unlike those that do not stand the test of time and inevitably fall by the wayside. From this pov, the question as to whether the Voortrekkers’ (or blue bull supporters) appeal to a higher power is/was influential is disingenuous or superficial.

            Whilst I find organized religious activity to be quite anathema personally, its value must be recognized, and is, but only by the astute. The practical implications of an atheist society are becoming clearer daily: Rid the world of religious practice, and you won’t be able to appoint enough policemen, to name but one.

            The problem is not religion. Some forms of belief are good, and others are highly destructive.

            Ironically, the international community would far more easily do without Marais the giant than De Wet, the midget.

          • sussie se vissie

            Oppie = laaste para

    • Kalium_Chloraat

      ‘n Kommersiële Geloftedag sal lyk soos deesdae se Kersfees, dit sal niks met die saak te doen hê nie en dit sal ontheilig word. Ek dink die beste ding vir ons sal wees as Kersdag nie meer ‘n vakansiedag is nie. Dink net die piep wat die geldwolwe sal kry.

  • Kalium_Chloraat

    Daar was min mense by ons Geloftediens gewees. Die teëspoed van die Volk is nog nie groot genoeg nie.

    • Ou Transvaal

      KC ek stem saam , maar saammet ons Meester is ons nog steeds die oorwinnaars .
      Wat wel saak maak is dat die mense wie se woord nog iets beteken bymekaar kom en die gety het daarmee gedraai .
      Kyk na die hoeveelheid Gelofte dienste wat aangebied was en vergelyk dit met vorige jare en jy sal sien dat daar ‘n honger spontaan in die Volk uitgebreek het .

  • John

    Die selfde man van die kleet wie jou gelofde fees lei is die selfde kwak wie huwelik tussen man en man en vrou en vrou wil wettig. Sodat hy die voortbestaan van sy maatskappy verseker.

    • Ou Transvaal

      Die man met die mantel waarvan jy praat is op hiedie stadium in ‘n paniek om weer die kerkbanke vol te kry en sal enige plan beraam om dit te doen, sy teokomstige werkstatus is in gedrang . Dit is nogal interresant dat die Versoeningsdag idee hierdie jaar nie so sterk gedryf was nie , is dit miskien die rede vir die lee banke ??

  • Ou Transvaal

    Deur die Gelofte aan ‘n Kerk te verbind is om ‘n verandering aan die betekenis van die Gelofte te maak …Dit was ‘n Ooreenkoms tussen ‘n Volk en die Vader gewees wat deur die Vader in werking gestel is .
    Neem kennis dat die Boervolk ten tye van die ooreenkoms onder die Kerk se tug was en dat hierdie tug NOOIT deur die Kerk opgehef is nie !! Geagte kerklidmaat dit beteken dat jy deur die ooreenkoms van jou voorsate effektief uitgesluit is van die Kerksakramente tot vandag toe …Daarom is daar geen “volkskerk ” wat die volk in hierdie Geloftenakoming kan lei nie , dit is ‘n Volks ding , sonder die denominasie verdelende Kerkgees .
    Die effektiefste , opregte Geloftenakoming kan slegs in Volksgemeente verband plaasvind , totaal verwyder uit die Kerk instellings !!!
    Voor u my stenig , vors eers deeglik die betekenis , geskiedenis en oorsprong van die woord kerk na . Kyk sommer ook na die redes hoekom die Boere getrek het , en u sal vind dat die Kerk se De Mist orde ‘n wesenlike rol daarin gespeel het , dieselfde orde wat nuwe lewe gekry het met die Belhar belydenis …

    • Rooikop

      Die een kerk was tot onlangs toe nog volkskerk maar het ook nou maar oorgegee en agter die WRK aangehoereer. Die WRK skryf mos nou almal voor en die “eukumeniese bande” is meer werd as die waarheid. (En die WRK is baie hand om die blaas met die Roomse kerk)

      • Ou Transvaal

        KOLSKOOT !!

      • Rooikop, ek vind noudiedag hierdie opsomming. Wat en wie is die God en die kerk van die Boere-Afrikaner, – of is ons ook maar in die hoofstroom Christendom sedert Konstantyn die Gemeente van Handelinge met Nimrod en Mithras verenig het? http://www.religionfacts.com/big-religion-chart

    • Kalium_Chloraat

      Reg, die Gelofte is ‘n verbond van die volk met God, die kerk, soos ek dink dit in die artikel bedoel word, is die organisering van die volk se Godsdiens met alles wat daarmee saamgaan soos die gesamentlike beurs, kerkgebou, ens. Die stand van die kerk is dus ook ‘n afgeleide van die volk se toestand en die kerk lyk nie goed nie. Jy is ook reg oor de Mist. Sy kerkorde het die amp van politieke kommissaris ingestel sodat ‘n amptenaar ‘n ogie vir die staat oor die kerk kan hou. Wat anders kon ons verwag van die hoof bokryer van SA. Tydens die Groot trek was Piet Retief (ook ‘n bokryer) aangestel as die politieke kommissaris van die Trekkerskerk.

      • Johann Schutte

        Is daar betroubare bronne wat bevestig dat Retief `n messelaar was? Waar kom die storie vandaan?

        • Rooikop

          Ek het dit al verskeie kere gelees – blykbaar op die sak wat hy na Dingaan geneem het was daar tekens. Maak nou nie saak nie. Blykbaar het die losies daar in die oos-kaap leeggeloop met die groot trek so die ding het maar saamgetrek met die boere. Ek het ook al gehoor en ek weet nie hoe waar dit is nie, dat Retief weggehardloop het van skuldeiesers –

          Ongeag. Ek kry amper op ‘n weeklikse basis met nuwes van hierdie groupie te doen. Die ou mensdom is nou maar eenmaal lui en sal enige iets doen om vir die minste moeite die meeste geld te maak.

  • Gerad

    ‘n Mens moet mooi onderskei tussen geloof en godsdiens. Daar is baie godsdienste – die studie gebied die teoloë, wat ‘n afdeling van die filosofie is; wat meelopers van die politiek is.
    Die laaste keer wat my broer in die ngk was, was toe die ds van die preekstoel af (seker per ongeluk) na die konsistorie verwys het as die losie. Hy laat hom nie ‘n rat voor die draai nie. Ook nie my broer nie.