Die revolusie wat deur die Broederbondverraaiers aan die Vrystaatse Universiteit ontketen is, stoom voort want so pas het bekend geraak dat die nuwe kleurlingrektor, wat die Boerehater en propagandis Jonathan Jansen opgevolg het, die hele universiteitsbiblioteek laat leeg maak het om plek te maak vir swart studente wat rekenaarspeletjies wil speel.
Volgens die universiteit se amptelike woordvoerder, Lacea Loader, “(is dit) prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier, se visie om fisieke en virtuele spasies te skep wat veeldoelige leerruimtes vir studente aanmoedig – met die klem op ‘studente se ervaring’ wat hul akademiese sukses en lewenslange leer sal ondersteun”.
Aanvanklik is gedink dat die universiteit die boeke weggesmyt het om nuwe boeke aan te koop, maar dit blyk nou dat die Petersen heeltemal met boeke wil wegdoen en van die die biblioteek ‘n soort “virtuele speletjiesentrum” wil maak. Twee handelaars in skroot en afval op Bloemfontein, mnre. Brendon Muller en Neels de Villiers van die firma Avery Scrap Metal and Glass Recyclers het toevallig gesien hoe twintig ton boeke uit die biblioteek afgelaai word om verpulp te word. Deur hulle toedoen is ‘n gedeelte van die universiteit se boekversameling gered.
Onder die boeke wat Petersen laat wegsmyt het, tel Africana-items soos tydskrifte wat langer as honderd jaar oud is. In enige beskaafde land sou sulke items volgens argivale standaarde bewaar word, maar in Suid-Afrika stu die revolusionêre vernietiging voort.
Dr. Dan Roodt van PRAAG het vroeër vanmiddag gesê: “Hierdie soort vernietigende optrede deur ‘n universiteitsowerheid neem ‘n mens slegs tydens moorddadige, ekstreme bewinde soos dié van Pol Pot in Kambodja, Mao Tsetoeng se Kulturele Revolusie of Mengistu in Ethiopië waar. Kennelik het Bloemfontein nou insgelyks in sulke ekstremisme verval, nadat eers Jonathan Jansen en nou Francis Petersen oorgeneem het.”
Hy het die vernietiging van kultuurerfenis ‘n “internasionale misdaad” genoem. “Dit ly geen twyfel dat wat nou aan die Universiteit van die Vrystaat aan die gang is, ‘n oortreding van internasionale verdrae en die volkereg verteenwoordig nie. Ons erfenis word daar vernietig, op dieselfde barbaarse wyse as wat daar vroeër standbeelde aangeval is. ‘n Klag behoort teen alle betrokkenes ingedien te word, sowel in Suid-Afrika as oorsee,” het dr. Roodt gesê.