Linkse Duitse kroeg verbied swartes ‘omdat hulle aggressief is en steel’

Die Kreuzweise, ‘n linkse kroeg in die Konrad-Adenauer-Allee in Augsburg, het al meermale probleme met ‘n groep gaste uit Afrika ervaar. Daarom het die kroeg nou besluit om alle swartes op die perseel te verbied.

Tatjana Dogan, die kroegeienares, is nie skaam oor haar politieke verbintenis nie: “Ons is links,” sê sy. Die kroeg is alombekend by linkses in Augsburg, Duitsland. Die uitsmyter by die kroeg het nog nooit vantevore gaste op grond van geslag, ouderdom, velkleur of aantrekstyl onderskei nie.

Maar ná verskeie voorvalle met swartes vanuit Gambië oor naweke, kon sy nie soos tevore voortgaan nie, sê Tatjana. Omdat “vlugtelinge” vanuit Gambië herhaaldelik diefstal gepleeg, aggressief opgetree en met dames gelol het.

Die kroeg handhaaf voortaan ‘n verbod op asielsoekers uit Afrika.

“Ons is nou keelvol! Dis net nie meer snaaks nie. Ek is sprakeloos. Die jong mans luister vir niemand nie, hulle is ongelooflik aggressief en ons kan nie dit nie meer vat nie. Hulle is uit, almal van hulle!” het sy in ‘n Facebook-plasing verklaar.

Die polisie moes ontbied word en is uiteindelik genoop om hul wapens op die swart mans te rig wat chaos in die kroeg veroorsaak het. Volgens die gasvrou het die moeilikheid by ‘n groep van ongeveer 25 asielsoekers uit Afrika ontstaan.

Van die linkses het beswaar gemaak dat dit onregverdig is om alle persone met ‘n donker huidskleur by die onderneming te verbied, maar die eienares wou niks weet nie, al het sy haar simpatie met hulle betuig.

Vlugtelinge vanuit Gambië staan byna geen kans om hul asielaansoek te sien slaag nie, sê sy. Hulle kan nie werk nie, het min geld en ontvang nie Duitse taalkursusse nie. “Dit sou enigiemand gefrustreerd maak,” sê sy. “Daar moet beter na die mans gekyk word.”

Maar sy het darem ‘n ekstra uitsmyter gehuur om die Afrika-probleem hok te slaan, iemand met ‘n “maatskaplike opvoeding”.

Volgens die polisie bestaan al die betrokkenes uit swart mans vanuit Gambië wat in ‘n ontvangsfasiliteit in Danauwörth woon.

Tatjana Dogan sê sy wil nie applous van politieke konserwatiewe ontvang nie, maar sy wil ook nie die probleme wat bestaan verdoesel nie. Sy sê sy is ook vir die veiligheid van haar gaste verantwoordelik.

Oor die afgelope weke het ‘n toenemend groter groep Afrika-migrante die kroeë en klubs besoek, volgens verskeie uitsmyters. Hoewel die meeste restaurante vlugtelinge toelaat, verwelkom hulle nie groter groepe nie.

Die polisie koester ‘n soortgelyke waarneming van die situasie, sê hul woordvoerder, Siegfried Hartmann.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Gooi daar vir soustante Merkel ‘nogge enetjie’.
    Prosit!

  • Ironie is dat sou ‘n plaaslike onderneming dieselfde sou doen in SA, sal die Menseregtekommissie asook die Gelykheidsraad betrokke raak en reusagtige boetes ophef op die ‘wit rassiste’ wat die swart mense nie wil toelaat nie. Ten minste het ek nou bevestiging dat my eie vooroordele teenoor Afrika-inwoners nie vanweë my regse rassisme is nie, maar dat daar dalk grondige redes is daarvoor.

    • Maddox1

      Duisend op-duimpies vir jou!!!!!!!

    • Casper, dis nog als ‘n uiters-frustrerende gedoente, ja. Op ‘n stadium het ek en ‘n Tshwana “swart vennoot” met ‘n “MoU” ooreenkoms vir landelike gemeenskapslandbouonderrig probeer plan sien. Al was hy in by NAFCOC was nie ek of hy A*C genoeg om enige kontrakte vir landelike landbou “extension services” aan ons toegeken te kry nie. Nie in Tshwane, Gauteng of in die groter RSA nie. (Hy het eendag vooruit gegaan vir ‘n tender aansoek. Hy moes by ‘n plek stop waar ‘n swart man hom ingewag het. Die het my “vennoot” toe te voet na ‘n vraghouer geneem waar ‘n welaf swart “beampte” gewag het. As die tender ‘n miljoen rand werd is moet jy R100 000 op die tafel neersit en is aansoekdokument nie so belangrik of ter sake nie.) Maar ja, tree ek of jy nou selektief bevoordelend vir ons eie mense of die behoud van eie kulturele of besigheidsbelange op is ons rassiste en sosiaal-ongekunsteld. Tog, Casper, is ons lamlendige, weerbastige en skynbaar onbevoegde Afrikaner “leiers” minstens sedert 1994, indien nie sedert 1966, eerstens skuldig aan die morsige en uitgerangeerde, vyandige moeras waarin blanke Afrikaner Jan en San Alleman en Koos de Boer onsself bevind.

  • Vrystaat

    Ek het eintlik min simpatie met die lande wat sukkel met vlugtelinge. Hulle het op hulle eie voorstoep ge**k deur al die vlugtelinge toe te laat in die eerste plek. Nou begin hulle blykbaar verstaan waarmee ons daagliks moet opsit. Sal ook maar moet sien hoe lank die kroeg nog sal oop wees vir besigheid.

  • Karel Combrinck

    Sou mev Merkel nou vir hulle suipgeld ook aanlê.

  • HV

    Apartheid in Duitsland ? , net omdat hul vel swart is mag hul nie saam suip nie ? Dit is mos hoe hulle dit verdraai het teen ons om ons muishonde te maak. Kry vir julle en dit is maar net die begin.

  • profplumber

    Hierdie advertensie het nounet op YouTube opgekom voordat ek ‘n video begin kyk het. Ek is so geskok ek weet nie wat om te sê nie.
    https://youtu.be/ebWxHxBTjUA

    • Maddox1

      Duidelik ‘n maaksel van BP en of die Gupta’s. Ek vee net g…t af aan sulke propaganda. Gelukkig die aanbiedder van die braakspul se land word huidiglik oorstroom met sy geliefde barbare. Gee nog so 5 tot 10 jaar dan hoor ons watter deuntjie sing hy dan. Hulle gaan vir hulle self nog kry, karma is a bitch!

  • profplumber

    Kyk die onderstaande advertensie deur tot die einde en rapporteer dit ook asb.

  • Juan Olivier

    Dan moet ons maar soos die linkses maak en hulle rassiste noem.

  • JDTAKL

    Ek gun vir hulle nog vele meer swartes.

  • Anton Schutte

    en daar het jy dit! libtards kan genees word! Mooi so, daar is hoop vir die res van julle!