Rapport ‘stem saam met Malema’ oor blankes, Afrikaans

Die links-liberale Sondagkoerant Rapport, wat deesdae grotendeels bestaan uit artikels wat uit die ekstreemlinkse Sondagblad City Press vertaal word, het gister ‘n hoofartikel gepubliseer waarin hy sy instemming met die standpunte van Julius Malema oor Afrikaans uitspreek.

Die titel van die artikel is: “Malema is reg — maak egter kru denkfoute.” Terwyl Malema geheel en al anti-Afrikaans is en wil hê dat die taal moet verdwyn, sien Rapport egter een of twee polities korrekte redes waarom Afrikaans ten dele moet voortbestaan. Een van die redes wat die Sondagblad aanvoer, is dat “Afrikaans die taal met die mees etnies-diverse sprekers” is. Verder is Afrikaans reeds op enkele uitsonderings na op universiteit afgeskaf, iets wat Rapport klakkeloos aanvaar en eintlik toejuig. Rapport verklaar: “Geen universiteit doseer meer uitsluitlik in Afrikaans nie en die meeste kursusse word glad nie in enige taal benewens Engels aangebied nie.”

Mites en vooroordele betreffende Afrikaans en Afrikaners waaroor Rappport met Malema saamstem, is onder andere:

  • Malema is reg wanneer hy sê wit mense is in baie sfere van die Suid-Afrikaanse samelewing nog die bepalers van norme en kultuur.
  • Hy is reg dat te veel swart mense nog in 2017 verneder word deur ’n tekort aan kwalifikasies en werk.
  • Hy het reg dat Afrikaans tydens apartheid ’n belangrike draer van Afrikanerkultuur was en dat die tale en kulture van ons swart landgenote – net soos ons swart landgenote self – as minderwaardig beskou is. “Bantoetale” was in die formele ekonomie taboe.
  • Malema is ook reg dat Afrikaanse mense – eerder as die sprekers van die inheemse Afrikatale – gedien word deur die voortgesette gebruik van Afrikaans as onderrigtaal.
  • Hy is reg dat Afrikaanse én Engelse kurrikulums deur talle swart studente – reg of verkeerd – as ontoeganklik ervaar word.
  • Hy is reg om steeds woedend te wees oor die onregte wat sy mense aangedoen is in die naam van Afrikanernasionalisme, wat op sy beurt ’n reaksie was op die vernedering en verarming wat Afrikaners aan die hand van die Britte moes deurmaak.
  • Malema is reg dat baie wit Suid-Afrikaners, en baie Afrikaners, veral in die vorige bedeling, min moeite gedoen het om Afrikakultuur en Afrikatale te omarm, en eerder van swart Suid-Afrikaners verwag het om Engels en Afrikaans hul eie te maak.

“Laastens,” meen Rapport,  “Malema se geloof dat (Afrikaans) ’n wit konstruk is, was in 1976 laas korrek.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Die uitdaaging is na mening nie daarin of Rapport of Malema reg is oor hulle agenda-gedrewe bevooroordelende menings rondom Afrikaans as unieke taal van ‘n unieke en onderdrukte kultuurgroep in SA nie, maar dat die blanke Afrikaner wie soveel vermag het tussen 1652 en 1966, teruggesit het en nie sy/ haar eie kommunikasie oor kultuur, taal, ideologie en godsdiens in alle moontlike vorms en modernisering van tegnologie wou handhaaf nie. Nou pluk ons die vrugte van ons rentmeesterskapversuim, omring met diensknegte te perd, – waarvan Rapport en Malema maar enkele walglike simptome is.

    • sussie se vissie

      Aas ek maag vraa…uniek in waatter opsig?

      • Dankie vir julle oplettendheid Vissie en Charles. Soos eenkeer genoem is meeste van my daaglikse kontak in Engels. Met Spaans kon dit ook nog gaan. Met ‘n spatseltjie Zulu, Xhosa, Lingala en Frans het ‘n paar taalvaardighede begin ontspoor. Dit is inderdaad ‘n katastrofiese taalkrisis, – veral dan so saam met agent Malema en agent Rapport! (Vissie, is besmoontlik ook nie die laaste keer nie. My ou HAT weeg ‘n ton.) O, ja Vissie, jy vra tereg oor die Uniekheid, dink ek. Die Afrikanervolk vermag en is wat ons glo ons is.

        • Juan Olivier

          Net jammer die HAT het so baie anglisisme in.

          • Charles

            Die nuwe 6de uitgawe? Sal my nie verbaas nie. Die patete wat Afrikaans moet koester wil Afrikaans ver-Latyns, en so sy Germaanse wortels ontken. Wag so bietjie, nie so vinnig nie, ons is nie SO onoplettend nie!

            Sal die 6de uitgawe nie sommer aankoop nie, trouens ek weier !!!

        • Charles

          🙂

        • Charles

          Ons is wat ons is -hoe mooi !

    • Charles

      Uitdaging.

  • Danie Coetzee

    Hoekom word Malema eers as ‘n spreker aanvaar. Alles wat uit sy sotlikke mond uit kom spreek van eie belang en verwaandheid. Dit is nou wragtag ‘n groot vet lee blik wat baie geraas maak. Afrikaans, Afrikaners en die Boere sal voortbestaan lank nadat die geskiedenis Malema/Zuma en hulle gespuis bewys het as rugraadlose opstekers, geslepe diewe en verandwoordelik gehou word vir die verval van Suid Afrika na maar net nog ‘n Afrika staat. Die “gehate afrikaners, sal voortbestaan en welfaard kweek vir hulle en hulle gesinne en sal nog steeds met onsag hulle “eng” God dien en hulle lewes reel volgens Sy “verkrampte” en “verouderde” waardes. Hierdie periode is maar net die suiwering van die ware boere en afrikaners asook die ware Christinne en die meelopers. My hart is gerus, ek weet my God sal ons beskerm en bewaar.

    • Charles

      Dankie Danie, ek stem saam !!!

  • sussie se vissie

    Het laas n Rapport in 2001 onder oë gehad.
    As bg artikel sy weg tot ‘hoofblad-nuus’ vind – meen ek verklaar als in die verband.
    Derhalwe net een vraag ( gedagtig aan die billikheidsreël ) –
    Het Rapport bg über sot se relaas/sienings bloot weergegee en/of aangehaal, of afgeskop met.. ‘die redaksie van Rapport deel die siening van hierdie intellektuele reus as hy sê….poef, poewer, poefste…’?
    In ander woorde. Aanvaar ek die ‘Hy-is-reg’-verwysing ( supra ), n verbatim-aanhaling van die Rapport rubriekskrywer te wees, of n indruk van Praag wat ‘ingelees’ word in hierdie plasing?

  • Charles

    Dankie tog ek lees nie daardie fopnuus nie

  • Arjan Lieberton

    Vanuit het verre Nederland zie ik met onmacht en woede toe hoe Zuid Afrika door een corrupte regering en haatzaaiers zoals die Malema, naar de kloten gaat. (Sorry voor taalgebruik).
    En vanuit Nederland probeer ik steun te krijgen voor de Afrikaners, omdat zij met ons een taal en geschiedenis gemeen heeft. Helaas “slaapt” Den Haag, maar ik ben niet alleen! Steeds vaker krijgt uw probleem aandacht op TV en de radio! Steeds meer Nederlanders spreken hun afkeuring en woede uit! Hou vol, u staat niet alleen! Alles Sal reg kom!

    • Charles

      Dankie Arjan, jy is wonderlik !

      Heel erg bedankt. Ons is besig om mekaar weer te vind. Mens voel dit spontaan aan; mens voel die meegevoel en samesyn van Nederland se kant af, en dit maak mens opgewonde!

      Na dekades van ‘n ongeergde, blase en afgeskeepte verhouding vind broeders in die stryd om oorlewing en teen die verstikkende politiese korrekte atmosfeer mekaar weer.

      En ook as taalgenote, en mense met ‘n gedeelde geskiedenis, wat tot onlangs toe erg verwaarloos was, wat ‘n skreiende skande was! Afrikaners se, nie meer nie !!!

      Miskien het die herlewing van ons verhouding iets te doen met julle ontwaking in julle eie stryd wat julle voer, en het julle nou waardering vir die posisie waarin ons nog altyd moes verkeer, en die ontsettende stryd wat ons moet voer om oorlewing in ons vaderland?

      Ons het lankal reeds opgemerk julle het julle nou ‘n nuwe stryd op die hals gehaal, naamlik die stryd vir die oorlewing van julle stamverwante en hulle taal in Afrika, en van my kant af kan ek nie genoeg my dank daarvoor uitspreek nie 🙂

      Lank Leef Nederlands !!!

      Lank Leef Afrikaans !!!

      • Arjan Lieberton

        Graag gedaan, Charles. We gaan door, ik aan mijn kant en jij aan de jouwe. Heb contacten met Dan Roodt en Johan van Wyk. Zoals je zegt, lang leve Afrikaans, lang leve Nederland! Ook hier moeten wij vechten voor onze taal en cultuur, en daar komt gelukkig steeds meer begrip voor. Forum voor Democratie en de Partij Voor de Vrijheid vechten daarvoor. De kleine christelijke partijen hebben het nu voor elkaar dat onze Krijgsmacht verzekerd wordt van een vast budget.

        Jarenlang mochten wij niks zeggen over immigranten, wij moesten aanpassen, wij moesten accepteren! Daar is de Hollander nu wel klaar mee! En eindelijk wordt dat begrepen! Wij zijn een vrijgevochten volk, en willen dat blijven! Er komt steeds meer verzet, ook in Nederland, tegen corrupte Zuma en consorten. Wij gaan gezamenlijk de strijd voor een voor ieder gelijk Zuid Afrika aan! Paul Kruger werd door onze Marine opgehaald, ook nu zullen we helpen! Groeten vanuit een nat Holland!

  • Vrystaat

    Wonder of Rapport nou hulle koerant in Engels gaan publiseer, want duidelik maak die Afrikaners mos nie meer saak nie? Maar ons geld is (was?) nog altyd goed genoeg om Naspers se koffers vol te maak en kos op hul tafels te sit. Ek lees lankal nie meer ‘n koerant nie. Mark Twain het opgemerk “As jy nie die koerant lees nie, is jy oningelig, as jy wel die koerant lees is jy wan-ingelig”. Kom ons wys vir Naspers en Malema ‘n vet middelvinger! BOIKOT NASPERS!

    • Eens was daar ‘n Rapport, en ‘n Rapport Ekstra. Nou is daar net ‘n Rapport want die Sondagblad wat vir ons geskryf was, is dekades terug al om die lewe gebring. Ons fout lê daarin dat sommige van ons dit steeds koop. Terloops, ek vermoed Rapport word reeds in Engels vertaal en uitgegee onder die City Press banier, of is dit dalk City Press wat in Afrikaans vertaal word met die Rapport banier?

    • Charles

      BOIKOT NASPERS!

  • Vrystaat

    1. “Malema is reg wanneer hy sê wit mense is in baie sfere van die Suid-Afrikaanse samelewing nog die bepalers van norme en kultuur”… stront man! Ons land lyk soos hy lyk vandag omdat die nuwe Suid Afrika normes en kultuur van die massas in ons keelgatte afgedruk word! 2.”Malema is reg dat baie wit Suid-Afrikaners, en baie Afrikaners, veral in
    die vorige bedeling, min moeite gedoen het om Afrikakultuur en
    Afrikatale te omarm, …………. hul eie te maak.”…nog stront! Hoekom moet ek iemand anders se taal en kultuur omarm en bevorder? Afrikakultuur en Afrikatale is nie myne nie! Moet ons nou regtig alles vir julle doen!!!??? Julle was te dem sleg om enige iets vir julleself te doen en die verantwoordelikheid ontbreek julle vandag nog na 23 jaar aan die stuur. So alles is mos die Afrikaners se skuld! Jou m**r man en Rapport s’n ook!!!

    • Rooikop

      Hy erken eintlik maar net hoe minderwaardig hulle is. Na 20 jaar van AFDWING kon hulle nog nie kultuur geswaai kry nie. So selfs daarmee is hulle sleg. (Of erken eintlik dat ons kultuur beter is as hulle s’n)

      • sussie se vissie

        Jaaa R,
        Algar praat so los en vas van ‘kultuur’ dit en ‘kultuur’ dat.
        Wens iemand wil vir eens en altyd die sg pandoer-kultuur netjies uiteensit.
        Het my eie beskouing maar is bevrees selfs Penny Sparrow sal stilstuipe kry.

      • Vrystaat

        Ja Rooikop. Jaloesie loop dik in hul are. Dis wat hulle dryf om ons uit te roei. As ons eers uit die weg geruim is, dan is “hulle” mos die standaard! Ons sien alreeds die effek van die “Afrika standaard” net Noord van ons en in die res van die donker kontinent wat Julias so bewonder. Shame!

  • Karel Combrinck

    Op die risiko af dat ek dweperig mag klink, want ek het dit in die verlede reeds by herhaling gesê: die probleem is nie Rapport nie, die probleem is die bruikbare idiote wat die ding elke Sondag koop.

    • Maddox1

      Presies, en om te dink dieselfde maatskappy waaraan Rapport behoort, borg die Gupta’s wat alle wittes so haat met miljoene der miljoene rande vir hulle ANN7 anti-wit propaganda kanaal.

  • Belinda Westraat

    Sooo ons probleem begin by Adam wat die appel by Eva gevat het, en arme Moses het die tien gebooie gaan haal, en stukkend gegooi.

  • Flip Kriel

    Reeds in 1968 het ek te doen gehad met Afrikaners wat by die Inboorlingtaalburo in Windhoek gewerk het. Hierdie staatsinstansie het reusewerk gedoen om veral skoolboeke in die inheemse tale van Suidwes op te stel en te vertaal. Ek meen ‘n soortgelyke instansie het in Suid-Afrika bestaan. Vir elke tuisland is daar destyds ‘n universiteit gestig. Die doel was om die tale van die verskillende volksgroepe akademies te bevorder. Die swartes het egter die geleentheid laat verbygaan en Engels verkies. In die “apartheidsera” is daar deur die destydse Radio Bantu uitsaaidienste in al die Bantoetale voorsien. Al hierdie instellings om die Bantoetale en -kultuur te bevorder, is met veragting as apartheidsinstellings verwerp.

    • Charles

      Presies. Dankie tog vir rasionele en helder denke, sonder valse emosionele drogredenasies.
      Hoe lank gaan die menigtes nog hierdie gemors wat opgedis word opvreet?
      Lankaaaaal deur “Rapport” gesien. My vraag is, dink die korrelkoppe by Naspers regtig ons is SO dom en liggelowig? Dink hulle ons is idiote of wat?
      Totsiens Rapport, mense se oe is besitg om oop te gaan !!!
      Afrikaans Leef !!!

  • Net soos F.W. de Klerk en sy kohorte, die lig gesien het, en die wit Suid-Afrikaners uitverkoop het. so sien Rapport se redaksie en hul mediahoofde die lig en verkoop vir Afrikaans uit. Vanuit hul perspektief wat is om soveel geld te maak vir so lank moontlik voordat hulle na Australië to emigreer maak dit perfekte sin – toe blanke selfbeskikking geoffer was, het dit vir hulle nog twee dekades gekoop. As hulle Afrikaans opoffer, koop dit dalk nog ‘n dekade. Maar eendag is eendag, dan eet die krokodil van Afrika die witmense ongeag van hoeveel offers reeds gebring is.

  • Rooikop

    Maar net nog deel van die Narpers geldmag – skop die Afrikaner maar net weer – dit is mos hulle gunsteling slaansak.
    Verder kruip hulle by die vyand in die hoop dat die vyand hulle lewens sal spaar as die chaos kom. Ek het vir hulle nuus. Die manier hoe hierdie vyand werk sien hulle dit eerder as swakheid en jou kruipery sal jou net meer minagting op die hals haal.

    • Charles

      Presies! Nooit in my lewe sal ek so ‘n lafhartige en liggelowige skaap wees nie, nooit nie !!!

      Ek weet presies wie my vyand is; en draai nie doekies om met paaibeleide nie.

  • Johan Vdberg

    Naspers vieslike gemors, koop al vir geen Naspers koerante nie, Afrikaner verraaiers, saam met De Klerk doos

    • Charles

      Net so oom, net so !!!

  • sussie se vissie

    Geelbek Afrikanus.
    Knippie innie donker wat uitslaan in die 3de geslag.

  • Gielie Hill

    Net soos Malema is Naspers oningelig. Daar is 17m. 1e, 2e en 3de taal Afrikaanssprekendes. Dis nie ‘n eksklusief blanke taal nie. Dis die pers wat maar weereens Malema bekend maak. Hy was niemand totdat die pers hom bekend gemaak het. “The media is the disease in our world.”

    • Charles

      Net so Gielie, net so.

  • Die enigste feit wat tel, is dat as sy meer Europees gelyk het, sy sekerlik nie mej Heelal sou word nie. Die Amerikaners is versot op Trevor Noah en ‘n effense blas landsgenoot was net die regte formule vir hierdie tye waarin ons leef.

  • Charles

    Malema is reg wanneer hy sê BLANKE mense is in baie sfere van die Suid-Afrikaanse samelewing nog die bepalers van norme en kultuur – Korrek- en dit sal so bly – omdat die swarte ‘n volledig en onomkeerbaar gekoloniseerde wese is; wat hul menswees en menswaardigheid koppel aan “meerderwaardige” westerse normes, kultuur en waardes – LET WEL: NIE AFRIKANER KULTUUR NIE; – anders as ons Boere en Afrikaners wat onsself bevry het.

    Hy is reg dat te veel swart mense nog in 2017 verneder word deur ’n tekort aan kwalifikasies en werk wat deur hul eie slagofferskap mentaliteit ( – EN VERAL DIE AANSPORING EN KOESTERING VAN DAARDIE EINSTE SLAGOFFERSKAP EN BLAAM MENTALITEIT DEUR LINKSE WIT [beide afriknaers en anglo-afrikaners] SKUIM, WAARVAN DIE STAAT TERSIERE OWERHEDE EN DIE BELAGLIKE “MEDIA” – LEES 4DE STAND – VAN KRIOEL EN VOL VAN IS) en onvermoe veroorsaak word.

    Hy het reg dat Afrikaans tydens apartheid ’n belangrike draer van Afrikanerkultuur was EN STEEDS IS EN SAL BLY SOOS NATUURLIKERWYS VERWAG KAN WORD.

    Hy is egter heeltemal verkeerd, en vertoon sy onnoselheid – deur te beweer dat die tale en kulture van swartes – net soos swartes self – as minderwaardig beskou is. Bantoetale was in die formele ekonomie taboe a.g.v. hul eie toedoen en minagting en nyd jeens hul eie tale; welke hulle nog steeds voor minagting en walging het.

    Terloops; mag ons swartes en hul bantoetale maar nou na die “heerlike oogoopmaker” van die afgelope 27 jaar as walglik en minderwaardig beskou?

    Malema is ook reg dat Afrikaanse mense – eerder as die sprekers van die inheemse Afrikatale – gedien word deur die voortgesette gebruik van Afrikaans as onderrigtaal – NATUURLIK- HOE DAN NOU ANDERS – HOEKOM DOEN HULLE NIE SOOS ONS BOERE NIE; EN MAAK ‘N PLAN SODAT HULLE OOK GEDIEN KAN WORD DEUR HUL EIE TALE? Indien hulle nie vroeer jare so gedoen het nie, waarom sal hulle nou ” ‘n plan maak” ?

    Hy is verkeerd dat Afrikaanse én Engelse kurrikulums deur talle swart studente as ontoeganklik ervaar word- WANT-
    DAAR IS NIE SO IETS NIE – DAAR IS NET BEHOORLIKE EN AKADEMIES GEREGVERDIGDE EN BEVREDIGENDE KURRIKULUMS (ongeag dit in Afrikaans of Engels aangebied word) – MET HOE STANDAARDE – WAARVOOR HY EN SY MENSE BLYKBAAR NIE OPGEWASSE IS NIE- MAAR DIT WORD GERIEFLIKHEIDSHALWE VERSWYG.

    Hy is verkeerd om enigsins woedend te wees oor wat sy mense (wie is sy mense??) glo aangedoen is in die naam van Afrikanernasionalisme, wat op sy beurt ’n reaksie was op die vernedering en verarming wat Afrikaners aan die hand van die Britte moes deurmaak, want sonder die opbouende en rigtinggewende vermoe en vaardighede waarmee die Afrikanerregering hul toegerus het, sou hulle nog in die ystertydperk gelewe het.

    Malema is korrek dat baie wit Suid-Afrikaners, en baie Afrikaners, veral in die vorige bedeling, – EN NOG STEEDS – min moeite gedoen het om Afrikakultuur en Afrikatale te omarm, en eerder van swart Suid-Afrikaners verwag het om Engels en Afrikaans hul eie te maak- MISKIEN MOET DIE “SLIMKOP” EERDER VRAE WAAROM DIT SO IS???
    MISKIEN MOET HY EERS GELEER WORD HOE OM ‘N KRITIESE EN SELF-KRITIESE BENADERING AAN TE LEER VOORDAT HY WEER “POOG” OM ‘N “HONNEURS VERHANDELING” TE DOEN???

    “Laastens,” meen Rapport, “Malema se geloof dat (Afrikaans) ’n wit konstruk is, was in 1976 laas korrek. – KORREK.

    Dankie vir die geleentheid om die polities korrekte propaganda te kon weerle !!!

  • Charles

    Die rooipet is ‘n klassieke geval van die “Dunning-Kruger effek” – nie dat die “meester redeneerder” OOIT sal weet wat dit is nie.

    Dames en Here – lees dit asb. op, by https://af.wikipedia.org/wiki/Dunning-Kruger-effek- ; en dit in ons soetste tongval !!!

    Terloops, met verwysing na bogenoemde- ek moet se- Afrikaans se teenwoordigheid op die web is ENORM- Afrikaans se rekwydte en SLAANKRAG is GROOT- Afrikaans is GROOT- Rooipet is afgunstig, kleinlik, en minderwaardig.

    Sela !!!

  • Charles

    Sjoe, intellektuele kolos !!! /s.

  • Heil Johan Venter. Ek kyk soms terug oor die kommentare en ek wil graag by jou mening hier aansluit. Die blanke Afrikaner is nog propvol onopgewasse onverantwoordelikhede. Dit is my mening dat ‘n Danie Theron toekenning gemaak moet word aan Zuma en Malema, want hulle het meer gedoen vir die meer effektiewe beveiligingsmobilisering van die Boere-Afrikaner as die HNP, VF+, Steve, die Pous of kommunisme. Nadat ek lank help pleit het vir beter burgerlike beveiliging (sedert 2001), ondervind ek deesdae wat na mening vir my soos korruspie in sommige SAPD/GPF/ Buurtwagstrukture kon voorkom. Nou begin ek wonder of Malema (EFF) en die BFLF nie kan help om Afrikaner nukkerigheid en weerbarstigheid beter aan te spreek tot eendrag maak mag in ons burgerlike beveiligingsbenaderings nie. Sou die EFF en BFLF dan nou hulle gesteelde vragmotors, sleepwaens, kontant en wapens opneem, en hulle grondgrype brutaal sistematies beplan en volhardend landswyd uitvoer (d.m.v. ongekunstelde landelike vrywiligers wat alles glo, “pre-designed” plakkershutte in kit-vorm, pap reeds in die swart pot, blitz en Bic byderhand om vinnig die kosmaakvure aan te steek as die hutte in 2 ure maks ingeplant en opgeslaan is en die vrouens en kinders al onder komberse en beddegoed slaap as die boer of maplotter mymerend in eiesinnige versuim wakkerword en die SAPD/GPF in die tradisionele reaktiewe losgemaal ronddans/ rondjaag terwyl die radios en Zello gons saam met hope vermorsde brandstof en boerdery- of besigheidstyd). Dan miskien, met baie politieke punte vir die EFF en BFLF, sal buurtwagte, plaaswagte en die GPF Sektore die Yster Kordon nasionale grondvlak burgerlike beveiligingsvoorstel begin oorweeg en miskien effektief beveiligend, opgelei en nasionaal-samewerkend begin implementeer.