Wat kom ná Bob in Zim?

Robert Mugabe

‘n Zimbabwiese regerende party-amptenaar het aan The Associated Press gesê dat die onlangse afgedankte vise-president, Emmerson Mnangagwa, binne 48 uur na president Robert Mugabe as die land se leier sal oorneem.

Lovemore Matuke sê Mnangagwa, wat die land uit gevlug het ná sy afdanking, “is nie ver van hier af nie”.

Die amptenaar het met AP gepraat nadat die parlementêre speaker aangekondig het dat Mugabe onmiddellik bedank het.

Matuke sê hulle sien uit na Mugabe wat die oordrag van mag doen “sodat Mnangagwa vinnig kan beweeg om vir die land te werk”.

Vroeër het die Zimbabwiese Parlement gejuig toe die spreker die bedanking van die bejaarde diktator aangekondig het.

Die speaker het gesê hulle het ‘n brief van Mugabe ontvang oor sy bedanking “met onmiddellike effek”.

Dit is ‘n buitengewone einde vir die wêreld se oudste staatshoof ná 37 jaar van sy skrikbewind met die hulp van Brittanje.

Geen swart staatshoof in Afrika kon nog die utopie skep wat die “post-koloniale” diskoers belowe nie.

Ten minste hou niemand asem op dat ‘n nuwe swart leier van sy voorgangers sal verskil nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.