Baltimore: Byna geen studente wat wiskunde kan baasraak nie

In baie skole in die swart Amerikaanse stad Baltimore is geen studente vaardig in wiskunde nie.

Swart studente het kennelik probleme met wiskunde in Baltimore City Schools. Projek Baltimore het in 2017 toetsdata ontleed en gevind een derde van die hoërskole het nul studente wat wiskunde slaag.

Hierdie herfs is ‘n hartseer waarheid weereens onthul: Van Baltimore City se 39 Hoërskole, is daar 13 wat geen studente het wat wiskunde kon baasraak nie.

By nog ses hoërskole het net een persent geslaag. Dit beteken dat van 3804 studente in Baltimore City wat die staatseksamen afgelê het, is net 14 deur.

Die stad se skoolowerhede lyk onbesorg. In ‘n verklaring uitgereik, trek hulle gewoon skouers op: “Hierdie resultate beklemtoon die dringendheid van die werk wat ons nou besig hou. Ons moet meer doen om aan al ons studente se behoeftes te voldoen.”

Die staat van Maryland se uitslae van Engelse en wiskunde-assesserings wat in Augustus gepubliseer is, toon dat studente ewe min vordering gemaak het en minder as die helfte kon die toetse oor drie jaar slaag.

In grade drie tot agt het 41 persent van die studente die Engelse toets geslaag, terwyl slegs een derde die wiskunde-assessering geslaag het. Die slaagsyfer vir Engels het effens gestyg, van 38,7 perdent tot 40,6 persent. Die toets staan ​​bekend as die PARCC.

Die persentasie studente wat wiskunde dop, het effens gedaal, met minder as 1 persentasiepunt, vergeleke met ‘n jaar gelede, het die Baltimore Sun berig.

Ongeveer die helfte van Maryland graad 10’s het die PARCC Engelse toets geslaag en 36,5 persent van die studente wat Algebra geneem het, het dit geslaag.

“Daar bly steeds groot prestasiegapings,” het Andrew Smarick, die staatsbeampte vir skole, gesê. Wit en Asiatiese studente maak vinniger vordering met die toetse as swart studente, wat ‘n groeiende gaping in prestasie skep.

Baltimore City- en Baltimore County-studente het ver onder die staatsgemiddeld behaal. In die stad het slegs 15 persent van die studente die Engelse toets geslaag en 11,9 persent het die wiskunde geslaag.

“Daar is ‘n dringendheid in die werk wat ons doen,” het Jack Pannell, die stigter van die skool, aan Fox News gesê.

“Nege uit tien swart seuns in Baltimore City lees nie op graadvlak nie,” het Pannell gesê. Dié het Pannell drie jaar gelede genoop om sy noord-Baltimore skool te open, waar daar geen meisies is nie.

“Hulle [die seuns] is tans geneig om baie gefokus te bly op hul studies,” het hy gesê.

Die skool het ook geen toegangseksamens nie, ‘n langer skooldag – met een uur verleng – ‘n onderwyspersoneel wat 60 persent manlik is en korter klasperiodes om die manier waarop die kinders leer, aan te spreek.

“Ons het hierdie skool ontwerp om ‘n fundamentele verskil in die lewens van veral swart en bruin seuns in die stad te maak,” het Pannell gesê.

Die plan het egter beskeie resultate opgelewer. In 2016 was nege persent van studente vaardig in wiskunde. Hierdie jaar is daar net 14,4 persent wat slaag.

Stadskooladministrateurs sê hulle sal in September ‘n nuwe wiskundekurrikulum uitrol. Die kurrikulum is ontwerp om “beter” te wees en bedoel om studente se begrip van sleutelkonsepte soos breuke te verdiep, maar min hou hoop uit.

Die stadshoof van skole, Sonja Santelises, het gesê dit is onmoontlik om oor ‘n kort tydperk van “11 persent tot 80 persent” te vorder.

Die stad blyk te veel probleme te hê om dadelik op te los. Die aantal moorde in die stad in 2017 het tot 159 toegeneem – die hoogste aangeteken sedert 1990, hoewel die stad se bevolking toe baie groter was as wat dit nou is.

Baltimore is op koers om meer as 400 moorde vanjaar te sien. Tog is daar geen teken van die staat Maryland of die federale regering gaan intree nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Mattewis Kat

    Plan op plan en inisiatief op inisiatief, en steeds geen prestasie nie. Ek bevraagteken Stephen Hawking & Neil Turok se sogenaamd verhewe verstande met hulle ondeurdagte voorspellings dat die volgende genieë uit Afrika sal kom. Selfs al sou die wêreld nie wakker skrik uit sy polities-korrekte feëverhaal nie en bloot verbaster om uiteindelik een groot modder-ras te wees, sal dit net beteken dat die planeet sy laaste genieë ervaar het. Daar sal dan geen ruimte-programme- of enige ander vorm van ingenieurswese wat swaar op Wiskundige vernuf berus wees, wat die wêreld vooruit dryf nie.

    • G

      Die waarheid is dat black lives f0kkol matter. Hulle het absoluut geen nut in ‘n kognitiewe uitdagende omgewing nie. ‘n Bietjie soos wit linkses wat die marxistiese evangelie verkondig

  • Rooikop

    Lyk my Verwoerd het die wiskunde daar ook te moeilik gemaak.