Gustav Venter: Die derde bestaanskrisis en die volk

Alle volke is bestem om te verdwyn, sommige gouer as ander. Dit kan wees dat die Afrikaner een van die volgende volke is om in die vergetelheid weg te val, en as dit die geval is, sal dit wees weens ʼn gebrek aan belangstelling.

“Alle mense moet sterf,” is die sombere slagreël van die treffer-TV-reeks Game of Thrones, wat net wys, om ʼn Lukas Maree-insig uit te brei, dat wysheid in selfs die goedkoopste drank raakgedrink word. Net soos mense sal volke ook uitsterf. Dit is natuurlik so dat die heelal ʼn vervaldatum het, al lyk dit onmoontlik ver in die kosmiese pad af. My vriend Phillip Botha, die skrywer, het altyd gepraat van die kosmos wat in die volheid van tyd “opgerol” sal word, soos ʼn boekrol, en al die bestaande volke daarmee saam. Maar, net soos met mense, is daar baie volke wat uitgesterf het, en sekerlik nog sal uitsterf, voordat die groot heelalsontbinding plaasvind.

Ons moet dit in die gesig staar dat velerlei volke, sommige van hulle talryk en gedug, eenvoudig verdwyn het; uitgedelg of geabsorbeer in ander volke. Die Afrikanervolk het reeds om en by ʼn kwart van sy mense aan die diaspora afgestaan. Die Van der Merwes, Krugers en Viljoens van Londen, Sydney en Toronto sal met die Britte, Australiërs en Kanadese assimileer. ʼn Geslag van nou af sal Afrikaans nie meer hulle huistaal wees nie, soos die geval was met die Boere van Patagonië. Dit los driemiljoen van ons ter plaatse waar ons vooruitsigte nie juis bemoedigend is nie; nie terwyl ons belemmer word deur die aanslag op Afrikaans, die afskaffing daarvan as universiteitstaal, die druk op ons skole om te verengels, die uitskuiwing van ons mense uit die formele ekonomie en die moordveldtog teen ons mense nie, alles in die omgewing van vyandige volke met ʼn ongebreidelde aanwaskoers.

So, ons volk gaan uitsterf, miskien gouer as ander, maar nie vandag nie. Dieselfde Game of Thrones wat vir ons “elke mens moet sterf” gegee het, verskaf ʼn sinvolle benadering tot die aantog van die einde. “Wat sê ons vir die dood?” vra die Dansmeester, ʼn flambojante swaardgeveginstrukteur. “Nie vandag nie!” So bekommer ons ons nie oor môre nie. Want môre sê ons weer: “Nie vandag nie.” Natuurlik sal dit nie die dood self stuit nie. ʼn Mens kan dit tienduisende dae in ʼn ry sê en elke keer reg wees, maar daar kom ʼn dag wat jy verkeerd sal wees en jy sal net eenkeer verkeerd wees. Maar nou, hierdie dag, is ons reg: Nie vandag nie!

Dit het al voorheen voorgekom asof die Afrikaner se laaste dag getel is. Ons huidige bestaanskrisis is nie ons eerste nie. Afhangend van hoe ʼn mens daarna kyk en oordeel, is hierdie die volk se derde, sommige mense sê vierde, sodanige potensiële ondergang. Vir my lyk dit na drie tydperke waarin die vertakkings van geskiedenis die Afrikaner net sowel na sy einde as na sy oorlewing kon neem. Daar was die tyd onder Britse bewind in die Kaap vanaf 1805 tot die Groot Trek in die 1830’s; die strek tussen 1877 en 1881 toe die Transvaal geannekseer is; en nou, die jare na die Groot Oorgawe van 1994. (Ander sou die tydperk na die Tweede Vryheidsoorlog vanaf 1902 as bestaanskrisis sien, toe die volk verslaan en verrinneweer was, moedeloos en verarm in ʼn grootliks verwoeste land onder die hak van ʼn hovaardige oorheerser, maar ek reken die Afrikaner het toe na binne gekeer en die mense het ʼn samehorige krag onder mekaar gevind wat hulle onvernietigbaar gemaak het.)

Daar is min volke wat met soveel drif weggewens is as die Afrikaner. Tewens, daar is net een ander: die Jood. Maar anders as die Jood het die Afrikaner nooit ingemeng in ander lande se huishoudelike sake nie, en anders as die Jood het die Afrikaner nog altyd net een oorweldigende politieke gebeurtenis gehad: Om homself in sy eie land te regeer. Tog, soos die Jood, het die Afrikaner ʼn noodlottige staatkundige sonde begaan: Hulle het in die pad gekom van ʼn groot, arrogante en honger moondheid: Engeland.

Toe die Engelse die Kaap as byvoordeel in hulle onsmaaklikheid met Napoleon bekom het, was die Afrikanervolk nog maar ʼn klein groepie mense in die Kaap en ʼn klompie ander wat verder Noord en Oos met die kus op verwaai het. In die voorafgaande 150 jaar het omstandighede hulle volgens karaktereienskappe gekeur om selfstandig, avontuurlustig en vryheidsliewend te wees. Hulle vryheidsbegeerte, helaas, het loodreg gebots met Engelse hebsug. Toe die Britte eers die voordele van die Kaap ingesien het, was daar geen keer aan hulle nie; hulle moes dit eenvoudig hê, dit alles hê, en as hulle ʼn klein, wydverspreide volkie moes uitsnuit om hulle gulsigheid te verlig, is dit gesien as die ongelukkige, maar natuurlike, verloop van dinge.

Die Engelse magsontplooiing het om die opskietlote van die nuwe Afrikaners gerank soos klimopplante wat ʼn roosbos verstrengel en wurg. Die magistrate en amptenare en sluwe sendelinge het ter toejuiging van die Engelse koerante die Boere beledig, beskuldig en beduiwel. Die Afrikaner, vergestalt in die Grensboer, het nou voor sy eerste bestaanskeuse gekom:

Doen hy niks en bly hy waar hy is, sal sy jong kultuur eenvoudig platgedruk en die mense in die Engelse kultuur opgesuig word. Die Afrikaner het ʼn strakke keuse gehad en die maklikste sou wees om ʼn langsame Engelse oorname van hom en sy kultuur toe te laat. So – veg, vertrek of verdwyn.

Uiteindelik het die volk genoeg gehad en sy besluit geneem. Die Boere het alles wat hulle dierbaar geag het verkwansel of net verlaat, hulle waens gepak en Noord getrek, net Noord, weg, enige plek heen om net weg te kom van die verstikkende Engelse teenwoordigheid af. Sou die Afrikaner werklik verdwyn het as die Boere nie getrek het nie? Alles dui daarop. Hoewel daar ʼn energieke stryd in die Kaap om die behoud van Afrikaans was, het verengelsing gou ʼn uitdyende greep op die bevolking gehad. Dekades later sou die nuwe Boererepublieke die bastion van Afrikaans word en kon die ouer Afrikaanse gemeenskap nuwe energie uit die Noorde vir die oorlewing van die Taal vind.

Die Groot Trek het die volk gered, maar skaars vier dekades later het hulle tweede groot bestaanskrisis aangebreek. Nadat die Engelse hulle al hoe verder Noord gedryf het, hoofsaaklik uit Natal, het die Boere hulleself geplant in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat. Hulle was so skepties oor die regering, oor énige regering, dat hulle baie traag aan politieke prosesse, maar ywerig aan onderlinge vetes, deelgeneem het en dit het hulle skokkend na aan hulle einde as volk gebring.

Na die ontdekking van goud moes die welvaartbehepte Britte dit eenvoudig alles in besit neem, en soos 70 jaar tevore, was die Boerevolk in die pad. Met al die geslepenheid van eeue se volgehoue intriges en swendelary het die Engelse amptenare begin om die Boere se ondergang beplan. Hulle meesterstrategie was om die jong Afrikanerkultuur te versmoor onder die gewig van Engels. As hulle enigsins gehuiwer het, was dit omdat hulle onseker was oor wat hulle van die Boere kon verwag.

Die Boere was wyd versprei oor die Oranje-Vrystaat en die Transvaal, maar hulle kon ʼn beproewing op die slagveld gewees het. Hulle was omtrent deurgaans bedrewe jagters, gehard, tuis in die veld, vasberade tot anderkant hardkoppig, moeilik om te intimideer…

Die Engelse het verniet gevrees, in een van die vreemdste wendinge in Afrikanergeskiedenis, het Theophilus Shepstone op ʼn dag, karig begelei deur ʼn wag van 20 polisiemanne, Pretoria te perd binnegery en die Transvaal geannekseer. En niemand, nie een van daardie taai, aggressiewe Boere het ʼn vinger gelig om hom te verhoed nie. Die hele volk, verbitterde president en radelose kabinet ingesluit, het in oënskynlike verlamming, ʼn onverklaarbare lamsakkigheid, toegekyk toe die Vierkleur gestryk is en H. Rider Haggard die Union Jack gehys het.

Sewe dekades se ongemak onder die Britse hak en vier dekades se ontbering, stryd, moeite, opoffering en desperaatheid het asof dit as was, in die Pretoriase briesie weggewaai. Die Boere was terug waar hulle so desperaat nie wou gewees het nie: Onder Britse heerskappy.

Die Britte was verstom oor hoe maklik dit gebeur het. Waar was die vuurvreters wat ʼn wilde subkontinent een wawielomwenteling op ʼn slag mak gery en hordes bloedlustige vyande laat wyk het?

Wel, die vuurvreters was besig om te boer, te jag en gesinne te bou. Die bestanddele het nog nie behoorlik uitgerys as ʼn volk nie en hulle was yl verstrooi oor ʼn baie groot gebied. Daar was nie werklik sprake van ʼn staande weermag of selfs ʼn volksmilisie wat groot genoeg was om deur die toue te klim teen die Britse Ryk se ervare, gebreide en getalryke weermag nie. Hierdie is alles goeie praktiese verskoning vir die Boere se sawwe, roemlose oorgawe.

En as hulle gebrek aan kragtige optrede nie volledig, of selfs hoofsaaklik, deur praktiese oorwegings verklaar kan word nie? Vir my, met my kennis van Boere, weliswaar moderne boere, blyk dit dat daar ander elemente is wat eerder dié gebrek aan weerstand verduidelik. Ek dink die Transvaalse Boere van 1877 het verset bloot benede hulle beskou. Ek dink hulle het gely aan wat beskryf kan word as Boerekoelheid.

Hulle was krygers, jagters en temmers van die land. Daar was in hulle staan-voor-die-son-op-en-gaan-slaap-na-donker-roetine en lewensbenadering weinig tyd of geneigdheid tot vermaak of selfbehaaglikheid. Vir meeste van hulle moes politiek na die mees selfbehepte tydverkwisting gelyk het. Dit was, eenvoudig, iets waarop hulle neergesien het. Shepstone se astrante anneksasie was dorpsake en wat op die dorp gebeur, was selde tot voordeel van die plase en hulle Boere. Laat die dorp na die dorp se dinge omsien en die Boere sal ʼn oog op die uitspansel hou vir die beweging van die wolke. Gemeet teen die giere en gunste van die natuur was watter vlag bo die Raadzaal geroer het, van geen werklike belang nie. Politiek, weerstand, samewerking… geheel en al benede ʼn Boer se tyd en aandag. Dit is Boerekoel.

Ek, geen boer wat ek is nie, woon al agtien jaar op ʼn plaas. My bewondering en toegeneentheid jeens ons land se landbouers, is perkeloos. Dis net dat ek nie blind is vir hulle swakhede nie. En ek sien Boerekoel rondom my elke liewe dag. Hierdie Boere het hulle eie kode en daarmee saam nie net ʼn eergevoel nie, maar ʼn bepaalde snobisme. Hulle duld geen swakheid nie. Hulle probeer nie mooipraat met ʼn Jersey-bul nie, want dit help nie, en as jy in die nag oor ʼn witgerypte land moet loop om ʼn pomp af te sit, dan sug en verduidelik jy nie. Jy doen dit want dit moet gedoen word. Dít is landbou en vir lank was dit ook om ʼn land te bou. Die handhawing van die doen-wat-gedoen-moet-word skep ʼn gewoonte om te oordeel tussen wat sterk en wat swak is. ʼn Boer het net ongeduld met swakheid en hulle verbind die dorpslewe alte maklik met swakheid. ʼn Stadsjapie staan nie in die nag op om ʼn koei te help wat sukkel om te kalf nie.

Daar is veral een dorpenaarseienskap waarmee ʼn boer geen geduld het nie: Vrees. Jy kan nie ʼn plaas bou as jy bang is nie; bang vir beeste, bang vir bokke, bang vir slange in die land, bang vir roofdiere, bang vir rowers, bang vir koue, bang vir… wel enigiets nie. En as jy onwillekeurig wél vrees, wel, om Vadersnaam, moet dit net nie wys nie.

Dorpenaars wys hulle vrees en, in hierdie plek en tyd van skielike, brutale doodslag, is die dorpenaar bang om vermoor of verbrysel te word en daarom dra sommige van hulle pistole aan hulle lywe. Ek, na amper twee dekades op die plaas, is een van hulle. Ek dra my tamaaie pistool pal. En ek sien hoe word daarna gekyk.

Daar is hierdie boeregesigsuitdrukking van halfbedekte minagting: Die vermakerige lig van ʼn winkbrou, die opkrul van mondhoeke, die geamuseerde oogwendings. ʼn Boer is bedrewe om dié kyk uit te deel, maar niemand is banger om só aangekyk te word as hy nie. Daarom dra min, heeltemal te min, boere pistole aan hulle. Dis ʼn dorpsding en ʼn boer doen nie dorpsdinge nie. Dis nie koel nie… nie Boerekoel nie.

So dit is my gedagte, sonder bewys maar ook sonder die kans dat iemand die teendeel kan bewys, dat die Afrikanernasie skaars na verrysenis amper in 1877 uitgesterf het weens Boerekoel. Die anneksasie het net vir ʼn raps meer as drie jaar, tot Februarie 1881 geduur. As dit nog vyf of tien jaar langer gehou het, is die kanse goed dat dit Afrikaans noodlottig en onomkeerbaar sou beskadig het. Sonder sy taal sou die Boer ʼn Engelsman geword het, getrou aan Engelse owerhede en aangegryp deur die Engelse kultuur.

Die omvangryke Engelse kultuur was uiters verswelgend. In die Kaap was daar geen teken van verset nie. ʼn Vlammetjie het weliswaar vir Afrikaans gebrand en die volk se oorlewing het al hoe duideliker saamgeval met die worsteling om Afrikaans op die been te kry. Die taalstryd het die oorlewingstryd geword, maar as die Transvaal sou verengels het, is dit te betwyfel dat die Kaap veel langer as kampvegter vir Afrikaans sou uitgehou het. Dit was die latere, meer soliede Transvaal wat Afrikaans geanker en laat oorleef het. Tussen 1877 en 1881 was daar weinig vasberadenheid ter wille van Afrikaans te siene.

Die Boer, sy taal, sy grondgebied en sy staat was pens en pootjies in die sakkie en Brittanje moes dit nog net toeryg. Toe daar nog net ʼn skrefie lig deur die vernouende opening ingeskyn het, het daar, soos dikwels in die Afrikaner se geskiedenis, iets vreemds gebeur en dit het te doen gehad met ʼn wa.

Die Boere het weldra besef dat dit nie lekker is onder die Britse kombers nie. Afrikaners was, verbysterend genoeg, weer vreemdelinge in hulle eie land. Hulle het nou nie juis teen die prikkels geskop nie, maar begin om teen dit te stoot in ʼn proses wat hulle lydelike verset genoem het.

Die Transvaalse leierskorps het ʼn uitweg langs amptelike weë probeer vind met afvaardigings Brittanje toe om by die owerhede te kla, natuurlik met geen sukses nie. Dit help nie jy kla die skerpioen se pote by sy kop aan nie. Die burgers self het begin kriewelrig raak. Net so ongeërg ʼn Boer kan wees, net so hardkoppig kan hy wees as iets op hom afgedwing word. Jy kan met ʼn steekse Boer niks uitrig nie.

Die lydelike verset het aan die Engelse begin skaaf en hoe ongemakliker hulle geword het, hoe meer Boerstemme het opgegaan om die geweer op te neem. Daar was bloedsproei in die lug en die Boere het dit geruik. Die druk vir wapenkonflik het verhewig. ʼn Ontketening was al wat ontbreek het.

Op die ou end was dit die tradisionele wrywingspunt van belasting wat die vlam teen die buskruit gehou het. ʼn Boer, Piet Bezuidenhout, het verseg om belasting te betaal. Die Engelse het met hulle eie soort burokratiese kilheid beslag op sy wa gelê met die doel om dit op te veil. Tydens die veiling het ʼn onthutste klompie Boere onder Piet Cronjé die afslaer verwilder, die wa ingespan en dit teruggesleep na Piet Bezuidenhout.

Die Engelse het hulleself nou onwrikbaar op ʼn kruispad wat links na ellende en regs na mislukking sou lei, bevind. Tree hulle nie op nie, rafel hulle gesag uit. Tree hulle hardhandig op, stoot hulle die Boere nader aan die ontbrandingspunt. Die Boereleiers, Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius, het nou weer besef dat die Volk reg is om uiteindelik groot besluite te neem.

Hulle reël ʼn Volksvergadering by Paardekraal en daar verenig die Boere in hulle vasbeslotenheid om die Engelse strop van die nek af te haal, en as vryheid deur die loop van die roer moet kom, nou ja, mag die Here hulle behoed.

Tot vandag toe word die Slag van Majuba met dié straatnaam in Amsterdam, Nederland, gedenk.

Van hier af was Boer en Brit asof op ysterspore teen volle vaart op pad na ʼn botsing. Toe dit uitbreek, het die Boere in ʼn paar kort, vernietigende veldslae, wat ʼn klimaks op ʼn koppie bekend as Majuba bereik het, die Britte verrinneweer en verjaag en hulle onafhanklikheid teruggekry.

ʼn Tydperk van konsolidasie en voorspoed het gevolg. In die Transvaal het ʼn verspreide spul landbouers en hulle taalgenote in die dorpe ʼn sterk saamsnoerende identiteit ontdek en saamgekom as ʼn volwaardige volk met sterk nasionale bande met hulle volksgenote in die Vrystaat en die Kaap. Die wind het vol opgekom in die taal se seile. Afrikaanse koerante het in oplaag en inhoud gegroei en die eerste eksperimente met Afrikaans as skrywers- en digterstaal was rasend suksesvol.

Veral onder die leierskap van Paul Kruger in die Transvaal en M.T. Steyn in die Oranje-Vrystaat is die republieke se staatsadministrasie versterk en onderwys verbeter. Diamante en goud het nuwe voorspoed gebring en kon betaal vir klein, goedtoegeruste weermagte.

Brittanje was egter nog nie bereid om die werk van hulle hande te laat vaar nie. Die nuwe goud- en diamantvelde het hulle net te veel laat kwyl en sowat agtien jaar na Colley se mislukking op Majuba-koppie, het die Ryk ʼn volgende oorlog teen die twee klein republieke bewimpel. Die Afrikaner was nog nooit voorheen deur ʼn ramp van dié omvang en intensiteit getref nie. Na drie jaar se verpletterende oorlog, nadat die vredesverdrag in Melrose Huis onderteken het, was die volk verslaan en verniel met groot dele van die land wat in puin en as gelaat is deur ʼn ongenaakbare en hovaardige vyand.

Verstommend genoeg, te midde van die verdriet en skielike armoede, was dit volk nie moedeloos nie. Sy rug was styf, hy het vorentoe gekyk en die gedeelte trauma van die oorlog het eenheid onder hulle geheg. ʼn Samehorige Afrikaner wat nie net trots nie, maar trotserend is, kan nie onderdruk word nie. Die bestaan van die Afrikaner was in daardie tydperk nie in die weegskaal nie.

Die Britte, bewerig in hulle Pyrrhusoorwinning, het die Boere sulke gunstige vredesvoorwaardes aangebied dat die Afrikaner minder as 50 jaar later die politieke mag in die land oorgeneem en in 1961 die laaste Britse klitse uit hulle hare gekam het tydens Republiekwording.

Deur die loop van die twintigste eeu het die Afrikaner skool gegaan, geleer, gewerk, voorspoedig geword, gelandbou en land gebou en Afrikaans het ʼn volwaardige taal geword: huistaal, moedertaal, dramataal, letterkundetaal, vaktaal, wetenskapstaal, sporttaal, met woordeboeke en spelreëls en woordelyste en ensiklopedieë…

Soos altyd was dit die Afrikaanse taal wat die volk se vuurkolom in die nag was. Solank die volk met mekaar in hulle taal gepraat het, was die Afrikaner onvernietigbaar. Afrikaans was die wekroep in 1880 om Shepstone se anneksasie omver te werp en Afrikaans was die prieel waarteen die volk sterk gerank het toe die oorlog in 1902 geëindig het.

Op 1 Februarie 1990 was die Afrikaner sterker as ooit. Afrikaans is beskerm en versorg en het uitgeswel tot ʼn magtige taal in die mond van miljoene mense. Die Afrikaner het reeds die volgende fase van sy ontwikkeling suksesvol betree. Die landbouer wat die spoorweë en mynwese geskep en beman het, het die staatsadministrateur, polisieman, soldaat, verpleegster en onderwyser geword, en nou ook die geleerde en die bedryfspersoon. Sy ekonomie het die kniehaltering van internasionale sanksies oorleef. Hy het sy vyande buite die landsgrense verslaan en binnelands getem. Op 1 Februarie 1990 was die Afrikaner sterker as ooit. En die volgende dag het F.W. de Klerk oorgegee en die volk aan sy Derde Groot Bestaanskrisis uitgelewer.

Die Eerste Bestaanskrisis was die Britse besetting van die Kaap.

Die Tweede Bestaanskrisis was die Britse anneksasie van die Transvaal.

Die Derde Bestaanskrisis beleef ons nou onder die bedompige gewig van meerderheidsoorheersing. Hierdie Bestaanskrisis het soveel ooreenkomste met die Tweede Bestaanskrisis: ʼn Volk se aandag was te afgelei om homself doeltreffend te verset en hy het onverklaarbaar toegelaat dat alles van hom deur sy vyand ingepalm word. Afrikaans word van alle krippe weggekeer en sy belastinglas word ondraaglik. ʼn Vyandelike pers striem sy goeie dade en na elke opoffering van hom word net nog meer by hom geëis. Indien hy nie sy weg daardeur vind nie, kan die Derde Bestaanskrisis sy laaste wees. En dan verdwyn hy, soos los saad wat opslaan in ander lande waar hulle goeie Aussies, Nieu-Seelanders en Kanadese word, of, in Suid-Afrika opgeslurp in die weereens dominante Engelse kultuur.

Die vorige twee bestaanskrisisse is oorkom deur ʼn Groot Trek en ʼn Groot Oorlog. Wat sal dit verg om die Derde Bestaanskrisis te oorleef?

Groot Trek… maar waarheen?

Groot Oorlog… maar waarmee en teen wie?

Groot Verset?

Swart Maandag. Foto: Heidelberg Nigel Heraut.

Tog was daar flitse van hoop in 2017. ʼn Restaurantgroep het sy bars houding berou toe dit gestuit het teen Boerehalsstarrigheid. ʼn Europese skakelreus het gestruikel toe hy rasseonrus wou gebruik om sy kliënt se misdadigheid te verdoesel. ʼn Maandag waarin honderdeduisende Afrikaners swart aangetrek het, het die swart meerderheid se keel laat toetrek.

So, ja, alle volke moet uitsterf, maar vir eers, hier is wat ons vir die Dood sê: Nie vandag nie!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Ek dink volke het lankal uitgesterf, deur ‘n druk beweging na groter veralgemening toe om die hele wêreld in te sluit by my… vereniging. Laat ek verduidelik.

    Die groot veralgemening sien mens ten eerste tussen stamme. Stamme is gebou uit ‘n uitgebreide familie, wat weer opgebou is uit gesinne, wat weer opgebou is uit die individu. Hierdie stamme is toe veralgemeen na VOLK – dus, dialekte en groepsidentiteit wat min of meer dieselfde is. Maar nou beweeg ons verder: van volk kyk ons na LANDGENOTE of burgerskap. ‘n Volk verwys nie na alle landgenote of burgers nie. Daardie landgenote of burgers is ‘n NASIE. En daar verdwyn jou hele volksheid sommer klaar onder een vlag. Uit Nasie kry jy Nasionalisme en Patriotisme en alles wat die Romeine en Grieke kon uitgedink het om die heidene te oortuig om tog in die vreugde van kaas te deel. Dit is wat die NASPERS-groep nou in ons kele afdruk – Suid-Afrikanerskap en Suid-Afrikanisme. Wat dit ook al mag beteken: nog witsous oor jou verkoolde mielie wat jy verby daardie rasperagtige malers in die donker gat gaan steek? Daar word geen onderskeid tussen volke getref nie, want ons almal dien tog Suid-Afrika. ‘n Stuk grondaanbidding – cuius est solum, eius est ad coelum. Van daar kan ons drie rigtings inslaan: of PAN-Afrikanisme, of as empire-verlenging, of, heeltemal globaal kyk: RAS. Ras is wat my outomaties bind aan ‘n Brit, ‘n Fransman, ‘n Kimro (Walliër), ‘n Duitser, omrede ons almal rooi kan bloos, waarskynlik binne dieselfde haplogroep ingedeel word. Dit versnipper alle volksonderskeid en nasieonderskeid geheel en al tot die blanke velkleur (daar is party webwerwe wat aanvoer hulle is die ware kinders van Jakob). En dan, uiteindelik, diegene wat sê daar bestaan nie ras of etnisiteit nie. Ons is tog almal MENSE. Hulle is die globaliste – en hulle gaan waar dit lekker gaan. Egte sibariete. Hulle is aan niks en niemand gebonde nie. Landsgrense lyk vir hulle absurd en om by die lughawe die paspoortstempel te kry is tydmors. Hulle beweeg in die hoogste kringe en kry waarna hulle soek. Eiebelang. En as iets fout gaan – verandering is goed. Wat maak dit saak? Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

    Daar is ander ingesteldhede ook: klem op godsdiensgroepe, klem op Dietsheid, klem op Germaansheid, klem op die taalgemeenskap, klem op inkomstegroep, om deel te vorm van intelligentsia, of gildes, of origideekwekersverenigings, of red-die-luiperd-belangegroepe en so kan mens aanhou en aanhou. Skik jy nie by een van hierdie groepe nie, is jy ‘n verraaier, draadsitter of manteldraaier. Jy kan net nie wen nie!

    • Ek stem saam oor modernisme asook die geweldige druk van ‘n post-modernistiese sosiale invloed op die samelewing om te konformeer en daardeur enige behoudende denkspatrone as ongewens af te skud. Ek dink dikwels daaraan dat behoudende Christelike groeperinge en fundamentele Islam eintlik heelwat in gemeen het omdat hulle sien hoe hulle hul kinders verloor ter wille van Michael Jackson en Coca-Cola. Maar dit is die denkswyse van die postmodernisme wat tradisionele gemeenskappe en volke verpletter in ‘n duidelike skeidslyn van slegs ‘n enkele generasie. Ten minste staan ‘n deel van Islam daarteen op en verset hulself met hand en tand.

      • Suidpunt

        Laat staan nog postmodernisme!! Die tradisie word hééltemal daardeur verbrysel – die wêreld van sekerheid word op sy kop gekeer – net omdat dit kan. Want dit werk mos so… verruimend. Al waar postmodernisme werk is in die letterkunde en die films – want dan raak dit verdomp snaaks deur humor. Dit raak ‘n parodie van “gevestigde romans”. En, soos in The X-files, is daar nooit ‘n sekere einde nie. Waarheid en fiksie word so vermeng dat dit vermaaklik is.

        Wanneer die vermenging van waarheid en fiksie egter in die universiteit geskied – kyk, bring dan maar eerder die positivisme terug van die 1950’s!

        • Suidpunt en Casper, – na mening is die groot vraag of die blanke (Boere) Afrikaner dan nou werklikwaar ernstig is om behoud en voortbestaan in die verspreide konteks van etnisiteit, ras, kultuur, taal, norme en geloofsbegrip voort te sit, te midde van die geweldige filosofiese Een Orde oorrompeling. Om in die loopgrawe anderkant Bloedriver, agter die kraalmuur, tussen die takhare en in geiterige “Boere” groepies te talm en ‘n paar kampioene onopgewasse en sonder daadwerklike oortuiging vanaf die plaas se voorstoep te probeer voordruk gaan nie die strewe tot erkenbare voortbestaansreg van die konserwatiewe en “regse” blanke Afrikaner volhoubaar aangespreek kry nie.

  • Vixie

    Baie dankie vir ‘n puik stuk. Ek het geniet om dit te lees van die begin tot die einde

  • John

    as dit dan nou moet, dan moet dit.
    Lui die klokke.

    My rooinek laaitie sê nou die dag vir my hy wil leer Afrikaans praat. Ek sal hom maar in kennis stel dat dit nie sal gebeur nie – die magtige Boere nasie is nou verbind tot uitsterwing. Stilte asb.

    • Charles

      Nee wat, nog nie eens naby nie!!

  • Die eintlike vraag wat gevra moet word is of ons die wil om te veg, te verset en om teen te staan, verloor het. Die blote feit dat meer as 27,000 plase huidiglik in die mark is behoort ‘n duidelike aanduiding te wees dat geestelik is ons nie meer tot hierdie land verbind nie; die mense sien die skrif aan die muur en pak op. Net so min was daar nie ‘n noemenswaardige verset teen die val van Afrikaans op amper elke terrein nie. Volgende jaar sal die begin van die einde vir alle Afrikaanse skole sekerlik ook aanbreek. Nie net heers daar ‘n verslae stilte nie, ek sien niemand om my in ‘n staat van noemenswaardige onthutsheid oor die val van Afrikaans nie, inkopiesentrums, braaivleis en rugby is al wat vandag saakmaak. Uitgesluit die uitgesproke brandewyn-en-coke brigade by die kroegtoonbank en enkele forums op die Internet waar dieselfde groepie keer op keer aangetref word.

  • Wilma Hanekom

    Puik opsomming!

  • Hans Onrust

    Even uit de losse heup:

    “die Boere van Patagonië”
    Argentinië heeft na de VS en Israel de meeste Joden en wat er hedendaags voor doorgaat in huis en o.m. grootscheepse Mengele-achtige genetische experimenten op mens en dier zijn er niet van de lucht.
    En die passen zich op generlei aan aan een gevluchte Inka of restant van een goy-conquistador.

    Vraag maar aan actrice en nu gekroonde bankster discipel maxima of misdadige EUSSR paap bergoglio, de ruggensteker.

  • Dankie vir die posisionering van die Afrikaner binne perspektief, mnr. Venter. Daaruit kan die uitkyk na mening nou fatalisties of optimisties wees. Optimisties dat die blanke Afrikaner so ver gekom het. Is daar iets te doen aan die Volk se Derde Bestaanskrisis? Beslis! Maar soos genoem onderdruk die Afrikaner homself en mekaar! Is ons te bang, gebreinspoel, geboelie, onopgewasse of kleingelowig om in doelgerigde eendrag tot Afrikaner samewerking, selfbestuur en selfbeskikking te kom? Sinisme gaan ons net so ver neem, dan is dit die daadwerklike eie en korporatiewe keuse tot harde werk vorentoe. Die strukture, kanale en forums vir konstruktiewe selfbestuur op plaaslike vlak en interne, – op die pad na eksterne (soewereine), – selfbeskikking, bestaan in die nasionale en internasionale wetsmilieu. Dan kan ek uit ondervinding byvoeg dat daar linkses, gematigdes, konserwatiewes en regses is wie na Afrikaner selfbeskikking streef. Om te wil beweer dat selfbeskikking en “regs” sinoniem is, is ‘n blatante leun in die bewys van Afrikaner-bedrog en -selfverraad. Wat wel waar is, is dat “links”, “liberaal” en “gematigd” Afrikaans bloot te onderduims of sluimerend-slinks is om hulle nekke so ver as die “regses” uit te steek ter wille van die Afrikaner se selfbeskikkingsstrewe.

  • Charles

    Baie dankie!
    Ons sal oorwin, volhou en oorleef!
    Lank lewe die Afrikaner/Boer en sy allerpragtigste taal!

  • Heil Afrikanus Afrikanus! Die tyd, tekens en die tye stap ongenaakbaar aan. Kan die Afrikaner nog betyds uit sy en haar verval, breinspoeling, vals godsdienskoma, apatie, trojaanse perde en onkonstrukiewe denke of werkwyses ontkom? Kan die konserwatiewe en regse Afrikaner Volksgewete en konserwatisme in eendrag maak mag versamel om oortuigend te beding en in alliansies van onderskeiding te tree? Sit dit in ons broeke, – terwyl ouboet Afrikaner en die Priesters van Baal heul, onderhandel, uitverkoop en kompromie-aangaan met die slinkse maar skynbaar “gemakliker” Nuwe Ordes?

  • Lynette Ackermann

    Hierdie aanhaling uit die Boek van Enoch: X:9: And to Gabriel said the Lord: “Proceed against the bastards and the reprobates, and against the children of fornication: and destroy them and the children of the Watchers from amongst men, send them one against the other that they may destroy each other in battle: for length of days shall they not have.” Volgens Michael Tellinger is die Watchers die Fallen Angels en is die blanke ras hulle afstammelinge. Die 100 jarige oorlog tussen Engeland & Frankryk, die 2de wereldoorlog was geinisieer deur ‘n Ashkenazi jood, Churchill. Die Romeine het gese “See who benefits” – die A-B oorlog het die goudmyne besorg in die hande van die Oppenheimers. Die Engelse is net gebruik en is slagoffers van diegene wat die Britse Regering infiltreer het. Die koloniale grense regoor die wereld het verskillende etniese groepe saamgroepeer; “divide & rule”. Sg vals-vlag aanvalle verseker dat Suni en Shia mekaar uitwis. Wat het Mark Wegerif in S.A. kom doen kort na die ANC aan bewind gekom het? Het Wit-Swart verhoudings nie kort daarna begin verswak nie? Onthou, die Ashkenazi jode kom nie uit Egipte nie.