Europese LP eis dat SA plaasmoorde bo-aan die sakelys geplaas word

Janice Atkinson

Janice Atkinson, ‘n onafhanklike Lid van die Europese Parlement vir die Suid-Oostelike streek van Engeland, asook ‘n vorige lid van die UK Independence Party (UKIP), het ‘n parlementêre stemming aangevra waarin plaasmoorde in Suid-Afrika veroordeel word.

Haar mosie teen plaasmoorde is egter deur ‘n meerderheid verwerp. Sy het gesê die situasie in Suid-Afrika bly uiters ernstig. Sy het beskryf hoe sy by die betoging teen plaasmoorde op #SwartMaandag aangesluit het.

Sy het ‘n debat oor die aangeleentheid voorgestel en het ‘n verklaring van die EU-kommissie sowel as die Europese Raad gevra. Atkinson het voorgestel dat plaasmoorde as die eerste item op die sakelys opgeneem word.

“Om ‘n boer in Suid-Afrika te wees, is een van die gevaarlikste beroepe in die wêreld,” het Atkinson uitgewys. Sy het bygevoeg dat daar “groot kommer oor die funksionering van die polisie” was, wat “vreemd genoeg blyk nie ‘n probleem vir die internasionale gemeenskap te wees nie”.

Die voormalige Konserwatiewe Party-lid, wat uit UKIP geskors is, het in 2015 by die nuutgevormde groep in die Europese Parlement, Europa van Nasies en Vryheid aangesluit. Sy het vandeesweek die mosie voorgestel.

Europa van Nasies en Vryheid is ‘n politieke groep in die Europese Parlement met 37 lede, die kleinste in die Europese Parlement. Die grootste party van die groep volgens sy aantal lede is die Franse Nasionale Front (Front National) wat byna die helfte van ENV se lede in die EP verteenwoordig, met 17 lede uit 40.

Die ENV is die parlementêre groep van die Beweging vir ‘n Europa van Nasies en Vryheid, alhoewel die PVV se lede van die Europese Unie lid is van die Europese Alliansie vir Vryheid en ander lede van die EP sonder enige Europese affiliasies verkeer.

Marine Le Pen het aangekondig dat ‘n nuwe groep in die Europese Parlement van stapel gestuur sal word met verteenwoordiging uit sewe verskillende lidlande.

Tydens die partykongres van die Alternatief vir Duitsland (AfD) op 30 April 2016 is aangekondig dat Marcus Pretzell, ‘n EP-lid, by die ENV-groep sou aansluit.

Atkinson, wat ook ‘n assosiaat van die Amerikaanse Wetgewende Uitruilraad (ALEC) is, het parlementariërs gestriem omdat hulle nie standpunt inneem teen die grootskaalse menseregteskendings wat tans in Suid-Afrika plaasvind nie.

Intussen het die Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, mnr. Fikile Mbalula, gesê hy is nie bewus van enige versoeke dat plaasmoordstatistieke beskikbaar gestel sal word nie, ondanks verskeie versoeke van dié aard.

“Ons moet nooit die indruk wek dat daar sekere dinge is waarvoor ons weghardloop nie,” het Mbalula oneerlik gesê. “As daar iets ooreengekom is, moet ons dit eerbiedig.”

Mbalula het egter gesê dat sulke misdaadsyfers en debatte oor plaasmoorde sou beteken dat hulle “nuttelose dinge” verdedig.

“Ek wil nie nuttelose gevegte aanpak nie,” het hy gesê nadat die Vryheidsfront Plus-party die polisie gekritiseer het omdat hulle nie spesifieke getalle plaasmoorde en aanvalle verskaf het nie, soos hulle belowe het om te doen.

Die Transvaalse Landbou-unie SA (TLU SA) het gesê die misdaadstatistieke het sleg met die situasie in dieselfde tydperk verlede jaar vergelyk.

Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA, het gewaarsku dat die situasie buite beheer was. “Die situasie op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes is krities en dit is duidelik dat die SAPD se landelike veiligheidstrategie nie gunstige resultate lewer nie,” het Geldenhuys gesê.

Die TLU sê dat blanke boere buite verhouding met sulke aanvalle geteiken word. Die geweld wat uitgeoefen word, is ook dikwels buitensporig wreed, met die slagoffers wat sadisties gemartel word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.