Lesufi wil Afrikaanse skole afskaf

Panyaza Lesufi

Die VF Plus in Gauteng het die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, veroordeel as onkundig nadat hy vandag in die media aangekondig het dat daar geen plek meer is vir enkelmedium-skole in die provinsie nie. Lesufi het weer na die apartheidskaart gegryp en inwoners van die provinsie gedreig dat sy geduld nie getoets moet word nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op Lesufi se tirade gesê dat Lesufi moet ophou om sy eie politieke agenda op skole af te dwing en hom eerder te bepaal by wat sy werklike doel as LUR van onderwys in Gauteng is.

“Onderwyskundiges wêreldwyd is dit eens dat moedertaalonderrig bevorderlik tot beter prestasie op skoolvlak is. Die hoë uitvalsyfer en swak prestasie van leerders in Suid-Afrika is juis as gevolg van aan ʼn tekort van moedertaalonderrig.

“Die LUR se taak is om toesig te hou oor skole, te sorg dat onderwys in die provinsie glad verloop en dat die departement se verpligtinge uitgevoer word.

“Wat Lesufi egter doen is om skole en ouers te dwing om sy agenda te volg in plaas van om sy werk as LUR te doen.

“Lesufi moet verstaan dat elke taalgroep in hierdie land die grondwetlike reg het om in sy eie moedertaal onderrig te ontvang en dat enige druk vanaf ‘n LUR se kant af om dit in die wiele te ry, ʼn erge skending van hierdie grondwetlike reg is.

“Hy moet eerder aandag gee aan skole in sy provinsie wat glad nie funksioneer nie en die gevolg is van die ANC-regering wat bitter min skole sedert 1994 opgerig het,” sê Van Staden.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Hoop die pandoer voer sy planne deur.
    n Skop onner die argelose Afrikaner se gai….mag vader Jakob dalk net ontwaak.

    • Karel Combrinck

      Kanse is skraal.

      • Die onderrig van ons kinders en die behoud van ons taal is tog eintlik maar die taak van die Volk en die Kerk (Volksgemeente), is dit nie?

        • sussie se vissie

          Absoluut nie.
          Onderrig van jou kroos…begin tuis.
          Apartheid was sg Bybels geskoei en luidkeels geregverdig deur die NG-broeders.
          Lsg dogma se 180gr hand(gat)omkeer het ons bloedjies meer verward as ooit gelaat.
          Enersyds jou verwysing na ‘Volk’.
          Hoe bring jy die kloutjie by die oor in dié verband?

          • Is maar ‘n versugting Vissie. Jy het gelyk, Volk, Kerk en Kroos (en die ANC) is ewe verward!

        • Arrie

          Sou so dink Johniecongo. Leer tog net die kinders reg.
          So terloops….die vraag waar die benaming “swart ivoor” vandaan kom, is gister in die Graad 7 eksamen vraestel gevra. https://uploads.disquscdn.com/images/f169a4ed6831ff4bc10991e0755be3ed49b6a2589048f02249f524a05c4ee687.jpg

          • Arrie

            Geleen by SAUK Nuus

            “Leuens in Staatskool handboeke leer jou kinders om vir jou en hul erfenis te haat. Jy MOET hulle reghelp.

            Die foto van ‘n SW Gr 7 handboek wat glo in Junie uitgegee is, vertel leuens oor hoe die Voortrekkers kamstig swart kinders gesteel het om op hul plase te kom werk! En dit in Afrikaans nogal!
            Dit verwys ook na die storie se oorsprong uit “The People of Welgeval”, Botlhale

            In die graad 10 handboek vetel dit glo ook hoe die boere die swart kinders gesteel het en veral hoe die Griekwas hulle gesteel het en aan die boere verkoop het vir gewere, ammunisie en drank.

            In die Vrystaatstreek is daar glo 3 gedigte waar daar gelaster word in die gedigte.

            Dit is dalk ‘n goeie idee om met skool vakansie kinders na al die Geskiedkundige plekke te neem en hulle die ware geskiedenis te vertel. Sodeonde kan hulle nie net self die waarheid weet nie, maar ook eerstehands sien hoe die staat hulle probeer breinspoel en dat hierdie handboeke verkeerd is.

            Don V”

  • Suidpunt

    Wat ek net nie kan verstaan nie (laat ons nou vergeet van Dan Roodt se Afrosaksers). Ons sit in sowel die Wes-Kaap as in Gauteng met, durf ek sê, Engelse koeie aan die stuur van onderwyssake. Jerseys met botterromerige ryk melk met ‘n pulpende suur klankie. Rou Engelse. Ek bedoel nie ons sogenaamde “mak Engelse” (wat soms seer byt) nie. Ek bedoel daardie Britte wat nie eens ‘n woord Afrikaans verstaan nie. Uit Brittanje. En tog word ons leerplanne deur al hierdie Engelse kundiges al hoe verder weggedryf van die Britse standaard af. As jy nie jou kinders by jou huis via Cambridge se ‘home school’ programme leer nie – beteken dit jou matrieksertifikaat sal jou nooit uit die land kry nie. Selfs tydens Apartheid kon jou matrieksertifikaat, ongeag al die sanksies, vir jou ‘n plekkie in Brittanje oopmaak. Nou my liewe mens – waarom dan in Engels deurvoer as Oxford jou matrieksertifikaat nie sal aanvaar nie? Huh? Dis nutteloos!

    Jammer, ek is soos ‘n hamster in sy trapwieletjie wat in ‘n sirkelredenasie en samesweringsteorie vasgevang word. Roodt het in sy boek “Raiders of the Lost Empire” geskryf: die huidige Suid-Afrika moet die teenbeeld van Apartheid gevorm word. Nou ja, tydens Apartheid kon jou matrieksertifikaat vir jou deure oopmaak. Al moet ons eie ter… vryheidstryders dit self ook erken.

    Miskien kan Dr. Dan vir ons inligting vergaar wat Nederland en België se universiteitstoelatingsvereistes vir hulpbehoewende Afrikaners is…

  • Rooikop

    Wel ons sal maar soos van weleer onder die bome op leie moet skoolgee – (Hopelik darem in iemand se huis met met pen en papier). Natuurlik sal handboeke problematies wees maar daar is genoeg wat reeds gerdruk is en dan sal ons maar die goed moet rekenariseer en so versprei.

    Die spul weet moedertaalonderrig is belangrik en DIT is juis hoekom hulle ons op die manier probeer benadeel. Hulle probeer ons voorsprong wat ons het a.g.v. ons intelligensie wat meer is as hulle s’n wegvat. Al wat ek kan sê is – kom probeer. Julle gaan op julle baadjies kry.

  • Chantelle Hartslief

    “Onderwyskundiges wêreldwyd is dit eens dat moedertaalonderrig bevorderlik tot beter prestasie op skoolvlak is” ….Lyk my Lesufi werk met n plan teen die afrikaner…hoe ironies dat hy ons moedertaal in skole wil wegvat….

  • Vrystaat

    Die arme wetters! Hulle is so behep met die blanke Afrikaners se prestasies en natuurlik erg jaloers omdat hulle niks kan wys na 23 jaar se bewind (bevark) nie. So hulle probeer op alle moontlike maniere Afrikaans bykom. En so maak hulle van ons rassiste. Ons mag nie beter wees as hulle nie. So eintlik erken hulle dat ons beter as hulle is en dat ons nou afgetrek moet word na hulle vlak toe.

  • skobbejak

    Wees sterk gewaarsku alle blanke inwoners van Suid-Afrika, Die haat is skreiend hoog en die weerwraak word op die Volk beplan. Maak reg vir baie, baie lelike dinge wat spoedig kom.

    • sussie se vissie

      ‘Maak reg’ – betekenend wat?
      Sms aan oom Angus?
      Of pikke & grawe aanry na die Luderitz-spoorlyn?

      • Juan Olivier

        So wat is jou beter raad?

        • sussie se vissie

          Vra ek jou!
          Jy maak immers die stelling – ‘maak reg’?

          • Juan Olivier

            Jy moet beter gaan kyk, ek het nie die oorspronklike kommentaar gemaak nie. Jy is die een wat kom spot het so dan moet jy mos ‘n goeie idee hè as jy so lekker spot.

          • sussie se vissie

            Toegegee.
            Elke blondine het ( en is geregtig op ) haar blond oomblik.
            Sodra die klein str@nt wat aan die sanger Snotkop herinner jou sexy tannie antw, verwerdig ek my om jou breedvoerig in te lig oor wat ‘ons’ te doen staan.
            Belofte.

      • skobbejak

        Jy is nie dalk n “agint” van die PK nie ? Jy klink baie soos n ou wat ek gereeld sien skrywe – ene ou Max.
        Besef jy nie die erens van die saak waarin die Kaukasier hom bevind nie ?
        Waar is jou Volkstrots ou vis? Waar vra ek jou…
        En van oom Angus gepraat – hy is n gawe kerel of wat dink jy ou vis ?

        • sussie se vissie

          Tot jy jou erns erens gevind het…dink ek my aanname van n Sn@tkop wat gesels soek is in die kol.
          Skoolbanke-toe met jou!
          En trek op daai flintergat broek van jou aleer jy my oor ‘volkstrots’ wil aanspreek.
          Kaukasiër-stofphoepers wat hul lyf ‘nigga ghetto rapper’ wil hou, moet hul verkieslik hou by blogs soos: ‘Wat kyk jy’!?

          • skobbejak

            Vis – jy dink jys n shark, jy mag eerder n slymerige baber wees. Maar ek gee toe – dat jy nie loyaal teenoor jou eie vertrapte nasie is nie.

          • sussie se vissie

            Is jy e-r-e-n-s-t-i-g ( ernstig ) met jou l-o-y-a-a-l ? ( lojaal )
            Muhr skool-toe jongeling.

          • skobbejak

            Sissie se Vussie…jy raak nou baie pirsoonluk. Miskien moet ek tannie vergewe, miskien niet maar soos hulle hier in Nederburg se, Gyf de gywe gy zwarte piet.

  • Clipper

    Dink die arme mannetjie dat Afrikaans n wit taal is? Hy beter om hom kyk en die kleurlinge ook bytel. As ek bietjie soek (nie te hard nie) sal ek nog swart mense kry wat ook verkies om in AAfrikaans afrigting te kry, want dit is net doodeenvoudig beter

  • Houwsholo

    How utterly ridiculous. He is keeping himself busy with THIS while there are schools that don’t even have running water. This MORON should hang his head in shame. SIES MAN. You don’t have any respect for your own people