Berlynse polisie deur Moslem misdaadgroepe geïnfiltreer

‘n Student in Duitsland het vasgestel deur te snuffel op die internet dat die neef van die een van die voorste misdaadbase in Duitsland nou ‘n lid van die Berlynse polisiemag is.

Die Berlynse polisie ondersoek tans ‘n klanklêer van ‘n leerling by die Spandau-polisiekademie wat kla oor onhoudbare toestande tussen nie-wittes. Die anonieme stempos is ook reeds aan polisiewoordvoerder Klaus Kandt aangestuur.

Volgens die Duitse dagblad Die Welt het die leerling gesê: “Dit is nie kollegas nie, dit is die vyand. Dit is die vyand in ons eie geledere.”

Die voormalige Berlynse minister van finansies, Thilo Sarrazin, het senator Frank Henkel (CDU) van Berlynse polisie en binnelandse sake aangeval toe die nuus gebreek het.

In ‘n kolom vir die Zürichse koerant, die Weltwoche, het Sarrazin opgemerk hoe kandidate van Arabiese en Turkse oorsprong voorkeur geniet. Hierdie “onwettige nuwe praktyk” is die afskaal van standaarde en die kwaliteit van die polisie, het hy gewaarsku.

“Dit sal nie dadelik opgemerk word nie, maar oor tien of twintig jaar of so,” het Sarrazin gesê. “Kandidate vir polisieloopbane wat van Turkse en Arabiese oorsprong is, word bevoordeel.” Dit word so gedoen dat “die kwaliteit van die polisie op die langtermyn sowel as die maatstawwe vir hul gedrag en dus die implementering van die reg in gevaar gestel word”.

‘n Groot deel van hierdie Moslem-aansoekers het ‘n “kriminele geskiedenis”, het die voormalige federale bankier en blitsverkoperskrywer van Deutschland schafft sich ab, verduidelik.

Om dié rede is die streng vereistes vir ‘n skoon rekord by wetstoepassingskandidate afgeskaf. Dit is nie meer nodig om ‘n skoon lei oor die afgelope tien jaar te bewys nie. Slegs die afgelope vyf jaar moet misdaadvry wees, volgens die nuwe reëls. “Op hierdie manier het voormalige opperste misdadigers by die polisie in Berlyn aangesluit.”

‘n Kennis van Duits het ook weggeval as ‘n vereiste, aangesien ‘n groot deel van aansoekers van Turkse en Arabiese oorsprong die taal nie bemeester nie. Met die opleiding van die polisiekadette is die toetsvereistes ook verlaag. Sarrazin sê, dis gedoen om hoë mislukkingsyfers te voorkom. “Daar is dubbele standaard geskep, wat nie net die Duitse polisiekadette benadeel nie, maar oor die lang termyn word die algehele kwalifikasievlakke van die Berlynse polisie afgetrek.”

Berlyn se Binnelandse Sake Senator Frank Henkel het Sarrazin se kritiek as “dom” verwerp. Hy het die skrywer daarvan beskuldig dat hy die immigrante vir aanval uitgesonder het “wat wil integreer in ons samelewing en daartoe verbind om die wet te handhaaf, is dom.”

Tenslotte is daar ‘n “geruststelling” deur die establishment uitgereik aan die media oor die skandaal van die Berlynse Polisie Akademie, waar die immigrante-studentekoers tot 36 persent verhoog is.

Volgens Bild Zeitung: “Al die bewerings was ongegrond, het die hoof van die speurdiens Thomas Neuendorf gesê. “Net omdat ‘n polisie-kadet van ‘n kriminele bende is, beteken dit nie dat ons teen hom sal diskrimineer nie. Ons evalueer die individuele geval. Klein kriminele oortredings in die verlede, soos diefstal of skade aan eiendom, was geen rede om nie aanvaar te word nie.” Volgens akademiese hoof Jochen Sindberg, moet ons nie vergeet dat dit jong mense is nie. “Dit is heeltemal normaal dat sommige kadette soms skuldig sal wees.”

Diewe het intussen by ‘n immigrasiekantoor in die Moabit-distrik van Berlyn ingebreek en het tot 20 000 blanko paspoorte en ander immigrasiedokumente, asook amptelike Duitse seëls en stempels, gesteel.

Laat verlede jaar het die Berlynse polisie aan die lig gebring dat gevestigde Moslem-misdaadbendes “goeie winste” gemaak het om akkommodasie aan die Duitse regering te verhuur vir gebruik as “asiel vlugtelingsentrums” teen belaglike hoë pryse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Die RSA was toe nooit 30-40jr agter die res vd wêreld soos altydeur beweer was nie.
    Hierdie bloudruk van SAP-aanstellings is sedert ’92 immers deur ‘ons’ vervolmaak.
    Gee nog 20-30jr kans en die hele Europa rugsteun Verwoerdiaanse aparteid.

    • Suidpunt

      Laat my so dink toe my moeder as sekretaresse aangestel is by ‘n plek, staatsdiens 1980’s. Krygkor. Hoogs vertroulike dokumente. Tot in haar babasokkies nagegaan. Mag by geen politieke party openlik betrokke wees nie. Gedrag moet onkreukbaar wees, geen misdaadrekord hê nie, al die vorige base is gekontak… Enigiets wat landsveiligheid kan in gevaar stel. In Landsbelang.

      En toe het ons die sekuriteitsbeamptes. Wat ook elke dag en nag hul rondtes moet doen tussen en in die kantore. Vrye toegang amper tot elke flippen kluis. Kyk of lêers weggepak is, ligte afgeskakel is,
      deure gesluit is, toilette gespoel is, ens. Party met, ander sonder honde. Die hele lot het gepar’deer soos Gestapo self – amper asof die kantoorwerkers KGB-agente is. Miskien omdat hulle soos oorywerige dienaars is wat by ‘n skryfbehoeftewinkel tog net wag dat iemand ‘n uitveër moet steel. So
      iets. Of hoenderstr0nt wat ghries word.

      En toe een dag word ‘n kar deur ‘n sekuriteitsbeampte omgegooi. En daar word ontdek die persoon het nooit ‘n rybewys gehad nie. Nou hoe de…

      • Wat n grap. Daar duik onmiddelik baie vrae op niewaar…………….
        Oepsie dit was n glipsie, “en toe is sy preggies”.

        • Suidpunt

          Of, nou dat ek daaraan dink, dalk was dit ‘n bakkie…

    • Jy moet kan steel om te bewys jy is geskik vir die polisie of iets dergeliks.
      Jy moet kripnotas in die eksamenlokaal kan in smokkel dan is jy geskik vir minister van onderwys. Ek weet nie wat dit wys nie maar nouja.
      mooi gedaan sussie.

    • Rooikop

      In sekere opsigte is ons agter die tyd. In ander opsigte is ons die rotte waarop die eksperiment uitgevoer word.

    • Chroom

      Nogal opvallend al die misdadigers en kriminele in die parlement.

      • Vrystaat

        En nommer een is sommer heel voor…..hy lei mos deur voorbeeld

  • Alles kan maar voortgaan, – maar moet net nie vrae vra in die establishment of in die blanke Boere-Afrikaner Rooms-Protestante Patriargale, organisasies met of sonder geheime, herargie nie! Daardie Duitse (dis nou in ons Germaanse voorouers se omgewing) polisiestudent is sekerlik heel en ongemanierd “uit sy/ haar plek uit” … hoe durf jy gesag (al is dit ‘n HELSE gemors) bevraagteken … ? Kerk, politiek, ekonomie, polisie … NWO hier kom ons! Sit-sit-so halleluyah en sit-sit-so hoera! (Doofstom en blind, met koppies wat net op-en-af knik is natuurlik voorvereistes, oral.)

  • Chroom

    En jou waaragtig daar stem die Duitsers weer vir Merkel. Hoe dof moet jy wees?

    • ernie

      ja , regtig ! alles gebeur voor hulle oe – almal sien dit -asook die hele Europa maar nog steeds stem die mense in Europa, nie die regerings uit wat die onnosele dinge goedkeur nie….

  • Vrystaat

    Hulle handhaaf politieke korrektheid tot op die letter. Hulle kan mos nou nie teen die indringers diskrimineer nie. Dis mos rassisme……genoeg om mens naar te maak

  • sussie se vissie

    Wil voorts blyk hierdie weg/inkalwing is nie net tot wetstoepassers beperk nie.
    Mos n kwessie hul wil later tot op die Regsbank vorder.
    Gevolglik sit jy mdme ‘dollis eehvenchillis’ in die Oscar aangeleentheid, en nou ook haar edele in die doodskis-saga wat tydens vonnisoplegging bollie aangejaag het mbt die tydperk van die besk’s se vonnis-opskorting.
    Rooi toga wil hul dra…maar korrekte toepasing van die Strafproses Wet is wat pla.
    Tewens, die twee phoepolle in ‘skirts’ kon tweeling sussies gewees het. Al te onderskei is die kopluis ( te oordeel aan die haarstyl ) wat lsg met meer mening bygekom het.