Swartes begin nou geld eet (letterlik)

Metropolisieman wat geld eet

Oor die afgelope week was daar twee gevalle van swartes wat video’s van hulself maak waarin hulle voorgee om geld “te eet”. In die eerste video wat rondom 30 Oktober die rondte begin doen het, verskyn twee metropolisiemanne van Ekurhuleni wat geld eet, asook hul gesigte met geldnote afvee asof dit servette is. So pas het twee swart aktrises ook ‘n video versprei waarin hulle by ‘n tafel in ‘n restaurant aansit om ‘n “maal” van geldnote te geniet.

Die polisie ondersoek albei gevalle van geldeet want in die eerste geval verteenwoordig dit waarskynlik omkoopgeld wat deur die metropolisie aanvaar is en in die tweede geval is daar vermoedelik ook misdaad by betrokke. Daar word vermoed dat die geldnote van die aktrises verband hou met ‘n tas vol valuta wat in ‘n ander video verskyn.

In die video van die twee aktrises wat sout en peper op die geld strooi en deur ‘n kelner sjampanje aangebied word, verskyn ook ‘n sak met geld van die veiligheidsmaatskappy Fidelity Security. Dit het die vermoede by die polisie laat ontstaan dat dit moontlik geroofde geld kan wees.

Volgens ‘n woordvoerder van die SAPD, Vuyo Mhaga, is die polisie “bewus van die beeldmateriaal en is ‘n ondersoek gelas”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Jip, – die burgers en die boere eet nou pap, as hulle gelukkig is!