Dan Roodt: Afrikaners en Europeërs, sy aan sy

In Keulen, 'n rukkie voor my vergadering met die Duitse politikus.

Vandat ek op die vasteland aangeland het op hierdie Pro-Afrikaanse Toer van Europa, hoor ek by herhaling die boodskap dat alle Westerlinge eintlik in dieselfde bootjie verkeer. Ons word bedreig deur linkse regerings en snelle demografiese veranderings.

In Bad Godesberg het ek met ‘n patriotiese Duitse dinkskrum gepraat en hulle ingelig oor die mislukking van multikulturalisme in Suid-Afrika, hoedat die konflik tussen rasse, kulture en tale eintlik net sedert 1994 toegeneem het. Tans dreig Malema en sy EFF die blankes openlik met geweld, terwyl plaasmoorde vanjaar onrusbarend toegeneem het.

Net noord van Keulen het ek ‘n vergadering met ‘n bekende Duitse politikus gehad wat aanvanklik net ‘n uur of wat sou duur, maar die gesprek was so interessant en breedvoerig dat dit naderhand die hele middag in beslag geneem het.

So pas vanoggend het ek die notule van die gesprek ontvang met al die besluite wat geneem is. Onder andere gaan ons van aanstaande jaar af begin deelneem aan politieke gesprekke en konferensies in Europa oor die probleme wat die Westerse kultuur in die gesig staar. Suid-Afrika en Afrikaners word erken as ‘n wesentlike deel van die Westerse of — soos dit op Duits vir my gestel is — Abendländische — kultuur. Die ses maande Duits wat ek op universiteit gehad het, is maar taamlik verroes maar dit was geen probleem nie, want ek verstaan die taal goed en kon my goed in geradbraakte Duits en Engels uitdruk.

By die beoogde konferensie sal Afrikaanse musici en kunstenaars optree. Dit sal sowel politiek as kultuur bestryk.

Soos ons al soveel kere hier op die PRAAG-webblad berig en geskryf het, is daar ‘n sterk intellektuele en politieke beweging in Europa aan die gang wat Islam en die multikulturele samelewing verwerp. Die beweging is tegelykertyd nasionalisties én transnasionaal omdat die verskillende “regse” politieke partye nou met mekaar saamwerk. Hongarye en die regering van Viktor Orbán speel ‘n sleutelrol om hierdie beweging te stimuleer en selfs te befonds. (Ek plaas die term “regs” tussen aanhalings tekens, omdat meeste van my gespreksgenote geensins stereotipies “regs” was nie; hulle kom uit die Groen beweging, uit die sakewêreld en selfs kuns en ontwerp!) Volgens die Nederlandse skrywer en meningsvormer Joost Niemoller spruit dit uit Hongarye se verlies aan grondgebied net ná die eerste wêreldoorlog tydens die berugte Versailles-konferensie. Tans bestaan daar Hongaarse minderhede in verskeie buurlande wat op soortgelyke maniere as Afrikaners benadeel word, sover dit hul taal-, kultuur- en politieke regte betref. Hongarye is ook sterk gekant teen immigrasie en die inneem van Midde-Oosterse vlugtelinge.

In Bad Godesberg, Bonn en Keulen het ek heelwat Moslems op straat gesien. Blykbaar is 20% van Bonn, die voormalige hoofstad van Duitsland, reeds Moslem.

In Nederland het ek ook indringende gesprekke gevoer, en allerlei plekke van Afrikaner- en Boere-historiese belang in die stad besoek. Onder andere het ek verby die Amstel-hotel geloop waar Paul Kruger en Leyds, die jong Nederlandse regsgeleerde, mekaar ontmoet het. Op baie maniere is ons geskiedenis en dié van Nederland ten nouste verbind.

In Leeuwarden het ek ‘n ou vriend uit Johannesburg, die boekhandelaar Marcus de Jong, besoek. Ons het oor die ou dae in Braamfontein gesels, asook oor die funeste tagtigerjare toe Suid-Afrika vanuit die buiteland gerysmier is, met die rand wat getuimel het, byna net soos tans.

Elders in Friesland, in die historiese dorpie Dokkum, het ek aandete by ‘n deftige restaurant in ‘n voormalige klooster saam met Adriana Stuijt van die webblad Censorbugbear genuttig. Die klooster self was in die sewentiende en agtiende eeue ‘n sogenaamde “Burgerweeshuis”. Van daar af is jong meisies wat goed opgevoed en onderrig is na die Kaap gestuur om met die Vryburgers in die huwelik te tree. Ons volksmoeders het dus letterlik uit die Nederlandse weeshuise gekom.

Maar dis goeie gene… ten spyte van immigrasie en die instroming van Moslems is Nederland steeds skoon, netjies en goed georganiseer. Dis ‘n vreugde om te ervaar.

Tans verkeer ek nog in Amsterdam en skryf dié rubriek op die hotel se rekenaar. Om lig te kan reis, het ek geen skootrekenaar saamgebring nie. Vanmiddag ontmoet ek twee Sweedse vriende wat van Stockholm af kom en verder die reis na België gaan meemaak. Hulle gaan ook in Sweeds oor dié toer berig; só spring die vonk van een land na ‘n ander, in verskillende tale, maar met daardie onderliggende besef dat elke ding wat ons doen en sê uiteindelik die naderende Westerse ondergang (sien hier onder) moet verhoed.

Dit stem mens tot diepe nadenke om Verwoerd se geboortehuis by Van Lennepkade 16 te aanskou.

‘n Nederlandse vriend het my na Verwoerd se geboortehuis by Van Lennepkade 16, Amsterdam geneem, waar hy dié foto van my geneem het. Dit was koud met ‘n lastige motreëntjie wat kort-kort uitgesak het. Ongeag wat ‘n mens van Verwoerd mag dink, is hy nóg een van die gebore en briljante Nederlanders wat ‘n sleutelrol in ons geskiedenis gespeel het. Eens het Afrikaners hom verafgod, maar die afgelope twee of drie dekades het die verraderlike Afrikanerelite wat ons aan die ANC uitgelewer het, hom honend verwerp. Ek gaan al die regdenkende Europeërs aanmoedig om die pelgrimstog na Verwoerd se geboortehuis hier in die hartjie van Amsterdam aan te pak. Kort-kort moet daar blomme gelaat word, soos blykbaar net ná sy moord in 1966 hier gedoen is.

Verwoerd, die weeskind van ons geskiedenis… nes daardie mooi Nederlandse weesmeisies wat op die skepe geklim het na ‘n verre land in Afrika waar hulle sou kom werk en bou, huishou en kinders baar. Tydens die sewentiger- en tagtigerjare het die hele Westerse wêreld ons verwerp, weens die linkse propaganda en irrasionele haat wat daar teen ons opgesweep is. Marcus de Jong vertel dat Nederlandse uitgewers in 1978 besluit het om nie meer sy bestellings van boeke uit te voer nie, en sy boekwinkel begin boikot het.

Op ‘n manier was ons vir ‘n paar dekades ‘n weesvolk wat deur ons eie bloedfamilie hier oorkant die water verwerp is. Maar nou het dinge met ‘n handomkeer verander en word ons nie meer beledig of geboikot nie, maar byna soos die verlore seun terug aanvaar. Ek ervaar ‘n warmte en toegeneentheid hier in Noord-Europa wat seker laas in die tyd van die Tweede Vryheidsoorlog of die eerste helfte van die twintigste eeu voelbaar was.

Een van die Nederlanders het ‘n hele stapel politieke boeke aan my geskenk, ongevraag. Nog ‘n teken van die tye is die nuwe Nederlandse vertaling van Oswald Spengler se Untergang des Abendlandes wat so pas hier verskyn het as De ondergang van het Avondland. Die tema van Westerse ondergang is skielik net so aktueel soos Afrikanerondergang in Suid-Afrika.

Iets wat ek nooit geweet het nie, is dat die beroemde negentiende-eeuse Calvinis, Abraham Kuyper, iewers gesê het dat Suid-Afrika in die toekoms dalk ´n sleutelrol in die oorlewing van die Nederlanders kan speel. Volgens hom bevind Nederland sigself tussen drie groot, oorlugsugtige state: Engeland, Frankryk en Duitsland. Die land kon te eniger tyd oorval en geannekseer word. Daarom was die Transvaal en die ou ZAR van sleutelbelang, nie net vir die Boere nie, maar ook vir die Nederlanders. Ons was dalk die “plan B” indien Nederland sou ondergaan…

Volgens een van my gespreksgenote geld dié Kuyperiaanse logika vandag steeds. “Die voortbestaan van Nederland en Europa is geensins gewaarborg nie. Daar bestaan ‘n koalisie van Links en Islam. Die linkses is steeds aan die mag; hulle beheer die media, die universiteite en alle instellings. Die ondergang van Europa sou hulle nie in die minste skeel nie. Daarom kan ‘n Afrikanervolkstaat in Suid-Afrika dalk in die toekoms vir ons ‘n toevlugsoord wees, wie weet?”

Iewers in my kop weerklink die gesprekke wat ek met PW Botha kort voor sy dood gevoer het steeds. Veral sy staaltjie oor generaal Charles de Gaulle se woorde op ‘n keer: “Ons mag nooit die Afrikaners in Suid-Afrika opsystoot nie. Hulle is van strategiese belang vir ons.” Skielik maak dit alles sin.

Die polities korrekte gedagte dat Afrikaners by die swart bevolking van Suid-Afrika gaan integreer en as’t ware daarin opgelos gaan word, is gek en onmoontlik. Eintlik kom dit op volksmoord neer; gaan lees maar die definisie in die VN se konvensie oor volksmoord. Ons is net so deel van die Aandland soos enige van ons stamlande: Nederland, Vlaandere, Frankryk of Duitsland.

En nou, oplaas, word ons nie net aanvaar nie, maar stry ons sy aan sy om te oorleef. Eintlik is dit geensins verbasend nie; dit is soos dit hoort. Nie die oorlewingstryd nie, maar die “sy aan sy”.

Uit al die gesprekke en ontmoetings hier met van die leidende figure in die pro-Westerse beweging in Europa, kristalliseer twee dinge klinkklaar uit: Ons behoeftes aan selfbeskikking, enersyds, en aan nouer samewerking met Europa, sowel op ekonomiese as kulturele vlak, andersyds. Dit is waarop ons ons moet toespits. Ons mag nie langer talm om ‘n stuk grondgebied in Suid-Afrika te bekom waar ons onafhanklik van die huidige verafrikaniseerde staat met sy korrupsie en verval kan begin leef nie. En ons sal nie die finansiële middele daarvoor hê as ons nie ten nouste met ‘n ryker en groter Europa saamwerk nie. Die twee gaan hand aan hand.

Die tyd daarvoor was egter nog nooit so ryp soos nou nie. Ons moet die yster smee terwyl hy warm is!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Skitterend!

    • sussie se vissie

      Kumbaya.
      Ghaak sit dik op tuisfrond…en Dan flikvlooi met Censorbugbear in Europa.
      Imagine hy’t eertyds sy R1 opgeneem soos enige Afrikanerseun…was daar skalkies 3 minder ANC parasiete in die parlement.

      • G

        Probeer jou jaloesie bietjie inhou. Mens kan minder idioties lyk so. Nou lyk jy omtrent net soos jy op jou beste is.

        • sussie se vissie

          Noted.
          Daarenteen meen ek n ‘G’idiotiese inset lyk so:-
          ….nou lyk jy omtrent net soos jy op jou beste is. ( WDD? – selfs ou Frikkie Potgieter kan beter doen )

  • sussie se vissie

    Die betoog om n ‘stuk grondgebied van ons eie te bekom’ – eggo al pre-94.
    Wil blyk so vinnig as wat pandoer & Kie binne 20-jaar die land deur sy nerwe kon trek, so s..t..a..d..i..g vat dit Boer/boer/Afrikaner om tot hierdie onafwendbare konklusie te kom. ( en werk daarvan te maak )
    Sou net wou weet in welke mate Europese finansiële bystand as katalisator sou dien om hierdie droom te verwesenlik?
    Beteken dit ‘ons’ moet grond koop, of hanteer ‘ons’ dit ANC gangnam-style deur n trogvreter se sakke met n ‘backhander’ vol te prop?

    • John

      Indien wyle Domini Treurnicht (seën sy siel) daardie betoog – van selfbeskikking – heelhartig aangegryp het in stede van die behoud van groepsgebiede wette dan sou daardie bietjie momentum dalk tot `n yslike ding kon vorder. Heellaas, die NEE kamp was nog te vasgevang in die Suid Afrika van afsonderlike toilette.
      Meer as ooit te vore wil dit nou blyk of die Afrikaner gedoem is om te bly voort leef in een van drie strome
      – voorman, bakkie en boois
      – sekuriteits wag, of
      – ridder in poësie wie diepe dinge dink en die volk `n traan laat pik.
      Hier kom die kluite ..

      • sussie se vissie

        Geensins.
        Kluit-oppie vir jou.
        n Ding is soos hy is.

  • gerhard

    die volk moet ophou bid vir vrede. nerens in die geskiedenis van die mens is daar vir vrede gebid en daar was vrede gekry. ongelukkig moet ons vir die groot vader daar bo vra vir krag en wysheid, sodat ons ons vyand kan opf@k met die krag van bo.

    • More Gerhard,
      jy druk dit miskien baie kras uit maar daar is nie doekies om te draai nie.
      Menige van ons deel hierdie sentiment met jou. Ek sou dit graag nog sterker wou stel maar die geskikte woord ontgaan my nou.

  • profplumber

    Puik. Geniet dit dr Roodt en baie dankie.

  • Yuri Jonker

    Avondland is n woord wat ek al in een van koos kombuis se liedjies gehoor het dink ek

  • ernie

    Wat is die kanse dat die meer liberale regerings uitgestem gaan word in die nabye toekoms Dan? Ek neem aan dit is maar n stadige proses.
    Wat in die RSA gebeur is dat ons uit tyd hardloop en dringend hulp op alle vlakke nodig het.
    Ek sou reken die eerste stap sal wees om n verbod op” reis& verblyf” te hef op alle korrupte politici van Suid Afrika.

    • sussie se vissie

      Jy sny na aan die been Ernesto.
      Die ‘reis & verblyf’ n teer sakie – gegewe die kopskrif vd draad.
      😉

  • John

    Ja kyk hoe wens ek nou dat ek ook die pelgrims tog kon mee maak na die ‘stam land’ toe. Wou lankal juis dinge van nader gaan betrag in die walletjies. Daar’s `n deel van my familie wat ek eenvoudig net moet beter verstaan.

    So, doktor, hoe staan dinge met die Front ? Ek weet die vlag is reeds jare terug afgehandel. Het doktor toe nou `n amp ontvang .. saam om Dingaan se tafel, binne in Dingaan se kraal ? Sou reken dit sou nogal gepas gewees het as die ander doktor – doktor Connie se oudste – deur nog `n doktor vervang kon word.
    Maar kyk, indien hierdie go-fund-me toer meer genog verskaf why not. Raporteer asb. spoedig terug aangaande die strategiese bande wat u smee. Dan, soos altyd, sien ek ook uit na u volgende tantrum oor Ingelse,

    • Ciska

      Sinisme is deel van sielkundige verrotting. Arrogansie deel van
      veragting. Aftakeling is deel van ‘n swak selfbeeld. Weet nie of dit op
      die “self” persoon van toepassing is nie, maar gewoonlik word dit aan/op
      ander geprojekteer. Party van ons probeer, party bid, party van ons is
      moedeloos, party van ons g@tvol, party van ons staan op en doen iets.
      Staan dan liewer lands die kantlyn ek kyk of iets gebeur, dis gaan nie
      om jou goedkeuring nie, maar die vernielsig van komentare bewys hoe
      bitter ‘n mens wel kan word. So jammer….

      • John

        Van wie praat jy ?

        • Johann Schutte

          Nie seker nie. Moontlik van Dan? Dis baie dislojaal.

          • sussie se vissie

            O = natkol op rusbank!
            🙂

          • Ciska

            Jammer swaer, lankal die “oor” jare gehad, en ek drink nie my tee (of enige vloeistof) op my “rus” (of enige) bank nie. Deurmekaar babbel laat almal koud – beweeg verby dit wat nie verstaan word nie.

          • sussie se vissie

            Relax phoepsie.
            Ek verwys na myself.
            Dink Johann se spitsvondige kommentaar is verhewe bo diegene met n Lexington innie hand.

          • Johann Schutte

            Wat doen jy vanaand? Moet nie konkreet interpreteer nie.

          • Ciska

            Dr Roodt probeer darem. Wie van ons het vandag die geld om te doen wat hy doen? As ek is sy skoene was (as ek ook die geleentheid kon hê), sou ekself vir geld gevra het om ons mense se saak te stel – al luister net een persoon – dan is die geveg halfpad gewonne… (Is die geskiedenis wat hy deel nie vir jou ook interressant nie?)

        • Ciska

          ? Jy. Soms in die algemeen oor gesigloses agter ‘n rekenaar met kort-kort humeure. Dig & dom is my vingers soms om te tik, maar ek probeer. Humor is deel van ontkenning.

          • John

            Goed, ek sien.
            Kyk, dar is `n wesenlike verskil tussen openlike hoon, afguns en haat aanvalle – dit waarvan jy my aankla. En blote sarkasme. Dan moet ek byvoeg, ek dink werklik jy is miskien ietwat sensitief. Jy moet verstaan dat hierdie tog `n openbare forum is en as `n ou (vrou) so dun vel het dan gaan jy jou self dood bloei.
            Hier’s my uitnodiging aan jou om die punte te debateer en die persoonlike aanvalle te laat staan. Owergesetsynde – jou doktor is nie `n afgod nie en sy aksies mag bevraagteken word. Ek doen dit, by wyse van sarkasme.

            My punt is dit :
            Dan Roodt wil befonds word vir `n evangelie veldtog na Europa waar hy blykbaar nuwe bande ter wille van die Afrikaner wil smee met Nederlanders. Was dit nie van te vore probeer nie ?
            Vroeër wou hy die leier van die nuwe Federale Front word. Waar’s dit nou ?
            Dan het hy aanhoudende uitvalle aangaande “die ingelse”. En ons moet dit lees ?
            Dan’s hy hier, dan’s hy daar.
            Ek sal die stelling maak dat die man `n totale akademise benadering het tot die sg. stryd van die Afrikaner. Hy glo blykbaar dat die pen werklik magtiger is as die swaard.
            Ek wag nog vir die een poging waar die doktor werklike voetsool werk sal doen en volhou met `n toegewyde veldtog bv. om Clive Derby Lewis uit die tronk te kry, eerder as om weer te kuk en kerm oor die skande van nog `n Afrikaanse universiteit wat by die rooinekke inkruip.

            As jou doktor `n geld insamelings fonds begin vir die Afrikaanse haweloses en wesies .. as hy begin met `n veldtog om van deur tot deur te loop om die ou mense op plase te laat saam span .. dan suster sê ek vir jou ek stap sommer saam met hom !

            Nou trek ek my oë skrefies, druk ek my mond so knus in jou warm nek en fluister “hoor jy die stilte ?”

          • Ciska

            Ha Mnr, sarkasme is deel van onvergenoegdheid, met ander woorde, persoonlik nie “vat” aan iemand kan kry nie. Het jy al soms mense ontmoet, gegroet, gesien, en onmiddelik het jou nekhare gerys? Dis wanneer jy “sien” dat daardie persoon nes jy is, dis jou siel wat die ander “siel” erken en weet…. (en ons het almal ‘n “siel”, “gees”, iets heiligs in ons, ‘n “gut feeling”, al ontken baie dit)
            Sensitief – nee / dikvellig – geweldig.

            Hoeka lees jy nie baie nie, hoeka is jou veld van verkenning klein.
            1) “nuwe bande ter wille van die Afrikaner wil smee met Nederlanders. Was dit nie van te vore probeer nie ?” Gaan lees pvv.nl ; gaan lees vlaamsbelang.be ; gaan lees detelegraaf.nl & trouw.nl & destandaard.be & ad.nl – nes hier by ons is die “liberale” regerings in Europa 10x erger, nes hier word ons mense deur ons eie mense in die rug gesteek. Daar is ‘n geweldige nasionalistise opkoms in Europa, en ja, dis goed dat hy daar is, hy weet (soos baie van ons “weet”) dat die PEN wel MAGTIGER is as die swaard!
            2) “dan het hy aanhoudende uitvalle aangaande “die ingelse”. SO? Ek verstaan nie jou argument nie. Dis waar wat hy sê; die “ingelse” sal nooit ooit ons vriende wees nie. Ekself werk met baie ingelse, al my werk is in ingels, MAAR hulle kultuur, taal, lewens wyse, doen van dinge, is net eenvoudig heeltemal anders as die wit Afrikaner gemeenskap in hierdie land. Ons is TWEE verskillende wit groepe in hierdie land, nes die Katelane en Baske en Spanjaarde verskillende wit groepe in Spanje is. EN as enige iemand vir my sê ek praat twak, sê ek vir jou jy leef in la-la land! Vandat die Engelse in hierdie land gekom het sien hulle neer op ons, dis of daar ‘n ingeboude veragting teenoor ons is, wat tot vandag nog toe so is. Die ingelse is nes die swartes, verorber en vat net, ploeg niks terug nie. Ek sê weer, jy lees nie wyd nie, nie eers ons eie Afrikaner geskiedenis nie.
            3) Waarom Praag en vir Dan skel omdat hy nie “kaalvoete” werk in hierdie bloederige land nie – kan ek die argument gebruik, waar is veertjies+ in die parlement; waar is solly se hollie, waar is afriekakkie? FN (Front Nasionaal) het reeds “Volkssteun” op die been (NET VIR ONS WIT AFRIKANERS), gaan lees die gevreetblad. Waar is al die ander sogenaamde Afrikaner belange groepe wat wel hier by ons voetsool werk kan doen? Waarom net Praag & Dan uitsonder? Waarom wag dat Dr Roodt eerste stap voor jy saamloop?
            Nee meneer, jou argumente staan nie vir my nie, jammer ek kan jou nie oor ‘n bottel rooiwyn en my 1000+ boeke meer kennis gee nie. Jy lees te min. EN nee asb, ek gril my morsdood vir enige nek-kussery!

          • sussie se vissie

            Moet ek hieruit aflei Dan se pienk T-hemp veldtog was maar n geveinsde poging om die Ingilsman Clive D Lewis uit die tronk te kry?
            Detente/skouertjies vryf en gevrietkoop tel weinig.
            Vir n SAAK kos dit hande & voetjies vuilmaak. Eugene de Kock se eventuele vrylating te danke aan n persoon wie se naam ek oor my lippies nie kan uiter nie.
            Watter klap was lsg nie in die gesig van sg volksmoeders en pappies nie?

    • Juan Olivier

      Waarvan praat jy? Jou kommentaar maak nie sin nie.

  • Wim Rhebergen

    Beste Dan,
    Ik volg je op de voet.Heb 25 jaar in Pretoria gewoond,nu in Apeldoorn.Welkom.Ook voor jouw heb ik Brood,Bad en Bed
    Veel succes.

  • Suidpunt

    Ek het ‘n ontdekking gemaak wat absoluut niks met hierdie artikel te doen het nie (of tog wel), maar verbasend genoeg ‘n duidelike ooreenkoms toon met die Brandtlinie (Globale Noorde/Suide).

    Ek het gaan kyk by Google Trends (kom ons wees eerlik, die meerderheid mense google, so – wat ‘n heerlike datamyn) watter lande vernaamlik “Voltaire” en “Jean-Jacques Rousseau” google. Die “Noorde” google hoofsaaklik Voltaire (veral Frankryk!) en die “Suide” vir die broodskrywer Jean-Jacques Rousseau. Skynbaar bly diegene in die Globale Suide in ‘n geïdealiseerde, opiumsnuiwende utopiese wêreld van natuurkinders (wat tog op nog ‘n Rewolusie uitloop). Jean-Jacques Rousseau word in die Noorde as ‘n powere intellektueel beskou wat geglo het in die inherente goedheid van die mensdom, uitsonderlik naïef was, en alle stelsels wou omverwerp. Voltaire was in daardie opsig glo meer van die nugtere soort, veral as mens na die kantnotas van sy werk kyk van Rousseau wat oor ongelykheid skrywe ( http://expositions.nlr.ru/eng/ex_rare/Voltaire_Rousseau/neravenstvo.php ). Sy kantnotas is skreeusnaaks. En tog – waarom, o, waarom, google mense steeds vir ou JJ?

  • Charles

    Wonderlik, dankie Dr. Roodt!