Terwyl hul gesinne tot niet gaan kry doodskis-oortreders oordrewe straf

Willem Oosthuizen
Dié soort kommunikasie met wittes is dooddollies

Die twee Afrikaners wat ‘n swart misdadiger ‘n les wou leer deur hom in ‘n doodskis toe te maak, staar die ergste moontlike strawwe in die gesig.

Willem Oosthuizen en Theo Jackson is onderskeidelik 11 en 14 jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle ‘n swartman in ‘n doodskis ingedwing het en gedreig het om dit aan die brand te steek. Tydens hul verhoor het die twee gesê hulle het Victor Mlotshwa met vermoedelik gesteelde koperkabel gevang.

Die doodskispetalje is viraal op sosiale media versprei, as manna vir die horde sosiale geregtigheidsstryders wat dié week ook redes gevind het vir hoekom wittes op plase doodgemaak word: Hulle behandel glo plaaswerkers “sleg”. Dat dit nie plaaswerkers is wat die moorde pleeg nie, is onbelangrik het een teenintelligensie-agent – kennelik op die betaalstaat van korporatiewe globaliste – aan 702 geselsradio vertel.

Die twee Afrikaners is skuldig bevind aan poging tot moord, ontvoering, intimidasie en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer omdat hul ‘n koperkabeldief die skrik op die lyf wou jaag.

Nadat hul mans gearresteer is en skuldig bevind is, moes Chane Oosthuizen en Rianie Jackson self die mas probeer opkom. Hul jong kinders ly swaar steeds onder die histeriese dooieboommedia-aanslag.

Die Oosthuizens oorleef beswaarlik met groente smous, terwyl die Jacksons al hul besittings verkoop het om hul kinders te voed. Albei vroue het in die hof om genade gepleit, maar dit het op dowe ore geval.

Abdirazak Osman van die Somaliese Gemeenskapsraad van Suid-Afrika sê soveel as 100 Somaliërs word elke jaar in Suid-Afrika vermoor, veral in hul winkels, met geen gevolge vir die moordenaars nie. Moord is blykbaar ‘n versagtende kwessie vir ons swart regstelsel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.