Vryheid! Die eeue oue strewe van volke en indiwidue, in die aangesig van kragte met gevestigde belange wat vryheid nie kan gedoog nie.
Uiteindelik is vryheid nou weer aan die orde van die dag — selfs in die mode: Skotland, Katalonië, Lombardye, Venesië en nog meer. In Europa is daar talle lidlande wat begin kriewelrig raak onder die dwingelandy van die Europese Unie : Pole, Tsjeggië, Hongarye en so gaan dit aan en aan.
En dan ons eie volk: het ons nie deur die eeue steeds geswoeg en gestry vir daardie kosbare besitting, vryheid nie: Eers teen die Engelse koloniale bewind aan die Kaap, toe weer teen die Britse imperialisme en nou weer teen ‘n kommunisties geïnspireerde verdrukker in die vorm van die weersinswekkende ANC-bewind.
Ons slagspreuk en leuse as Afrikaanse volk moet steeds wees: Vryheid, Vryheid, Vryheid. Teen vryheid is geen argument in te bring nie en geen stategie kan kragtiger en meer gerespekteer wees nie. Met die slagspreuk vryheid kan ons wen as ons net wil.
Dan sal ons weer met selfrespek die Ou Transvaalse Volkslied kan sing :
Kent gij dat volk vol heldenmoed | Ken jy die Volk vol heldemoed | |
En toch zo lang geknecht? | En tog so lank verkneg, | |
Het heeft geofferd goed en bloed | Hy het geoffer goed en bloed | |
Voor vrijheid en voor recht | Vir Vryheid en vir reg | . |
Komt burgers! laat de vlaggen wapp’ren | Kom burgers! laat die vlae wapper | |
Ons lijden is voorbij | Ons lyding is verby | |
Roemt in de zege onzer dapp’ren | Roem in die sege van onse dapp’res | |
Dat vrije volk zijn wij! | ‘n Vrye volk is ons! | |
Dat vrije volk, dat vrije volk | ‘n Vrye volk, ‘n Vrye volk | |
Dat vrije, vrije volk zijn wij! | ‘n Vrye, Vrye volk is ons! |