2m misdade per jaar: ANC probeer statistiek masseer

Die jaarlikse ritueel waarvolgens Suid-Afrika se misdaadstatistiek deur die ANC-minister en -polisiehoofde aangekondig word, het hom weereens op 24 Oktober 2017 afgespeel. Soos gewoonlik het die ANC gepoog om die meer as 2 miljoen ernstige misdade wat die afgelope jaar in die land gepleeg is, weg te masseer.

Onder andere het motorkapings met 14,5% gestyg, vanaf 14 602 in 2015/2016 tot die huidige 16 717 in 2016/2017. Die aantal moorde het met 1,8% vanaf 18 673 tot 19 016 toegeneem.

Omtrent al die landbou-organisasies wat die statistiek onder oë gehad het, het gekla dat daar nêrens na die dramatiese stygings in plaasaanvalle en -moorde verwys word nie.

Volgens TLU SA se statistiek, steek 2017 sleg af in vergelyking met die situasie dieselfde tyd verlede jaar. In 2016 is 295 aanvalle en 52 moorde geregistreer terwyl die ooreenstemmende periode vanjaar ‘n styging van onderskeidelik 347 en 65 aantoon.

“Die situasie op Suid-Afrikaanse plase en landbouhoewes neem ernstige krisis-afmetings aan en dit is duidelik dat die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie nie die verwagte resultate oplewer nie”, aldus Mnr Henry Geldenhuys, TLU SA se Adjunk-president en ook Voorsitter van die unie se Veiligheidskomitee. “Die vraag kan tereg gevra word of geweldsmisdade op plase en hoewes werklik in die praktyk prioriteitstatus geniet, of die nodige middele in landelike gebiede beskikbaar gestel word om die probleem te beveg en of Misdaadintelligensie enigsins benut word om aanvalle teen wetsgehoorsame plaasbewoners te verhoed?”

Fikile Mbalula, die minister van polisie wou slegs ure nadat mnr. Joubert Conradie, ‘n boer in die Wes-Kaap vermoor is, nie die plaasmoordstatistiek bekendmaak nie.

“Géén moord of aanval kan ooit geregverdig word nie,” het mnr. Carl Opperman, hoofuitvoerendebeampte van Agri-Wes-Kaap gesê. “Die vlaag plaasmoorde wat landwyd buite beheer is, laat ons met meer vrae as antwoorde oor die vlakke van geweldsmisdaad in die land en die regering se totale onvermoë om die land só te bestuur dat alle inwoners van landelike gebiede se veiligheid verseker is.”

Gewapende roof by beide woonhuise en sakepersele het insgelyks toegeneem, met onderskeidelik 7,3% en 5,0%. Daar word jaarliks 20 343 huisrowe in Suid-Afrika gepleeg. Verskeie opnames in die onlangse verlede het getoon dat vrees by die totale bevolking van Suid-Afrika oor die afgelope jaar toegeneem het en dat vertroue tussen rasse op ‘n historiese laagtepunt verkeer.

Aan die ander kant vind daar 1,03 miljoen huisrowe jaarliks in die VSA plaas, asook 3,7 miljoene inbrake, wat aantoon dat Suid-Afrika nie die enigste multikulturele samelewing met ‘n geweldige misdaadprobleem is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Anton Schutte

    Ek sal heel verbaas wees as die statistiek korrek is; meeste sake word nie eers aangeteken nie. Die een ding wat die statiskiek wel (en weereens) uitwys, is dat mens en ondier nie saam in vrede kan leef nie.

    • Maddox1

      Anton, ek hou baie van jou verwysing na mens en ondier, daarin le die geheim. Die twee sal nooit in vrede kan saamleef nie, nog minder moet ‘n ondier kan regeer oor ‘n mens.

    • Anton,
      dit was ‘n doodskoot. In die kol.
      Gaan lees gerus, indien jy dit nie dalk alreeds gedoen het nie, wat Dr Albert Sweitzer gesé het juis omtrent hierdie situasie. Baie jare gelede al. Hy behoort goed te weet want hy het hulle uiters goed geken en ontleed.

  • Ou Transvaal

    Die stasiebevelvoerders word na hoofkantoor ingeroep wanneer daar geweldsmisdaad in hulle wyke plaasvind om dan afgeransel te word deur die kantoorvolk senior offisiere .
    Die gevolg is dat aanklagkantore staatsaanklaer speel en besluit wanneer ‘n klagte aanvaar word , wat natuurlik die konstabel se lui en rassiste gesindheid soos ‘n handskoen pas . Studente konstabels word nog steeds geleer dat HULLE die wet IS en daaarom kan doen wat vir hom reg voel ; voorbeeld kyk net hoe selfgeregtig word daar met staatsvoertuie omgegaan …..Dit is steeds die swakker persoon wat bevorder word deur sy kontakte in bestuur . Korrupsie word as ‘n gegewe aanvaar . Misdaadintelligensie bly behep besig met die magiese “regse gevaar” .
    Die totale stelsel is van die kop af vrot en ek wil die vraag vra : kan ons werklik trots wees op die SAPD of is die SAPD maar net nog ‘n simtoom van ‘n sosiale eksperiment wat nou sy laaste fase ingaan …die van Genocide ????

    • sussie se vissie

      OT,
      Praat die doet hul wel.
      Polisiëring is wat kwel.
      Die wyse waarop die SAPD werk skep, herinner aan die Streekdienste Raad wat na ons Kroo-grondpaaie ( soms ) omsien.
      Dit kos 3 manne/vroue om jou te waarsku daar word aan een of ander pad geskoffel.
      1 Buk om n rooi vlag op te tel en no 2 gee dit aan 3 om uiteindelik die vlag te swaai.
      n Voortsetting hiervan sien jy in elke aanklagkantoor. Kst 1 maak kst 2 wakker om kst 3 te vra of hy/sy nog n stukkie KFC wil hê.
      Om dus nog 50,000 van dié kaliber in die veld te stoot ( en stoot sal jy moet want die goed is dhonners dik ) – is van nul en gener waarde.
      Hêlle soek hom net die pay..kom die end of month.

  • Hier is ons nou in 2017, vol misdaad, bloed en armoede – en selfs die skrywer bo, aan die einde van die artikel, masseer die feite so bietjie asof moorde in die VSA nou moorde in die Nuwe SA regverdig? Tog word die regering van die dag (of is dit die nag) steeds verdra? Wat nie vir my duidelik is nie, is wat Afrikaner “leiers” op alle terreine soos kerk, organisasies, politieke partye, burgerregte en kultuur organisasies nou eintlik vir die Afrikaner gedoen het sedert 1994? Nou is die vraag, wat doen ons vir onsself (want duidelik gaan niemand anders tans vir ons as blanke Afrikaners iets doen nie!)? Ja, ek weet, – die kerk hou kerk, die GPF vergader maandeliks, die ASK en BAV vergader, landbou unies vergader, nuusbriewe word uitgestuur, Whatsappies word gestuur, … maar die bloed van ons mense word steeds daagliks vergiet! My Bybel leer dat daar nie moord gepleeg mag word nie, en dat die regering boed met bloed moet vergeld … ? Wat leer die filosofie hieromtrent, – of die Evolusieleer, of die Losie?

    https://uploads.disquscdn.com/images/d3dafdd8c614f64fee1f2420558c2a481806cc75bdabd08292ab1f5c0509b7bf.jpg