Brief: Selfs privaat mediese dienste is swak!

Ek is so bittermoeg oor die swak diens in SA! Ons ouer garde is beter gewoond en sluk maar swaar aan dié bitter pil. Ons betaal ons ore af vir medies ens. net om telkens geskok te word deur swak diens.

My ma is 84 jaar oud. Sy is swak. Haar toestand is van so ‘n aard dat sy nie kan bekostig om die geringste stampie te kry sonder om pimpel en pers anderkant uit te kom nie.

Ek bel Vrydag noodgedwonge die ambulansdiens wat deur my ma se medies voorkeur geniet, net om later ‘n oproep te ontvang (weet nie eers van waar af nie) dat dié diens nie beskikbaar is nie, maar dat ‘n ander ambulansdiens op pad is.

1/ Ek het onraad gemerk toe die persoon my in die eerste plek in Zulu aanspreek. Direk daarna toe gryp ‘n vrou die foon by hom en praat toe genadiglik in Engels met my.

2/ Skakel dieselfde ambulansdiens weereens om te vra waar ons straat is. Binne my kon ek kook, maar ons mag mos niks sê nie. Ek het hom net kalm gevra of hulle dan nie Garmins (navigators) het nie. Ek moes steeds verduidelik hoe hulle hier moet uitkom. Van die tydbespek praat ek nie eers nie.

3/ Dit het nie gelyk of die ambulansbemanning enige opleiding het nie. Hulle het glad nie bloeddruk, suiker of enigiets getoets nie. Hulle het geen noodhulptoerusting by hulle gehad nie. Geen vrae gevra nie en net eenvoudig gesê my ma moet hospitaal toe. Die ambulansdiens het boonop daarop aangedring om my ma se ID-dokument en mediese kaart saam te neem. Ek het volstrek geweier en gesê ek sal dit self hospitaal toe neem. (Ek het baie stories van vorige kere oor hospitaal- en ambulansdienste wat enige mens se hare sal laat regop staan).

4/ Die metaaldraagbaar se een knip was buite werking. Sit hulle die draagbaar, met my ma op, net so op die sementvlak buite neer om die knip los te kry sodat hulle my ma op die ambulansbed kon kry. Gelukkig het ek aangedring daarop om eers een van my eie lakens op die draagbaar onder my ma te sit voor hulle haar op die draagbaar gesit het (waarmee ek natuurlik moes help).

5/ Die ambulansbed se laken wat blou is was -of- erg verbleik -of- vuil.

6/ In die ambulans is ‘n duvet oor my ma gegooi wat ek glo nie eenkeer gebruik was nie.

7/ My ma lê al van gister af in ‘n ‘privaat’ hospitaal en steeds was die spesialis wat haar moet sien nog nie by haar nie. Wat de hel! Dit is mos die norm, dis normaal, ons moet maar net aanvaar! @&$#@&

—B. Joubert

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Owen in Durban
    • John

      die dik kaalkop regs onder doen syne die selle as Rob Mugaab – abroad.

  • Medies vir ons mense is ‘n gemors! Ja die elite wat altyd op ander teer is altyd teenwoordig, maar selfs hulle gaan na mening swakker diens begin beleef, veral as die be-oogde SA nasionale mediese sorgplan nie werkbaar is nie of standaarde so verlaag dat ander opsies noodgedwonge oorweeg moet word. Jy kan darem deesdae na die Sangoma of Inyanga-toe gaan ook en ‘n siek-sertifikaat kry as jy nou deel van die Jannie-jammergat blanke Afrikaner kanonvoer is. Intussen beleef ek dat ook Afrikaner besighede begin om al swakker diens te lewer en buitensporige pryse te vra. Ons vir jou Nuwe Suid-Afrika! Dankie FW & kie!

  • Suidpunt

    Gepraat van.

    My moeder was vir ‘n galblaasoperasie ook by ‘n privaathospitaal. Maar eintlik was dit nie soseer die verpleegsters se skuld nie, maar daardie simpel lot in die saal langsaan. Die susters (wat almal oormoeg gewerk is omdat hulle so min is) was so chronies rondgejaag deur die aanhangsels wat selfs buite besoekure daar was [‘n vergunning], dat niemand my moeder gehelp het tot by die badkamer nie. Niemand het by haar vertrek kom skoonmaak nie. My moeder het sommer haarself na die operasie aangetrek, ens.

    Ek skryf in my dagboek op 1 Augustus:

    “Ma het vyf sakke antibiotika gehad wat aan haar gekoppel was. Ek het reeds die operasietyd gister vermeld. Ek het nie genoem van die aarvoeding wat leeggeloop het en Ma begin brand het nie. Natuurlik sou ek nie in detail kon praat van die lasagne, wortels en groenbone en mieliepitte wat Ma geëet het voordat van die susters “laat agter drie” (uitdrukking) skielik onthou het sy mag net vloeistowwe inneem. Nou juis toe sy haar jellie en vla wou eet. Die dokter is inderhaas gebel – en Ma is die eerste pasiënt wat niks oorgekom het nie. En toe kry sy tog haar jellie en vla terug. Die verpleegster wat dit vir Ma moes sê hou haar lelieblank: sy het mos gesê, meneer was mos by. En Pa sê vir Ma die verpleegstertjie vat ‘n lekker vet kans. Dis om haar eie gat skoon te hou. Die gegewens was nie op die papiere aangebring teen die sluitkas nie.”

    Maar toe land iemand wat deur ‘n hond gebyt is in dieselfde saal van my moeder. En babbelbek in haar skoktoestand moet sy elke keer toilet gebruik. [Nou goed, iemand wat in skok is se maag het die neiging om te werk]. Min wetende dat daar ‘n maagvirus op die dorp is, gebruik albei pasiënte [die hondgebete vrou, en my moeder] dieselfde toilet. Dis eers toe my moeder ontslaan is, dat sy ook die maagvirus gekry het.

    So, liewe leser, as jy hospitaal toe gaan. Smokkel Domestos en Handy Andy ook sommer in.

  • Skisofreen

    Hierdie artikel lees soos ‘n moderne hoofstroom media artikel. “‘n Ambulansdiens”, “‘n Privaat Hospitaal”. Enige rede waarom name nie genoem kan word nie?

    • ernie

      Is daar n mediesefonds-ombudsman?

      • John

        Sodra jy die antwoord het Ernie, vra onmiddelik ook “Wie het daardie liggaam tot stand gebring ?”
        “Wie beheer dit ?”

        Jy mag dalk ‘n beter kans staan deur `n verwante Facebook blad te volg en self by die getalle aan te sluit.

        • John,
          vir al wat mens weet lê daardie” liggaam” in die dodehuis. (:-))

      • Middag Ernie,
        ek het bietjie navraag gedoen. Daar is n ombudsman. Daar is egter ‘n proses wat die klagte of navraag gehanteer word en dit sal ek nou per e-pos kry.
        wat mense kan is om na die makelaar of instansie wat hulle aanvanklik gehelp het met die uitneem van mediese en hospitaal dekking, en vir die persoon te vra vir die uiteensetting van die verloop van so-iets.
        So ja, daar is ‘n raad (ombudsman) wat jou saak sal aanhoor.

        • ernie

          Baie dankie Andy ! Dis juis die makelaar / instansie wat ek wil aanvat!

    • Daan van Rensburg

      Ek was in ‘n groot privaathospitaal in Centurion.Toe ek na die operasie wakker word sit die pasient langs my se ma met hom en gesels kliphard ,heeldag lank.En eet sommer haar vis en tjips langs my bed terwyl ek naar is.Kla het niks gehelp nie,sy het glo haar kind geondersteun. (20 jaar oud,makeer omtrent niks nie)

    • Mr Domestos

      Netcare is een van die duurste privaathospitaalgroepe en is net op wins gefokus al gee hul voor pasiënte is hul prioriteit. Hul tariewe kan nie regverdig word nie, hoe ryk jou verbeelding ookal mag wees. As ek reg onthou, was ICU tariewe laasjaar tussen R13 000.00 en R17 000.00 per dag, net vir die bed alleenlik. Elke enkele item word van jou verhaal – elke pleister, wattetjie of druppel word teen jou rekening gehef (teen hul tarief). As jy nie ‘n fonds het nie, moet jy ten minste 50% van die geraamde bedrag kontant as deposito betaal met opname anders word jy eenvoudig nie toegelaat nie. Baie van die privaathospitale het nie veel permanente verpleegdiens personeel oor nie en word daar van verpleegagentskappe gebruik gemaak om die werk te doen. Die staf het geen band met die hospitaal of enige lojaliteit nie, en doen net die nodigste want more werk hul weer elders.

  • sussie se vissie

    Vra of kyk maar bietjie rond. Of verwyl jou tyd in n intensiewe nasorg-eenheid.
    Slegs dan sal verstaan word waarom soveel pasiënte post chirurgies pynlik afsterf met simptome van staphylo- en/of streptococcus.
    By gebrek aan behoorlike en voorskriftelike higiëne is die sterftesyfer huidiglik onrusbarend hoog.
    Let maar op hoe handjies soms heel konsensieus binne die saal ontsmet word, net om daarna n mede suster/verpleegster in die gees van ubuntu in soete omhelsing buite die swaaideure te staan en kwêlla.
    Met suster se onnadenkende terugkeer, jubel mister KFC-kiem in voorsetting van sy vernietigings-funksie.
    Ek persoonlik mis die matrones van ouds.
    Met arendsoë was hierdie slapgattigheid doodeenvoudig nie geduld nie.

    • Suidpunt

      “Ek persoonlik mis die matrones van ouds.”

      Met sluiers, nie kopdoeke nie.

    • Middag Sussie,
      hier gee ek jou volkome gelyk.Nie net matrones nie susters wat niks “nonsence” geduld het nie.
      Van wanneer af is daar nou ewe skielik ‘n dodelike kiem of n ding wat pasiënte aanval in die operasie teater, en weinig pasiënt oorleef dit. Daardie situasie het ontstaan na 1995 en susters en verpleegsters te lui is om teaters te reinig en ontsmet. een van my vriende is oorlede daaraan na ‘n buikoperasie.
      Ek sien nog hoe verpleegsters lyk of hulle oor die vloer sweef teen ‘n gemaklike spoed en geruisloos. Die huidige klomp kom soos ‘n styfgestopte pantoffel teen ‘n spoed van nul oor die vloer aan met ‘n doodse uitdrukking in hul oë wat my laat twyfel of ek haar moet toelaat om my aan te raak, vir watter rede ookal.
      Mooiloop.

      • Mr Domestos

        Een van die groot redes vir die swak verpleegsorg is die verskil in sienswyse. In die verlede was verpleging ‘n roeping en die destydse matrones het met ‘n ysterhand regeer. Na 94 was dit bloot ‘n werk wat goeie voordele vir die “voorheen benadeeldes” verseker het. Die verpleegkolleges het hul standaarde aansienlik verlaag sodat sis kon slaag en die kwotas is aangepas om diversiteit te verleen. En, die doodslag is natuurlik die trade unions. Wanneer die nursies/portiere/hulpverpleegsters ens nie meer lus het om ‘n spesifieke taak te verrig nie, word daar gestaak en word dit nie meer van hul vereis/verwag nie. Die personeel se “human rights” kom voor die pasiënt se regte.

        • Middag Domestos,
          Dr Albert Zweitser het dit ook waargeneem by die hospitaal wat hy in die Kongo begin het.
          Twee rasse groepe sal saam as pasiënte behandel word. Hulle sal miskien nog n mede pasiënt van sy eie “tribe” help, maar nie ‘n vinger verroer vir een van die ander “tribe” nie, al sterf hy ook hier langs hom draai hy sy rug op hom. Daardie ingesteldheid het nog NOOIT verander nie.
          Vir hulle is dit ‘n kwessie van oorlewing soos in die diereryk. “DIE STERKSTE EEN OORLEEF EN BOGGER DIE RES”.

          • Mr Domestos

            Ons dink dit gaan droewig by algemene staatshospitale, maar die toestande by die psigiatriese staatshospitale, veral in die voormalige TBVC state is verby haglik – die liberale media verswyg wat aangaan en niks word ooit vermeld nie. Jy sal ook geen blanke personeel daar vind nie. Ondervoede staatspasiënte (mans sowel as vrouens) word dikwels nakend op vrot sponsmatrassies in die binnehowe bedags gelaat en daar is feitlik geen rehabilitasie nie. Dit is net soos jy sê – oorlewing van die sterkstes. Anderskleurige personeel het geen begrip vir geestesgesondheidsprobleme nie, en nog minder as dit onder blankes voorkom. Dit is skrikwekkend dat ons armblankes ook daar beland en ons het geen beheer of seggenskap daaroor nie.

          • More Domestos,
            ek het gister die volgende nuus ontvang.
            Die mediese hulpfondse gaan moontlik van hulle persentasie wat hulle vir hospitalisasie ens betaal verminder. die rede is dat hulle grootste persentasie eise wat ingedien word val in die ouderdomsgroep 65 en ouer. Die die polis vir oorbruggingsdekking moet dan die balans betaal wat dan heelwat meer gaan wees as voorheen. Dus gaan jou polis wat jy het vir die oorbrugging van eise se premies gaan aansienlik opgestoot word.

          • Mr Domestos

            Hello Andy, dit is slegte nuus vir die gewone fonds of polis houer en alles gaan dienooreenkomstig styg. Ongelukkig is dit waar dat die ouer demografiese groep se uitgawes baie hoër is, en ‘n langer lewensverwagting stoot die kostes op. Maar, GP’s is geneig om te veel chroniese medikasie voor te skryf want saam met die gereelde besoeke is dit ‘n gereelde bron van inkomste en die fonds word leeggetrek lank voor die tyd. GP’s is traag om generiese ekwivalente voor te skryf want dit is veel goedkoper. Die reps van die farmaseutiese maatskappye dra vragte freebies aan vir die dokters om hul produkte te bevorder. Die dokters wat self resepteer maak ook ‘n goeie wins hieruit. ‘n Interessante fenomeen wat by privaathospitale voorkom is die toename in opnames van bejaardes oor vakansies en langnaweke. Veral die Joodse gemeenskap is baie gou om ma en pa te laat opneem eerder as om hul saam te neem met vakansie, dus is die bejaardes onder goeie sorg en “ge-overall” vir die nuwe jaar. Die hospitale gebruik die geleentheid om allerhande toetse te doen en sodoende maak almal hul pond vleis. Langer bedbesetting teen laer intensiewe koste. Op die ou einde is dit die wat hul fonds behoorlik bestuur wat aan die kortste end trek en betaal vir die wat dit misbruik. Die enigste wenners is die mediese bedryf, dit gaan net oor geld en nie die pasiënt nie.

  • John

    Mnr/Me Joubert,
    ons is so amper amper weer terug by die feodale stelsel in Azanië. As jou geld nie veilig is in `n bank nie dan behoort jy eintlik lankal al jou mediese nood geld ook onder `n kussing te hou.
    Vergelyk hierdie beraming :
    1. betaal duisende innie mediese fonds rekening elke maand, en verwag dan :
    bankrotskap vir die fonds, onvoldoende dekking, swak / geen diens en om nooit jou waarde terug te kry wat jy in betaal het nie
    OF
    2. skaf `n VISA of MASTER card aan en hou dit slegs vir noodgevalle (medies). Jy betaal dan die eenmalige kostes terug maadeliks maar nooit heeltemal nie.

    Trouens, skaf `n verskeidenheid van krediet kaarte aan, spandeer to op min of meer R500 000 en verklaar dan self bankrotskap. Begin oor.

    Die Grieke het `n sobere gesegde aangaande die geld wat hulle die Duitsers skuld. Dit lui as volg : “F..k ’em”

  • Anton Schutte

    En so verkrummel en verroes alles wat “hulle” aantas. Om te hoop, bid of wag vir n verbetering in die stand van sake is kort sigtig.

  • Kalium_Chloraat

    Ek noem die privaat mediese hospitale Molog tempels, want daar gaan jy deur die vuur vir hulle voordeel. Die staatshospitale ken ons. By beide ly jy, die een vir hul grootste wins en die ander omdat hulle vere voel. Ek stel voor dat ons die graf van Hippokrates kry en soos hy in sy graf spin kan ons ‘n kragopwekker aan hom koppel en baie gigawatt opwek.

  • Nico

    Hoe op aarde weet jy B Joubert het JA gestem?!