Walgwors Weinstein se lieflike Britse vroutjie. Of nie

Soos dit ‘n regte Britse opportunis betaam het Georgina Chapman – nog steeds getroud met haar reeksverkragter van ‘n man, die magtige rolprentvervaardiger Harvey Weinstein – gou-gou ‘n egskeiding aangekondig om haar inhaligheid te verder te bevestig.

Sy moes hom vir sy ridder-voorkoms gekies het. Of sy leepoog

Terwyl almal op die oortreder fokus, het niemand nog tyd ingeruim om die bekende Britse psige van sy vrou te bepeins nie.

Die mede-stigter van die modehuis Marchesa het Weinstein se vorige huwelik laat verbrokkel, want ‘n Empaaieronderdaan staan nooit terug vir ‘n geleentheid om hom- of haarself te verryk nie. Ook nie deur ‘n winsgewende egskeiding nie. Sy sal moet gou speel want die ander eise teen haar man hoop tans op, maar dit het Chapman blitsvinnig self besef. Skaars was die nuus rugbaar of madame het haar onvergenoegdheid aangekondig.

Om die onaansienlike ou reeksverkragter met invloed te vang, was een ding, maar dit bly ‘n vreemde toeval dat sy haar handelsmerk in dieselfde jaar begin het as wat hy sy vrou verlaat het. Georgina, die ywerige gierigaard het gedoen wat sy moes doen: Harvey het alle rolprentmakers gedwing om haar mode-skeppings te dra.

Terloops, was daar al ‘n beter voorbeeld van “afstootlik” nog voor die rolprentmagnaat sy masker laat val het?

Politieke dinastieë begin by die ou Empaaierskooldassie wat sosiale mobiliteit gegrond op kundigheid, versmoor. Vergeet Etonse telge in die kabinet, want die alumni van Marlborough College in Wiltshire se invloed word gou duidelik by nadere ondersoek. Die dames het algar Manvang met onderskeiding geslaag. En hulle deins vir niks terug nie, veral nie vir onwelriekende reeksverkragters as geld betrokke is nie.

Die bekendstes, natuurlik, is die Hertogin van Cambridge, vrou van die Moddereilandjie se toekomstige koning. Maar ook, Samantha Cameron, vrou van die vorige Eerste Minister. Frances Osborne, vrou van die finansiesminister. Sally Bercow, vrou van die Speaker, asook die vrou van die goewerneur van die Bank van Engeland.

Walgwors Weinstein en sy inhalige eggenoot het sulke projekte ondersteun soos die Siriese “rebelle” deur Zaatari, ‘n vlugtelingkamp van meer as 120 000 Siriërs in Jordanië, te besoek, en saam met demokraties-verkose president Assad se vyande rondgesit.

Die twee duifies, voëls van eenderse vere blyk dit nou, het die Cannes-première van een van Harvey se rolprente oorgeslaan om hul meegevoel met kinders, ens, te gaan uitdruk. Ag hoe sielig!

“Ek het na Zaatari en Jordanië gekom om saam met die skrywer Neil Gaiman en my vrou, Georgina Chapman, te werk deur die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) wat ons genooi het om ‘n verhaalprojek oor die lot van die Siriese vlugtelinge te skep.” Jaaa Harvey, ons is seker julle was vreeslik aangedaan. Of nie.

Volgens die Jordaniese regeringsamptenare self het ISIS verskeie sulke nedersettings beheer. Brig. Genl. Sami Kafawin, hoof van Jordanië se grensmagte, het tydens die besoek aan The Associated Press van die bedreiging gepraat.

Hulpamptenare het beweer dat “stamleiers” die voedselverspreiding help organiseer, ten spyte van kommer deur hulpagentskappe dat dit tot radikalisering sal lei, met afpersing en swartmarkte, het Business Insider berig.

Gewapende militantes in die streek het reeds probeer om dit te beheer en selle in die [Rukban] kamp geskep,” het Kafawin, die grenskommandant, gesê. “Ons is seker hulle het ‘n hele wapensisteem.”

“Ons verstaan ​​dat meer as 90 persent (van kampbewoners) asielsoekers is, maar die ander is ekstremiste of Daesh-mense,” het hy gesê, met verwysing na ISIS. Maar dit was ‘n effense onderskatting.

Jordanië was die derde grootste bydraer van vegters na ISIS, ná Tunisië en Saoedi-Arabië, en verlede jaar was die Islamitiese staat steeds gewild daar. Harvey en sy dierbare Britse vroutjie het ‘n talent om die verkeerde vriende te maak, blyk dit. Dat ‘n mens so verblind kan word deur rykdom dat ‘n kopafsnyer komkommertoebroodjies mag eet! O ja, vra maar die slagoffers van die Vryheidsoorloë se konsentrasiekampe oor daardie soort blindheid…

Die Britte se eie kinderslagoffers van Moslembendes kry geen vergoeding nie omdat hulle “ingestem” het tot molestering. Dis die soort gehalte mensmateriaal wat die Empaaier kweek, dus heelwat van Georgina se soort. Een slagoffer wat seksueel mishandel is as ‘n kind deur ‘n Moslem-groepsbende-leier, is deur ‘n Britse owerheid vertel dat sy “ingestem het” om aangerand te word.

Sammy Woodhouse is vergoeding geweier deur die CICA, omdat CICA beweer Woodhouse is nie deur die bende gemanipuleer is nie.

Maar Woodhouse se prokureur het aangevoer dat ‘n kind se toestemming “net nie wetlik moontlik is nie”. Hy het opgemerk: “Ek is heeltemal geskok oor die idee dat besluitnemers in ‘n regeringsorganisasie kan oorweeg dat 14 of 15-jarige meisies kan toestem tot seks met volwassenes.”

Die BBC het berig dat ‘n vryheid van inligtingsversoek aan die lig gebring het dat sy een van sowat 700 slagoffers van seksuele mishandeling was deur Moslems, wat vergoeding geweier is. Lieflike mense, die Britte! Regtig navolgenswaardig! Of nie.

Verskeie liefdadigheidsorganisasies het onlangs bevestig dat sedert die CICA-skema in November 2012 van stapel gestuur is, is byna al 700 slagoffers van seksuele mishandeling vergoeding geweier.

Die Britse polisie is besig met ‘n nog ondersoek na beweerde seksuele mishandeling van tieners in Glasgow, ook deur hulle troetel-Moslems gepleeg.

Meisies so jonk as 14 word ontvoer, het ‘n maatskaplike werker gesê in die area wat “oorweldig” is met dié soort kinderuitbuiting. Volgens ‘n familielid: “Dit is eintlik net ons ergste nagmerrie, dit is hierdie soort Rochdale en Rotherham-tipe, maar dit gebeur hier in Glasgow op ‘n groot manier. Niemand blyk iets te doen om dit te stop nie, al die meisies is gemaak om te glo dat hierdie mans hul kêrels is. Dit is wit meisies tussen die ouderdomme van 14 tot 19.”

Soms is daar een met ‘n gewete op die Eilandjie van Verdriet. Sarah Champion, ‘n voormalige Arbeider-LP, het gesê die Britte hou hulle blind vir Moslem-seksuele bendes omdat hulle bang is om “rassisties” te wees.

Sy is gedwing om te bedank nadat sy in ‘n artikel geskryf het: “Brittanje het ‘n probleem met Britse Pakistanse mans wat wit meisies verkrag en uitbuit.” Sy het dalk net haar landgenote se geestelike innerlike ontdek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.