Zuma skop Blade uit in kabinetskommeling

Terwyl die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sedert die laat veertigerjare ‘n invloedryke of selfs oorheersende rol in die ANC gespeel het, het president Jacob Zuma vandag verras deur die SAKP-leier, Blade Nzimande, heeltemal uit sy kabinet te laat. In ‘n onverwagse kabinetskommeling is Nzimanda as minister van hoër onderwys deur Hlengiwe Mkhize vervang.

In weerwil van die spekulasie rondom Zuma se voormalige vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, wat moontlik die nuwe leier van die ANC kan word, is sy nie in die kabinet aangestel nie.

Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, is na die energieportefeulje verskuif. Mmamaloko Kubayi is as minister van kommunikasie aangestel. Mahlobo se vorige pus is deur Bongani Thomas Bongo gevul.

Dit verteenwoordig die tweede kabinetskommeling vanjaar. Ayanda Dlodlo wat tydens die vorige skommeling as kommunikasieminister aangestel is, is na binnelandse sake toe verskuif.

Buti Manamela, wat ‘n adjunkminister in die presidensie was, is nou adjunkminister van hoër onderwys gemaak. Die vorige adjunkminister, Mduduzi Manana, het bedank na ‘n skandaal toe hy ‘n vrou in ‘n nagklub te Fourways, Johannesburg, aangerand het.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.