Dan Roodt: Verontengelsing: om aan die Afrikaner se Engelse probleem te ontkom

Politieke korrektheid: jy mag maar praat, solank jy stilbly.

As ‘n mens na ons geskiedenis kyk, is dit helder dat Suid-Afrika sonder Engelse veel beter daaraan toe sou gewees het. Sonder liberale en/of kommunistiese Engelse wat konstant die swartes teen ons opsweep, sou ons en die diverse stamme rondom ons baie goed klaargekom het. Dit hou selfs vandag nog aan: skakel net soggens Radio 702 aan, en u sal besef dis ‘n suiwer wonderwerk dat ons nie voor die voet deur swartes uitgewis word nie, want dis wat die propaganda wil hê.

Iewers op my rak het ek ‘n boek deur ‘n Ier genaamd T.B. Floyd: The Boer nation’s English problem: The story of a small white nation in Southern Africa and its struggle to exist. Maar dit gaan oor ons geskiedenis, wat min of meer bekend is. Of dalk juis nie! Want daar het mos nou ‘n hele geslag op die skoolbanke grootgeword wat slegs aan Engelse propaganda blootgestel is, en nie eens weet van die Groot Trek of die Vryheidsoorloë nie.

Maar ek is meer begaan oor die hede, die hier en nou. Ek dink nie daar was al ooit ‘n tyd toe Afrikaners so onder Engelse invloed — nee, Engelse oorheersing, Engelse hegemonie — verkeer het as juis tans nie! Luister maar hoe Afrikaners praat: “Ek hardloop my besigheid”; “die show was awesome“; “ons moet die probleem aanspreek”… In die Afrikastyl word geen probleem ooit opgelos nie, jy “spreek hom net aan”. Goeiedag, mnr. Die Probleem, sal u koffie of tee neem? Die enjin is klaar Engels, dis net dele van die bakwerk en die plakker op die agterbuffer wat nog so ‘n bietjie Afrikaans is, of voorgee om dit te wees.

Vergeet van “verlig” en “verkramp”: die enigste twee politieke begrippe wat vandag saak maak, is verengelsing en veral sy teenoorgestelde: verontengelsing. In die vroeë dae ná 1948 het die Afrikaner (in ‘n mate) verontengels. Dis omtrent die enigste tyd in ons geskiedenis dat ons werklik vooruitgegaan het. Die res was maar net oorlewing, die gekreun van die galeislaaf onder die sweepslae van ‘n Engelse lord.

Gepraat van “verlig” en “verkramp”, wat blykbaar deur FW se broer Wimpie uitgedink is, dis so tipies Engels. Dit druip van die snobisme, die neerbuigendheid teenoor die “hairyback Boer”! Wie wil in elk geval “verkramp” wees? Dis ‘n belediging, en Engelse spesialiseer in beledigings, bedek of onbedek. Omdat Engeland ‘n eiland is, hoef sy nog nooit ‘n oorlog op eie bodem te geveg het nie, behalwe miskien teen die Noormanne. Daarom voer sy ‘n woorde-oorlog, ‘n semantiese oorlog. Nodeloos om te sê, het die Afrikaner in die onlangse verlede elke semantiese veldslag loshande verloor. Ons is deur die BBC en die linkse, skynheilige Guardian oorwin. Want, hoe links en marxisties die Guardian-joernaliste ook al mag wees, hulle stuur steeds hul bloedjies na private skole… Die sogenaamde Britse “public schools” wat juis nie openbaar is nie. Dit lees ek onlangs.

Willem de Klerk, die vader van die verlig/verkramp-digotomie, was ‘n Engelsman, net soos sy broer FW wat vir die Engelse hul “multikulturele” droom en Endlösung der Afrikanerfrage bewaarheid het.

Die hele gedoente rondom Zuma en die Guptas irriteer my nameloos. Goed, waarskynlik het hulle geld gesteel of korrupsie gepleeg. Maar hoeveel geld het die Engelse nie al in Suid-Afrika gesteel nie? Want vir elke transaksie wat ‘n swart politikus in dié land pleeg, is daar iewers ‘n Engelse bankier of verkoopsman of swendelaar wat insgelyks sy miljoene sáám verduister. En die arme Afrikaner werk net harder en betaal meer belasting, want sien, “ons probeer net oorleef”. Die galeislawe kreun en smeek om genade.

Die hele Afrikanerelite van ons tyd is so te sê reeds Engels. Al die senior Naspersjoernaliste — wit en bruin — het hul kinders Engels grootgemaak. Dan praat ek nie eens van skepsels soos Max du Preez, Adriaan Basson en Christi van der Westhuizen nie. Eintlik, as mens mooi die logiese gevolge van hul standpunte ontleed, bepleit hulle Afrikanervolksmoord, net soos Julius Malema. Dis net ‘n effense stylverskil.

Maar wat nou van Soliforum, Flip Buys en Kallie Kriel, die volk se “redders” soos hulle hul dikwels voordoen (solank jy ‘n debietorder teken)? Kallie Kriel is meer Engels as Peter Bruce van die Business Day wat omtrent “God Save the Queen” in die stort neurie. Dis vir my interessant dat Kallie na Afriforum as ‘n “burgerregte-organisasie” verwys. Dit klink na ‘n direkte vertaling vanuit die Amerikaanse Engels, “civil rights organsation”, ‘n flou poging om jou as Engels en polities korrek voor te doen. En natuurlik “beveg” Afriforum kliphard “rassisme”! Hoe meer die Engelse media Afriforum as “rassiste” uitskel, hoe harder gaan Kallie Kriel en Ernst Roets soos egte Amerikaanse “kloekserwatiewe” poog om hulle verkeerd te bewys en harder as enige swart Engelsman op rassiste jag te maak. Dis skynheilig, dis Engels.

Sommige Engelse in Suid-Afrika praat net slegter Engels as ander…

Om rassisme te beveg, verteenwoordig vandag die apoteose van Engelsheid. Hier is ‘n videogreep vanaf die BBC waarin ‘n kleurlingtransgeslagpersoon hom of haar (want “sy” dra vroueklere) soos volg oor “die wit ras” uitlaat:

“The uncomfortable truth is that the white race is the most violent and oppressive force of nature on earth.”

As ek terugdink oor my lewe, dan lyk dit asof ek gedurig probeer het om, soos Andries Hendrik Potgieter, van Groot Brittanje en Engelsheid af weg te trek. Ek onthou toe ek jonk was, het ek baie Engelse boeke gelees, maar dit was alles vertalings van Europese boeke. Engels was vir my ‘n manier om van Engels af te probeer wegkom. Toe ek eers Frans kon lees, was dit vir my ‘n groot verligting dat ek nie meer Engels hoef te lees nie. Op my besoeke aan Nederland en Vlaandere het ek ontdek dat ‘n geweldige hoeveelheid boeke uit ander Europese tale ook in Nederlands vertaal is. As dit maar net in Suid-Afrika beskikbaar was, of in die Nasperspublikasies geresenseer en bespreek sou word. Maar ons weet dat Naspers deesdae ‘n Engelse maatskappy is wat hom nie eens aan Afrikaanse publikasies steur nie, wat nog te sê Nederlandse publikasies.

A.H. Potgieter het op 28 Augustus 1841 aan Pretorius geskryf:

“Nou oor die Brit … terwyl u wel my daarom vra, ek wil my in regverdigheid onder geen Brit, nog onder geen moondheid in die wêreld onderwerp nie, en is geen Brit nie en hoop en vertrou dat ek dit ook nooit mag word nie … en wil liewers tien tree voorwaarts gaan as een agteruit.”

Of dit nou die DA of die ANC is, verkeer die hele Suid-Afrika tans onder Engelse regering. Die feit dat die Kaap tans sonder water is, is vir my die grootste grap van almal. In weerwil van hul louwarm Afrikaansheid, het die vorige NP-regering darem nooit ‘n hele provinsie sonder water gelaat nie. Iewers was daar darem Afrikanerbeplanners en ingenieurs wat na sulke dinge omgesien het.

Toenemend word die georganiseerde Afrikaanse kultuur — in die mate waartoe dit nog bestaan — onder kleurlingbestuur geplaas. Ek dink dit pas ook die Engelse. Hulle het nog altyd Afrikaans as ‘n mindere inboorlingkultuur en -taal gesien. Male sonder tal het Engelse teenoor my al na Afrikaans as ‘n “vernacular” verwys, iets wat jy nie in die hof of op universteit behoort te gebruik nie. Die kleurling hunker na Engels soos ‘n hert na waterstrome, as ek die psalm reg onthou. Leon Lemmer het dit elders hier op PRAAG geboekstaaf, hoe elke kleurling wat in ‘n gesagsposisie aan ‘n universiteit of elders verkeer, alles voor die voet verengels.

Terloops, ek dink nie Soliforum het al ‘n enkele hofsaak in Afrikaans gevoer nie; Engels is vir hulle goed genoeg. Maar hulle “veg baie hard vir Afrikaans”!

Wat my betref, het ek my suksesvol verontengels. Hoewel ek hoofsaaklik in Johannesburg tussen Engelse grootgeword het, kon hulle my nooit assimileer nie — anders as menige ander Afrikaner wat na slegs enkele jare se verblyf hier volkome integreer en verengels. Dit klink seker net beter by die werk as jy sê: “Ek het Kosie nou by St. Stithians ingeskryf.”

“Verlig” en “verkramp” was sulke onnosele, klakkelose clichés wat deur die Engelse De Klerks uitgedink is. Of nie eens uitgedink nie, dis so half uit Engels vertaal, soos “burgerregte” of “om jou besigheid te hardloop”. Dis bloot in naam Afrikaans; die denke (of gebrek daaraan) is suiwer Engels: Afrikaners moet beledig word, saggemaak word, daarom noem ons hulle “verkramp” of “reaksionêr” of “konserwatief” of “Calvinisties”, “rassisties”, ens.

Daareenteen is “verontengelsing” ‘n magtige begrip. Dit laat ‘n mens byna terugdeins. Hoe kan ons ons van die empaaier bevry? Of selfs net, soos A.H. Potgieter en die ander Voortrekkers, daarvan wegtrek? Op ‘n stadium toe die polities korrekte Kaapse skrywer Etienne van Heerden nog met my gepraat het, het hy my iewers in ‘n kafee in Kaapstad vertel dat Albie Sachs aan hom gesê het: “English is the language that you breathe, Etienne.” Waarmee Sachs aan hom wou oordra dat Suid-Afrika eintlik nou Engels is en dat alles waarvoor ons voorouers getrek en gestry het eintlik tevergeefs was. Waarop Van Heerden hom geantwoord het: “No, Albie, English is the language that you breathe, not me.”

Verontengelsing, soos ek reeds hier bo gesuggereer het, begin by jouself. Jy moet elke gewoonte, elke gedagte, elke woord wat jy uiter, ontleed om te bepaal of dit nie dalk Engels is nie. Afrikanerskap gaan oor egtheid. In die meeste Noord-Europese kulture, waarvan ons afstam, is egtheid verskriklik belangrik.

Van my studentedae af het ek my van politieke korrektheid en kommunisme probeer bevry. In ons tydvak is die Anglo-Amerikaanse kultuur deurdrenk van politieke korrektheid en kultuurmarxisme. Dis omtrent al waaroor dit gaan: wees swart, wees gemeng, wees gay, wees trans, wees anti-blank. Bowenal: wees dekadent. Saam met die verengelsing van die Afrikaner het ‘n groot stuk dekadensie gekom. Ons het nog nie eens begin praat oor hoe dekadent ons geword het nie. Trouens, vir Naspers en Media24 is dekadensie iets positiefs: hoe meer losbandig, gesuip, bedwelm, verward, verdom die Afrikaner kan raak, hoe beter. Want dan aanvaar ons mos die Engelse oorheersing soveel makliker, nie waar nie?

Moenie ‘n Engelse ontbyt eet nie: dis ongesond! Spek en eier is gif. Bly weg van die Wimpy en die Spur, veral die Spur, die Mugg & Bean en elke Engelse of pseudo-Amerikaanse eetplek.

Ken jy my nou?
Het jy die spieël gesien
en ken jy jou?
Wanneer jy wil vlug
uit die stad wat brand,
dan vlug ek saam
soos ‘n vrou aan jou hand.

Só het NP van Wyk Louw in “Ballade van die bose” gedig. En Engels, veral in hierdie land, is boos. Dis vernietigend. Sekerlik is dit nie toevallig dat die koms van Engeland na die Noorde van die land in die negentiende eeu met volksmoord saamgeval het nie, ewe seer as wat die huidige intense verengelsing weereens met ‘n tweede volksmoord op ons mense saamval nie.

Ons sal van vooraf moet begin. Die postmoderne filosoof by wie ek in Frankryk gestudeer het, Gilles Deleuze, het iewers in ‘n heel ander konteks geskryf: “maak tabula rasa”. Vee die lei skoon. Ons lei is ‘n Engelse lei, vol Engelse woorde en begrippe: “verlig”, “verkramp”, “rassisme”, “laer trek”, en someer. ‘n Engelsman wat in sy belang optree, bevorder menseregte. ‘n Afrikaner wat dit doen, “trek laer”; ons ken dit mos.

Ons moet aan maniere dink om ons te verontengels. Ons voorouers het Afrikaanse skole en kerke begin, die Bybel vertaal en ‘n letterkunde geskep. Ons teer steeds op hul reusebydrae. Maar dis nie meer genoeg nie. Ons sal self veel méér moet doen. Een manier waarna ek reeds verwys het, is ‘n soort geestelike terugkeer na die oorsprong, na Europa. Die feit dat Engeland hom aan die EU onttrek het, is eintlik ‘n bedekte seën vir ons. Dit bring vanself ‘n verwydering tussen die Europeërs en die Engelse mee. Hopelik begin Europa meer selfstandig na Suid-Afrika ook kyk, en nie net deur die bril van die Boerehaat-BBC en –Guardian nie.

Die stryd teen Engels in Suid-Afrika moet na Europa uitgebrei word. Ek verstout my om te sê dat Afrikaans eintlik ‘n beter lingua franca vir Europa sou kon wees as Engels, veral in die huidige identitêre tydvak! Ons taal bevat steeds iets van ‘n oer-Europa, van die Hanse, toe vele Germaanse dialekte ook vermeng en vereenvoudig geraak het. As ‘n mens boeke uit Europese tale, veral Duits, Nederlands, Sweeds, Deens, ens., in Afrikaans begin vertaal, besef jy dit. Afrikaans is ‘n produk van die Nederlandse Goue Eeu, die sewentiende eeu, die eeu van Jan van Riebeeck en 1652. Ons beskik oor ‘n trotse geskiedenis, eeue lank al. Ons moet dit net deur die mis van verengelsing herontdek.

Engeland is besig om, soos onder die bloeddorstige en fanatiese Cromwell, heeltemal kranksinnig te raak. Hulle smyt mense deesdae in die tronk vir polities inkorrekte twiets. Dis die nuwe Sowjetunie. Dit kan gevaarlik wees net om Engeland te besoek, as jy nie die nuwe geloof van politieke korrektheid en kultuurmarxisme aanhang nie. En natuurlik werk die plaaslike Engelse en hul Afrikanermeelopers kliphard om ook van ons land ‘n soort goulag à l’anglaise te maak…

Die keuse is onverbiddelik: óf ons gaan verontengels óf ons gaan omkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • leonlemmer

    Dan, jou artikel herinner my aan Jan Rabie wat in ‘n stadium besluit het om nie Engels nie en slegs Afrikaans te praat. Elsa Joubert noem dit in haar boek Reisiger. Jy verwys na Etienne van Heerden. Sy dogter, Menan, het verlede jaar in sosiale antropologie aan die Universiteit Stellenbosch ‘n magisterverhandeling voltooi met die volgende titel: “Afrikaaps: a celebratory protest against the racialised hegemony of ‘pure’ Afrikaans.” In dieselfe gees en ook in Engels het sy onlangs ‘n ellelange artikel op LitNet (Seminare en essays, 11 Oktober) gepubliseer met as opskrif: “Afrikaans: the language of dissent.” Vir enige Afrikaner wat graag die moer in wil raak, is dit verpligte leesstof. Hoe is dit moontlik dat die kind van ‘n Afrikaanse skrywer in so ‘n radikale mate kan ontaard?

    • sussie se vissie

      Caspers en Campari’s Leon.
      Jy verloor jou siel in n kopieskrywende liegfabriek.
      Die kliënt is ‘altyd reg-sindroom’.
      Verloor n rekening…en jy drink dreinwater op Groentemark Plein.

    • Rifrug

      ” … jou artikel herinner my aan Jan Rabie …”

      Leon, as jy ‘n tydjie het, lees asb. die skakel hieronder. Dit is Droogte – deur Jan Rabie. Sou graag jou siening daarvan wou hoor!

      http://praag.co.za/?p=12878

      • sussie se vissie

        Meer so..Dan se besoek aan hom in Frankryk. Op sy verjaardag…as ek reg onthou.

      • leonlemmer

        Dit is ‘n redelik bekende maar myns insiens oormooigeskryfde allegorie.

      • Charles

        Pragtig! Net soos Jan Rabie kon. So eenvoudig; kort – dog so, so kragtig en meesleurend.

    • Ek het nou na haar verhandeling gaan kyk. Jy is reg: Merkwaardig dat ‘n Afr skrywer ‘n Afrikaanshater vir ‘n dogter kan hê!

    • Charles

      Sal dit dan eerder maar nie lees nie Leon, net-nou kry ek ‘n hartaanval.

    • Charles

      JC Kannemeyer het ook ‘n uitmuntende biografie oor Jan Rabie geskryf, dit behoort seker ook goed te wees.

      Ek het nou reeds al ‘n paar van Kannemeyer se biografiee gelees (“Leroux, ‘n Lewe”; Uys Krige: “Die Naamlose Muse”-uitstekend!! – dis meer ‘n samestelling van Krige se opstelle en essays; D.J Opperman: ‘n Biografie- nog nie gelees nie; volgende op my lys is: “Ek ken jou goed genoeg. Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939” ; ek besit ook Kannemeyer se biografie oor J.M. Coetzee, maar daarin stel ek kwalik belang in -VIR OOGLOPENDE REDES), maar ek kan werklik nie kla oor JC Kannemeyer nie). Kannemeyer was ‘n Meester (R.I.V.).

    • boerseun

      Die dinge werk in siklusse – kinders wat teen hul ouers se politiek rebelleer. Van konserwatief na liberaal, en dan weer terug na konserwatief (hopelik)! Maar, ja: Ek het desondanks geen begrip of respek vir diegene wat hul voorouers, hul herkoms, hul geskiedenis en hul taal verraai nie!

  • Suidpunt

    Geen hygroman kon my nog tot soveel ekstase voer soos hierdie artikel nie. Ek sou soos ‘n laerskooljuffrou ‘n goue sterretjie geplak het.

    “Wat my betref, het ek my suksesvol verontengels.”

    (Oftewel: Uit die oorbekende Engelse “matrix” ontkoppel en eenvoudig by die ongekende Franse “la matrice” ingeprop. Uit die Engelse baarmoeder geruk om ‘n Franse edelman te word, comme vous le souhaitez).

    Ek wens u sterkte toe, doktor. Want jou deursnit Boer/Afrikaner (“die res”) het onbegrip daarvoor, en mens se hegte vriendekring verklein oornag as mens nie eens weet wie die Kardashians is nie, maar wel die Franse sangeres Louanne. Dis ‘n alleenpad deur die donker woud (maar dit weet u tog, maar nie die lesers nie!), met hier en daar ‘n intellektueel wat in die volmaan vir mens knipoog wat toevallig ook paddastoele langs die stroompie pluk. Ten minste is mens ontslae van die ou gesigte. Maar nou ja, dis so goed jy begin ‘n klub vir Goties en Middelnederlands in Suid-Afrika, terwyl Google Trends wys: die belangstelling in Suid-Afrika vir hierdie twee tale is absoluut NUL. Dit is ontwortel, vergane, dood, verpoeier, verstrooi deur die aandwind. Maar, gelukkig bied die ander lewende tale ‘n feestelike avontuur van andersheid.

    Maar tog, die kronkelpad deur die donker woud van eensaamheid is lonend. Reaksionêr is mens wellig nie, want jy is aktief besig om ‘n ander kultuur in Afrikaans te bevorder, wat tog die ware “diversiteit” is, dan nie? Snaaks dat die Sestigers, wat tog so vreeslik met Franse dekadensie behep was en die Franse name in hul Afrikaanse opstelletjies met ‘n effense windgat beterweterigheid links en regs rondgegooi het, glad nie Frans hier op eie bodem bevorder het nie. Inteendeel.

    Vir diegene daarbuite (jy weet wie jy is!) wat nog nie die gevare van verengelsing insien nie, of vergeet het waarom, gaan gerus na Duitsers in Natal ( https://af.wikipedia.org/wiki/Duitsers_in_Natal ) en kyk weereens hoe inklusiwiteit deur die Engelse taal juis jou hele kerk en kultuur kan vernietig.

  • sussie se vissie

    Jou beste ooit.

    • Suidpunt

      Sussie. U is ‘n vrou. En ‘n vrou het behoeftes en begeertes.

      Ek het al veel liefdesverhale in Afrikaans gelees om ‘n profiel op te stel. U sien, mans lees nie Ena Murray nie, en daarom weet hulle nie wat vroue wil hê nie.

      Nou aangesien ek lank gewonder het waarom daar eintlik nog geen boek in Afrikaans geskryf is “Wat vroue soek” nie, het ek dalk gewonder of ek dalk die volgende raaiskote reg het. Dit is alles gebaseer wat ek uit rolprente, Afrikaanse romans en draaiboeke bymekaar kon maak.

      1. Praatjies vul geen gaatjies. Vroue soek ekspèriejans. Daarby bedoel ek enigiets wat op ‘n foto vasgelê kan word “wat ons saamgedoen het” en in ‘n fotoalbum geplak kan word (dus, digitale foto’s is flou). Eksotiese reise, onder andere. Goed soos sjokolade, hotelsepies, gediggies, kaartjies en prewelpraatjies moet dus eerder gelos word as “vullers”.

      2. Sê wat jy moet deur blomme, maar moenie te veel van ‘n gewoonte daarvan maak nie (dit raak voorspelbaar). Moet ook nie al die blomme bewaar vir die weeklikse blommekrans op geliefde se graf van eendag nie, want dan is dit bietjie te laat. Jy moenie blomme pluk uit die tuin wat vroutjielief self aangeplant het nie (dit moet eerder gekoop wees). Maar as jy die plantluise op die rose in toom hou en die plant gereeld water gee word dit waardeer en sal die liefde soos die plant floreer.

      3. Moet om hemelsnaam nie “tradisioneel” probeer wees nie, dis vervelig en voorspelbaar. Los maar die Diamantring en koop die Tanzaniet. Gee eerder verrassings dwarsdeur die jaar en slaan Valentynsdag oor.

      Sou enigeen van hierdie drie antwoorde ‘n ja wees, is ek gedoem tot vrygeselskap vir ewig. Want vroue is deksels voorspelbaar!

      Nou wat soek ek dan?
      (Wel, aangesien ek voel ek nou alles het behalwe ‘n luiperd en ‘n tropiese eiland… S-I-N!)

      • sussie se vissie

        Punt van my hart.
        U sal soekend bly.
        Soos Huppelkind v oorle WO Kühne.
        Isse gejaag na wind…

        • Johann Schutte

          Vertel ons meer van jou persoonlike genitale eienskappe, dan brei ek verder op Standpunt hierbo se menig uit uit oor die psigologiese implikasies.

          • Suidpunt

            Mnr. of Dr. Schutte.

            Ek het geen Freudiaanse intensies met getroude vroue nie. Ek glo net getroude vroue is al oor die wittebroodfase en het elke dag met Realpolitik te doen. Met of sonder pantoffel.

            En wat in my analise staan – kom alleen uit die skrywe van ‘n vrouehand. Ek is bloot die spieël van die Afrikaanse literatuur. As die vroue nie daarvan hou wat hul sien nie, is dit tyd vir bietjie ander tegniek.

          • sussie se vissie

            Jy bedoel seker GENIALE eienskappe?
            Wel. Maklik.
            IK van 140+.
            Andersyds is ( op jou versoek ) dit meer n kwessie van lêlle en brêlle.

          • Johann Schutte

            Die kalkoen moet ook gevoer word.

      • Johann Schutte

        PC alarm! Jy moet nou nie die vrou reduseer tot die geassumeerde implikasies van haar haar genitale konstellasie nie. Hoewel dit nog altyd vir my gewerk het, moet ek erken.

  • Dave

    Reg Dan Roodt, ek haat dit om jòu as persoon direk aan te val want (en by ondermeer het ek in in forums waar Steve Hofneyr (sp) lof toegeswaai is, joú naam voorgehou), die geveg is polities en nie persoonlik. Jy jouself het al my kommentare ge-duim-op. Waar op aarde het Praag ooit iets beteken vir blankes in Suid Afrika? Wys asseblief ‘n skakel. Julle kla en kla en kla net. Ek lief jou politiek maar jy kritiseer enigeen wat nie Praag is nie? En indien jou naam nie Dan Roodt is nie, moet nie op my skrywe kommentaar lkewer nie want ek sal joui ignoreer.

    • sussie se vissie

      Nee.
      Die kriteria lê in 1900 + ‘duim-oppe’.
      Gelukkig is my wederhelf se duim afgeskiet in oud Rhodisië.

  • Owen in Durban
    • sussie se vissie

      Raak jy dan eers Owies ( soos hier oppie Groot Vlak ) – en ek gesels saam.

      • Owen in Durban

        Ek praat Afrikaans hier op die Bluff in Durban, elke dag.

        • Charles

          Dankie Owen, jy’s oulik!

  • Ou Transvaal

    Die Engelsman het groter moeilikheid as wat ons dink , hulle land is reeds deur diversiteit totaal verlore en dit is moontlik die rede vir hulle verengelsing drif ….daar is immers nie meer baie plekke oor waar die Brit na kolonialisme welkom is nie . Die Engelsman sal wel by die plek kom waar hy sy lot by ons ingooi of verswelg gaan word .
    Suksesvolle verengelsing het veroorsaak dat die Engelsman se kinders in hul eie skole verdryf is deur die volkies , dit ten koste van die Engelsman se eie kultuurgoedere
    Ek vind verontengelsing werkbaar deur voltyds die drywers van die “lewenswyse ” belaglik te maak , gesien in die Afrika -opset en om veral met tele-verkope stompsinnig slegs Afrikaans magtig te wees ..gevolg… minder drukverkopers , sterk twyfel by televerkoper dat sy ouers se besluit om te verengels hom nou ‘n pos gaan kos en om besighede te te verplig om my mense in diens te neem .

  • Johann Schutte

    Afrikaners wat die Engelse beskuldig is soos `n agtergeblewene wat apartheid verantwoordelik hou vir sy onderprestasies. `n Bietjie eerlike introspeksie is nodig. Eksternalisering van lokus van beheer kenmerk die ongesonde volk/individu, soos mooi gedemonstreer deur Max en die VFminus.

    En hiermee ontken ek hoegenaamd nie die bose intensies van pax-americana oor eeue nie.

    • Suidpunt

      Maar wat nou van die baarmoeder (Matrix)? Kyk, ‘n klein kultuur sien gewoonlik die groter kultuur van ‘n gedeelde land as ‘n moeder. Maar as die moeder heeltyd die kind verwerp as sleg of ‘n irritasie, moet ‘n ander moeder of inspirasie gesoek word, veral as die oorspronklike moeder (Hollands) verwerp is. Anders gaan jy altyd terug in die baarmoeder probeer kruip en individuasie nie plaasvind nie. Die verwerping van die moeder moes lankal plaasgevind het. Die tweede moederverwerping vind in hierdie artikel plaas. En mag ons lank soog aan die Paryse Liberté se buuste.

  • John

    Tsssja ! Ons moet ook maar onthou dat oorlede oom Derby Lewis nie juis veel hulp gekry het van sy Afrikaanse kolegas toe hy in die tronk vergaan het nie.

    Wie’s volgende oppie teiken bord Dan ?

    • Johann Schutte

      Netso. CDL, langste politieke gevangene ooit in SA vir sy ondersteuning van die Afrikanersaak, was `n Engelsman. Bless him.

      Maar meer belangrik: Hulle mis die punt. Die geveg is nie tussen Afrikaner en Engelsman nie. Dis baie groter. Dit gaan oor beskawingsoorlewing versus barbarisme.

      En daar is proporsioneel meer konserwatiewe Engelse in Engeland as konserwatiewe Afrikaners in SA, soos wat BREXIT mooi aandui.

  • Charl Coetzee

    Wat my die duiwel in maak is die klomp Afrikaners wat deesdae hulself in Engels moet uitdruk. Hulle kan nie meer hul eie taal praat nie. Veertig persent van hul woorde is al in Engels. So as of Afrikaans nie goed genoeg is nie. Om nie eers van Kyknet te praat nie ….

    Of soos Jan F E Celliers in sy gedig “Trou” dit stel:
    “Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
    in die taal uit haar vrome mond geleer,
    die verraaiersgeslag in sy siel verag
    wat, haar verstotend, homself kleineer.”

    • Dis ‘n gedoente. Onthou my 20 jaar (kortgeknipde) SA Vlootloopbaan was ferm op die Royal Navy se very British fondasie gebou, en die internasionale sendinggemeenskap is ook maar in die Engels (en die KJV) geskoei. Ongelukkig, ook in die Afrikaner se tans nog halfgebakde selfbeskikkingsaanloop, praat die regering en ander daar ver buite die kraalmuur en plaashuis se stoep, Engels! Maar tereg, waarom het PRAAG en die ATKV of FAK nog nie die hele mensdom sover kon kry om almal Afrikaans te praat nie! Ek is self skuldig;- deel te veel Engelse, Spaanse, Portugeuse, Franse, Zulu, Chetshewa en Lingala Bybels uit (op verkeerde plekke?). Om te sit-sit-so op die stoep en te “bring nog koffie ou vrou!” of te sit-sit -so hoera! of te sit-sit-so halleluyah! gaan na mening nie die taal of die selfbeskikkingswa deur die drif trek nie. (NS. Jy mag ook nie vrae in Afrikaans vra nie … )

      • Mr Domestos

        Johnny, jy weet mos ons Afrikaners hou nie van “waves” maak nie – tensy iemand anders dit doen en dan kan ons rustig op die stoep sit met ‘n koffietjie en dit dophou met gepaste kommentaar. Maar, jou kommentaar oor die ATKV ens laat my dink oor hoekom ons Afrikaanse instellings nie die Britte aanvat in ‘n internasionale hof oor die ABO nie – dit was mos gedokumenteerde genocide? Straks kan ons die liberale linkses se skuldgevoel gebruik om ‘n voet in die deur te kry oor selfbeskikking?

  • Charles

    Dankie Dr. Dan, jy’s die absolute beste!

  • Mr Domestos

    Nee, dit gaan beslis nie werk nie. Alhoewel ek baie trots is op Afrikaans, is Engels ongelukkig broodnodig vir ons voortbestaan. Deur eentalig te wees marginaliseer ons onsself net. Deur Engels te verklaar as die taal van die onderdrukker is presies wat die swartes (en ander lande ook) voorheen met Afrikaans gedoen het en plaas ons op gelyke vlak met hulle. ‘n Groot NEE. Voor 1994 het alle amptelike korrespondensie in die weermag en staat elke maand gealterneer – een maand Afrikaans, die volgende maand Engels. Dit het verseker dat almal ‘n werkbare kennis het van die taal sonder om te verengels. Deur net Afrikaans te ken sluit jy alles uit wat nodig is om te oorleef, veral wat tegnologie aanbetref. Die meeste Afrikaners moet ook werk in Engels – dit het niks met pretensie te doen nie, maar oorlewing. Deur met net Afrikaans internasionaal te probeer reis en werk gaan jou nêrens bring nie. Ongelukkig moet ek werk in Engels en selfs my skoolduits en elementêre kennis van ander tale is baie maal nie genoeg om probleemvry dinge te doen nie.

  • boerseun

    ‘n Ooglopend liberale en/of moedswillige Hollandse vrou op skoolbesoek in die stad hier naby my, het my verlede week gevra hoekom my kinders in die (wit) Afrikaanse skool is en nie in die Engelse (ras-gemengde) skool nie. Ek moes – tot haar skok – aan haar verduidelik dat ons Boere is en dat ons vry wil wees in ons eie vadeland, vry om ons eie taal – Afrikaans – te praat, vry om ons kinders in Afrikanse skole te plaas, vry om hulle in Afrikaanse universiteite te plaas, ens. Ook dat ons Boere nie stem nie en nie die ANC regime erken nie! Hoekom mag hulle kinders in Nerderland in Nederlands onderrig word, maar ons kinders moet in Engels skoolgaan? Mag ons Boerekinders nie in hul moedertaal onderrig word nie? Net soos die Duitsers, Franse, Hollanders, ens.

  • Karel Combrinck

    Dankie dr Dan. Dis nodig om skerp en diep te sny. Net een klein sakie: die uitdrukking “laer trek”. Dis so dat die Engelse die uitdrukking probeer gebruik om enige poging tot die handhawing van die Afrikaners se identiteit belaglik te maak. Maar die begrip “laer trek” sal net belaglik wees as ons toelaat dat dit belaglik gemaak word. Inteendeel moet ons trots wees op die afkoms van die uitdrukking “laer trek”, want dit wys terug na die dae toe ons op heroïese wyse ons waens in die rondte gespan het om bloeddorstige en barbaarse hordes die hoof te bied. Is dit nie nou juis tyd dat ons weer laer trek nie?

  • Mr Domestos

    Net so. Ons moet ook dalk kyk hoe ander nasies dit reggekry het om te oorleef en ‘n paar “tips” by hulle kry oor strategie. Voorts is dit ook baie gekompliseerd vir ons as monochronics om in ‘n polychronic gemeenskap te funksioneer. Dit is eers wanneer ons die ander kant se denke, patrone en taktiek verstaan dat ons aan oplossings kan begin werk.

  • sussie se vissie

    Dok,
    Graag u repliek te wil sien oor ene Gert vd Westhuizen aka Seepkis se kommentaar ( DB Forum 18 Okt ) – ‘Dringender dinge as taal’.
    Ondermeer meen die uwe ‘almal wat oor die land bekommerd is, wil daarvan n beter plek maak…al moet ons dit in Engels doen’.
    Voorts: – ‘ Ons kan nou sonder die skuldgevoelens van ouds weer (?) trots wees op Afrikaans en ons onbeskaamd daarin uitleef -.
    Sieboy! Ma kyk dan!