Leon Lemmer: Afrikaans in taalhistoriese perspektief

Daar is mense wat kamerade bewonder wat dood en verwoesting deur sabotasie en moord met behulp van bv plofstof, landmyne en AK47-gewere gesaai het. Die oogmerk was glo geregtigheid. Ek vind dit onmoontlik om waardering vir sulke mense te hê. Diesulkes het eerder liggaamlik as geestelik gefunksioneer. Ek verkies woordenaars bo moordenaars. Ek is geneig om hoë agting vir eg geestelike prestasies te hê, soos skrywers wat boeke van buitengewone kulturele waarde gelewer het, bv James Boswell se The life of Samuel Johnson (1791). As ‘n mens aan hedendaagse skrywers dink en by Engels bly, is daar bv Simon Sebag Montefiore (Jerusalem, the biography, 2011), Charles Murray (The bell curve, 1994) en Peter Watson (Ideas, a history, 2005). Anders as Boswell het die laasgenoemdes talle boeke geskryf wat buitengewone substansie het. Soms loop skryfprestasie in ‘n familie. Harold Nicolson en Vita Sackville-West het albei ‘n besonder verdienstelike literêre nalatenskap, wat deur hulle seun Nigel voortgesit is. Sy werk word op sy beurt deur sy seun Adam voortgesit. ‘n Soortgelyke geval is Evelyn Waugh, sy seun Auberon en dié se seun Alexander.

Maar ek skryf vandag oor Nicholas Ostler (gebore in 1952) se monumentale boek, Empires of the word: A language history of the world (London: HarperCollins, 2005, 640p; Amazon Kindle $6,83). Ostler het hierdie werk opgevolg met boeke oor bv Latyn (2007) en Engels (2010). Dit lyk asof hy heelwat simpatie met gekoloniseerde inheemses het; moontlik weens sy blootstelling aan ‘n linkse leermeester soos Noam Chomsky. Ostler se boek bestryk die hele aardbol en al die prominentste tale vanaf die vroegste taalrekords tot aan die begin van hierdie eeu. “This book traces the history of those languages which, in the part of human history that we know, have spread most widely” (Kindle 146). “The task of this book is to chart some of the histories of the language traditions that have come to be most populous, ones that have spread themselves in the historic period over vast areas of the inhabited world” (206).

In die boek is daar interessante inligting, bv in 1560 skryf Fray Tomás ná die Spanjaarde se besetting van Peru in 1532: “Once when I asked a chieftain in a certain province if he was a Christian, he said ‘I am not yet quite one, but I am making a beginning.’ I asked him what he knew of being Christian, and he said: ‘I know how to swear to God, and play cards a bit, and I am beginning to steal'” (5763).

In Indië het ‘n mismoedige (en bevooroordeelde) sendeling D MacKinnon in 1801 geskryf: “I could not discover one particle of classical taste, of the knowledge of mathematical truth, or of genuine moral or religious principle in any class nor in any individual of the human species born and educated in Hindostan or even in all Asia. The dark races appeared and do appear to me, buried in darkness, moving like mere mechanism and utterly void of those sentiments which dignify and ennoble our species and entitle us to claim kindred with the Gods. All my speculations were at last reduced to two simple propositions. (1) That the natives of India cannot be illuminated by their own languages, nor by the Books now existing in those languages. (2) That therefore they must be enlightened by the acquisition of other languages & by reading Books capable of forming their taste & of teaching them useful & solid knowledge as well as genuine moral and religious principles … I compiled a Grammar of the English language … published in 1791” (8606). Moontlik is dít een van die hedendaagse resultate: “English is universal in South Asia as the lingua franca of the educated” (8668).

Daar word beweer dat daar hier en daar foute in Ostler se boek ingesluip het, wat verstaan- en verskoonbaar is as ‘n mens die omvang en aard van hierdie navorsingsprojek in ag neem. ‘n Mens dink onwillekeurig aan Robert Browning se woorde: “A man’s reach should exceed his grasp.” Dit is ‘n onbegonne taak om die inhoud van hierdie boek in hierdie rubriek weer te gee. Al wat ek gaan doen, is om die aandag op enkele aspekte te vestig; veral met verwysing na Afrikaans.

Taal help ons om te dink en gee ons toegang tot inligting wat ons tot kennis kan verwerk en dan tot ons voordeel kan aanwend (8). Soos Ludwig Wittgenstein dit gestel het: “The limits of my language are the limits of my world” (281). Taal stel ons in staat om die verlede te leer ken – “the readiest medium for preserving a group’s history” (171) – en ons sodoende in ons kulturele kontinuum te plaas. Taal is uiteraard ‘n inherente deel van ons identiteit (17); “it necessarily defines a community” (180). “Every language defines a community, the people who speak it and can understand one another. A language acts not just as a means of communication among them but a banner of their distinct identity, often to the despair of national governments trying to forge a single identity for all their different language communities” (352). Dink aan die ANC-regering wat by voorkeur handel asof Engels die nasionale en enigste amptelike taal is.

“It cannot be a matter of indifference which language we speak, or which languages our ancestors spoke. Language frame, analyse and colour our views of the world. ‘I have three hearts,’ claimed Ennius, an early master poet in Latin, on the strength of his fluency in Latin, Greek and Oscan” (361). “In some sense … when one language replaces another, a people’s view of the world must also be changing” (281). “English is not seen everywhere as a neutral medium of access to wealth and global culture” (9398). Soms word Engels beskou “as the global bully’s language of choice” (9406)

Wanneer Engels, soos tans, aan Afrikaanssprekendes opgedring word, gaan dit om meer as bloot die gebruik van ‘n ander taal. Dit gaan om die opdringing van ‘n ander kultuur, ‘n ander geestesingesteldheid, ‘n ander lewens- en wêreldbeskouing. “For the world’s leading lingua franca [English], the whole concept of a language community begins to break down” (493). Deesdae kan enigeen ‘n Engelssprekende wees. Engelssprekendheid dui nie meer op ‘n spesifieke identiteit en kultuurgroep nie. Die internasionale prominensie van Engels is deel van die globalisering van die mens se leef- en denkwêreld. By implikasie word die identiteit, nasionaliteit, kultuur/volkseie van gemeenskappe weens die Engels-oorheersing verwater. Om kosmopolitaans te wees, is om wêreldburgers te wees (585).

“The fundamental question of this book is to ask how – in what circumstances and with what dynamics – language communities have come to flourish in the past, as well as how some of them have declined and even met their ends. The most straightforward way in which a language can come to flourish could be called the Farmer’s Approach. All the community needs to do is stay united, and grow its population. This is Organic Growth … How have languages that follow such a policy been able to defend themselves from foreign communities, which might be tempted to invade and disrupt their steady growth? The disruption would come, by its nature, from language communities following a less placid path: they may be called the Merger and Acquisition languages (M&A), by analogy with the offensive players in the modern business world. If Organic Growth is the strategy of farmers, this alternative could rather be called the Hunter’s Way. Such change, resulting from direct contact between communities, is sometimes characterised as one of three types: Migration, where a language community moves bodily, bringing a new language with it; Diffusion, where speakers do not actually move in large numbers but where speakers of one community come to assimilate their language to that of another with whom they are in contact; and Infiltration, which is a mixture of the former two. The progress of English into North America and Austalia is a case of Migration; into India and Scandinavia, of Diffusion; and into South Africa, of Infiltration. It is only, for example, through Diffusion or Infiltration that a language can become a lingua franca [verkeers- of gebruikstaal], a language of wider communication: for this, a language must have been taken up by people who did not speak it natively” (372). Die lingua franca kan dus iets anders as die moedertaal of daaglikse omgangstaal/”vernacular” van die spreker wees.

Taal is eers net gepraat en later, in sommige gevalle, gerekordeer. Vir die skepping van taalrekords is taaltegnologie nodig, bv ‘n simboolstelsel, soos ‘n alfabet, en rekorderingsmateriaal, soos papier en ink. Taalrekords is inligtingsdraers wat dit moontlik maak om baie meer oor die verlede te wete te kom as wanneer bloot op nie-linguistiese argeologiese materiaal gesteun moet word. Met behulp van taal en taalrekords kan kultuur vinniger en oor ‘n groter area versprei word. “Cultural dominance was almost wholly a matter of having been the leaders in a shared language technology” (1109). Dink aan die groot kulturele invloed wat Brittanje, veral voorheen, en Amerika tans vanweë inligtingsmassamedia uitoefen. Ostler lys die volgende tegnologiese elemente wat taalverspreiding aanvanklik moontlik gemaak het: “the ship, the shoe, the wheel, the road, the horse, and writing” (3962).

Hoekom het Hollands aan die Kaap Afrikaans geword? “It is a commonplace of historical linguistics that related languages diverge when contact ceases between groups” (214). Voorheen was dit baie moeiliker as tans om groot afstande te oorbrug. Hollands sou met verloop van tyd in elk geval aan die Kaap veranderings ondergaan het vanweë die relatiewe isolasie van sy sprekers. Die ontstaan van Afrikaans kan dus nie sonder meer aan die aanwesigheid van Khoi toegeskryf word soos polities byderwetse Afrikaanstaalkundiges sedert 1994 so graag doen nie.

“The language of trade is, after all, perforce that of the customer, rather than that of the merchant” (1364). Byvoorbeeld: “In 1666, after three generations of French colonial presence [in Canada] … [the] minister for the colonies … complained that Frenchmen who wanted to trade – mostly for furs – still had to communicate in the natives’ language” (7117). As dit so is, het die Hollanders aan die Kaap in hulle onderhandelings vir bv vee Khoi probeer praat eerder as wat die Khoi-Khoin Hollands probeer praat het. Hierdie verskynsel verswak die argument van die polities byderwetse Afrikaanstaalkundiges wat beweer dat die oorsprong van Afrikaans by Khoi te vinde is. Ostler skryf later: “Trade is usually accounted the first factor that set English on the road to becoming a world language” en oor vroeë Arabiese handelaars aan die ooskus van Afrika (Kenia, Tanzanië) skryf hy: “Swahili, the major Bantu language, shows heavy signs of Arabic influence” (1847; ook 9199). Die beïnvloeding is dus eerder van die taal van die handelaars na dié van die inheemses as andersom.

Die vroegste taalrekords is in Mesopotamië op kleitablette aangebring. In antieke Egipte, daarenteen, is paripus (‘n grassoort) as skryfmateriaal gebruik. Min paripusrekords het bewaar gebly omdat papirus nie so ‘n duursame materiaal soos klei is nie. Papirus is hoogs vlambaar terwyl vuur veroorsaak dat kleirekords, net soos bakstene, sterker en gevolglik duursamer word (577). Die latere skryfmateriaal papier is ook hoogs brandbaar. Ek het al gedink dat in ‘n land soos Suid-Afrika, waar die afbrand van bv biblioteke neig om ‘n nasionale sport te word en maklik draagbare items soos boeke gesteel word, dit oorweeg kan word om terug te gaan na klei as skryfmateriaal, in die vorm van swaar tablette, omdat dit in daardie opsigte in ons misdadige milieu ‘n meer geskikte rekordmateriaal as papier kan wees

Daar is ‘n teorie dat Oosterlinge, bv Chinese, eerste om die suidpunt van Afrika gevaar het en dat sulke skipbreuklinge die eerste San/Boesmans was. Ostler verwys egter na “the first circumnavigation of Africa (on behalf of the Egyptian pharoah)” (585). Maar die Fenisiese seevaarders het blykbaar nie verder suid as Gaboen gevorder nie (1345). Ek wonder dus hoeveel waarheid in die stelling oor die Egiptiese farao se omseiling van die Kaap steek. As dit waar sou wees, kon dit nuwe stukrag aan die slagspreuk, “Afrika vir die Afrikane,” gee. In Nelson Mandela se outobiografie word die piramides en ander prestasies van die antieke Egiptenare aan die gevorderdheid van Afrikane toegeskryf.* Mandela vergeet gerieflikheidshalwe dat Egipte en Suid-Afrika tradisioneel nie as (tipiese) Afrikalande beskou is nie. Egipte is geografies deel van Afrika, maar kultureel is dit veel eerder ‘n Midde-Oosterse land. Suid-Afrika is geografies deel van Afrika, maar voorheen was dit beskawings- of kultuurgewys in prominente opsigte ‘n Europese land.

[* Mandela skryf: “As a student, I had fantasized about visiting Egypt, the cradle of African civilization, the treasure chest of so much beauty in art and design, about seeing the pyramids and the sphinx … I flew to Cairo. I spent the whole morning of my first day in Cairo at the museum, looking at art, examining artifacts … it is important for African nationalists to be armed with evidence to refute the fictitious claims of whites that Africans are without a civilized past that compares with that of the West. In a single morning, I discovered that Egyptians were creating great works of art and architecture when whites were still living in caves” (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 353). Mandela beweer dat Afrika lank gelede beskawingsgewys meer ontwikkeld as die Westerse lande was. Wat hy nie verduidelik nie, is waarom Afrika sedertdien so ver agter geraak het. Hiervoor sou hy ongetwyfeld vir blankes (kolonialisme, imperialisme, slawerny, rassesegregasie, apartheid) die skuld gegee het en nie vir swart Afrikane nie.]

Egipte is in 641 deur Moslems, dus Arabiese sprekers, verower (2810). Die inheemse Egiptiese taal, Kopties, is daarna net in hulle eiesoortige christelike godsdiens gebruik (2818). “Ultimately, Egyptian [Coptic] could not sustain itself when it ceased to be a majority language in its one and only environment, the land of Egypt. The language, like the pharaonic religion, had been a symbol of Egyptian identity. Egyptian could survive a government speaking a foreign language [Greek], as long as its religion was based in Egypt. It could not survive a foreign [Arab] government and a truly cosmopolitan religion [Islam], for its speakers had nothing national left as a focus for their identity. They might as well become Arab Muslims, just like all the rest” (2826).

Die toepassing van hierdie gebeure op Suid-Afrika, Afrikaners en Afrikaans is ontstellend. Afrikaners is nie meer in die meerderheid onder die kiesers nie. Daarby het baie Afrikaners sedert 1994 afvallig van die Afrikaanse kerkgenootskappe geword, onder meer omdat hierdie Kerke al hoe meer met die linkse, humanistiese Wêreldraad van Kerke assosieer en die leerstellings van alle religieuse gelowe postmodern toenemend in dieselfde mate as waar beskou word; dus dat hulle almal ‘n geldige weg tot saligheid of die hemel is. Sonder beduidende politieke mag en sonder ‘n eiesoortige godsdiens kan sowel die Afrikaners as Afrikaans tot identiteitloosheid en ondergang gedoem wees. Des te meer omdat die al hoe groter meerderheid Afrikaanssprekers bruin mense, dus nie-Afrikaners, is en daar by die bruines, soos in die geval van rasvermenging, skynbaar geen algemene of sterk weerstand teen taalvermenging en toenemende verengelsing is nie.

“Interbreeding soon blurred the borders, linguistic and cultural” (9304). Die grootste moontlike mate van ras- en taalsuiwerheid is vir sowel die identiteitsbehoud as voortbestaan van Afrikaners en Afrikaans noodsaaklik. Desnieteenstaande word rasvermenging in die Afrikaanse hoofstroom-inligtingsmedia as voortreflik byderwets voorgestel, terwyl taalsuiwerheid deesdae glad nie meer deur Afrikaanstaalkundiges gepropageer word nie. Oor Sanskrit is gesê: “Man’s one true embellishment is language kept perfected … eternal [is] the refinement of fine language” (3672). Die blanke grondwetlike onderhandelaars het in 1990/94 ‘n dwase strategie gevolg, wat die ondergang van blanke politieke mag tot gevolg gehad het. Tans volg die Afrikaanstaalkundiges insgelyks ‘n dwase strategie, wat die ondergang van sowel ‘n onderskeibare Afrikanerdom as ‘n onderskeibare Afrikaans tot gevolg kan/gaan hê. Sedert die Anglo-Boere-oorlog hou Afrikaners nie daarvan om Engeland (of Brittanje) na te volg nie, maar daardie land stel tog hierdie navolgenswaardige voorbeeld: “England was not just a government. It was a nation, increasing felt to have a distinctive character, and a part to play in the world, and hence needing a distinctive, and distinct, voice” (8048).

Wat kenmerkend van Chinees is (in sy hedendaagse vorm veral as Mandarin bekend), is “the maintenance of a distinct centre of identity and loyalty within the language community” (2913). Vir Afrikaans beteken taalidentiteit onder meer dat dit duidelik van Engels onderskeibaar moet wees. By Kaaps is dit glad nie die geval nie. Kaaps het ‘n verdere probleem. Van Koiné, ‘n gebruiksvariëteit van antieke Grieks, word gesê: “For all its utility, it had no class” (4406). Afrikaans moet respek afdwing, eerbaar wees, as daar lojaliteit teenoor Afrikaans verwag word. Vir die mengeltaal Kaaps, daarenteen, kan daar kwalik redes vir respektabelheid opgediep word.

“If the community lost its identity, or its distinguished customs, the language would disappear” (5119). Dít is wesenlike gevare waaraan Afrikaners en Afrikaans sedert 1994 blootgestel word. Vir ons is daar die voortreflike voorbeeld van die Baske (in Noordoos-Spanje en Suidwes-Frankryk) en hulle eiesoortige taal, wat hulle nie agtereenvolgens deur die Romeine (en Latyn), die Wesgote/”Visigoths” (en Goties), die Moslems (en Arabies), of die Spanjaarde (met Spaans) laat onderploeg het nie: Baskies “has survived everything else that history has thrown at it in the last two thousand years. It is a special case, par excellence, of European language history, since it pre-dates all the Indo-European languages” (5233). As Baskies ‘n uitsondering op die reël is, kan en behoort Afrikaners te verseker dat Afrikaans ook so ‘n uitsondering blyk te wees. Op die oomblik is daar glad te min tekens van verset en dryfkrag onder Afrikaners en is Afrikaans besig om saam met die Afrikanerdom te taan. Maar soos ‘n optimistiese Catullus (84-54 vC) dit gestel het: “Suns can set en can come back again” (5698).

Die papheid van veldtogte ten bate van Afrikaans kan toegeskryf word aan die kruipsug wat so kenmerkend van Afrikaansinstansies soos die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) geword het. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) is sterker pro-Afrikaner en pro-Afrikaans gesind, maar by hulle is daar ook ruimte vir verbetering. Ostler verwys na die Académie Française, wat sedert 1635 bestaan en spesifiek daarop ingestel is om oor die belange van die Franse taal te waak: Volgens sy statuut “to render it pure, eloquent and capable of treating the arts and sciences” (7047). Hierdie instituut is gekant teen bv (1) die gebruik van Engelse woorde in Frans, (2) die vervrouliking van terminologie om bv feministe te behaag en (3) die bevordering van taalvariëteite omdat daar wyslik uitdruklik voorkeur aan Standaardfrans gegee word (Wikipedia).

Aan al drie die pasgenoemde euwels ly die ATR, ATKV en ATM in erge mate, terwyl die SA Akademie en FAK baie duideliker en sterker teen hierdie euwels behoort te stry. Die Académie Française het ook die amptelike Franse woordeboek onder sy vleuels. Nie net die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) nie, maar ook die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) behoort onder die SA Akademie te ressorteer; des te meer omdat die WAT ter wille van politieke gewin openlik taalverarmende sensuur ten koste van Afrikaans toepas. Soos in die geval van die WAT word daar deesdae op die tipies vermetele ANC-manier van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) verwag om meer take te verrig, ten spyte van verminderde owerheidsubsidiëring. Soos by die WAT moet swart taalbelange deesdae ook geakkommodeer word. Dit is die onverkwiklike werklikheid by iedere Afrikaansinstansie wat van owerheidsubsidie afhanklik is. Die verbroude grondwetlike onderhandelings van 1990/94 werp ‘n skadu nie net oor die toekoms van Suid-Afrika se blankes nie, maar ook oor die heil en voortbestaan van Afrikaans. Ten bate van albei is daadwerklike optrede dringend nodig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ek stem saam dat ons Afrikaner instansies en organisasies oor die algemeen baie beter moet begin presteer as bloot bestaande uit Grootmeneer of Women’s Lib voorsitters, lyk-altyd-baie-belangrik-komiteelede en gedienstige ledegeldbetaalers wat naas die ontvangs van ‘n e-Nuusbrief of jaarlikse vergadering of enekele uitstappie vir bejaardes, niks daadwerklik bydra tot samehorige en volhoubare Volksbehoud en hul konstitusionele onderneming nie.

  • Antonie Geyser

    as die ‘anderskleuriges’ nie afrikaans ‘eerste’ kan of wil plaas nie, dan moet n ander groep gestig word wat daadwerklik iets vir die taal wil doen, dit is belangrik, dit is een van die laaste goed wat ons nog ‘besit’, dit kan nie toegelaat word om te stagneer nie maar moet groei

  • John

    Leon, interessant dat jy na Baskies verwys as een van die tale wat vasgeklou het. Dieselfde kan gesê word in verband met tale soos Iers (gaelies), Katalaans en `n paar ander. Maar daar is natuurlik 2 onderskeidings in vergelyking met Afrikaans. Anders as Afrikaans is hierdie tale so te sê :
    – veel ouer as Afrikaans,
    – demografies en geografies gekonsentreerd
    en mens kan byvoeg, na dese is hulle so te sê selfregerend.
    As `n vierde verskil wil ek byvoeg – hulle het elkeen `n erkende “politieke verteenwoordiger”, hetsy in die vorm van `n suiwer politiese entiteit of militêre vleuel. En dit is sonder uitsondering altyd links van aard.

    Dit is nie die geval met Afrikaans nie. Die Nasionaliste het gesorg dat daar `n republiek tot stand kom, maar daarbenewens was Suid Afrika toe ook ingelyf by die Commonwealth broeders en as sulks moes hulle trou sweer aan al haar majestyd se vyande – insluitende die wie ek hier bo beny.

    Glo dit of nie Leon, ek waardeer jou boek resensies, maar nes Dan Roodt se sporadiese uitbarstings teenoor Ingelse, mis ek die positiewe .. of spesifiek – die praktiese.
    Ons weet nou dat al die geregtigheid op aarde Afrikaans en Afrikaners toekom, omdat julle dit voortdurend publiseer, maar ons weet ook dat, in werklikheid, dit nie die geval is nie. En hoe erger die miskenning word hoe erger word die preek.

    Die “justification” is duidelik. Maar waar’s die plan vorentoe ?
    As die instansies dan harder moet probeer, hoe so ? Wat moet hulle doen ? Moet ons trouens weereens na die verenigings en rade kyk soos die papgeslaande boere altyd na hul surrogaat regering kyk vir hulp, of is daar iets meer prakties van aard ?

    Op hierdie stadium is die mense wie die meeste doen vir die voortbestaan van die taal juis nog steeds die gewraakte ATKV’s etc. en Afrikaanse musiek “kunstenaars” soos Forkoff Polisie Kar, Dyantwood en Stefanus die ontwrigter.

    • leonlemmer

      John, dankie vir jou gereelde kommentaar. Ek hou daarvan dat jy skrywes in ‘n breër
      perspektief plaas. Waarmee ek besig is, is metapolitiek, dus grondlegging vir aksie. Daarom kan dit lyk asof ek nie prakties (genoeg) ingestel is nie. Eintlik probeer ek om blankes, veral Afrikaners, en Afrikaans se onverkwiklike ná-1994-situasie te verstaan, die gevolge uit te wys en gemobiliseerde verset en regstelling aan te moedig. Enersyds is daar bv Afrikaansinstansies wat iets probeer doen, maar hulle oriëntasie is verkeerd omdat hulle met politieke byderwetsheid en ANC-kruipsug deurweek is. Ek probeer die besef tuisbring dat hulle in werklikheid besig is om die ondergang van eerbare Afrikaans te bewerstellig. Ek probeer om hulle op ‘n ander en meer effektiewe spoor te plaas, wat
      positiewe, praktiese gevolge kan hê. Andersyds is daar die onbetrokkenheid van die meeste Afrikaners deurdat hulle geen poging aanwend om die situasie waarin ons en ons taal beland het, te verlig nie. Met metapolitieke skrywes poog ek om hulle bewus van ons onbenydenswaardige posisie te maak en hulle tot daadwerklike optrede aan te spoor. Op hierdie manier kan rollende massa-optrede ‘n werklikheid word. Dink net hoe vinnig en positief dinge vir Afrikaners kan verander as talle Afrikanermiljoenêrs en ander welgestelde Afrikaners op groot skaal geld vir die bevordering van spesifiek Afrikanerbelange (bv Praag) bewillig. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal kan dan uit die ban van die ANC-regering verlos word. Afrikaners moet hiertoe gemotiveer word. As die hart reg klop, sal die hande konstruktief begin doen. ‘n Wolkekrabber word gebou eers nadat ‘n gat in die grond gemaak is.

      • John

        Leon ek skat ek kan seker weer `n mondvol sê. Maar stel dit so : hoeveel miljoeners het al aangkom ?
        Verstaan jy my hekel in die gebrek aan vooruitgang hier by PRAAG ? Woorde skaars koud toe het doktor al reeds weer `n vloermoer gegooi i.v.m. die Ingelse hier oppie ander blad.

        Is daar hoegenaamd `n plan vir hierdie “grondlegging” ?

  • John

    Ironies is dit juis wanneer verloopde Afrikaners aankom oorsee dat hulle die meeste waardering het vir die taal. Want dis lekker om anders te wees of om iets ekstra te besit in terme van kultuur in `n land waar almal slegs Engels kan praat. Jy sluit aan my `n ander kultuur maar jy het ook jou eie spesiale een. Die wie nie `n ander taal kan praat nie beny jou, is selfs jaloers.
    Miskien is daar `n laansie te breek vir Afrikaans oorsee.

    Nee wag, ek’s nou sommer laf. Die toekoms van Afrikaans lê verseker opgesluit in politiek en defnitief in godsdiens. As die gelowiges nou moet wyk uit die wallems en opkyk en vêr kyk is als verby.

  • Suidpunt

    Interessante artikel.

    Net gou nog ‘n paar interessanthede rondom Sanskrit:

    “I could not discover one particle of classical taste, of the knowledge of mathematical truth, or of genuine moral or religious principle in any class nor in any individual of the human species born and educated in Hindostan or even in all Asia.”

    Dit is onsin, inderdaad ! In Sanskrit is daar juis oertekste wat woordeliks, sonder simbole, die Wiskunde op ‘n manier behandel. Ek het juis gewonder oor die praktiese waarde van Sanskrit, behalwe die rigting wat die Junggrammatiker ingeslaan het wat etimologie betref, en die antwoord by Quora.com, komende van Indiërs self, is “NIKS”. Maar van die ander Indiërs het wel van die Vediese Wiskundeformules genoem. Opvallend is dit juis die Hindoenasionaliste wat hierdie formules in hul leerplanne wil gebruik. Ander voer egter aan hierdie soetras is bloot eselsbruggies.

    “Oor Sanskrit is gesê: “Man’s one true embellishment is language kept perfected … eternal [is] the refinement of fine language” (3672).”

    Ironies genoeg is die mooiste werke in Sanskrit juis nie deur moedertaalsprekers geskryf nie, maar deur nakomelinge sowat 700 jaar later (volgens Teach Yourself Sanskrit 1976, xxi – Michael Coulson) – dit is net mooi die teenoorgestelde van Latyn waar ons Vergilius het wat wel ‘n Romein was. Hoekom? Want in Indië was daar nog geen “groot werk” wat, soos in die Weste se geval, die “Middeleeuers van Sanskrit” oorskadu het nie. Vir ons is so iets onbegryplik – dit is tog moedertaalsprekers wat die mooiste skryfwerk tot stand bring? En tog, in Afrikaans het ons een Duitsgebore Jood wat wel deel van die literêre kanon opgeneem is: Peter Blum. (Olga Kirsch is in Suid-Afrika gebore).

    En terwyl Frans hom deels wil ontlatyn, om werklik Frans-Frans te wees, is Hindi juis besig om ou Farsi (Persiese) woorde uit sy taal te weer en Sanskritwoorde daarmee te vervang.

    (Die “Teach Yourself Sanskrit” wat ek impulsief gekoop het is 493 bladsye lank; die dikste boek van daardie Teach Yourself-reeks wat ek het. Ek sal enigiemand eers aanraai om Latyn te leer voor jy die derduisende devangarisimbole probeer onder die knie kry. Sy vervoegings van die werkwoorde, verbuigings van sy selfstandige naamwoorde ens. is iets uit die bose! Persoonlik vind ek die lewe te kort om Sanskrit te leer. En juis aangesien die Junggrammatikerbeweging in die vroeë 20ste eeu doodgeloop het (omdat klank en betekenis niks met mekaar uit te waai het nie), sien ek nou nog minder nut in Sanskrit. Behalwe in kunswerke waar Oos-Wes-kontraste uitgebeeld word, of, soos in The Matrix:Revolutions, ‘n soort mistiekheid na “verligting, waarheid en onsterflikhied” daaraan gee met die Hindoedreunsang, genaamd “Navras”.).

    _____________

    “(3) die bevordering van taalvariëteite omdat daar wyslik uitdruklik voorkeur aan Standaardfrans gegee word”

    Ek kan verstaan hoekom dit wyslik is [1) anders gaan dit verval tot ‘n straatpraattaal eerder as wetenskapstaal; 2) minder geld vir werklik belangrike projekte, soos woordeboekmakery], maar daar is net iets wat my hinder.

    Hier ruik ek eerder monisme as iets anders. Met die opkoms van die fraternité ens. met die val van die koning, wou die heersers op drakoniese wyse Frankryk verenig. Tot so ‘n mate dat minderheidstale en Franse variëteite onderdruk is. Engeland en Spanje het presies dieselfde gedoen. Daarteenoor kon dit die Duitsers, die Hollanders, die Italianers (wel, Tirool is die uitsondering) – prakties die res van Europa nie skeel nie. Maar, soos reeds gestel, die Franse Akademie bestaan reeds in die tyd van die Franse konings. Nou hoe het die koning gemaak? Jy kon in jou moedertaal (Elsassies, Duits, Nederlands, Bretons) of enige dialek verhoor word, solank dit net nie in Latyn is nie. Stel hierdie vrygewigheid nou teenoor die “fraternité” na die Revolusie. En wat van die Quebeckane wat ‘n 16de-eeuse Paryse dialek in Kanada praat? Wie se dialek is nou eintlik die suiwerste?

    As jy variëteite uit die staanspoor dooddruk, is so goed jy vernietig Seeus, Brabants, Vlaams, Haags, Rotterdams en die ander 600 stadstale in Nederland. Helaas ook die straattale en groepsjargon van Rotterdamse agterbuurte. Petrus van Eeden (1995) waarsku ‘n taal soos Nederlands kan nie sonder variëteite bestaan nie, want waar gaan die woordeskat vandaan kom? Dialekte is ‘n snaaksigheid ja, maar dit is die bron vir die hoëfunksietaal. Van Eeden vind juis daarom het jy die “snaaksigheid” (dis nou Afrikaans) rypgedruk in ‘n formele taal, wat sy “snaaksigheid” nou noodwendig elders sal moet kry. Raai net van waar? “Afrikaanse dialekte” en, hoe dan anders, letterlikvertaalde Engels soos gebesig op skottelkanale, die radio en ingevoerde handboeke.

    Dis soos ‘n formule waar jy elke keer by hierdie antwoord gaan uitkom: die vervlakking of verengelsing van Afrikaans. Die alternatiewe is natuurlik Nederlands, Duits en ander Kontinentaalgermaanse tale (soos Yslands tog doen met sy sustertale) – en ander tale soos Frans, Spaans, ens. – maar ook hier loop mens jou teen ‘n muur vas. Belangstelling, of eerder, die gebrek daaraan, onder andere. Die onwil van ‘n steekse volk.

    Van Eeden wys onder meer hoeveel Afrikaanse woorde in Nederlands opgeneem is vir fauna en flora wat die Hollanders nie geken het nie. Let ook op: deur slegs een standaardtaal te hê en al die kindertjies te ontken, is ‘n wyse om te sê – daar bestaan net een landstaal / Nederlands, en een “nasie”. Daar is die kruks. Op die ou end gaan dit eerder oor (Inter)nasionale Eenheid, as VOLKSeenheid. Nasionalisme en Volkseenheid is nie dieselfde ding nie, veral nie in die Suid-Afrikaanse konteks nie, al word hulle willekeurig as sinonieme behandel in Europa (waar daar wel voorheen sprake was van volkstate), net so min as Landsgenote met Volksgenote / Etnisiteit verruil kan word. As jy variëteite probeer uitwis (deur geen erkenning nie), dan ontken jy regionaliteite en volke. Jy praat jou taal van jou mense, ek praat my taal van my mense. Dat Kaaps en Boereafrikaans met die loop van die eeue al hoe verder uit mekaar sal groei, is nou maar soos dit is. Jy kan hard probeer om dit in ons sitkamers in te bring met sepies – maar as niemand meer TV kyk nie, niemand die Son lees nie, die koerante ontoeganklik gemaak word, die radio op ‘n Europese kanaal ingestel word (internetradio), die gedigteboeke op skool en universiteit in elk geval in die toilet afgespoel word, en al hoe meer oudstudente en leerlinge met insig ontnugter word oor die sin van die afgewaterde leerplanne – wat dan?

    ‘n Groot probleem tans in die Lae Lande is die akkommodering van Belgiese Nederlands en Nederlands-Nederlands, want jy wil die Vlaamse volk met hul eie kultuur erken, maar jy wil ook die Nederlandse volk met al sy doen en late erken. En tog wil jy ‘n eenvormige Nederlands kry. Dis geweldig ingewikkeld.

    En onthou, die druk wat Nederlands op homself toepas, is dieselfde druk wat op Afrikaans toegepas gaan word. Dit maak nie saak hoe ons omstandighede verskil nie – wat in Europa geld is altyd reg. Trouens, uit al die Nederlandse boeke oor Afrikaans word hierdie reël voorskriftelik neergelê. Steun ek dit? Nee.

    • leonlemmer

      Suidpunt, dankie vir jou sinvolle, ingeligte opmerkings. Ek is self gekant teen die dooddruk van (volwaardige) tale wat min sprekers het, bv Baskies en Bretons in Frankryk. Omdat Engels eintlik deur die owerheid as Suid-Afrika se enigste nasionale taal bevorder word, kan Afrikaans tot niet gaan. Te dikwels word daar op die Wim de Villiers-manier geredeneer dat dit die maklikste is om net een taal te he. Twee redes waarom ek die plaaslike klem op Afrikaansvarieteite teenstaan, is (1) die voortbestaan van Afrikaans word bedreig en daarom is daar krag deur eenheid in Standaardafrikaans te soek en (2) die ATR, ATKV en ATM bevorder by voorkeur Kaaps en nie Standaardafrikaans nie omdat Kaaps met bruines en Standaardafrikaans met Afrikaners geassosieer word. Ek sal vrede met die gehamer op Afrikaansvarieteite he as dit Kaaps uitsluit; dus as Kaaps eerder as ‘n mengeltaal (wat dit ongetwyfeld in erge mate is) as ‘n Afrikaansvarieteit getakseer word. As Afrikaans sou oorleef bloot in die mate wat dit in Kaaps behoue bly, is dit myns insiens onmoontlik om respek daarvoor te he. Afrikaans sal eerbaar oorleef slegs as dit so duidelik moontlik van Engels onderskei word terwyl Kaaps die teenoorgestelde doen. Laasgenoemde is die ideaal van Hein Willemse: “Ons moet onthou die bruisende toekoms van Afrikaans … reeds in ons veeltalige stedelike strate soos die van Kaapstad en sy townships vorm aanneem” (Kaaps in fokus, p 75).

      • Suidpunt

        In daardie opsig:

        My vraag is natuurlik waarom mens Kaaps met Afrikaans in die eerste plek wil vereenselwig? Watter voordele is daar uit te put? Ek probeer die logika daarin sien.

        Is dit eksklusiwiteit? Omdat hul Engels te minderwaardig is vir Oxford en nou ‘n maklike kategorie gesoek word vir hierdie tussentaal (soos u reeds in die verlede geskryf het)? Ek kan, vir mense wat nou ook nie juis as die rykste beskou word nie, Afrikaans glad nie as die geldtaal insien nie. Waarom die verkeerde perd opsaal? Of, is dit maar net omdat Afrikaans veel meer “akkommoderend” is, nee, die rooi tapyt oopgegooi word deur akademici?

        Of is Afrikaans juis ‘n metode om twee wêrelde tegelyk te geniet? Want soos uself in Gauteng gesien het, word swart skoolhoofde uitgehou. En in my eie dorp word Afrikaans by bruin skole gebruik om die swart leerlinge uit te hou. Dit is slegs by blanke skole wat die groot negatiewe mediablootstelling kry.