SAL: ‘SEB is net ‘n verskoning vir steel’

Een van die SAL se Boeing 747's 'wat vir 'n appel en 'n ei verkwansel is'

SAL (die Suid-Afrikaanse Lugdiens) betaal drie keer te veel vir die huur van vliegtuie omdat die ekstra geld in die sakke van die bestuur se vriende en SEB-begunstigdes verdwyn. Die miljoen liter branstof wat die lugdiens daagliks verbruik, word ook nie teen ‘n markverwante prys aangekoop nie omdat ‘n verskaffer sy “kommissie” daarby voeg.

PRAAG het met bronne diep binne-in die sukkelende lugredery gepraat. Terwyl Ethiopian Airlines die SAL van sy troon gestoot het as “beste lugredery in Afrika”, lyk dit nie asof die plaaslike lugdiens ooit sy probleme en reusebedrae kontant wat dit gedurig opslurp te bowe gaan kom nie.

Volgens een van PRAAG se bronne, iemand wat al jare lank by SAL werk, is SEB (swartekonomiesebemagtiging) die wortel van die probleem. “SEB is eintlik net ‘n verskoning onm te steel,” sê die bron. “Ons mag nie soos enige normale lugredery waar ter wêreld ook al ons vliegtuie of brandstof van erkende verskaffers aankoop nie; alles moet deur SEB-entiteite en tussengangers geskied wat ons soos bloedsuiers uitmergel.

Voor 1994 is SAL as ‘n nasionale bate en “lugdiens” — ‘n diens aan die land — bedryf. Selfs direkteure van SAL het destyds soos gewone middelklasmense geleef, met hul kinders op staatskole en ‘n gewone bestuurder se salaris waarmee ‘n middelklashuis en -motor bekostig kon word.

“‘n Direkteur van SAL bly vandag in ‘n sestienmiljoenrandhuis in Sandhurst en ry ten minste ‘n Porsche,” sê die bron. “Hy verdien vier miljoen rand per jaar en leef soos ‘n koning. Daarom kan die arme redery nie die mas opkom nie.”

Gewoonlik kos dit ongeveer $300 000 per maand om ‘n groot passasiersvliegtuig vir internasionale vlugte te huur; dis wat die meeste internasionale rederye betaal. Tot onlangs het SAL egter $900 000 per maand per vliegtuig betaal, omdat al die middelmanne en SEB-plunderaars gevoer moes word. Dié huurooreenkomste is egter intussen effens afwaarts hersien, maar is nog veel duurder as wat die meeste ander rederye betaal.”

Eens op ‘n tyd het die SAL oor sy eie vliegtuie beskik, onder andere ‘n hele vloot Boeing 747’s. “Daardie vliegtuie was klaar betaal!” sê die bron. “Hulle moes net onderhou word. Maar toe is daar gesê: nee, ons kan nie met ou vliegtuie winsgewend wees nie. Ons moet nuwes kry, nuwes huur. Daardie Boeings is vir appel en ‘n ei verkwansel, weereens deur middelmanne wat geld gemaak het…”

Dat die Boeings nie meer geskik was nie, was ‘n leuen. “SAL kan nie meer met enige vliegtuig ‘n wins maak nie. Maar British Airways, Quantas, hulle vlieg nog elke dag Suid-Afrika toe met Boeing 747’s! Hulle kry dit reg om hul vliegtuie winsgewend aan te wend.”

Meer en meer roetes word ook gesluit, weereens omdat “hulle nie winsgewend is nie”. Maar ander rederye vind steeds dieselfde roetes winsgewend, dis net SAL met sy swaar ballas van SEB-plunderaars wat dit nie meer kan bekostig nie.

Volgens die bron gaan SAL binnekort “nóg vyf miljard rand benodig om staande te bly. Solank as wat dié praktyke geduld word en solank as wat SEB bestaan, gaan die staat SAL moet onderhou,” sê die bron.

Dit gaan egter oor meer as swak bestuur. Die hele stelsel van “bemagtiging” en gewettigde diefstal maak dit onmoontlik om ‘n lugredery met sakebeginsels te bedryf.

Ethiopian Airlines maak ‘n wins van $300 miljoen per jaar, waarskynlik met minder winsgewende roetes as die SAL. Dié redery verkeer ook in staatsbesit. “Die verskil is,” sê die bron, “die Ethiopiese regering het ‘n hoofbestuurder aangestel wat die redery in belang van die aandeelhouer, die staat, bedryf. Sy woord is wet. Daar vind geen regeringsinmenging in die redery plaas nie. Anders as by SAL waarmee die minister en die staat hul gedurig bemoei.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Gelukkig is daar darem Glass Candy se “Warm in the winter” wat ons dolverlief op Air France maak. (“Love is in the air… oe ah oeeee….”).

    Ek wens net ek kan ‘n lys kry van “belastingaftrekbare instansies”… Aangesien daardie geld van die regering in elk geval vermors gaan word op SAA, SABC en ESKOM (ek weier om “SAL” of “SAUK” of “EVKOM” te gebruik vir instansies wat nie meer funksioneer soos weleer nie).

  • Ou Transvaal

    SEB……die siekte van die HELE staat , ek weet van gevalle waar ‘n SEB buisie gom aan die staat gelewer word teen R89-00 @ buisie wat algemeen vir R24-00 op die ope mark verkoop word , ‘n 20liter padverf van R1200-00 word teen R4200-00 gelewer en dan is die staatsamptenaar verplig om dit te gebruik …hoe klink R6100-00 vir ‘n ystersaag (‘n werklike geval)!!!!???

    • Suidpunt

      Dit klink vir my sommer baie bekend, nee – wag, dis op my tong. Ja. Dit klink vir my soos die mediese fonds by ‘n tandarts of dokter. Dis so goed jy gee jou beursie aan vir die sekretaresse en sê: “Dè! Kyk mooi hoeveel ek het in my beursie. Vat nou soveel daarvan as wat jy wil!” Juis daarom betaal mens deesdae maar eerder kontant of met die Goldene Kreditkarte en stuur die staat later via e-pos. Sien, die dokter het sy gewone tarief, en die mediese fonds het hul “standaardtarief” wat aansienlik hoër is. En wie sal nou daardie kans laat verbyloop?

  • Rifrug

    “SEB is eintlik net ‘n verskoning onm te steel,”

    • Cousin Vinnie

      Ag oubaas se honne, tog só bly jy het dit weereens uitgesuffel.

      • Trippie

        HuH

      • Rifrug

        Uitgesuffel?

        • More,
          interressant hoe mens in jou eie slagyster kan trap.

          • sussie se vissie

            HuH?

        • Cousin Vinnie

          🍼🍼🍼🍼🍼🍼🍼🍭🍭🍭

          • sussie se vissie

            🙂

    • Trippie

      Stem Riffels.

      • Rifrug

        Ek is nou so ontsteld!
        Ek was nou by die apteek, hier in watse straat nou weer oorkant die dinges man.
        Maar anyway, toe vra ek nou mooi in Ingels nogals “Sir I need some medicine” en wys na my keel.
        Toe sê hy “fo cough” toe loop ek maar.
        Want nog nooit het iemand so met my gepraat nie.
        Wie dink hy is hy nogals?

  • sussie se vissie

    Blyk enige ding met n ‘ballas’ (sic) is ‘useless’.

  • Na mening is SEB nie die probleem nie, maar die afwesigheid van onderlinge WEB saam met internasionale handels vennote vanuit die Germaanse, Sakserse en verwante volkere se dampkring.

  • So 2/3 jaar gelede sou ‘n retoer vlug vir een persoon met SAL van Kaapstad/Jo’burg en dan met Air Botswana tot in Francistown jou R7,000-00 gekos het.
    Ek en my beterhelf het 2 maande gelede Kaapstad/Windhoek R6,900-00 vir retoer kaartjies betaal met Air Namibia.

    • Trippie

      Hallo Andy

      • sussie se vissie

        Al ooit blog.socialjane.com probeer?

        • Sou jy na haar profiel op PRAAG gaan kyk sal jy besef sy het nie die betrokke blog nodig nie.
          Mooi dag verder.

          • sussie se vissie

            Wees nou konsekwent in jou voorliefde vir blondines…en gee my ( ook ) opduime vir hierdie insiggewende HuH-repliek.
            Maak dit 3…en my dag is nog mooier.

          • Sussie,
            ek dink jy is nog te nuut op Praag om wilde aannames te maak’
            sou jy positiewe, ordentlike, en ongekruide kommertaar lewer sal jy verseker op duime kry, ongeag of jy blond is.
            Terloops, ek is te gevorderd in jare om my te laat verlei deur blondines. Ek sien baie dieper as dit.
            Wat betref op duime, ek het al vir jou per geleentheid n op duim gegee vir kommentaar wat ek mee kon saamstem. Miskien het jy dit maar net misgekyk.
            Mooiloop.

          • sussie se vissie

            Hok sê die bok…Handy Andy.
            Het dit net teen blondines wat hul op forums per Rooi Rose en Hoekie vir Eensames…’geloofwaardige avatars’ misleidend toedig.
            Ek’s blond.
            Met 3 grade…meer Bond ( 007 )…as semi-blond.
            En nes die ‘osse stap aan deur die stowwe’ – kyk u werklike intellek mis.

          • Mmmmmm foeitog ja. Totsiens.

          • sussie se vissie

            Jou mmmmmm klink suggestief.
            Jy familie vd koster op Nieu Bethesda?

      • Hi Trippie,
        genugtig dit is goed om van jou te hoor. Ek het gedink jy het die aarde verlaat en in die naaste peerboom geklim.
        Gaan dit wel met jou! hoop so. Sien uit om weer van jou kommentare lees.
        Seën en…………mooiloop.

  • Mattewis Kat

    SEB is maar die probleem by al die staatsverwante organisasies. Denel, ESKOM, die hele spul gaan gebuk daaronder. Benewens die feit dat hulle verplig is om van die oorprysde dienste van oneffektiewe kader-besighede gebruik te maak, word kritiese poste binne hierdie semi-staat strukture eenvoudig vakant gehou eerder as wat gekwalifiseerde blankes daarin aangestel word. Die leuse is eenvoudig: die besigheid kan eerder polities-korrek ondergaan as wat hy deur die “privileged whites” toegelaat word om te floreer. Hierdie korrupte mandaat word aan die self-lonende heerserskap geskenk deur ‘n stemgespuis wat deur die kolonialiste geleer moes word om selfs hulle agterstewe af te vee. Dis ‘n demokratiese mislukking waarin die enigste beduidende wigte dié is wat tussen De Klerk en die ongerieflike werklikheid bestaan.