Katalonië wil onafhanklikheid van Spanje verklaar

Betogers eergister by Barcelona se Plaza de la Universidad

Katalonië gaan “binne dae onafhanklikheid van Spanje veklaar”, het die leier van die outonome gebied aan die BBC gesê.

Tydens sy eerste onderhoud sedert Sondag se referendum, het Carles Puigdemont verklaar dat sy regering “aan die einde van dié week of die begin van aanstaande week gaan optree”.

Die streek het tot stilstand gekom nadat duisende betogers die strate in gevaar het tydens ‘n massastaking om beswaar te maak teen die Spaanse regering se gewelddadige onderdrukking van kiesers tydens die onafhanklikheidsreferendum, wat deur Madrid as onwettig beskou is.

Honderde duisende mense het in Barcelona op straat gegaan om te betoog teen die Spaanse regering se besluit om die uitslag van die referendum te ignoreer terwyl die meeste Katalane ‘n dag van massastakings in die hele streek eerbiedig het. In Barcelone het 700 000 aan ‘n optog deelgeneem, volgens die stadspolisie wat deur die AFP-nuusagentskap aangehaal is.

In die laatmiddag het betogers by die stad se Plaza de la Universidad bymekaar gekom (sien foto hier bo).

Koning Felipe van Spanje het die Katalaanse owerheid daarvan beskuldig dat hulle die “eenheid van Spanje” wil verbreek en gewaarsku dat die onafhanklikheidsbeweging die land se maatskaplike en ekonomiese stabiliteit kon bedreig.

In ‘n rare en ‘n sterk bewoorde televisietoespraak Dinsdagaand, het hy die Katalaanse regering daarvan beskuldig dat hulle “die harmonie en naasbestaan binne die Katalaanse maatskappy as sodanig wegkalwe en besig is om dit te verdeel”.

Die koning se toespraak het gevolg op ‘n BBC-onderhoud met Puigdemont waarin hy hom daartoe verbind het om met pogings te volhard om van Spanje af weg te breek.

Die Europese Kommissie het intussen gesê dat die gevalle van Spanje se provinsie Katalonië en Serwië se provinsie van Kosowo en Metohija “nie vergelykbaar is nie”.

Op dieselfde dag het die EU “verklaar” dat die Katalaanse onafhanklikheidsreferendum wat die vorige dag gehou is, ongrondwetlik volgens die Spaanse reg sou wees.

“As dit kom by die erkenning vir Kosowo, was daar ‘n baie spesifieke konteks. Die standpunt is deur verskeie VN-deklarasies en verskeie VN-resolusies, asook die internasionale gemeenskap, ingeneem. ‘n Baie spesifieke konteks, met spesifieke redes,” het die EU-woordvoerder Margaritis Schinas gesê.

Maar hy kon geen rede of verklaring verskaf aangaande die VN-deklarasies en resolusies waarna hy verwys het nie — of wat die “spesifieke kwessies” was nie. Schinas is die huidige hoofwoordvoerder van die Europese  Kommissie, asook ‘n adjunkdirekteurgeneraal by die Kommissie se kommunikasiedepartement.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Owen
  • Suidpunt

    Aan die een kant wil mens ook lag: wys my enige voormalige Spaanse kolonie wat nie geweldig etnosentries geword het met etniese elitegroepies wat teen mekaar oorlog voer nie – divide and conquer? – so, etnosentries dat die groepe hoegenaamd nie eers met mekaar kan saamwerk nie. Ook die verskillende klasse haat mekaar. Selfs die Filippyne is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Vergeleke met Engeland en Nederlands se sterk burokrasie, is die Spaanse ryk uit die staanspoor gemaak om te verkrummel. Maar nou ja, so skryf die ou IMF-navorser, Anthony Elson, in sy boek, Why East Asia Surged Ahead and Latin America Fell Behind, oor die saak.

    A large body of writing has shown that, notwithstanding differences in the timing of colonialism in the two regions, the colonial heritage of Latin America left a legacy of weak states, strong oligarchies, and marked economic and social inequality. By contrast, the colonial legacy in East Asia was far more diverse, including one case (the Philippines) that shares much in common with Latin America, and others (China and Thailand) that escaped colonialism. In general, though, strong states, weak oligarchies, and relative socioeconomic cohesion can be associated with the non-Iberian colonial heritage in East Asia.

    Dan sê hy elders:
    The historical record shows that British, Dutch, and Japanese colonial administration, by and large, left the newly independent states of Malaysia, Singapore, Indonesia, Korea, and Taiwan with strong bureaucracies and important infrastructural and physical investment for industrial
    production and commodity exports. The case of the Philippines is atypical, as many legacies of the Spanish colonial regime remained unchanged under US administration in the first half of the twentieth century, while education, democratic electoral procedures, and foreign direct investment were promoted. Strong rural elites associated with large landholdings that were fostered under Spanish rule continued in place under US administration, alongside a relatively weak central administrative structure. In this respect, the Philippines share an important historical characteristic with Latin America, along with the dominance of a strong Catholic religious tradition.

    Tog is dit baie oorvereenvoudigend – want kyk na Brittanje en Afrika…

    • John

      Die vergelyking tussen (kolonies van) die ooste en die van Suid Amerika ten gunste van die ooste is ongetwyfeld waar. Maar ek het min twyfel dat dit die etniese aard was wat langdurige herlewing in die ooste tot stand gebring het terwyl Suid Amerika waarskynlik nooit sal ophou sukkel nie. Die oorgrote deel van die Suid Amerikaanse beurokrasie is mulatos, en die vryheid stryd daar moes Marxism gaan huur om eenheid te bewekstellig. Die oosterse volke het hul eie eeu oue kulture gehad.

      Die Spanjarde het ‘n fout gemaak om te dink dat hulle wild en wakker kon broei onder die slawe maar nog steeds sou kon vas klou aan die ou status quo.

  • Antonie Geyser

    Ek dink net dat hierdie groep mense verdien om onafhanklik te wees na die vreeslike bloedvergieting in spanje jare gelede en so aan, maar miskien is n meer sterker absolute ‘autonomy’ n meer praktiese oplossing in die moderne tye

    • John

      Aan die een kant maak dit sin om in `n sg. “co-independent” bestel saam te leef met ouboet. Maar vir hoe lank sou dit duur voordat jy nie maar net weer ingesluk word nie ? En watter onmin sou dit nie veroorsaak nie indien die res van jou Spanje se bevolking begin jaloers word op die spesiale kind se regte nie ?
      Aan die ander kant, is dit werklik ‘autonomy’ ? Daardie outonomie sal ook `n duur prys hê, want jou grense word nog steeds beheer deur ouboet en as sulks sal jou bevolking uit mis op baie van die voordele i.v.m. internasionale handel. Nes die geval met Skotland, wie vandag moet sit en toekyk hoe BP olie uit hulle eie see uit pomp en bo oor hulle koppe na die suide toe pyp.

  • John

    Die ironie !
    Die linkses ondergrawe nou hulle eie E.U. ter wille van hulle hebsug met vryheid. Kan hierdie selfsugtige mense nie vir `n oomblik hulle belange opsy skyf en dink aan die groter prentjie nie ? `n Sterk sentrale regering oor die ganse Europa onder leiding van Mev. Merkel, wat agter almal gaan kyk.

    Nou wonder ek net, waneer gaan daardie ouens van die E.T.A. weer gees vang en gebruik maak van die huidige mode ? Ek sou sê ou Flip van Iberië is al reeds besig om homself te beskyt as die ou slagspreuke weer begin weerklink. En Macaroni aan die oorkant moet ook nou bond staan want beide die Baske en die Katalane is aan weerkante van die grens. En dan is daar nog Andalusia ook !

    Ek het so gevoel dat die jaar van 2018 dalk die jaar van afstigting regoor die aarde gaan word. Katalonia, Koerdestan, Tibet en Hongkong miskien ? Gaan België terug Nederland toe ? Waloonia terug Frankryk toe ?

    As in mens in ag neem hoeveel mense vandag regoor die wêreld as sg. “stateless” bevolkings bestaan is dit `n skreeuende skande.
    https://en.wikipedia.org/wiki/Stateless_nation

  • Dit is ongelukkig, of gelukkig so, dat ‘n onafhanlikheids of selfbeskikkende referendum min beteken as die soewereine staat wat voorgestaan word nie deur enige bestaande en erkende lid land van die internasionale gemeenskap erken word nie. Tog is dit na mening ‘n goeie les vir die skim-agtige, skugter en versplinterde Boere-Afrikaner wat nou al sedert die Afrikanerakkoord, nee eintlik al sedert die Groot Trek, of is dit sedert die St. Batholomeusnag, hunker na selfbeskikking vir Afrikaners. Nou hoe die internasionale gemeenskap na die blanke Boere Afrikaner kyk, weet ek nie. Is ons ‘n internasionale vriendskaps, beveiligings en ekonomiese bate? Oortuig ons ander as ‘n begaafde en eendragte groep wat vir SA, Afrika en die wereld van nut kan wees as ‘n internasionale vennoot d.m.v. ons norme, standaarde en kwaliteit van werk gelewer? Moet interne (VF+ en AfriForum?) of eksterne (ASK en Volksraad?) selfbeskikkingsmodel nagestreef word? Dan die groot vraag in my beskeie gemoed: is die dikwels onopgewasse, weerbarstige en self-veradderlike, wedersyds-verwerpende blanke Boere-Afrikaner in staat om die selfbeskikkingsproses en instandhoudingsverantwoordelikheid te verwesenlik? ASK medewerkers, so lyk dit my, reken dit kan (nou, vanuit die diep Rip van Winkle sluimering?) gedoen word!

    https://uploads.disquscdn.com/images/de310e603aade47be4c32d4027c2ce8243d2eeff11df7060e6cb37cccc221248.png

    • John

      Dit is indedaad `n goeie les vir Afrikaners wie wil volhard met hofsake ter wille van selfbeskikking. Wees verseker ! Dit sal geignoreer word.
      Hier het ons `n :
      1. erkende etniese afsonderlike groep, wie
      2. demografies en geografies gekonsentreerd is, met
      3. `n unieke, eie taal en kultuur wat
      4. eeue oud is

      Afrikaners kan skaars op een van daardie eienskappe aanspraak maak. As die Katalane lank reeds voor die tyd van Franco onderdruk en vervolg word, hoeveel te meer sal die Afrikaners nie vervolg word indien hulle oot so iets op groot skaal probeer ?

      Johny ek dink daar is `n verskuiwing nodig in die denke e komponente van die wie na selfbeskikking smag. Maar mens moet brutaal eerlik wees daaroor.
      WIL Afrikaners saam wees ? Waarom ? Wat trek hulle na mekaar toe ? Is dit werklik deurlopend en konstant of is dit eintlik maar net `n geval van “ons ry kerk toe en groet op Sondag” maar op Vrydae hang ons elders uit.

      Ons maak `n fout om broeders by komitees te soek en nerens anders nie. Die Afrikaners se sg. kultuur en waardes en normes is `n portret in `n glas kas wat slegs op geleentheid vertoon word. En die leiers figure word nog te veel geseok onder die ooms van die kleet, doktore en profesore.

      Miskien `n slaggie `n blad neem uit die Iere se stryd, wat hul hoofkwartier hoofsaaklik in `n pub gehad het. Daar waar die ware kultuur geleef het, en daar waar mense nie `n sondag gesig hoef te gedra het nie. Jonges skrik ook nie vir `n bier nie.

      • Jip John, Afrikanerselfbeskikking is ‘n saak van historiese en toekoms impak vir ‘n groep mense wie tog ‘n unieke geskiedenisverhaal kan vertel. Dit gaan miskien ook oor baie meer as my en jou mening, en ons mense is inderdaad uiters swak voorgelig. Maar, ek gee toe, of daar werklik erns hieromtrent by die Afrikaner “massa” en Afrikaner “leierskap” is, en hoe dit effektief ter medwerking en uitvoering gekommunikeer gaan word, weet ek nie. Daar is die laer risiko, goedkoper en sonder waarborge “no name brand” lemoen gegeurde of gekleurde produk wat onlangs deur mnr. Buys van AfriForum voorgehou is by https://www.afriforum.co.za/praktiese-plan-vir-selfbeskikking/#.WdXzwt0jlKM.facebook.

        • John

          Johny, ek glo nie jy verstaan nie. Die opsie van geografiese afsondering is onhaalbaar. So ook enige vorm van selektiewe verteenwoordiging. Omdat :
          1. dit fisies, letterlik nie moontlik is nie, en
          2. selfs as was daar `n beduidende aantal (blykbare) Afrikaners in `n gebied, sou eenheid waarskynlik afwesig wees – vir o.a. die redes wat ek hier bo noem.

          My punt wat ek al sedert 20 jaar gelede hier en elders maak is dat die heel eerste doelwit nie meer `n eie land moet wees nie, maar `n nuwe geboorte van `n kultuur wat ongelukkig buite `n soewereine grondgebied sal moet tot stand kom. En nou benadruk ek weer – ek het so spesmaas dat dit juis nie moontlik is nie. Want Afrikaners wil nie saam bou aan kultuur nie, hulle wil slegs verskans wees teen Afrika.

      • Suidpunt

        “WIL Afrikaners saam wees ? Waarom ? Wat trek hulle na mekaar toe?”

        Dis ‘n baie, baie teer puntjie wat hier aangeraak word. Dan moet ek eerlik wees: ek soek ‘n tropiese eiland met satellietverbinding en ‘n swartluiperd op my bed wat “Rrrau!” sê. So lief is ek darem nou nie vir mense nie, hoor. Want waar mense is, is daar probleme (en oplossings ook, sê die optimis). Vir my gaan dit oor: wat in NUTTIGE buitelandse boeke in vreemde tale / skaars Afrikaanse boeke staan, moet ek vir mense hier gratis kan oorbring wat nie daardie bronne gelees het nie. Jy het dus mense “met vermoëns”, “kennishonger” en “rede” nodig (verstand en belangstelling), maar jy het ook die onbereikbare bron daarbuite nodig. Ek beskou my dus as ‘n soort tussenganger, wat my ‘n soort raison d’être gee. Sonder die ontvangers kan die tussenganger nie bestaan nie. Soos die verstand en vermoëns daarbuite egter begin uitsterf (ook weens die verdowing van die media), maak dit mens effens neerslagtig, want waarom jou tyd mors? Aan die ander kant weer, wat as iemand binne 5 minute daardie bron in sy taal nodig het, en dit is nie daar nie? Die rekenaar het my fisieke teenwoordigheid in ‘n gebied dus onnodig gemaak.

        Dit lyk my die hele Afrikanerdom is hierdeur reduseer tot taal. En ons weet ook etnisiteit is meer as taal.

        • John

          Taal, etnisiteit en godsdiens.
          Aan die een kant is nie een van hierdie drie uniek tot die Afrikaner nie.
          Aan die ander kant het elkeen tot mindere of meerdere mate die potensiaal om (die wie identifiseer as) Afrikaners te verdeel. Veral godsdiens.

          Dus, my voorstel van “kultuur” as alternatiewe faandel.

        • Rifrug

          “Dan moet ek eerlik wees: ek soek ‘n tropiese eiland met satellietverbinding en ‘n swartluiperd op my bed wat “Rrrau!” sê.”

          XD

    • Johanw

      Johan, jou kommentaar is soos gewoonlik nugter en beredeneerd. Eksterne selfbeskikking is ons enigste uitweg in terme van oorlewing as Afrikanervolk. Interne selfbeskikking binne konteks van Suid Afrika is selfmoord. Die uti possidetis iuris regsreël, “Soos wat jy in die reg besit gehad het, so sal jy (in die toekoms) besit hê”, kan deurslaggewend wees by die argumentering oor die regsgeldigheid van eksterne selfbeskikking en afskeiding. Dit is nou met verwysing na die voormalige Boererepublieke. Die kernpunt is egter volkswil en jou ‘groot vraag’ is absoluut relevant. Ons moet kyk wie wil afstig binne Afrikaner verband. Ek heg baie waarde aan ‘n ASK maar die bestaande ASK kon nog nie met klinkklare beleid/voorstelle na vore kom oor hoe selfbeskikking bereik kan word nie. Ek het al insette gelewer mbt selfbeskikking maar daar is ‘n gebrek aan kundigheid oor die onderwerp by die ASK alhoewel die bestaan van die ASK sekerlik gaan oor die bereiking van selfbeskikking. Mens kan opstelle skryf en ure gesels oor die onderwerp, maar besluite moet geneem word. Mens doen nie aansoek vir selfbeskikking nie.

      • Johanw, dankie vir jou bydrae. My kommer is ook dat daar wel kundigheid oor selfbeskikking beskikbaar is maar die wil, durfmoed en beginselvasthied word belemmer deur ‘n moontlike ongesonde wedywering vir ‘n afskop spantrui of ‘n borg …

        • Johanw

          As jy Bloemfontein besoek moet jy my kontak asb. Ek neem aan jy woon in Tvl. Ek beplan nie n besoek daar in afsienbare toekoms nie.

      • sussie se vissie

        Heerlik! Skielik gaan daar lig op.
        Deel jou sienswyse mbt jou laaste sin.
        Voel ook om ‘aansoek te doen’ vir iets wat legitiem reeds as jou eiendomsbesit geag kan word – oorbodig en arrogant oorkom.
        Vraag is…anders as neerkruipend ‘aansoek’ te doen – wat is die alternatiewe weg om te volg?

  • Suidpunt

    Magtig, maar die man het humor! Ek lees nou juis die stuk wat hy skryf oor Tanja Blixen, http://www.geocities.ws/films4/blixen.htm. Want hy sê sonder om doekies om te draai – daar gaan eintlik niks in die boek aan nie. Sy het aanvanklik ‘n langdradige bundel geskryf, en toe verkort. Maar selfs in hierdie “Reader’s Digest” weergawe en al, gaan daar steeds boggerol aan. En tog bly die boek verkoop, die rolprente kry steeds goeie resensies. Ek probeer juis kyk of hy presies by dieselfde resultaat as Dr. Dan Roodt gaan uitkom: in Roodt se boek vind hy die hele Blixen-faam as ‘n soort “nostalgie” van die Britte toe hulle ryk op hul hoogtepunt was.

    Dis eintlik jammer oor vele van sy werke wat uitgewis is wat hy nou moet herbou. Maar, hy het ook ‘n punt beet oor die Hollandse kolonies ( http://dikigoros.tripod.com/holland.htm ).