Isis aanvaar verantwoordelikheid vir Las Vegas maar FBI ontken verbintenis

Stephen Paddock, die Las Vegas-skieter (links) en die Somaliese vragmotorbestuurder in Kanada (regs).

Volgens ‘n ISIS-webblad het die Las Vegas-skieter, wat 58 mense gedood en honderde meer beseer het, as hul verteenwoordiger opgetree, maar die FBI sê die aanvaller had geen verbintenisse met internasionale terreurgroepe nie.

‘n FBI-reddingspan het egter Antifa-literatuur in sy hotelkamer gevind, volgens ‘n bron wat bande met die span het. Die span het ook foto’s gevind wat in die Midde-Ooste geneem is van ‘n vrou wat met die verdagte, die 64-jarige Stephen Paddock, verbind word.

“Die Las Vegas-aanval is deur ‘n soldaat van die Islamitiese Staat uitgevoer en is uitgevoer in reaksie op oproepe om state binne die koalisie te teiken,” het Amaq, die webblad met ISIS-bande volgens Reuter gesê.  “Die Las Vegas-aanvaller het hom enkele maande tevore tot Islam bekeer,” het Amaq verklaar.

Die terroristegroep sê die skieter het “die operasie uitgevoer in reaksie op oproepe om die koalisielande te teiken” maar hulle het nie die aanvaller by naam genoem nie.

VS-veiligheidsagentskappe het nie die ISIS-bewering gekontroleer nie, het Reuter berig, en amptenare aangehaal. Twee senior VS-amptenare wie se name nie genoem is nie, het aan Reuter gesê dat daar geen getuienis bestaan wat ‘n verbintenis tussen die skieter en enige internasionale militante groep suggereer nie.

Die Las Vegas-aanvaller het nie selfmoord gepleeg soos die hoofstroommedia tans berig nie, maar is deur ‘n FBI-gyselaarreddingspan gedood. Die FBI-span het die verdagte gedood nadat hy op hulle begin vuur het, volgens die bron.

Sheriff Joseph Lombardo het gesê die owerheid glo hy het op eie houtjie gehandel en die broer van die aanvaller, Eric Paddock van Orlando, het gesê dat Stephen hom nie met enige politieke of godsdienstige groep verbind het nie. “Geen politieke verbintenis nie,” het hy aan CBS News gesê. Maar hy kon geen verklaring bied oor waarom sy broer besluit het om op dié wyse op te tree nie.

Eric Paddock het ook gesê dat sy broer geen geskiedenis van geestessiekte het nie.

‘n Polisiebeampte het aan die New York Times bevestig dat 19 gewere, waaronder twee met teleskope wat op driepootstaanders gemonteer was, asoook honderde rondtes ammunisie in Paddock se hotelkamer gevind is.

Taakmagbeamptes is volgens berigte gewaarsku aangaande Paddock se posisie toe rook vanuit sy wapen die rookverklikkers in sy kamer laat afgaan het. Hy het ook blykbaar ‘n kamera opgestel om die polisie se naderkoms te monitor.

Daar is berig dat Paddock voor die aanval betrokke was by tienduisende dollar se dobbeltransaksies by dieselfde Mandalay Bay-casino waar hy die status van ‘n BBP gehad het.

Die Britse Daily Mail het berig dat ISIS verantwoordelikheid vir die massaskietery aanvaar het, en Associated Press het opgemerk dat ISIS nie gewoonlik verantwoordelikheid aanvaar tensy hulle op ‘n manier met die aanval verbind is nie. ISIS het ‘n amptelike communiqué oor die aanval uitgereik, waarin Paddock “Abu Abd Abdulbar al-Ameriki” genoem word.

Aan die ander kant het ISIS geen verantwoordelikheid aanvaar vir die naweek se aanval in Kanada, waartydens ‘n vragmotor mense in Edmonton, Alberta, doodgery het nie.

Abdulahi Hasan Sharif, 30, was reeds bekend aan die polisie vir sy ekstreme ideologiese opvattings en ‘n ISIS-vlag is in sy voertuig gevind. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het dit ‘n “terroriste-aanval” genoem en gesê dat hy “diep besorg en woedend” was oor “dié sinnelose daad van geweld”. Trudeau het ook ‘n beroep gedoen op ‘n einde aan “blanke heerssug” ná die aanval deur die Somalies-gebore vlugteling.

Die Somaliese verdagte wat ‘n beampte met ‘n mes gesteek en voetgangers opsetlik raakgery het tydens ‘n hoëspoedagtervolging in ‘n gehuurde vragmotor, het om asiel aansoek gedoen was aan die veiligheidsmagte bekend ná ‘n klag in 2015.

“Daar was onvoldoende getuienis om met ‘n klag van terrorisme voor te gaan,” het Marlin Degrand van die Koninklike Kanadese Berede Polisie gedurende ‘n perskonferensie gesê en bygevoeg: “Daar is nie bevind dat die verdagte ‘n bedreiging vir Kanada ingehou het nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.