Regse betoging in Swede maak internasionaal opslae

Die Nordiese Weerstandsbeweging (NMR) en die polisie druk teen mekaar tydens Saterdag se betoging in Gotenburg.

‘n Optog deur die Nordiska motstandsrörelsen (NMR), oftewel die Nordiese Weerstandsbeweging, het Saterdag in Gotenburg, die land se tweede grootste stad na Stockholm, wye mediadekking van regoor die wêreld ontvang, waaronder die BBC, Associated Press en die Israelse koerant Haaretz wat dikwels berigte met die New York Times deel.

Die NMR het al voorheen betogings voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm gehou om beswaar te maak teen die “blanke volksmoord” in Suid-Afrika.

Volgens die NMR se eie webblad, was Saterdag se opmars “die grootste nasionale byeenkoms in Gotenburg in die moderne tyd”.

Ongeveer 600 NMR-betogers het vir die geleentheid wat as “Opstand teen die verraaiers” bekendgestaan het, opgedaag terwyl die organiseerders eintlik ‘n duisend verwag het. Hulle was almal in swart geklee, voorsien van groen pyle wat boontoe wys. ‘n Twintigtal buitelandse NMR-ondersteuners, hoofsaaklik Dene en Duitsers, is volgens berigte by die grense voorgekeer en verhoed om aan die betoging deel te neem.

Na ‘n polisieverklaring, is ten minste vyftig mense in hegtenis geneem, waaronder NMR-betogers en teenbetogers wat van oral in Europa gekom het om die optog teen te staan. Onder die inhegtenisnames was Simon Lindberg, die NMR-leier.

Hoewel die Sweedse polisie perde en polisiewaens gebruik het om ‘n verdelingslyn tussen die twee groepe te handhaaf, het die twee groepe hier en daar handgemeen geraak. Die teenbetogers het klappers gegooi, asook die polisie beledig. Nadat NMR-lede in hegtenis geneem is, het die beweging oor en oor “volksverraaiers” teenoor die polisie geskree.

As gevolg van besware deur Swede se Joodse gemeenskap, is die roete deur Gotenburg wat deur die NMR-optoggangers gebruik sou word, aanvanklik verander en daarna drasties verkort sodat hulle nie voor die Gotenburgse sinagoge sou verbyloop nie. Volgens Haaretz, “het die gewysigde roete… beteken dat die Nazi-betoging gevaarlik naby aan een van Gotenburg se sinagoges sou beweeg op die heiligste dag van die Joodse kalender, Jom Kippoer”.

Omdat teenbetogers hul roete versper het, is die NMR-betogers uiteindelik ingehok en kon skaars beweeg. Een van hul lede, Paulina Forslund, wat gewoonlik ook aktief op Twitter oor Suid-Afrika en Afrikaners kommentaar lewer, het in ‘n twiet beswaar gemaak:

Die polisie het blykbaar ‘n ekstra 350 “tronkbeddens” in hul garage gereed gehad indien hulle massa-arrestasies sou moes uitvoer.

Die gemaskerde “swartblok”-teenbetogers het die inwoners van Gotenburg vies gemaak, omdat hulle klippe en bottels begin gooi het. Tydens ‘n regstreekse uitsending deur die Sweedse radio en televisie, kon ‘n welgeklede Sweedse dame gesien word wat gemaskerde teenbetogers aansê om weg te gaan. Die aktivis en alternatiewemedia-uitsaaier wat hom “Peter of Sweden” noem, het op Twitter berig dat Gotenburg-inwoners uiteindelik met die antifa-teenbetogers gebots het.

Krete van “Allahu Akbar” (Alla is groot) is ook deur teenbetogers geskree, volgens Peter of Sweden.

Vrydag het die land se linkse eerste minister, Stefan Löfven, van die Sosiaal-Demokratiese Party (dieselfde party wat destyds ANC-terreur teen Suid-Afrika befonds het) tydens ‘n EU-spitsberaad in die Estiese hoofstad Tallinn gesê: “As ‘n demokrasie moet ons meer doen om nazisme en ekstremisme te bestry.” Hy het later die Sweedse polisie lof toegeswaai vir die manier waarop hulle die NMR-betoging hanteer het.

Ngugi wa Thiong’o

Terwyl die betoging plaasvind, was die jaarlikse Gotenburgse boekeskou, die tweede grootste boekeskou in Europa naas dié van Frankfurt, steeds aan die gang nie ver van waar die NMR gemarsjeer het nie. Sekere linkse skrywers en uitgewers, waaronder die Keniaan, Ngugi wa Thiong’o, het die boekeskou geboikot om beswaar te maak teen die teenwoordigheid van publikasies met ‘n “regse strekking”, volgens hulle.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Eerste reël: Dit lyk asof die woord moet wees “Notstand”- ens. Verder, ‘n bemoedigende verwikkeling.

    • Charles

      Werklik bemoedigend Karel:)

    • Flip Kriel

      Motstand beteken teenstand of weerstand. Mot beteken teen in Sweeds Noors en Deens.

  • Die uitdaaging is moontlik om nou van regse geraas of vertoon tot volhoubare regse regering, of dan selfbestuur en soewereine selfbeskikking, te vorder met internasionale alliansies in diplomasie, handel en beveiliging?

  • Rifrug

    … berig dat Gotenburg-inwoners uiteindelik met die antifa-teenbetogers gebots het.

    https://youtu.be/RmNz2jGzsDA

  • leonlemmer

    Ngugi wa Thiong’o het in 1981 die blanke inwoners van Kenia beskryf as ‘n “Draculan idle class” met “a culture of legalized brutality,” wat swartes beskou het as “instinctless, unlovable, unredeemable, subanimals merely useful for brute labor” (Janet McIntosh, Unsettled: Denial and belonging among white Kenyans, Oakland: University of California Press, 2016; Amazon Kindle 629).

  • Anton Schutte

    Wit mense ontwaak, miskien net in tyd…

  • Hans Onrust

    Vrijwel ALLE rechtse (vaderland, volk en cultuur lief hebbende) groepen zijn in elke WE EUSSRepubliek volledig opgezet of geïnfiltreerd en gestuurd door staatsagenten. (met een knipoog naar de Boeremag, en de eruit gekomen politieke gevangenen in de racistische anc sacp misdaadstaat)
    Behalve uiteraard de enorme misdadige plunderende islamofascistische clans. Wiens misdaden steeds vaker ook naar terreur mogen doorgroeien.
    Zoals hier eerder vermeld zijn alleen al in volksvijandig Nederland en Vlaanderen dozijnen kerken spontaan tot de grond te afgebrand.
    Maar met een demo voorbij lopen aan een synagoge wordt dus niet toegestaan in de verschrikkelijke EUSSR.

    Heden ‘Tag der Wiedervereinigung’ (dag der hereniging) in criminaliserende islamiserende balkaniserende EUSSRepubliek Duitsland. Waar een Studie des Instituts der Deutschen Wirtschaft (IW) tot de slotsom komt dat ‘de bevolking’ uit 83,1 miljoen inwoners zal bestaan in 2035.
    Let wel geen 83 maar 83,1.
    Gezinshereniging voor ‘vluchtelingen’, wijlens als nooit eerder zwaar belaste onderdrukte Europese Duitse gezinnen worden gekraakt en onmogelijk gemaakt onder catastrofale (humane) kosten.
    Gelijktijdig kwam deze week Goldman Sachs sloof Macron met sinistere plannetjes voor een nog meer radicale volksvijandige anti christ EUSSR. Waarbij een centrale EUSSR belastingbeul natuurlijk niet mag ontbreken.

    Hier voor wie wil, de met een banvloek uit het publieke mediabestel verjaagde Eva Hermann :

    En een moedige rechtvaardige wakkere lokale AfD man over het ‘omvolken’ en ‘Austauschen’ (uitruilen, waarbij Genocidaal ruimen en ‘Geburtenjihad’ passender benamingen zijn)

    Na zijn formidabele uiterst curate “Der grüne Kommunismus und die Diktatur der Minderheiten”
    Eine Kritik des westlichen Zeitgeists
    van Dr. Wolfgang Gedeon, moest ook hij met pek besmeurd in de hoek gezet in ‘vrij Duitsland’ waar David Irving niet mag komen en Ursula Haverbeck op de drempel van de ‘Knast’ staat en haar advocaat er al als ‘holocaust Leugner’ in zit .
    “Es kann nicht sein was nicht sein darf” 😉