Dan Roodt: Afrikaner en Hollander: Dis tyd dat ons mekaar vind

Elke Afrikaner is trots op Jan van Riebeeck. Toe Zuma iets neerhalends oor ons volksvader sê, het daar spontaan op sosiale media die slagspreuk “Je suis Jan”, verskyn, tesame met ou randnote waarop sy afbeelding trots gepryk het. Die ou rand, die sterk rand, toe die Kaap nog spreekwoordelik Hollands was… Maar soms vergeet Afrikaners ‘n belangrike deel van die verhaal: Jan van Riebeeck was ‘n Nederlander!

Soos by familie, bestaan daar ‘n liefdehaatverhouding tussen Afrikaners en Nederlanders. Vele Afrikaners sit nog in die verlede — die meer onlangse verlede — vas en dink dat Nederland steeds uit fanatiese lede van Connie Braam se Anti-apartheidsbeweging en ‘n klomp linkse hippies wat dagga in Amsterdamse coffeeshops rook, bestaan. Nee, mense, Nederland het sedertdien ver gevorder: daar was Pim Fortuyn, wat na Verwoerd wreed in ‘n sluipmoord vermoor is, asook die wêreldberoemde Geert Wilders wat vier-en-twintig uur bewaak moet word omdat hy hom sterk teen die Islamisering van Nederland uitgespreek het. Maar ook: ‘n dapper Nederlander genaamd Hans Janmaat wat heel eerste in die tagtigerjare die immigrasie en die verswelging van Nederland deur Derdewêreldimmigrante begin bekla het. Hy het die slagspreuk, “Eigen volk eerst” gebruik, wat vandag tot in Amerika gehoor word. Trouens, verlede jaar naby Nashville, Tennessee, wou Jared Taylor by my weet hoe mens die Nederlandse en Afrikaanse “g” van “Eigen volk eerst” uitspreek.

Hans Janmaat was die voorloper van die huidige regse beweging in Nederland. Hy is deur sy eie mense meer gehaat as wat Connie Braam se Anti-apartheidsbeweging ooit Afrikaners gehaat het. In die parlement, die Tweede Kamer, het almal uit die saal gestap as hy begin praat. Op ‘n stadium was hy die aangeklaagde in 300 hofsake waarin hy van rassisme, vreemdelingehaat en dergelike meer beskuldig is. Linkses het die hotel waarin sy party ‘n vergadering gehou het aan die brand gesteek. Hy kon uit die brandende hotel ontsnap deur ‘n lakentou te maak, maar toe sy sekretaresse dieselfde doen, val sy deur ‘n ruit, waarna haar bene geamputeer moes word. As opgeleide ekonoom het Janmaat egter besef dat immigrasie niks goeds vir Nederland gaan beteken nie, daarom het hy hom tot aan die einde van sy lewe in 2002 nie laat afskrik nie.

Vandag bestaan daar ‘n lewendige, beskaafde en intellektuele regse beweging in Nederland wat veel wyer as die Partij voor de Vrijheid strek. Daar bestaan ook iets wat “nieuw rechts” genoem word, ‘n term wat dalk na die Franse beweging van die sewentiger- en tagtigerjare terug te voer is. Trouens, Nederland verkeer op die voorpunt van die Europese herontwaking wat tans momentum verkry en oplaas ook besig is om Duitsland te bereik, soos ons verlede naweek tydens die Bondsdagverkiesing gesien het.

In die Tweede Kamer der Staaten-Generaal, kortweg die Tweede Kamer genoem, beskik die PVV oor 20 setels — teenoor die linkse Partij van de Arbeid, eens die ruggraat van die Nederlandse Anti-apartheidsbeweging — se nege. Slegs die sentrumregse Volkspartij voor Vrijheid en Democratie (VVD) het meer setels as die PVV, en waarskynlik nie vir lank nie.

Skielik ná verlede Sondag se Duitse verkiesing, is ek uitgenooi om met ‘n dinkskrum in Bonn oor Suid-Afrika en die probleme van multikulturalisme te gaan praat. Maar ek gaan ook Amsterdam aandoen om ons bande met Nederland te probeer versterk. Dis hoog tyd dat ons anti-apartheid en die onlangse verlede begrawe en begin saamwerk tot ons wedersydse voordeel en oorlewing!

My visie vir ‘n toekomstige verhouding tussen Nederland (maar ook Vlaandere) en Afrikaner-Suid-Afrika kom neer op die Skandinawiese model. In Skandinawië bestaan daar ook verwante, dog afsonderlike tale. Nietemin neem Swede, die land met die grootste bevolking en ekonomie, ‘n leidende rol in om ‘n Nordiese kultuur en ekonomiese blok in stand te hou. Presies dieselfde kan tussen Nederlanders, Vlaminge en Afrikaners gebeur. Weliswaar bestaan daar reeds noue samewerking op alle gebiede tussen Nederland en Vlaandere, wat eintlik een Nederlandssprekende gebied beslaan, maar ons Afrikaners kan ook ‘n belangrike rol begin speel, as ons maar net wil! Nederland moet ook, vanweë die grootte van haar bevolking en ekonomie, die funksie van ‘n Swede begin inneem en sorg dat daar groter koördinasie en samewerking tussen die verskillende onderdele van ‘n goter Dietse nasie of groepering plaasvind.

Suid-Afrika, hoewel onafhanklik sedert 1910, is verreweg die suksesvolste Nederlandse kolonie wat daar ooit was. Sonder die VOC en die Nederlandse Goue Eeu van die 1600’s, sou daar nooit ‘n Jan van Riebeeck gewees het nie, nóg minder Afrikaners en Afrikaans.

Johannes van Melle

So van Afrikaans gepraat: Vele Nederlanders wonder vandag waarom ons nie maar kon aangehou het om Afrikaans as ‘n soort dialek of volkstaal te praat en Nederlands te skryf, soos wat dit in Nederland en Vlaandere met hul veertigtal dialekte gedoen word nie. Maar ook Afrikaans is ten dele deur Nederlanders, nie net Afrikaners nie, geskep! Sonder die groot aantal Hollanderonderwysers wat net ná die Tweede Vryheidsoorlog Suid-Afrika toe geëmigreer het, sou daar nooit Afrikaans gewees het nie. Hulle en hul kinders het ‘n leidende rol in die totstandkoming van die vroeë Afrikaanse letterkunde gespeel. Onder andere is die beste Afrikaanse roman uit die vroeë twintigste eeu, Bart Nel, deur ‘n Nederlander, Johannes (Jan) van Melle geskryf. Let wel: nie in Nederlands nie, maar in Afrikaans!

Johannes van Melle is op 1 Februarie 1887 in Goes, Nederland, gebore en kom as immigrant in 1906 in ons land aan. Hy sterf op 8 November 1953 in Johannesburg.

Bart Nel speel tydens die Rebellie af, daarom kan dit ook as ‘n vroeë Afrikanernasionalistiese roman gelees word. Vanweë sy politieke keuse om by die Rebellie aan te sluit, verloor die hoofkarakter alles wat hy het: sy plaas, sy vryheid (vir sy opstand moet hy tronk toe gaan), sy familie, sy mooi vrou wat van hom skei en met ‘n ander man trou. Aan die einde spreek hy die beroemde woorde wat al byna ‘n eeu lank in Afrikaans weerklink:

“Hulle het nou alles, hulle het my grond, my vrou, my kinders. Maar my het hulle nie. Hulle kan maar kom, hulle kan my maar in die tronk gooi en hulle kan maar my grond vat; hulle kan my maar doodskiet ook, maar my sal hulle nie kry nie. […] My kry hulle nooit. Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.”

Dié paragraaf uit Bart Nel kan amper as allegorie op ons huidige situasie toegepas word: Afrikaners het byna alles verloor: ons openbare maatskappye, ons pensioene, ons politieke mag, ons grond, ons hospitale, ons universiteite, ‘n groot klomp van ons skole, en so kan ons aangaan. Maar, soos Bart Nel sou sê: Ons is nog óns!

Ons huidige probleme is meer materieel en ekonomies van aard. En dis nou waar Nederland, die Moederland inkom. Terloops, die Engelse in Suid-Afrika het altyd hul bande met die Verenigde Koninkryk of met die breër Britse Ryk of Statebond behou. Dit het hulle ‘n voordeel gegee. Hulle voel ewe tuis in die VK, Australië of Kanada as in Suid-Afrika. Hierteenoor wou ons Afrikaners dalk té onafhanklik wees, té selfstandig: eie land, eie taal, eie kultuur, eie identiteit. En, soortgelyk aan ‘n eeu gelede, het ons weereens die stryd teen die Britse Ryk verloor. Met die geringe verskil dat die Britte dié keer nie met die wapen in Suid-Afrika kom veg het nie, maar met die pen vanuit Londen, met propaganda, foto’s, beeldmateriaal, slagspreuke, “apartheid is ‘n misdaad teen die mensdom”, en dergelike meer. Dit was ‘n semantiese oorlog.

Soos Suid-Afrika onder Afrikanerregering by verre die welvarendste land in Afrika was, net so tel Nederland onder die welvarendstes in Europa. Naas die metropolitaanse gebiede van Parys, Londen, Milaan, Madrid en die Ryn-Ruhr in Duitsland, verteenwoordig die Nederlandse “Randstad” een van die grootste stedelike ekonomieë in Europa. Nes Pretoria en Johannesburg oor die afgelope dekade of twee “aanmekaar gegroei” het, het die vier groot Nederlandse stede van Amsterdam, Rotterdam, Utrecht en Den Haag ook ineengestrengel geraak en word as een ekonomiese streek, die Randstad, beskou. Die Randstad is ekonomies groter as Frankfurt, Rome, München, Berlyn, Stockholm en vele ander metropolitaanse gebiede in Europa.

Anders as Suid-Afrika met sy uitgestrekte vlaktes en verlate Karoogebied, is Nederland maar so groot soos die Krugerwildtuin. Dis egter ‘n besige klein landjie met sestien miljoen mense en ‘n ekonomie van $752 miljard per jaar. Hierteenoor is Suid-Afrika met sy reusebevolking van 56 miljoen mense se ekonomie slegs $280 miljard groot.

Gegewe die internet wat kommunikasie tussen lande byna gratis gemaak het, sou dit baie maklik vir Afrikaners wees om by die Nederlandse ekonomie in te skakel. Nederland, ‘n ryk en welvarende eerstewêreldland, is op sy beurt met die reuse-ekonomie van Noord-Europa, waaronder België, Frankryk, Duitsland, Switserland en Skandinawië verweef. Om vir ons twee tot drie miljoen Afrikaners werk te skep deur handel en aanlynwerk met Nederland, om nie van Vlaandere te vergeet nie, gaan baie makliker wees as om jou teen regstellende (amper skryf ek regstelende) aksie in Suid-Afrika te probeer verset.

Nederland, veral met sy sterk regse of behoudende beweging, is op pad op. Suid-Afrika, danksy die keuses van mnr. FW de Klerk en ‘n vorige geslag hopelose Afrikanerleiers, is op pad af, al verder in die ekstreemlinkse, antiblanke, Afromarxistiese moeras in. Vandeesweek het Johann Rupert dit ervaar en is daar voor die hoofkantoor van Remgro op Stellenbosch openlik en luidrugtig “One settler, one bullet” gesing. Vir die oomblik is daar nie veel wat ons daaraan kan doen nie, behalwe om ons as gemeenskap van die ergste geweld en verval af te sonder.

In die nabye toekoms sal ons kinders, soos van ouds in die negentiende en vroeë twintigste eeu, waarskynlik in Nederland en Vlaandere moet gaan studeer, want die Suid-Afrikaanse universiteite gaan Afrika-universiteite word waar politieke agitasie en finansiële probleme die botoon gaan voer, met weinig opvoeding en opleiding wat plaasvind. Eintlik gebeur dit reeds. Soos wat die getalle studente toeneem en standaarde daal, gaan daar niks van ons eertydse skoon, netjiese en voortreflike kampusse oorbly nie. Daarvoor het dieselfde De Klerk-geslag, waaronder die akademiese potentate Johan van Zyl, Theuns Eloff, Chris Brink, Wim de Villiers, Faan Hancke en vele ander, gesorg. Eers moes Engels ingebring word, toe moes die kampusse “transformeer” en “dekoloniseer”, volledig “Afrika-universiteite” word, met alles wat daarmee saamhang.

Dat ons mense op ‘n streep Australië en Nieu-Seeland toe emigreer, waar hul kinders blitssnel verengels, is vir my ‘n onding. As jy dan móét emigreer en hierdie mooi land waar Jan van Riebeeck in 1652 aan wal gestap het, wil verlaat, waarom nie eerder Nederland toe emigreer nie? Al vernederlands jou kinders en kleinkinders, gaan hulle nog eendag Afrikaans kan verstaan en word die naelstring wat hulle aan ons eeue oue Dietse kultuur verbind, nie finaal geknip nie.

Van die Nederlandse ambassade in Suid-Afrika, waar die linkse burokrate steeds die septer swaai, kan ons nie veel verwag nie. Hulle is die ANC se vriend en die Afrikaner, asook die nieu-regse Nederlander, se vyand. Maar Nederland se sake- en kulturele sektore staan vir ons oop. Saam kan ons films maak, boeke skryf en vertaal, boer in Nederland en Suid-Afrika, asook met die hele wêreld handel dryf.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het Afrikaners nodig, nie andersom nie. Sonder om die land te verlaat, kan ons môre delokaliseer en ‘n inkomste oorkant die water begin verdien. Laat Engelse Suid-Afrika met sy groter wordende probleme en links-politieke radikalisme maar opsnork.

Trouens, ek verstout my om te sê: As ons en die Nederlanders kan begin saamwerk binne ‘n Skandinawiese model, kan die VOC straks herleef! Ons sal nuwe markte verower, ons kultuur sal bloei soos laas in die sewentiende eeu of in Afrikaans in die 1960’s toe ons films die Hollywoodfilms by die loket uitgestof het. En ja, nie net die Kaap nie, maar ‘n groot deel van die wêreld sal spreekwoordelik Hollands wees.

Daar bestaan ‘n lang artikel deur Bart de Graaff wat die historiese verhouding tussen Afrikaners en Nederlanders naspeur: Onbeantwoorde liefde: Nederlandse betweters en Afrikaner Boeren. Ek wou so half daarop antwoord, maar sal dit dalk by ‘n ander geleentheid doen. Interessant egter is dat De Graaff meen dat Nederlanders sedert die Eerste Vryheidsoorlog met groot welwillendheid na Afrikaners gekyk het, en ook in hul veglus teen die Engelse iets van ‘n verlore Nederlandse heldedom gesien het. Soos hy dit in die inleidende paragraaf stel:

Wie de geschiedenis van de Nederlandse betrekkingen met Zuid-Afrika analyseert, kan niet om de culturele verwantschap heen die bestond (en bestaat) tussen Nederland en het Afrikaanstalige deel van de Zuid-Afrikaanse bevolking. De verwantschap die ertoe leidde dat Nederland vanaf 1880 lange tijd met grote welwillendheid naar blank Zuid-Afrika heeft gekeken. Al was dat omgekeerd zeker niet het geval.

Wilhelmina Helena Pauline Maria, Prinses van Oranje-Nassau en Hertogin van Mecklenburg, Koningin der Nederlanden van 23 november 1890 tot 4 september 1948.

Daardie geskiedenis is egter nie verby nie; ons skep dit steeds. Veral danksy Martin Bosma van die PVV wat van Afrikaans en Afrikaners weer ‘n gesprekspunt in die Tweede Kamer en in die Nederlandse media gemaak het, het iets van die glorieryke dae van die laat negentiende eeu teruggekeer, ‘n tyd toe vele Nederlanders bereid was om saam met ons teen die Engelse te kom veg, en Paul Kruger oral in Nederland vol sale getrek en toegejuig is. Die mooi jong koningin van destyds, Wilhelmina, na wie ‘n straat in Pretoria tot onlangs toe nog vernoem was, was in ‘n sekere sin ook óns koningin, soveel het sy vir ons omgegee.

Een aand by Wits in ‘n saal vol mense het ek ervaar hoe Frederik van Zyl Slabbert kruip voor Engelse; dit het my ‘n afsku in die man gegee wat my tot in die graf sal bybly. Daar is niks so afgrysliks soos ‘n hanskakie of ‘n Engelskaner nie. Vandag wemel dit natuurlik van hulle, veral in die geledere van Naspers waar hulle die Engelse politieke korrektheid en linksheid meer fanaties aanhang as wat ‘n salafis hom aan Islam onderwerp. Of dalk is dit een en dieselfde ding, want linksheid lei in ons tyd soomloos na onderwerping aan Allah, die “multikulturele” god. Islam beteken mos “onderwerping”, ‘n blindelingse onderwerping. Op ‘n manier is Afrikanerskap in die nuwe Suid-Afrika insgelyks tot blindelingse onderwerping gereduseer: onderwerping aan die swartman, aan politieke korrektheid, aan Engels, aan boetedoening vir apartheid, aan grondhervorming, aan antiblanke diskriminasie wat ons met gelatenheid moet aanvaar.

Van Zyl Slabbert het so ‘n patetiese, dom boekie geskryf, Afrikaner-Afrikaan, maar wat natuurlik deur al die Naspers-idiote opgehemel is. Daarin het hy ‘n pleidooi daarvoor gelewer dat die Afrikaner volledig “Afrikaan” moet word en sy vorige Europese identiteit heeltemal moet prysgee. My antwoord: Laat die Engelse en die hanskakies maar deur Afrika geassimileer en Afrikane in daardie sin word. As kinders van Jan, sal ons altyd trou aan ons tradisie bly. Nie Afrikaner-Afrikaan nie, maar Afrikaner-Eurokaner, Afrikaans-Nederlander of Dietser. Aan die einde van sy lewe het my pa, wat eens Afrikaans en Nederlands onder C.M. van den Heever gestudeer het, maar ook ‘n groot aanhanger van die laat-Romantiese Nederlandse digter A. Roland Holst was, hom uit protes teen Afrikanerverraad ‘n Dietser begin noem.

Ek sien op die Nederlandse Wikipedia dat daar ook taamlik “verregse” konnotasies aan dié term kleef:

Een reden dat het woord Diets minder in het moderne Nederlands wordt gebruikt, is dat deze term met voorliefde werd gebruikt door 20e-eeuwse fascisten van onder meer het Zwart Front en het VNV, en nationaalsocialisten van de NSB. Zij gebruikten ideologisch geladen termen als ‘Diets’ om te refereren aan de gezamenlijke of gedeelde oorsprong van de Nederlandse volkeren en zo hun streefdoel van een Heel-Nederland van een half mythische, half historische naam te voorzien: ‘Dietsland’. Vooral uit dit laatste blijkt het hervondene van deze naamgeving. Zij wilden ‘terug’ naar de basis, het Verenigd Koninkrijk der Nederlanden of de Zeventien Provinciën.

Of my oorlede vader daarvan bewus was, weet ek nie. In elk geval, dit klink vir my reg: Dietser. Wat jy ook al doen of wat jy ook al sê, hulle gaan jou “verregs” noem. Dus, laat ons ons nie inhibeer nie. Dít het Martin Bosma van die PVV ook genoem in sy boek met die barokke titel: De schijn-élite van die valse munters — Drees, extreem rechts, die sixities, nuttige idioten, Groep Wilders en ik wat hier gratis afgelaai kan word.

Terug na die oorsprong, terug na oer-Afrika, dis mos waaroor die politiek deesdae in Suid-Afrika gaan. Die Britse Ryk het reeds herleef met “Afrikaans must fall”. Suid-Afrika raak al hoe meer negentiende-eeus, half gevange tussen Britse sendelingdenke en Zoeloe-wreedheid, met nuwe konsentrasiekampe op die horison, ‘n tweede volksmoord. Die paaie en geboue sal binnekort ook lyk soos in die negentiende eeu, met die gehalte van “Engelse” regering wat ons tans geniet.

Ons wil egter nie terug na die negentiende eeu of die vroeë ystertydperk waarin dié land hom bevind het voor die VOC en daarna die Groot Trek hom getref het nie. Ons wil vorentoe, die een-en-twintigste eeu in.

Sáám met ons Europese bloedfamilie, die ander Dietsers.

Help my om die Dietse droom te bewaarheid! Skenk geld vir my Europese toer of sluit by PRAAG aan. Kontak my op Twitter of Facebook of per e-pos by dan[aapstert]praag.org indien u enige vrae het of PRAAG se bankbesonderhede verlang.

Europese toer: Bonn—Berlyn—Amsterdam—Brussel—Parys en dalk Stockholm: 31 oktober tot 10 november 2017.

Ns. Die feit dat koningin Wilhelmina óók ‘n prinses van Mecklenburg was, roer regtig my hartsnare. Niet net het die AfD in die onlangse Duitse verkiesing daar meer as 20 persent stemme ontvang nie, maar dis mos ook eintlik ‘n deel waar Platduits tot onlangs gepraat is, ‘n taal wat na aan Nederlands en Afrikaans verwant is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • boerseun

    Dankie vir ‘n puik artikel, dr. Roodt. Ek bly trots Boer tot die dag van my dood! Glo ook aan Boere-republikanisme. Ek kon nog nooit aan die term Afrikaner gewoond raak nie. Tog so jammer dat selfs volkseie historici soos dr. Raath, die Boere van die Boererepublieke in Afrikaners gaan verander het in sy boek getiteld, die Afrikanerrebellie, wat handel oor die Boererebellie van 1914. Ja, die Boere is verander in Afrikaners, dit slegs 12 jaar na die einde van die Tweede Boerevryheidsoorlog (1899-1902)! Maar … die Boer leef steeds, en al word hy doodgeswyg, sal die Boer en sy strewe nie deur Media24, die ANC/SAKP of die hanskakies begrawe word nie.

    • sussie se vissie

      As Raath & Kie gemetamorfeer het van ‘Boere’ tot ‘Afrikaners’ – sing daar vir die ou suster ietsie in ‘Boerkaans’.
      Hierdie ad nauseam-debat, gaan nog beteken die witman staan met sy vinger in sy g@t.
      Indien nie reeds nie.
      Ironies….staan die beste Vicksdrops altyd aan’t wal.

      • Suidpunt

        Hallo Sussie, dit is die wonder van die dinamiek van die pers en koerantwese. Sonder toespraak en weerspraak kan selfs ‘n blad soos PRAAG nie bestaan nie. “Ja, maar!” is ‘n tussenwerpsel wat die media en ons aan die gang hou, en ook nie sonder rede nie. Dalk is dit omdat my sterreteken ‘n Vis is (die twee kies altyd na die twee uiterste pole koers), of dalk is dit omdat my Gr. 1-juffrou my in die spinnekopgroep ingedeel het omdat ek vlot kon lees (‘n spinnekop het immers 8 oë, agt gesigspunte). Ek kan nog duisende redes hierbo aanvoer waarom die plan kan werk, of waarom dit nie kan werk nie. Toe fokus ek maar op laaste.

        Om iets so simpel soos geldskenk aan natuurbewaring te noem. In die hoërskool sal hulle vir jou elke liewe Greenpeacerede gee waarom jy natuurbewaring moet ondersteun en nie die panda en Gaia bedonnerd moet maak nie. Die aardgodin stuur dalk morsekodes in die vorm van orkane. Of, in Suid-Afrika: “dan was alles lankal opgevreet!”. En die ou libs hou mos daarvan om ‘n kitsbevredigende “goedvoel”-oomblik te kry met elke R5,00-donasie.

        Ek kan ook vir jou redes gee waarom ek nie saamstem met die donasies nie. Ek kan noem van die WWF wat hul borge se sondes oor die hoof sien (volgens die boek Schwarzbuch WWF), hoe ongerepte bome steeds afgemaai word, terwyl die nuutaangeplante bome nie die lewensverskeidenheid kan bied wat die diere nodig het om te vreet nie. Ek kan noem dat nasionale parke staatsbesit is – en daardie plante en diere “besteebare bates” is, wat verkoop kan word aan wie ook al wil. Hoe meer die staat plekke tot nasionale parke verklaar, hoe meer besit hy. Ek sou kon noem oor die derduisende Euro’s wat in boomplant ingepomp word deur Ecosia, net totdat die volgende blixem (die weerlig, of persoon) die bos aan die brand steek – daardie geld kon vir iets anders benut gewees het. Maar hierdie week was die brul in die kraamsaal beslis Kemptonpark, Johannesburg vs. Nasionale Park – ‘n luiperd weet waar sy brood die dikste gebotter is. Verder: as ‘n suikerbekkie ‘n hibiskus lekkerder as ‘n protea vind, moet die wildwagters nie verstom wees as die nasionale parke oornag leegloop nie. Die wild het met Afrikaners iets in gemeen: hulle hou van eksotiese en goeie smaak. Soos enigiets in die lewe weet die diere waar die groenste weivelde is.
        Eintlik het ‘n Indiërvrou die hele natuurbewaringstorie vir my die beste opgesom (ook in Schwarzbuch WWF): los die diere uit en hulle sal vanself regkom. Moet nou nie met 4×4’s by hulle lêplekke gaan inneuk en nog kameras opsit nie – magtig, mens hou ook mos van privaatheid! “Do not disturb!” Oor aardverwarming: ‘n weerkundige het my reeds oortuig die son, maan en planete se wentelbane en sonvlekke het ‘n groter invloed op ons weer as Bontlies se mishopies wat metaan afgee.

        En nou weet jy – laat daardie geld maar eerder rente trek.

        • emiele
          • Suidpunt

            “…who built their home next to a volcano, and then wonder why they have lava in the living room.”
            Daardie gedeelte het my laat lag. Hie-hie-hie!

      • boerseun

        @ Vissie: Ons staan reeds dekades lank al met ons vinger in ons agterent, te danke aan verraad deur die Afrikaner-“leiers” en bygestaan deur Boereveraaiers op NI se betaalstate. Wat Boereliedjies aanbetref: Ons kan in Boeraans “Boereplaas” sing, of dalk eerder “Ken jy die Volk”. Die feit dat die Broederbond/NP/Netwerk24 ons Boere as volk probeer begrawe het – soos Franco toendertyd en die Spaanse regering tans met die Kateloniers probeer doen – beteken nie dat die Boere en hul strewe om selfbeskikking dood is nie! Inteendeel! En ja, ek het my deel probeer doen, maar die NP met die totale veiligheidsdienste/media/Afrikaner-stemvee tot sy beskikking, het gesorg dat ons in boeie bly en in boeie aan die ANC/SAKP oorhandig word. ‘n Boerestaat is al wat ons sal red!

  • Vicky

    Ek onderskei nie tussen blankes nie MAAR ek hou nie van die term Afrikaner nie. Ek verkies Boer.

    • Snel

      Dis n probleem, die “boer” en “afrikaner” ding, wies wat waa nou eintlik? Dit maak my kop plat(ter).

      • Charles

        Selfde ding:)

        • sussie se vissie

          Hoe futiel is dok Dan se versugting nie?
          Onderling vind sommige ‘Boere’ dit moeilik om selfs mede ‘Boere’ te omhels.
          Die stoerse en ‘opreg’ gesalfdes staan onder die juk van n geloofsverbond, baard dra en besnydenis. Daardeur alleen uitverkore tot reddering.
          As daar in dié verband neergekyk word op die Afrikaner…waar innie hel kom die kaaskoppe in?

  • Potus Dotard

    Jammer, maar jy het my al met jou eerste sin verloor! “Elke Afrikaner is trots op Jan van Riebeeck.”

    Dit is ‘n “sweeping statement” wat dood-eenvoudig NIE WAAR IS NIE! Die Hollandse langhaar was op ons geld … https://uploads.disquscdn.com/images/dd95df1ecf6bd276eef5b0dba41b2b8e2cd89d0681a14ba1796ce5accb11c040.jpg

    Maar hy is beslis nie ‘n held of ‘n “volksvader” van my nie. Met sy gesiggie op die geld, lyk hy vir my eerder soos ‘geldmag’ – die eintlike vyande van ons volk!

    • Rooikop

      Is dit nie juis ironies dat die geldmag van destyds hier net ‘n verversingstasie wou oprig en toe onstaan daar ‘n volk nie? Al die ander plekke waar hulle met mag en mening gekolonialiseer het was dit steeds agter ZA. Hier het ‘n volk ontstaan waar niemand dit verwag en/of regtig wou hê nie.

  • Suidpunt

    Al die positiewe van die Hollanders is gelys, nou volg my kritiek.

    Met versigtige optimisme moet ek vra: wat soek die Nederlanders in ruil daarvoor? Soos ‘n Hollander (met ‘n groenkaart in Amerika) aan my verduidelik het: die Boer is ‘n boer – vir hom is grond nie ‘n kommoditeit nie, maar soveel meter by soveel meter wat ontsettend baie sentimentele waarde het. ‘n Bedreiging vir die grond, is ‘n bedreiging vir my, my voorgeslagte, my nakomelinge en my basterbrak. So is dit vasgestel in die dokument in spoeg, bloed en saad onderteken in 1736, en so sal dit op papier bindend wees tot in ewigheid.

    ‘n Hollander is ‘n sakeman by uitstek, of, manteldraaiers (dis bietjie kras gestel), of iemand “wat die seile na die wind span”, wat ook al die meeste voordeel bied, kry voorkeur. Vandag se vyande is môre se vriende.

    As mens gedink het ‘n Afrikaner is gesteld om wonderwerke met ‘n 50c verrig te sien – dan het jy nog geen Hollander ontmoet nie. Hul stereotipe van “spaarsamigheid” of “vrekkigheid” is geen versinsel nie. Ek het Nederlandse familie, ek ken van. Afrikaners/Boere durf nie kla oor Afrikaans alvorens ten minste ‘n wonderwerk uit die publiek self te voorskyn kom nie. Die Nederlanders gaan jou uitvloek as jy verwag hulle moet jou eie taal red. Hulle doen reeds genoeg om jou werk kosteloos op te laai by dbnl.nl en etymologiebank.nl, ens. (dis Hollandse handewerk en Euro’s – daardie digitalisering). As jy in ruil stroopwafels of National Geographics in Nederlands in Suid-Afrika ‘n eksklusiewe afsetgebied kan gee, het jy miskien nog ‘n wenner. En dan gaan jy wéér dieselfde broodnyd kry as met Kruger se Hollanders ( https://af.wikipedia.org/wiki/Kruger_se_Hollanders ). Lees asseblief eers my “opsomming” van De mythe van de stamverwantschap ( https://www.goodreads.com/book/show/28007716-de-mythe-van-de-stamverwantschap ) ter wille van die agtergrond.

    Goed, klaar gelees? Welkom in 2017.

    1. Die Amerikavererende Hollanders (hul redders!) leef in ‘n besonder eng wêreldjie, tot so ‘n mate dat hul dikwels nie weet wat in hulle eie buurlande aangaan nie. Die EU is ‘n grap. Ek praat onder andere oor onderwys spesifiek (kyk na “Het geheim van de blaauwe broer” en jy sal sien Amerikaanse en Britse bronne geniet gans te veel aandag; daar is nie ‘n ENKELE verwysing uit of na ander EU-lande, soos Duitsland en Frankryk nie). Vergeet van Duitse, Franse of Italiaanse verwysings in die bibliografie. Vergeet van simpatie vir Afrikaans.

    2. Die einste Beatrix het met haar groot toer na Suid-Afrika nie ‘n enkele Afrikanerbaken besoek nie ( http://archive.is/N8CPc ). Sy was soos ‘n gatvlieg al zoemend net Mandela voor en Mandela agter. Wat moet mens van haar (gewese) onderdane verwag? Of van haar opvolger, koning Alexander, s’n? Kan ons iets beters verwag?

    3. As Hollanders nie eers hul eie taal aan hul EIE universiteite kan red nie – want Engelse mastersopleiding bring mos internasionalisering mee – watter begrip verwag mens van ‘n tulptrapper dan vir Afrikaans? Die Hollanders kon nie eens Hollands red in Sri Lanka en Indonesië nie. Dis poef! weg! Hier is ‘n Huis der Nederlanden in Pinelands, Kaapstad (soos daar ‘n Zuid-Afrikahuis in Amsterdam is) waarvan die kanse goed is om gesloop te word. Wat doen die Nederlanders daaromtrent? Waarom het Duitsland en Frankryk internasionale taalskole (Goethe-Institut en Alliance française), maar ‘n land soos Nederland/België kan gesamentlik nie een in die lewe roep nie? Hul ekonomieë sou dit tog regverdig bo Swede, Denemarke en die “oliebaron” Noorweë s’n? En waarom plaas die regses nie ‘n bietjie druk daarop toe nie?

    4. Die Duitsers (en selfs Franse) is anders (behalwe daai besope lot wie se boeke op Google Books verskyn). Engels is ‘n ligte globalistiese irritasie, en die Amerikaners het immers die Duitse kersboom gesteel. En die handhawing van Duits in Duitsland geniet véél meer aandag as Dene, Swede, Nore en Nederlanders wat piep: “ag, ons is tog so min, wie stel in my taal belang? Ek praat eerder Engels met uitlanders.”

    5. Wat de donner het Nederlands vir Fries beteken? Dis ‘n landstaal – en dit lyk allermins of daardie boeretaal floreer. Nee, hy boer agteruit!

    Gaan jy vandag egter na Duitse boekwinkels in Suid-Afrika, soos Hutten-Buchdienst (wat ek by Afrikanus hier op PRAAG gehoor het), staan daar skaamteloos op die blad: “Unser Kundenkreis besteht inzwischen immer mehr aus afrikaansen Lesern” (Ons klantebasis bestaan al hoe meer uit Afrikaanse lesers). Dit is duidelik wie die Boer/Afrikaner se gunsteling is. Ek weet van geen Hollandse boekwinkel wat oorleef het nie – bestaan ‘n uitgewery soos HAUM ooit nog?

    • eduard

      U het ‘n sterk standpunt tov die Nederlanders, en ek stem volkome saam. Die Afrikaner-Boere volk en sy taal het ‘n beter kans om oorlewing as die Khoisan hulle sin kry met die wegbreek van die res van die land. Dit is weliswaar ‘n poging in die regte rigting. Wat betref die poging van “secession”, is daar nie ‘n woord gerep in die MSM of enige lokale webwerf behalwe Rense.com.
      Daar was ‘n boek geskryf deur A H M Viktor: Die Terugtrek van die Groot Trek. Die verskuiwing na die Khoisangebied is al hoop wat ons dalk het. Kan Praag nie die artikels wat op rense.com verskyn het, op hulle webwerf plaas nie?

    • Rifrug
      • Suidpunt

        Rondom outisme: “Deficits in social communication and repetitive, ritualized, hyperfocused behaviors.”

        Ek dink eintlik nie daar bestaan so ‘n gedrag nie. Ek blameer aan die een kant die staat, en die ander kant die publiek.

        1. Deesdae het jy die minder intelligente groepie wat jou amper dwing om oorvolledig met tekste om te gaan. As dit dus beteken dat ‘n 75-bladsy verslag moet skryf waarom jy nie bome langs ‘n heining moet plant nie (al sou een rede genoeg wees: die wortels kraak die heining), dan moet jy maar. Omdat jy weet mense stel belang in die hoeveelheid geldige redes, begin jy elke liewe teenargument lys. Of pro-argument.

        2. Jy probeer eintlik ‘n opsomming maak, sodat niemand ooit, ooit, ooit weer daardie opsomming hoef te maak nie. Wikipedia-artikels is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Sulke hiperintelligente gedrag om op “esoteriese” wyse speel-speel gate uit te snuffel is bewonderenswaardig. En dat hulle so intelligent is om aan die behoudendes se kant te wil wees, en daarby te volhou, moet ‘n wekroep aan die progressiewes wees. Pleks daarvan kry jy jaloesie. Gevoelens vs. rasionaliteit.

        3. Jy vra jou af watter vrae mense in die toekoms kan vra, en probeer daardie vrae beantwoord.

        Dit bekommer my wel as progressiewes ander mense wat net oorvolledig wil wees, of met goeie deursettingsvermoë ‘n saak benader, nou al probeer “normaliseer” deur hulle van gewapende aanvalle te verdink. Dit wys net vir my hierdie groepie voel uiters minderwaardig!

  • sussie se vissie

    ‘IN’ n stadium dok…altyd.

  • Hier is ‘n liedjie wat in Nederlands en in Afrikaans gesing word, en mens kom dit amper nie agter nie. Die windmeul verander in ‘n windpomp. https://youtu.be/i_xmPD28IA8

    • John

      Laaik sy musiek baie. Hy’t baanbreker werk gedoen met sy ‘Together as one’ album saam met die bekende anargis Johannes Kerkorrel. Waarskynlik bedoel om Afrikaners te help ontsnap uit hul verkramptheid.

      • Ek sien die Katalane raak nou ook baie verkramp, wil glad referendum hou om hulself te regeer. Dalk moet die hele wêreld maar net uit Londen regeer word, die verligte opsie.

        • John

          Ek sien die Karoo het lekker reën gekry.
          Nes die euskaldunak sal die Boere nou ook die Katalane beny. Vir hulle en die Skotte is soewereiniteit om die draai.

          Maar sien, in `n oomblik van eienaardige onwysheid so uniek aan die Boere, het ons voorvaders die republiek ingesleep by Engeland se gemenebes terwyl ons geesgenote nl. Ierland nog hand en tand baklei het teen die aristokrasie van die Empire. En instede van bande met minderhede en vryheidstryders eindig ons toe op met die soveelste kaalkop president wie in Maggy se dinges opgekruip was en `n A.N.C. wat wel genoeg verstand gehad het om te kon sien dat die koloniale era tot `n einde sou kom.

          Ek hoor min van die federale front. Enige vordering ? bestaan hulle nog ? Ek weet hulle het al `n vlag ontwerp.

    • Charles

      Dr. Roodt, ek verstaan waar u stellings van omarming vandaan kom; want daar is tans ‘n groter waardering onder Nederlanders van Afrikaners se moelike posisie; en ‘n herwaardering van die moeilike keuses wat Afrikaner leierskap in die verlede moes neem om ons bestaan te verseker. (Na omtrent die 70’s was die ywer en haas m.b.t. die opbou v/d afrikanerkultuur en ons taal nie meer daar nie; omdat die armblanke vraagstuk en die taal en kultuurkwessie (die aanvat van die oorheersende Engelse kultuur en Engelse ekonomiese mag en industriele mag) teen die 70’s SKYNBAAR nie meer ter sake was nie, en wedywering ten einde Afrikaners op gelyke voet te bring met Engelssprekende Suid-Afrikaners nie meer nodig was nie. HOE VERKEERD WAS ONS NIE, SOOS TEN TOON GESTEL DEUR JOU SKRYWE EN SUBTIEL GEINSINUEER, BEGIN DIT ALLES (DIE STRYD OM DIE HANDHAWING VAN ONS TAAL EN KULTUUR) NOU MOOITJIES WEER VAN VOORAF, sien o.a. bv. net om enkele vbe. te noem die “University of the Orange River Colony”, en aanvalle m.b.v. die slinkse liberale HSM teen Afrikaner instellings en skole deur swartes (o.a. jou wonderlike alma mater-HELPMEKAAR).

      NWO= NEO BRITSE IMPERIALISME EN UITBREIDING- ‘N WILDE RAASIKOOT- MAAR MISKIEN DIE GEVOLG VAN BREXIT?

      DIE PUNT WAT EK EGTER WIL MAAK IS DAT; NA DIE ONDERVINDING VAN OORSESE REGERINGS VAN ONGEBREIDELDE EN KORRUPTE (lg. ‘N HEWIGE EUFEMISME) SWART POLITIEKE MAG IN SUID-AFRIKA; SIMPATISEER DIE NEDERLANDERS NOU WERKLIK MET ONS AFRIKANERS IN TEENSTELLING MET VROEER JARE ; EN “VERSTAAN HULLE MISKIEN VIR DIE EERSTE KEER WAAR ONS VANDAAN KOM”. MYNS INSIENS HOOP EK DIE NEDERLANDERS KAN BAIE MEER ONDERSTEUNEND EN BEHULPSAAM TEENOOR DIE AFRIKANERSAAK WEES; SOOS WEL BLYK; EN IS DIT BESLIS REDE TOT HOOP. DIE “SPRANKEL” IS INDERDAAD LANKAL AF VAN DIE KAMTIGE “STRUGGLE”, EN IN PLEK DAARVAN BEGIN NOU INTREE HERNIEUDE STEUN EN BEGRIP VIR AFRIKANERS EN ONS ONBENYDENSWAARDIGE POSISIE; EN IS DAAR WERKLIK NOU ‘N TIPE AFKEUR TE BESPEUR VAN NEDERLANDERS en andere volke VIR DIE SWART ANC REGERING EN ‘N SKERP ONTUGTERING wat intree. (let wel; vir die gewone “jan-alleman”, nie die korrupte Europese “regerings” nie”
      * sjoe, ter illustrasie- sien bv. die “EUSSR” se steun aan die “SPAANSE DIKTATORIALE REGERING” se hantering en hardhandige en geweldadige onderdukking van die Katalane se strewe na onafhanklikheid ).

      Die Spaanse regering gebruik nou die korrupte en geweldadige “EUSSR” as verskoning dat Katalonie nie onafhanklik mag word nie!!!!!!!!!!!!!!! Naamlik; kamtig sal dit onstabiliteit in die EU!!! veroorsaak- kan jy nou meer- so begin dit!!!!!

  • Sass Kloppers

    Dan, dis baie waar. Die enigste probleem is dat meeste van ons Volk weier om deel te wees van enige plek waar die pretensieuse en egoistiese liberaal Johan Sloet De Villiers is. Dan vat ons maar liewer ons kanse met dit wat ons het. Ons trots weeg baie swaarder

    • Maar Sloet is geen Nederlander nie! Sy selfgekose bynaam of skuilnaam was altyd “Afrikaan”. Sover ek weet, kom hy van die Kaap af.

  • expatNederland

    Mens kry die indruk dat NL “regs” is, ja.. in die gheim wel.. MAAR… die (Groenlinks) van NL het helse veel mag. Vergelykbaar met die Engelse in ZA. Dit is “een pot nat”. NIEMAND maar NIEMAND sal erken dat hy PVV’er is. Self woon ek in ‘n (groen)linkse “bolwerk”. Ek het persoonlijk weinig las van moslims.

    Apartheid was ‘n helse fout. Dit was Nazi praktyke. Dit is hoe NL oor apartheid dink. Nederlander + PVVer het ‘n peshekel aan Nazi’s (lees daai PDF Onbeantwoord liefde). Mens kan nie, mag nie apartheid goed praat. Dit mag nooit terugkom.

    Die ANC was hier suksevol want die PR-masjiene het die lokale NL kultuur begryp mbt Nazis.

    Mens kan nie pissig wordt op NL. Hollanders wou graag van ZA ‘n Nederland in de vreemde maak. Die nasionaliste het NL die rug gekeer, nie andersom.

    Veel stede en dorpe het strate, pleine en buurte is vernoem na boere generaals & veldslagte. NL’er van heden weet f@kkol oor ZA. Dit is net nog ‘n Afrikaland. die jonge kase praat graag Engels, en verkies Kaapstad en meng met Engelse. Hulle weet / voel niks vir Afrikaans. Die band opnieuw bou gaan ONS enorme moeite kos.

    Ons het Holland nodig. Nie andersom. ‘n Afrikaner genocide sal hulle geen malle moer scheel. Die broedervolk gevoel is morsdood.

    NL het helse veel kanse vir studente. Hulle universiteite en hogescholen is wereldklas.
    Kyk byvoorbeeld naar Haagse Hogeschool.

    • Hans Onrust

      Dit volgende onderhoud, vol feiten over de misdadige achtergrond van ‘groen links’ (achterlijke bolsjewistische knechten) valt rondom u zeker niet in goede aarde.

      Veel liever met een gesubsidieerd pilsje in de hand over een Sovjet stijl propaganda film aangaande Yassin Klaver kletsen terwijl bolsjewistische Femke Halsema in stelling wordt gebracht om schijnheilige bolsjewist Van der Laan in blank verarmend en deporterend Amsterdam te gaan vervangen met de gedwongen ‘DIEVERSITY’.

    • John

      Ja dis vir my ook half irriterend, die heen en weer soeke na die perfekte kulturele venoot vir die Afrikaner. En dan is die kort geheue ook duidelik, want was dit nie juis Willie van Oranje wie die Boere uitverkoop het toe hy die kolonie aan die Britte oorhandig het nie ?! Tog is ons nostalgiese patriotte hier gaande oor die ou ranja-blanja-blou, die ‘appeasement’ lap wat eintlik bedoel was om die Engels taliges ook in te trek by die Nattes se republiek.
      Miskien moet Afrikaners vir ‘n slaggie onthou dat daar eindelose onmin was onder die proto Boere oor die VOC, wat basies maar die Nederlandse regering was. Dit was juis Hollandse beperkings en gesag waarvan hulle wou wegkom. En ek sou dink dat indien onse Jan lewend was op daardie stadium hy die horries sou kry. Ek merk dat ons Doktor hier ook nog steeds die portret van Jan plaas wat sederdien uitgewys was as waarskynlik ‘n portret van ‘n gans ander man. Liewe vrek !!

  • John

    Ek sien uit na die volgende berig aangaande ons hugenote voorvaders.. wanneer befondsing vir die Frankryk toer benodig word.

    • Hans Onrust

      Jean, niet wachten.
      Er werden veel hugenoten opgevangen in de Amsterdamse ‘Jordaan’……..(jardin)

  • Die Nederlandse en Germaanse wortel gaan inderdaad diep terug in die navorsingspad na ons voorsate. Daar is baie elemente in die vars navorsing van dr. W.A. Liebenberg oor die verspreiding oor die eeue wat die verwantskap en die migrasiepad aandui. (Sien bv. https://www.amazon.com/-/e/B074DJJKMG sou u belangstel in al die onderafdelings wat bewys dat ons ‘n groot familie is.) Hoewel daar talle is wie nukkerig op die kantlyne gal braak, of deur Edom mislei is, is die feit dat die St.Bartholomeusnag, Jan van Riebeeck, Settelaars, Hugenote, die Groot Trek, Vegkop en Bloeddrivier sowel as die vryheidsstryd rondom 1900 asook die verraad van 1994 deur tot by PRAAG, bydra tot dit wat dit vir my en jou moontlik maak om te sit-sit-so waar ons is. Dankie dr. Dan, ek stem saam en waardeer jou beplande uitreikpoging na internasionale familie en vriende. Ons Germaanse en Sakser wortels behoort ‘n baie beter handels en beveiligings alliansie te kan bewerkstellig as wat tans a.g.v. onverskillige onkunde die geval is in praktyd. Familie staan mos bymekaar! Oral!

  • Hans Onrust

    1. Wat is PRAAG toch een rots in de branding.

    2. Rifrug :
    “onderdele van ‘n goter Dietse nasie of groepering plaasvind.”
    gotisch of groter 😉

    “De schijn-élite van die valse munters — Drees, extreem rechts, die sixities, nuttige idioten,..”
    sexistisch of sixties 😉

    3. “Hulle het nou alles, hulle het my grond, my vrou, my kinders. Maar my het hulle nie. Hulle kan maar kom, hulle kan my maar in die tronk gooi en hulle kan maar my grond vat; hulle kan my maar doodskiet ook, maar my sal hulle nie kry nie. […] My kry hulle nooit. Ek is Bart Nel van toe af, en ek is nog hy.”
    Alexander Solzhenitsyn : But when you’ve robbed a man of everything, he’s no longer in your power – he’s free again….
    Terwijl ‘gezinshereniging’ voor ‘migranten’ en ‘vluchtelingen’ met het schuim op de bekken wordt voort gedreven en hele regio’s van herkomst ‘familie’ zijn, worden in criminaliserende balkaniserende volksvijandige anti christ EUSSRepubliek Nederland, met z’n machtige misdadige op blanken gerichte echtscheidingsindustrie en door hypocriete linkse misdadige pedofielen geleide ‘jeugdzorg’, echte autochtone Nederlandse gezinnen onder hoge druk en onmenselijke toestanden, onmogelijk gemaakt en systematisch uit elkaar gescheurd. Waar broedermoord deel van het boosaardig fundament is.
    In dat radicaal linkse ware naasten verachtend goddeloos klimaat, dient ook de van bovenaf opgelegde weerzin richting het broedervolk in SA bezien.
    Heel goed dat dat wordt bevestigd met : “Hy (Hans Janmaat) is deur sy eie mense meer gehaat as wat Connie Braam se Anti-apartheidsbeweging ooit Afrikaners gehaat het.”
    Liepen zowel Hans Janmaat en Pim Fortuyn ‘voor de troepen uit’ ? Welke troepen zijn dit nu dan ?
    Anti islam is nog net even iets anders dan pro Nederlands en God, Jezus Christus en Heilige Geest boven alles !
    Nogmaals wil ik hier graag stellen dat ik toevalligerwijs Hans Janmaat, duwend achter de rolstoel van gehavende geamputeerde Wil Schuurman, die nog 1 been overhield na de politiek correcte terreuraanslag, in de bossen rond Baarn en een keer in het centrum van dat dorp voor de deur van een horecagelegenheid, heb mogen ontmoeten. Beide keren konden we een uurtje spreken en mede daarvoor dank ik God, Jezus Christus en Heilige Geest.

    Hier evt. ter illustratie een schrijnend tranen trekkend voorbeeld uit velen van de dagelijks institutioneel volksvijandige anti Nederlandse praktijk, waarbij een kindje het moest ontgelden in een land en weerzinwekkend klimaat waarbinnen systematische kindermoord(abortus) en systematische bejaarden moord(‘voltooid leven’!!!!!) woekert als nooit eerder onder het linkse motto ‘voor jou 10 allochtonen’ wat nog als ‘humaan’ en ‘tolerant’ moet worden geslikt ook :
    https://www.ad.nl/binnenland/vader-omgekomen-sharleyne-8-wil-jeugdzorg-onder-ede-horen~a2969f33/

    4. Met de woorden van een sterfelijke uit de kerk geflikkerde zondaar : God zij met ons en ziet alles. En Jezus voedt en verzorgd ook Willemien Potgieter https://www.youtube.com/watch?v=7ajvJlE4Ri4

  • Chroom

    Daar het skynbaar twee Jan van Riebeeck’s na Suid Afrika gekom. ‘n Goeie een en ‘n slegte een. Die goeie een is dood. Kyk ons hoe diep die NEDERLANDSE invloed op Suid Afrika was, was ons trots daarop om te kon sê dat ons van Nederlandse afkoms is, maar en dit is die groot maar. Die Nederlanders het ons versaak. Eerstens toe die engelse die land wou oorneem en tweedens, my mening, met die hulp wat hulle aan die anc gegee het. Ek sukkel om die kloutjie by die oor te kry. Eers ontwikkel hulle die Kaap en behandel die ander asof gemors en skielik swaai hulle gat om, so ook die engelse, franse , ens. Presies dieselfde het die engelse gedoen met Australië. Dit wil my voorkom asof die europeërs maar ‘n veragtelike spul is, doen net wat tot hul voordeel is en laat hul burgers in die ander lande, wat hulle daar gesit, maar die nonsens opvreet. Kyk hoe het Europa die Afriuka kontinent besteel en die sogenaamde leiers omgekoop em hul vieslike hande op die kontinet se minerale te kon kry. Nou doen sjina dit en ook amerika.

  • Owen

    The EU & US want to destroy Afrikaners & the farming community in South Africa so they can supply us with GMO’s.

  • Charles

    Baie dankie Dr. Roodt, my innige en opregte dank aan u!!!!!
    Ek bespeur tog ‘n roering, ‘n dringendheid in Afrikanerharte, miskien misgis ek my…
    Lank leef Afrikaners en Afrikaans!
    Het onlangs Giliomee se “Die Afrikaners” klaar gelees, en kon nie gehelp het om amper tot trane gedwing te word deur die laaste hoofstuk nie.
    ONS IS WAT ONS IS, GESKIEDENIS HET MET ONS GEBEUR; ONS HET DIE VOLLE WISPELTURIGHEID EN GENADELOOSHEID, MAAR OOK VREUGDE, VAN GESKIEDENIS BELEEF, WAT ‘N MERKWAARDIGE VOLK!!

  • emiele

    Ek lees deur die kommentaar en kom tot die slotsom dat baie van ons (soos in die 80’s en 90’s), onrealsities is oor wat samewerking met politieke kultuurbehoudendes in Europa vir ons beteken. Die eindoel is om die ANC en sy bondgenote se veldtog teen blanke kultuur en sy propaganda veldtog om dit toe te smeer bloot te stel. Om te verwag dat Europa, met al sy probleme. direk te kom uit help is wensdinkery.