Franse studente help Afrika-migrante om in staatsgebou te plak

Een van die 'minderjarige' Afrika-migrante in Bordeaux.

‘n Gebou in die middestad van Bordeaux, Frankryk, is deur onwettige Afrika-immigrante met die hulp van blanke Franse studente beset.

Dit verteenwoordig amper iets uit die distopiese roman deur Jean Raspail, Omsingel die laer van die heiliges waarin sekere Franse immigrante uit die derde wêreld verwelkom om hul land te kom oorneem.

Die studente hoop dat hulle “model” van georganiseerde plakkery in amptelike geboue as “voorbeeld vir Frankryk” kan dien, om sodoende onwettige immigrante uit Afrika te herberg wat tans op straat slaap.

‘n Leë gebou van 240 vierkante meter in die middestad van Bordeaux wat aan die streeksraad (conseil régional) behoort, is deur nege Afrika-migrante beset. Eiendomspryse is, soos elders in die groot Franse stede, hemelhoog in Bordeaux met woonstelle wat teen €3000 (ongeveer R48000) per vierkante meter verhandel, wat beteken dat die kleinerige gebou ongeveer €720 000 (of R11,5 miljoen) werd moet wees. Onwettige water- en elektrisiteitsaansluitings is Soweto-styl in die gebou uitgevoer, waarskynlik vanaf naburige geboue.

Die vyf blanke Franse studente wil die gebou in ‘n “ontvangsentrum vir migrante” omskep.

“‘n Plakkersgebou is ‘n plek waar ‘n mens nie huur betaal nie, dis al. Dis die enigste verskil. Ons het die gebou taamlik opgeknap,” het een van die studentes aan die kanaal C-news gesê, ‘n Franse digitale nuuskanaal wat voorheen as iTélé bekendgestaan het.

Volgens die twee joernaliste van C-news, Antoine Estève en Jérôme Rampnoux, wil die studente “hoop gee aan die Afrika-migrante, en bowenal ander jongmense oorreed om hulle na te boots”.

Die migrante is blykbaar minderjarig, en wil “skool toe gaan”. Volgens liefdadigheidsorganisasies in die stad, “kom daar een duisend minderjarige migrante jaarliks in Bordeaux aan, met plakkersgeboue wat vermenigvuldig”.

Een van die Franse studente het gesê: “Die minderjariges wat hier geherberg word, wil Franse identiteitskaarte bekom, maar ook binne die samelewing integreer.”

Die streeksraad, die staatsinstelling wat die gebou besit, is in kennis gestel maar het besluit om nie ‘n uitsettingsbevel teen die migrante te bekom nie. “Uitsetting is geen oplossing nie. Elke geval sal bestudeer word, tesame met openbare instellings wat noodakkommodasie verskaf,” het ‘n woordvoerder aan C-news gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.