Brief: Vandag is ek gatvol

Nie ‘n geïrriteerde soort gatvol nie. Nee, sommer ‘n soort ek-is-gereed-om-te-ontplof-gatvol. Ek is dik vir so baie dinge en situasies, in ons land en wêreldwyd.

Laat ek begin om te sê dat ek ‘n Boervrou is. Die bloed van my voorvaders wat deur my are vloei, maak my van nature ‘n hardegat, uithouer met sterk opinies, beginsels en waardes. Ek is nie die gaan-lê-tipe nie en ook nie die stilsit-in-die-hoekie of die aanvaar-alles-tipe nie. Ek sou myself beskou as redelik verdraagsaam, soos baie van my volksgenote, tot jy ons moer te ver koer, dan gaan jy dinges wat jy nie geëet het nie.

Tumi Morake, Martin Bester, Max (minimum) du Preez, Kopdoek, Jan-Jan Joubert en Sloet (Lees Slet) de Villiers is so tipies NIE deel van my volksgenote nie. Nou moet ek seker ook ander by hierdie minder uitgelese groepie byvoeg, soos die bestuur van KKNK, Kakaranda, Netwerk 24, Spur, ag nee, die lys is eenvoudig te lank.
Dit is vir my verbysterend om te sien dat soveel dinge in ons mooi land verkeerd gaan, maar hierdie groepe en individue is so besig met hulle polities korrekte agendas dat hulle nie n dooie duit omgee vir die land en sy mense self nie. “hang hulle” word so gereeld uit hulle geledere gehoor as ‘n blanke persoon iets sê of doen teen n swart persoon. Hulle word uitgekryt as rassiste. Maar verhang die bordjies vir een oomblik en die prentjie verander na een van “dis n tragiese gebeurtenis wat spruit uit ons land se probleem met misdaad”. Wel ek sê vandag vir jou, KAK!!!! Dis een en dieselfde ding!!!

Sê ek alle blanke mense is goed en alle swartes sleg? Beslis nie!!! Maar dis tyd dat die politici, mediamense en openbare figure ophou om met poeierkwassies rond te loop en almal om hulle se gatte wit te verf met welriekende poeiers, terwyl die oorgrote meerderheid se aksies stink van dít wat dit is, KAK.

Dis tyd dat die minister van polisie ‘n slag van sy Twitter afklim en iets daadwerkliks doen aan die vlaag plaasmoorde (en ja, plaaswerkers is ook slagoffers) en nie net op die bus Nederlandse toeriste fokus om sy beeld as omgee-leier te poets nie. Om die waarheid te sê, hou sommer heeltemal op om slagoffers te besoek, want jy kan niks aan hulle situasie verander nie, inteendeel, jy beklemtoon net vir hulle jou onvermoë om die polisiehoof en die res van die mag onder jou, te bestuur. Hoekom gaan besoek jy nie eerder die polisiestasies en kyk hoeveel onbevoegde dik gevrete olifante die stoele vol sit, terwyl ‘n handjie vol bekwame mense al die werk moet doen nie? Dit sluit sommer die weermag ook in wat aan dieselfde siekte lei. Ek is oortuig dat as hier rêrig ‘n papaja die waaier tref in SA, is die weermag die eerste lede wat vra wat hulle nou eintlik veronderstel is om te doen, want hulle en die polisie het nog nie hulle gebruiklike KFC gehad nie.

Ek meen maar net, wanneer het die sogenaamde leiers in die land, die openbare figure en die mense en organisasies met ‘n publieke platform so blind geword, dat ons almal stil is oor die feit dat ons land die wêreldbeker van ons afgod-sport Rugby wil aanbied en daardeur vir die res van die wêreld sê, “all is well in the rainbow nation?” en dít terwyl toeriste aangeval word, ons eie boere soos vlieë afgemaai word nadat hulle fisies en emosioneel geskend is, ons kinders verkrag word in skole deur onderwysers wat versonderstel is om hulle te vorm, ons jeug uitgelewer is aan bendes en die meerderheid kerke hulle blind hou vir die morele verval van die gemeenskap, want hulle soek geld en makrogemeentes. Ons speel rykland-rykland terwyl ons mense krepeer van hongerte in wit en swart plakkerskampe en die dikgatpolitici hulleself vervreet en versuip aan die hardverdiende geld van Jan Alleman. “Verdeel die rykdom!!!!” skree hulle. Verdeel onder wie? Julle aanhangers kry nie eers ‘n stukkie van die koek nie. Al wat ryker word, is die uitgevrete korrupte pionne en hulle Gupta-vriende.

Ongelukkig het ek nou alles gesê wat ons almal reeds weet. Alhoewel dit ‘n riem onder die hart is om te sien hoe mense spontaan begin opstaan en net soos ek gatvol is vir die korruptes en dubbele standaarde in hierdie land, moet ek bieg dat ek self ook nie weet wat die oplossing is nie. Al wat ek vir seker weet, is dít: terwyl jy hier gelees het, is nog ‘n boer vermoor of aangeval, iemand is gekaap, iemand is in hulle huis op die dorp vermoor, iemand is dood weens swak gesondheidsdienste en geen politici kan die seer in hulle families en vriende se harte minder maak, of die leemte wat hulle in die gemeenskap laat, vul nie. Wat ek wel goed weet, is dat daar ook in hierdie tyd nog ‘n korrupte of duistere transaksie  gedoen is en ook dat daar nog ‘n paar gatvol mense besluit het: GENOEG IS GENOEG.

— Audrey Bierman

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.