Brief: Plaasmoorde: Ons is op ons eie

Oor die afgelope 20 jaar is veels te veel landbouers op plase en kleinhoewes in SA aangeval en wreedaardig vermoor. Oor dieselfde tydperk is baie beloftes oor hulle beveiliging gemaak, strategiese beplanningsessies en dinkskrums is gehou. Baie nuwe ministers en kommissarisse van polisie het gekom, beloftes gemaak en toe weer verdwyn. In parlementêre debatte oor die probleem is daar nie na oplossings gesoek nie maar beledigings en beskuldigings geslinger. Meer mense is gedood. Dinge het net erger geword. Dit is ‘n skande dat die regering mbv 50 miljoen mense, wat afhanklik is van voedsel verbou deur vyftiger duisend boere, hulle nie behoorlik kan beskerm nie terwyl daar ‘n grondwetlike plig is om dit te doen.

Die Grondwetlike Hof-uitspraak (Mashonwa versus PRASA – saak CCT 03/15 gedateer 26 November 2015) is belangrik, beskou teen die breë agtergrond van ons landbouers se veiligheidsituasie. Die Grondwetlike Hof het PRASA, as een van die organe van die staat, verantwoordelik gehou vir die veiligheid van passasiers op hul treine. Die SAPS en SANW is ook organe van die Staat – in beheer van die veiligheid van ‘n baie groter “trein” – die RSA en sy mense ingevolge artikels 7.2, 11, 12(1)(c) en andere van ons Grondwet, 1996. PRASA se “late” (opsetlik of nalatig) is deur die Grondwetlike Hof bestraf en PRASA moes betaal.

Ingevolge die PRASA-beslissing behoort landbouers ook ‘n aksie en eis teen die Staat te hê omdat sy organe (SAPS en SANW) wat vir hul veiligheid verantwoordelik is nie ontplooi word (soos van PRASA-sekuriteit verwag was) om die landbouers te beskerm nie. ‘n Verdere probleem is die liberale wetgewing en hofpresedente mbt borgtog vir diegene wat gevang word.

Nou is daar ‘n nuwe minister en hy maak nuwe beloftes terwyl hy sydelings, eintlik as verskoning vir die regering se onvermoë en weiering om daadwerklik boere te beskerm, na sekere boere verwys as “rotten potatoes”. Hy seg wel meeste boere is nie “a bunch of racists” nie. Tog versuim die regering sy konstitusionele plig om hulle (die nie-rasiste) te beskerm deur die polisie asook die weermag te ontplooi. Ons beleef ook aanvalle van buitelanders op ons landbouers en dis die weermag se plig om ons mense teen hulle aanvalle beskerm al is dit nie buitelands georkestreerd nie. In ‘n groot aantal gevalle is daar Zimbabwiese, Lesothose en/of Mosambiekse burgers verantwoordelik vir aanvalle wat uitgevoer word, met weermagtipe wapens, met feitlik militêre presisie.

Ek het 10 jaar terug, toe beloftes en beloftes deur regeringspolitici gemaak is, geskryf ons mense is op ons eie. Ons is en sal waarskynlik nieteenstaande die nuwe minister se beloftes steeds grootliks op ons eie wees omdat die kommandostelsel afgeskaf is en niks doeltreffends in die plek daarvan ingestel is nie. Al bestee boere honderde duisende rande, wat baie nie het nie, aan sekuriteit en plaaswagstelsels sal die aanvalle waarskynlik nie ophou nie. Die aanvalle is feitlik deurgaans dodelik teen baie ou mense en andere wat meestal snags oorval word omdat hulle nie ‘n eerstelinieverdediging het nie. Heinings, kameras en “strale” werk nie eintlik nie. So ook nie paniekknoppies nie want as die hulp opdaag, is mense reeds dood. Die aanvalle word net meer gesofistikeerd en deur groter bendes uitgevoer. Om dit die hoof te bied, benodig landbouers eerstelinieverdediging wat 24 uur per dag oë op die horison en ore teen die wind het.

Die sowat 1181 polisiereserviste wat nou opgelei staan te word sal waarskynlik nie ‘n druppel in die emmer wees om 50 duisend landbouers te beskerm nie. Indien hulle so hopeloos is soos baie van die permanente lede dan sal die landbouers hulle boonop óók moet beskerm. Die enigste doeltreffende eerstelinieverdediging wat tot dusver in Afrika gewerk het om landbouers te beskerm was die sg. “Bright Light”-sisteem wat in die 70’s noord van die Limpopo in gebruik was. Dit het bestaan uit dienspligtige weermaglede bokant 50 jaar oue wat vir ‘n maand of 6 weke die boer se woning en gesin beveilig het deur om die beurt wag te hou — hoofsaaklik snags. Dit was mense op wie die landbouer kon vertrou. Hulle het vroegtydig onraad gewaar, die boer betyds wakker gemaak en gehelp om baie terroristeaanvalle suksesvol af te weer.

Die nuwe minister met sy beloftes en slim praatjies beïndruk nie. Ons is op onsself aangewese.

— Ben de Ruyter

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Roerend eens Ben. Al sou enkele boere dan “rotten potatoes” wees, beteken dit dat hulle dan maar vermoor kan word? Myns insiens is dit waar die knoop lê. Heimlik voel die swartes die boere (Afrikaners) kry hulle verdiende loon. Maar jou stelling “ons is op ons eie”: Ons was op ons eie toe ons onsself regeer het, ‘n komandostelsel gehad en heeltemal in staat was om onsself te beveilig. Wat kan ons nou op ons eie doen en meer nog, wat sal ons toegelaat word om te doen? Soos Leon Lemmer in sy artikel hier onder vra: “dodemars vir die Afrikaner”?

  • Kalium_Chloraat

    Die liefling van die geld-establishment, Cyril , het mos onlangs vir ons verduidelik wat die regering se plan met die blankes in die land is. Die staat sal niks aan hierdie probleem doen nie.

  • Verkenner

    Gaan lees Deut 28

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!!

    • John

      Gaan lees Mat 5:38

      • sussie se vissie

        SKOOTKOL!!!
        😉

  • sussie se vissie

    “Die nuwe minister met sy beloftes en slim praatjies beïndruk nie”.
    Nou ja toe.
    Vir diesulks wat dit NOU EERS as ‘openbaring’ ag…kry vir jou.
    Biduurtjies en ad infinitum vergaderings met dieselfde doel voor oë – is misplaas.
    Drommeltuie toegerus met infrarooi en voorloop-ooie gekoppel aan GPS-geaktiveerde ploftoestelle…hou dinge rustig hier op Die Groot Vlak.
    Strategies geplaasde yster-en erdvark kanontjies sommer vir dekorasie.
    12 Boor meteor ligfakkel ‘trip flares’ om die plaashuis – dien insgelyks as Kersversiering vir diegene wat ly aan xerofthalmie. ( nagblindheid )
    Meen te sê; – Die pad van n oud Rhodesië loop jy net een keer.

  • Ou Transvaal

    Sonder om minagtend te wees wil ek vra of die wit man in moordland NET uit landbouers bestaan ??? Is daar nie net so ‘n uitwissingsprogram op die dorpe aan die gang nie , is dit waarom die dorpenaars uitgesluit voel met al die murmerreringe wat op gaan ??
    Is die landbouer se erf ook so betronk soos die dorper ??
    Is die landbouer ook al verplig om geen ander volkies op hulle grond te dult soos die dorpenaar ??
    Ek weet hierdie opmerking gaan weerlig trek maar…..in apartheid se tyd is dit ‘n feit dat die landbouers die blou-oog kinders van die land was , dit lyk asof ons nou oor dieselfde kam geskeer word .
    EK EIS DIESELFDE BEHANDELING VIR AL MY VOLKSGENOTE ONGEAG HULLE BEROEP … ONS IS ALMAL ONMISBAAR VIR ONS VOLK!!
    Hoe aktief is die landbouer binne die Volksaak , dit is immers tot hulle voordeel ook??

    • sussie se vissie

      OT,
      No truer word spoken.
      Ding is net, die ratio van kanteling tussen plaasjafel vs dorpskjênd is 13:1.

      • Ou Transvaal

        Daar stem ek saam , feit bly staan dat ons bloei vir dieselfde wit nageslag ..

        • sussie se vissie

          ….en dis nou nie al-te-mit nie.

    • John

      Nostalgie en stereo tiperende rond dwaal deur dwepers.
      Dis juis die plaas eienaars wie nie `n wit siel op sy plaas het nie. Als swart aarbeid.
      Wat doen hulle vir selfbeskikking ? fkol !

  • Rooikop

    As enige iemand ooit gedink/geglo het dat die regering iets vir die blanke sal doen is hy/sy net so onnosel soos frikkie en roelfie.

  • Owen
    • John

      Ek neem aan, jy is `n voorstaander van bewapening – streng volgens die Skrif ?

  • Ons as bedreigde blanke Afrikaners in SA sukkel skynbaar met eie beveiligende sameweking en (by?) geloof in aksie. Ons weet mos daar is openlike oorlogsverklaarings teen blanke belastingbetalende burgers in SA en ‘n Volksmoordaanslag teen blankes en landbouboere. Hier rondom 2001 het ek ‘n dokument gesien wat op moontlike plaasaanval patrone terugwys sover as 1979! Nou wie gaan dit vir ons oplos? Wanneer? Hoe? My beskeie dog ernstige aanmoediging is vir ‘n “bufferstrook” van gewapende burgers en goed opgeleide buurtwagte met oopkop voorsitters in elke GPF Sektor regdeur SA. Praat en kerm oor geweldsmisdaad en plaasaanvalle moet nou met onmiskenbare praktiese effektiwiteit en ruggraat-versterkde landsburgers op grondvlak onderskraag word.

  • Ciska

    Dit is baie baie hartseer as mens na foto’s kyk van hoe ons mense werklik “lyk” na so ‘n aanval. En dit help nie mens plak dit of die gevreetblad nie, daardie profiel word net dood eenvoudig deur die base aan stuur van sake geblok. Ook het ek nie werklik simpatie nie, maar dit gaan my verstand tebowe dat ons wit mense, ons wit boere SIEN en HOOR en BELEEF en ERVAAR en WEET!! WEET!! WEET!! wat aangaan, maar die hemele hoor vir my, hulle maak nie plan om hulself te beveilig nie. Nogsteeds los die kinders hulle ou mense om aan te hou boer, nogsteeds stel hulle (ons wit Afrikaners) swartes aan, nogsteeds kry hulle (ons wit Afrikaners) jammer en gee kos, nogsteeds dink hulle (ons wit Afrikaners) swartes moet soos kinders behandel word, nogsteed loop hulle (wit Afrikaners) met die bybel onder die arm en bid op ‘n menslike god om hulle te help…. ag laat ek liewer net stilbly, dit krap my net om…. As jy wit is, is jy ‘n rassis – KLAAR, swartes en bantoes LIEG vir jou! Swartes sien LIEG as deel van hulle omgang met als, en as jy hulle glo is jy net so dom soos pienk frikkel & sy gespuis. En nee, hierdie bantoes sal niks doen om ons te help of om te beveilig nie. Stem, en stem vir selfbeskikking, want nie VF+ of Afriforum of Orania gaan jou help nie, en help jouself, daar is baie wit Afrikaners wat op ‘n plaas sal gaan bly…..

    • Suidpunt

      Hallo Ciska. Weet jy, dit herinner my so baie aan my hoërskooljare in die laat-2000’s. Sit ons in die saal en word daar hard gebid vir diegene wat Msinga toe gaan vir die uitreik. Dit voel of ons God verraai deur nie Msinga toe te gaan nie. Die vragmotors kom met ‘n gejuig en kom laai die leerlinge, ouers ens. vir die groot trek op, na die derdewêreldlanddeel van Suid-Afrika. Met hul terugkoms vertel ons klasmaats ons van hoe arm die gebied is (maar almal het selfone), daar is nie lopende water of elektrisiteit nie (baie soos my moeder grootgeword het), dat die kinders bang is vir blankes (nog nooit ‘n blanke gesien nie); maar die mense is vriendelik en laat jou in hulle huise slaap (ek sou ook as jy gratis my skottelgoed was, huise verf, geisers insit met sonpanele…). So gaan dinge verby, en toe hoor ons via my moeder se vriendin ons dorp is nie die enigste wat soontoe gaan vir ‘n uitreik nie. Jy hoef net “Msinga uitreik” te google! Jy weet Ciska, met die hoeveelheid geld wat in hierdie uitreikprojekte gestort word, moes Msinga al ten minste ‘n wolkekrabber gehad het. Of ‘n Bybeldrukkery. En was dit maar één jaar… dit word dekades! En daar kom net niks uit nie! Het hulle nie Mattheus, Markus, Lukas en Handelinge gelees nie? As die dorpe nie wil luister nie, skud die stof van jou voete af! Maar ek dink my moeder is reg: dit is niks meer as ‘n vakansie in die boendoes nie.

    • More Ciska,
      ek kan nie meer met jou en Suidpunt saamstem omtrent hierdie situasie nie.
      Jy pomp in ,in n bodemlose put.
      Ek kyk na Chinese wat vir die eerste keer n Bybel van sy eie kry, nadat hulle al n geruime tyd die Evangelie mondelings ontvang het.
      Hulle huil en omhels daardie BOEK asof hulle lewens daarvan afhang. hulle koester die WOORD en soen dit van dankbaarheid en dan gaan hulle verder en DEEL dit met mede broeders.
      Die swartes is gevoer alreeds van die trekkers in die Ooos Kaap aangekom het en veral met die groot droogte waar daar duisende gesterf het weens hongersnood. Weer het die witman beplan en gedoen en gehelp en gevoer. Vandag is daar al 50 miljoen van hulle maar hulle sukkel nog steeds en neuk nog steeds voort met hulle “struggle”.
      Hulle lieg nie net nie, hulle ontken dit ook watookal die probleem mag wees, hulle ontken deelname en betrokkenheid. Soos stout kinders is dit nooit hulle nie, en DIT kom al jare aan saam met die swartman.
      Vandat hulle getrek het van midde Afrika af al langs die Ooste kant af tot in Zululand en die Transkei.
      Van Dingaan en Tsjaka se tyd af.
      Ek vertrou hulle nie, en kan nie verstaan hoekom neem witmense, swart kinders aan om groot te maak nie.
      Ek het nog nooit gesien dat die teenoorgestelde plaas vind nie.
      Vroër jare wat die maatstaf om n kind aan te neem so streng, maar nou is dit ok dat n witte n swartkind mag aanneem.
      Wat n grap.