Dan Roodt-onderhoud met Stefan Molyneux op YouTube

Dan Roodt en Stefan Molyneux

Dr. Dan Roodt van PRAAG se YouTube-onderhoud is gisteraand opgelaai en kan hier onder gevolg word. Die onderhoud is ongeveer ‘n uur lank en gaan oor die ondermyning van Suid-Afrika deur die ANC en SAKP in die verlede, maar ook oor die toekoms van die Weste. Sowel Roodt as Molyneux is bekommerd oor dieselfde faktore soos die oorheersing van linkse denke en ongebreidelde bevolkingsgroei wat Suid-Afrika lamgelê het en wat tans die Weste as sodanig bedreig.

Molyneux raak ook die omstrede kwessie aangaande IK-verskille tussen rasse aan, wat mag verklaar waarom die Afrikavasteland so traag is om te ontwikkel.

Die Iers-gebore Stefan Molyneux, maar wat tans in Kanada woon, is een van die leidende mediafigure van die wêreldwye altregse beweging en sy video-onderhoude word met intense belangstelling gevolg. In die enkele ure sedert die Roodt-Molyneux-gesprek opgelaai is, het dit reeds 30 000 sigte op YouTube ontvang. Na verwagting sal honderde duisende kykers van regoor die wêreld daarna kyk. Ook het Steve Hofmeyr die skakel vanuit Auckland, Nieu-Seeland getwiet na sy 252 000 volgelinge op Twitter.

Kyk die onderhoud hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    “Die onderhoud is ongevuur ‘n uur lank …” – ‘ongeveer’

    • Juan Olivier

      Dan sal moet begin proeflees.

    • Dit is darem verander, dankie.

  • Suidpunt

    I.K. en vooruitsig beteken niks as jy ‘toegewing’ en ‘skietgee’ toelaat nie. Ons het gesien wat politieke “toegeeflikheid” toegelaat het in die afwatering van ons onderwys sedert die laat-1970’s. Om ander groepe te akkommodeer wat nie met die Afrikanertradisies gediend is nie.

    Ek is veral ‘verheug’ toe ek vandag uitvind Denemarke het ‘n vrye en toeganklike latinskordbog.dk (Latyn-Deense woordeboek) wat tans in ‘beta’-stand, en boonop staatsbefonds is, natuurlik deur die Deense staat. Met die belastinggeld van die Deense burgers. Vir ‘n klein “moderne” volkie sê dit vir my ontsettend baie. Nie eens Nederland en België het so ‘n projek nie. Die herwaardering van die gratis ou kennis, tradisie en kommentaar in die openbare besit, wat met alle mag in die 1960’s in Europa en Amerika uitgesmyt is, en daardeur ‘n hele akademiese geskiedenis ongedaan gemaak het, lyk my neem nou gelukkig ‘n stadige terugloop. Miskien is ek ooroptimisties, dalk nie. Mag hulle oë tog oopgaan wat hulle in daardie bronne lees.

    • Flip Kriel

      As ek ‘n Deen was, sou ek vreeslik opgewonde wees oor die aanlynwoordeboek wat gebaseer is op die Latyn-Deense woordeboek van 1886. Weet jy van ‘n Latyn-Afrikaanse woordeboek? Denemarke het natuurlik ‘n langer Klassieke tradisie as ons en dit lyk my daar is nog ‘n lewendige belangstelling in Latyn aldaar te oordeel aan die reaksie op en deelname aan die speletjie in die woordeboek om jou kennis van Latyn te toets. Jare gelede toe ek nog ‘n student was, was daar ‘n Klassieke Vereniging in SA. Ek kry die indruk dat klassici hier te lande hulle meer toelê op Grieks

      • Suidpunt

        Hallo, Flip.

        Ek het één Latyn-Afrikaanse woordeboekie deur Dr. F. Postma teen R5,00 in Hermanus gekoop. Dit was ‘n herdruk in 1975 van sy werk uit 1967, wat weer ‘n herdruk was van 1937. Ek kon my geluk nie glo nie – daardie boek is onmoontlik om te vind. Helaas is daar seker kopiereg op hierdie boekie, ek sal eers moet wag tot Postma 50 jaar oorlede is voor ek hom kan digitaliseer. Ongelukkig skiet die woordeboekie baie tekort, net soos my Langenscheidt Latein-Deutsch/Deutsch-Latein Taschenwörterbuch wat ene “Maurer” in Otjiwarongo in 1953 gebruik het.

        As ek raad verskuldig kan wees – soek Van Wageningen en Muller se woordeboek uit 1925+. Daardie Hollandse woordeboek is geweldig omvattend. Nog ‘n baie lekker program is Legible Latin. Selfs “Nieulatynse” woorde word daar gelys…

        My hemel, Postma is 60 jaar al dood! Ek kan sy werk gaan oplaai! Ek kry ‘n anafalaktiese aanval! 24 September 2017 sal onthou word…

        • Flip Kriel

          Dankie Suidpunt. Gee vir ons Postma! Daar is heelwat uitstekende Latyn-Engelse woordeboeke. Ek het een van CT Lewis, Eerste Uitgawe 1891 – “Elementary Latin Dictionary”. Lewis sê in sy Voorwoord dit is ‘n “abridgment” van sy “Latin Dictionary for Schools” maar dit het self 952 bladsye! Die ou Latiniste was onverbiddelike woordmense!

          • Suidpunt

            Ek is besig met die oortik en het al my ander Wikipediaprojekte gestaak, want ek wil dit heeltemal digitaal beskikbaar hê. As jy Google, moet die woorde voor jou opduik. ‘n Aftas=en=pos gaan nie werk nie. OCR trippel ongelukkig bo-oor byvoorbeeld accŭbĭtĭo (accubatio) -onis, f. ”die aanlê aan tafel.” My sukses vir die dag? 3 bladsye oorgetik.

            Oor die Afrikaanse woordeboekie self is ek effens teleurgesteld, want dit is ‘n hiperoorvereenvoudiging van Van Wageningen en Muller. As jy onmiddellik, dadelik, NOU, ‘n woordeboek nodig het, kry die Hollandse een. Hy is nou wel 170,4 megagreep groot, maar elke bis werd. ( https://archive.org/details/van-wageningen-4e-1929 ). Hoekom? Want by die Hollandse een staan by accŭbĭtĭo “het aanliggen aan tafel”. Steeds sal die Afrikaanse gebruiker effens verward voel – die Engels sal dit beter vertaal: “to recline at the table”. Want die mense het mos gelê en eet.
            Die Hollandse woordeboek bevat ook die Griekse en selfs Gotiese oorsprong van sekere woorde.

            Ek sal hierdie oortikstorie tog voortsit, om twee redes: 1) In die proses leer ek nuwe woorde. 2) Dit moet tog een of ander tyd gebeur. Dit is slegs die Italianers en Engelse wat in die fonetiese skrif hul vervoegings gratis aanlyn het. Spring ‘n universiteit my voor, wat ek betwyfel sal gebeur, dan het ek vrede daarmee.

  • Nevyn

    Baie oorsee se mense verstaan wat hier aangaan, maar hulle het hulle eie probleme, ons is op ons eie.

    • John

      ;

      op `n stadium sal die interne `ons` dit besef

  • Hans Onrust

    Waardevol aansprekend informatief onderhoud weer Dan.

    Werden die anc sacp kampen in Tanzania in de ’60’s ook al m.m.v. de DDR en USSR opgezet ?

    https://www.youtube.com/watch?v=cFnMpKYEa2s

    Wolf kon dus ook geen asiel in Israel krijgen omdat de DDR nogal pro Palestijns was.

    Zie aan het eind van deel 2 hoe zijn voormalig medewerkster hem nog het etiket van verraad op de mauw spelt 😉

  • Mr Domestos

    Great onderhoud. Ek voel ook dat Europa en Brittanje oor die algemeen die swart bevolking van Afrika se vermoë om te vernietig onderskat en/of geensins begryp nie. In ’94 tydens die onluste in die ou Bophuthatswana het ek eerstehands gesien hoe winkelsentrums binne ure vernietig word (bv Itsoseng Shopping Complex) en soos Dan dit ook gemeld het, is dit die kortsigtigheid wat bestaan en ‘n totale onvermoë om verder as vandag te kyk en te beplan. Na die plundering destyds was die sentrums nie herbou nie en was daar ‘n geweeklaag oor die feit dat hulle nie fasiliteite/geleenthede het nie en moes die spulletjie honger ly sonder ‘n inkomste. Deel van die swart probleem is dat geboue ens as simbole van “onderdrukking” gesien word en hul glo as die simbool vernietig is, is die probleem opgelos. Dieselfde geld as jy kwaad is vir die ondewyser, staat of wie ookal en die skool word afgebrand. Agterna is daar weereens die gebrek aan alles en word daar bakhand gestaan vir die volgende uitdeel sarsie. Die infrastruktuur wat agtergelaat was deur die kolonialiste in Afrika kon die basis gewees het vir verdere ontwikkeling maar helaas weet ons almal wat gebeur het.

    • Hans Onrust

      Ik hoop niet dat u bv. denkt dat het merendeel van het Nederlandse volk in ’75 voorstander was van het overvliegen van honderdduizenden vnl. achterlijke Surinamers.
      Maar wat wil je er tegen doen ?
      Wat kon de Duitser doen toen Merkel in 2015 het hek van de dam haalde voor een eindeloze stroom achterlijke schizofrene inteelt ‘vluchtelingen’ ? De AfD pakt nu net 13,4% !
      Wat kon de Fransman er tegen doen dat zijn land na W0II werd overspoeld met Afrikanen/moslims ?
      Wat konden de Britten en Enoch Powell in GB doen in ’68, behalve de ‘Rivers of blood speech’ en voor fascist en racist te worden uitgemaakt ?
      enz.

      • Mr Domestos

        Dit is inderdaad ‘n dilemma vir enige konserwatiewe burger, ongeag nasionaliteit. Ek dink ook nie dit was die Nederlandse volk se keuse in ’75 nie. Maar, ongelukkig word enige persoon wat sy stem daarteen dikmaak (teen die staat) onmiddelik deur die liberales verkree en afgemaak as ‘n rassis, nazi ens en word dan ook die teiken van daardie groep (soos Antifa). Ek wens ek het die antwoord gehad, Hans.

  • Mr Domestos

    Om sommer nog verder kommentaar te lewer – die media se uitbeelding van Afrika dra ook grootliks by tot die wanopvatting oor hoe dit werklik in Afrika gaan. Waar ek tans is kan ek slegs CNN, BBC, DW en Euronews (lekker ou liberale propagandamasjiene) opvang, en daar is chronies advertensies en programme wat swartes uitbeeld as hoogs bekwaam, professioneel, intelligent en dies meer. Ongelukkig is daar ‘n groot aantal Europeërs en Britte wat slegs die kanale kyk en hul opinie daarvolgens baseer. Ek sien dit ook ongelukkig met my studente – die meerderheid sien swartes as eksoties, begaafd en veral swartvroue as skoonhede. Niemand in die media durf dit teengaan nie, met ander woorde die nuwe jong geslag dink dit is die norm en dit is ons blankes se skuld dat die res van die swartes nie ook so is nie.

  • VanderWalt

    Het dit geniet dankie. @danroodt:disqus – n ander kant wat baie min genoem word is die groeiende rol van tegnologie in die wereld (jy het so genoem oor die tv se impak in 70’s).

    Byvoorbeeld – spesifiek twee areas wat nou baie vinnig ontwikkel is AI & RPA (Robotic Process Automation). Die gaan baie werke vinniger & beter doen as mense – daar is n magdom menings oor die maar die vermoe, investering & aandag van organisasies draai die kant toe vir logiese redes. Al vat dit nie werke in SA vandag nie gaan SA organisasies met internationale organisasies moet meeding wat baie meer effektief werk (beter, vinniger en goedkoper).

    Sosio ekonomies gesproke – Afrika met sy groot hoefeelheid lae of ongeskooldes is in baie groot moelikheid in die nuwe wereld van ons.

    Die robot werker is hier & Afrika se tydsberekening om rekord populasies te he is maar sleg! Wonder of die IRR die dophou?

    PS: Indien jul wil help robot bou – hier is een wat ek op afgekom het wat verniet lesse gee – UI Path (https://www.uipath.com/). Groete