Merkel se kollega wil AfD-stemmers van hul stemreg ontneem

Merkel, Altmaier, aanval op AfD

Die Duitse politikus Peter Altmaier het kiesers gemaan om Sondag geensins vir die Alternatief-vir-Duitsland-party te stem nie en eerder buite stemming te bly. Altmaier is die Stafhoof van die Duitse kanselary, asook die bondsminister minister vir spesiale aangeleenthede, ‘n posisie wat hy reeds sedert 2013 beklee. Hy word as een van Angela Merkel se vertrouelinge beskou.

Altmaier het gesê: “Die AfD verdeel die land. Hulle buit die kommer en die vrese van mense uit. En dit is waarom ek glo dat ‘n stem vir die AfD nie geregverdig kan word nie — ten minste nie vir my nie.”

Selfs toe hy regstreeks gevra is of dit nie beter is vir kiesers om AfD te stem as om glad nie te stem nie, het Altmaier “Nee!” geantwoord. Altmaier was wesentlik besig om aan kiesers raad te gee om die stemproses te ondermyn ten einde een party uit te sluit.

“Ek is ten gunste daarvan dat almal aan die verkiesing deelneem. Maar dat hulle die partye kies wat staatsondersteun is. En vir my is dit, natuurlik, my eie CDU/CSU, maar ook die FDP, SPD en die Groenes. Ek sien geen sin daarin om vir die AfD te stem nie.”

Die AfD gaan waarskynlik 50 Bundestag-setels wen ná die ontevredenheid wat deur Merkel se onverantwoordelike vlugtelingbeleid veroorsaak is, maar sy het by voorbaag enige moontlikheid van koalisiesamewerking met die AfD of die Linkse party uitgesluit.

Altmaier het aan Bild onthul dat hy onder “staatsondersteunde” partye slegs partye verstaan wat die status quo ondersteun. Legitieme vrae oor die wysheid van Merkel se immigrasiebeleid behoort óf met uitsterste vyandigheid van die establishment begroet te word, óf soos Altmaier voorgestel het, ontkiesering, wat Duitse burgers van hul basiese stemreg sou beroof.

Steun vir die kanselier het intussen teruggesak met meer as ‘n derde van Duitsers wat steeds onseker is oor hoe hulle in die komende verkiesing — wat môre plaasvind — gaan stem, soos ‘n meningsopname gister (Vrydag) aangetoon het. Die weeklikse opname, wat deur die opnamemaatskappy Forschungsgruppe Wahlen vir die ZDF-televisie gedoen is, het getoon dat Merkel se konserwatiewe groepering 2 punte afgestaan het, tot 36 persent.

Die opname van 1383 kiesers, wat tussen 12 en 14 September gehou is, het getoon dat 39 persent van diegene wat ondervra is steeds onseker was oor hoe hulle wou stem.

Altmaier se siniese kommentaar is met skok deur Duitse kiesers begroet. Een kommentator het aan die Duitse dagblad Bild gesê: “Sy uiters onverskillige vyandigheid jeens demokrasie maak van hom ‘n gesogte vennoot vir kanselier Schulz se toekomstige kabinet!”

Iemand anders het gesê dat Altmaier “oor ‘n vreemde begrip van demokrasie beskik indien ‘n party wat tot die verkiesing toegelaat is nie verkies mag word nie omdat die party of sekere amspdraers meer beskrywende taal gebruik, maar daar buite belowe alle faksies dieselfde aan die burgers, soos byvoorbeeld, om die buitenste grense te beskerm, aankomelinge te kontroleer, misdadigers vanuit die buiteland te deporteer”.

In die aangesig van die AfD se sterk opkoms, het Altmaier Maandag tydens ‘n onderhoud met die nuustydskrif Der Spiegel die media daarvan beskuldig dat hulle “te veel aandag” aan die aan die AfD bestee en gesê dat die party om dié rede in die eerste plek ter sake geraak het. Hy het die situasie met die verkiesing van Donald Trump vergelyk. “Hulle is net ‘n paar opswepers,” het Altmaier verklaar, “wat gedy op almal wat oor hulle berig.”

Met die verkiesing wat waarskynlik ses partye na die parlement gaan stuur, teenoor die huidige vier, gaan koalisievorming soveel moeiliker wees. Die kanselier gaan teen haar vernaamste opponent, Martin Schulz van Duitsland se Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) in die verkiesing meeding, maar ook teen