Leon Lemmer: Klassieke musiek en dekolonisering

Gustav Mahler... het 'n lae dunk van Amerikaanse Negermusiek gehad.

Etienne Viviers, ‘n dosent in die Departement Musiek aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom-kampus, het die volgende artikel op LitNet Akademies (Geesteswetenskappe, 8 Augustus) gepubliseer: “Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek.” Hierna het Mareli Stolp ‘n onderhoud met Viviers gevoer: “Musiek en dekolonisering” (LitNet, Menings, Onderhoude, 14 September). Hier volg enkele opmerkings na aanleiding van sowel die artikel as die onderhoud.

Wat word met dekolonisering bedoel? Dit is ‘n proses wat as doel het om ontslae te raak van die koloniale erfenis. In hoeverre? Dit sou myns insiens dwaas wees om van alles ontslae te raak wat met die Weste of Europa of blankes geassosieer word omdat dit ook die inheemses/gekoloniseerdes sowel geestelik as materieel sou verarm; des te meer as die koloniale erfenis met prekolonialisme vervang word.

In Suid-Afrika het die koloniale era amptelik in 1910 tot ‘n einde gekom. Die redenasie in bv ANC-geledere is egter dat ‘n uitsonderlike soort kolonialisme eers in 1994 in Suid-Afrika tot ‘n einde gebring is. Daarvolgens beteken dekolonisering eintlik ontwitting.

Daar word tereg ‘n onderskeid tussen dekolonisering en transformasie gemaak. By transformasie gaan dit nie (soos by dekolonisering) om potensiële monokulturaliteit nie, maar om rasse- en geslagsdiskriminasie in ‘n multikulturaliteit, dus die bevoordeling van swartes bo blankes en vroue bo mans, bv by die toelating van studente tot universitêre studie, asook by die aanstelling en bevordering van dosente en ander personeellede. Transformasie is dus op die nie-inklusiewe (oftewel eksklusiewe) bevoordeling en bevoorregting van swartes en vroue ingestel.

Hoewel blankes sedert 1652 deel van die plaaslike bevolking is, word daar na hulle as setlaars verwys, maar dieselfde word nie met die slawe gedoen nie. Ook nie in die geval van die swartes nie, wat ná 1652 inkommers was in groot dele van wat nou Suid-Afrika genoem word.

Westerse klassieke of kunsmusiek word ingevoerde, elitistiese musiek genoem en is glo ‘n uitdrukking van bv Duitse nasionalisme. Om sodanige musiek te bevorder, is glo kolonisering. Dit is musiek wat as irrelevant in ‘n gedekoloniseerde Suid-Afrika beskou word. Hierdie musiek word voorgestel as deel van die juk van kolonialisme, maar dit is terselfdertyd deel van die (trotse) kulturele identiteit van blankes.

Kolonisering het glo baie bloedvergieting veroorsaak. Maar in die konteks van Suid-Afrika se geskiedenis het diegene wat as inheemses gereken word myns insiens baie meer bloedvergieting veroorsaak as die sogenaamde setlaars. Desnieteenstaande word daar na die gewelddadige koloniale geskiedenis verwys, maar nie na die gewelddadige geskiedenis van die inheemses nie, wat tot op hede voortgesit word.

Tereg word nasionalisme en die nasionale onderskei. Ek sou nasionalisme egter nie sonder meer as boos veroordeel nie. In hulle eertydse nasionalistiese eras het bv Duitsland en Suid-Afrika uitsonderlik en in baie opsigte positief gepresteer. In Suid-Afrika is daar sekerlik steeds iets soos nasionale of landsbelange. Maar daar is geen Suid-Afrikaanse nasie nie; wel swart nasionaliste wat die illusie van ‘n Suid-Afrikaanse nasie koester of die proses van nasiebou bepleit. Die etniese verskille in die Suid-Afrikaanse bevolking is myns insiens te groot en te baie om beduidend met nasiebou by nie-swartes te slaag. Wat nodig is, is groter erkenning van verskille by mense, dus pluraliteit; nie net ‘n gehamer op eendershede nie. Die funksionering van Engels as eintlik die enigste amptelike taal is ‘n berekende poging om etnisiteite uit te wis; dus om eendersheid te bevorder.

Daar word beweer dat apartheid verhoed het dat swartes universiteitsopleiding ontvang. Die waarheid is dat talle universiteite vir swartes sedert 1960 tot stand gebring is met bekostigbare fooie en ‘n oorvloed studiebeurse. Studie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) teen uiters billike tariewe was sedert 1948 aan almal met matrikulasievrystelling beskikbaar. Ek neem gevolglik mense erg kwalik as hulle beweer dat hulle nie die geleentheid tot universitêre studie gehad het nie. Sedert 1994 het sodanige studie sowel onbekostigbaar duur as van veel swakker akademiese gehalte geword, maar daarvoor moet die ANC-regering geblameer word.

Daar word beweer dat apartheid ‘n banvloek op kritiese denke uitgespreek het. Die waarheid is dat daar tydens apartheid baie meer fundamenteel-kritiese gesprekke oor die politiek op kampusse gevoer is as tans. Aan sowel die swart as Engelstalige blanke universiteite is apartheid toe deurgaans heftig gekritiseer. Ook aan die Afrikaanstalige blanke universiteite het kritiek teen apartheid destyds in veel groter mate opgeklink as wat daar deesdae kritiese geluide oor die ANC-regering en linkse politiek en kommunisme op enige van die kampusse gehoor word. Die gesprekke en onderrig wat plaasvind, is getooi in politiese byderwetsheid.

Die woord “kritiese” dra swaar aan kommunistiese bagasie. “Critical theory” het te make met die Frankfurt-skool se hersiening van marxisme. Dit gaan nie om ‘n breë kritiese benadering nie. Marxistiese kritiese teorie is na bv feminisme en sogenaamde bevrydingsfilosofie uitgebrei. Daar is gepoog om bv die onderdrukking van mense “wetenskaplik” te verklaar. Daardie soort kritiese denke en wetenskaplikheid geskied egter alles binne die konteks van marxisme. In daardie sin kan gesê word dat die apartheidsregering teen kritiese denke en wetenskaplikheid was omdat kommunisme destyds van owerheidsweë daadwerklik bestry is.

Na bewering bestaan daar nou ‘n groter aantal protagoniste met geletterdheid in kritiese denke, wat glo ‘n regverdiger samelewing in Suid-Afrika wil skep. Dit verwys na die neo- of kulturele marxiste waaroor ek in my vorige paragraaf geskryf het.

Viviers se stelling dat die meesternarratief van wit manlike komponisprofete noodwendig [!] geen [!] ruimte vir swart en/of vroulike komponiste laat nie, is erg oordrewe.

Om die idees oor swart bewussyn van Frantz Fanon (1925-1961), soos Viviers doen, en Steve Biko, soos Max du Preez onlangs gedoen het, kritiekloos op te haal, is sowel ongewens as gevaarlik. Viviers verwys bv na Fanon se opmerkings oor nasionale kultuur (The wretched of the earth, London: Penguin, 2001, chapter 4). Let in hierdie verband op Fanon-uitlatings soos die volgende: “The native intellectuals … discovered that there was nothing to be ashamed of in the past, but rather dignity, glory and solemnity” (p 169). Is dit die waarheid of wensdenkery? Blankes word voortdurend vertel dat hulle hulle oor hulle verlede moet skaam. Is dit vergelykenderwys billik? “Colonialism … turns to the past of the oppressed people, and distorts, disfigures and destroys it” (169). Is dit ‘n billike of ‘n oordrewe veralgemening?

“Men of African culture … speak more of African culture than of national culture” (172). Hierdie opmerking kan meer ras- as kultuurgebaseerd wees. Dit verduidelik bv waarom die ANC-regering geneig is om voorkeur aan Afrika-belange bo Suid-Afrikaanse belange te gee, bv die voorgestelde afskaffing van landsgrense in Afrika. Is dit ‘n voortreflike of ‘n uiters gevaarlike idee wat katastrofiese gevolge kan/gaan hê? Fanon brei hierop uit: “In Africa, the movement of men of culture is a movement towards the Negro-African culture or the Arab-Moslem culture. It is not specifically towards a national culture” (175). “The responsibility of the African as regards national culture is also a responsibility with regard to African-Negro culture” (199). Dekolonisering en transformasie, soos in Suid-Afrika toegepas, dra sekerlik tot swart Afrika-kultuur by. Pan-Afrikanisering is moontlik besig om in selfs groter mate as bloot in Suid-Afrika die oorblywende klein blanke bevolkings in Afrika te verswelg.

Wat in hoofstuk 4 van Fanon se boek staan, is egter ignoreerbaar mak in vergelyking met sy ongebreidelde lof vir geweld en sy anti-blanke retoriek in sy vroeëre hoofstukke. “Between oppressors and oppressed everything can be solved by force” (56). “For the native … violence represents the absolute line of action. The militant is also a man who works … To work means to work for the death of the settler” (67). “The native’s work is to imagine all possible methods for destroying the settler … For the native, life can only spring up again out of the rotting corpse of the settler” (73). Spesifiek oor dekolonisering skryf Fanon: “Decolonization unifies … people by the radical decision to remove from it its heterogeneity, and by unifying it on a national, sometimes a racial basis” (35) – soos wat tans in Suid-Afrika gebeur. “Individualism is the first to disappear”: iedere swarte word ‘n “brother, sister” (36). Dit is sowel marxisties as maxisties om Fanon se idees ongekwalifiseerd aan te beveel. As Fanon die reg het om swart bewustheid te propageer, het blankes sekerlik in dieselfde mate die reg om wit bewustheid te koester.

Viviers verwys na die komponis van klassieke musiek, Antonín Dvořák (1841-1904), wat van 1892 tot 1895 in Amerika was. Dvořák het gedink dat die musiek van die Indiane en swart Amerikaners gebruik kon word om Amerikaanse musiek te laat groei en sodoende ‘n nasionale musiekstyl te skep. Daar is al dikwels beweer dat Dvořák se Negende of Nuwe Wêreld-simfonie (1893) deur Indiaanse en swart Amerikaanse musiek beïnvloed is. Hierdie soort verinheemsing van Suid-Afrikaanse kuns- of klassieke musiek dra ook die goedkeuring van Viviers weg. Pleks van dankbaar te wees oor die erkenning wat Dvořák aan inheemse Amerikaanse musiek gegee het, is daar egter eerder gekla oor die Westerse kleed wat hy hierdie musiek omgehang het. In sulke benouende omstandighede kan ‘n blanke nie wen nie. Myns insiens moet blankes liewer kruipsug-impulse onderdruk.

In Viviers se teks word daar ‘n enkele keer na die komponis en dirigent Mahler verwys. Wat ek interessant vind, is dat Gustav Mahler (1860-1911) van die einde van 1907 tot 1911 seisoenaal in Amerika was, dus ‘n dekade later as Dvořák. Moontlik na aanleiding van Dvořák se uitlatings is Mahler om sy mening gevra. ‘n Weergawe van hierdie onderhoud is in die tydskrif, The Etude (May 1911), gepubliseer. Die teks is beskikbaar in bv Henry-Louis de la Grange, Gustav Mahler, Volume 4, A new life cut short (1907-1911) (Oxford University Press, 2008, p 1142-1143) en Norman Lebrecht, Mahler remembered (London: Faber and Faber, 1987, p 288-293). Ek gebruik eersgenoemde teks.

“It seems to me that the popular music of America is not American at all, but rather that kind of music which the American Negro transplanted to American soil has chosen to adopt. It must be remembered that the music of the African savage, be he Zulu, Hottentot, Kaffir or Abyssinian, rises but a trifle above the rhythmic basis. When these people, the ancestors of the present American Negroes, made their compulsory voyages from the jungles of the Dark Continent to the New World it should be remembered that they were in most cases savages pure and simple.

“While I have the very greatest respect for the accomplishments of a few of the American Negroes who have risen above their surroundings to high places and to distinguished attainments, I cannot subscribe myself to the doctrine that all men are born equal, as it is inconceivable to me. It is not reasonable to expect that a nation could arise from a savage condition to a high ethnological state in a century or two. It took Northern Europe nearly one thousand years to fight its way from barbarism to civilization. That the Negroes in America have accomplished so much is truly amazing. In their music they doubtless copied and varied the models of the white people to whose households they were attached. Their love for song and their sense of rhythm assisted them in this. But to expect that they would evolve a new, distinct and original folk-song is preposterous in itself. They are great imitators, I am told, but that is no reason why the American composer should imitate their distorted copies of European folk-songs. The syncopations introduced in Negro songs under the name of ‘rag-time’ are not original, but may be found in the folk-songs of Hungary or other European nations. Syncopation as a part of national folk-songs existed in Europe before the first Negroes were transported from Africa.

“Just why the American composer should feel that he is doing something peculiarly American when he employs Negro folk-songs is difficult to tell. Hungarian composers are prone to employ gypsy themes, and the music of Hungary has become marked in this way so that it has become gypsy music and not Hungarian music. Surely American music based upon the crude themes of the red-skinned aborigines, or upon the appropriated European type of folk-song which the African-Americans have produced is not any more representative of the great American people of to-day than are those swarthy [dark colour] citizens of the New World representative of all Americans.

“So long as young Americans have to content themselves with the kind of trashy popular songs which are grounded out by the thousand every year and howled merilessly in the music halls of the country, just so long will America be forced to wait for its great master in music. But I am told by educators [that] America is awakening to this condition, and American children are being furnished with ever-increasing opportunities to hear good music. The music of the public schools is based upon the best folk-song melodies of all Europe. The music in the best churches, instead of being modelled upon the kind of tunes not very remote from crude Negro melodies in themselves, is now following the best models of the world, and I know in my own sphere as a conductor that America is now being afforded splendid opportunities to hear the great masterpieces played by famous instrumentalists and sung by world-famous singers. America thus hears the music of all nations played by performers from all nations. One does not have to be a prophet to see that some day, when this marvellous amalgamation of Teuton, Celt, Latin, Anglo-Saxon, Czech, Slave and Greek is more advanced, America may look for results in music far beyond the fairest dreams of the most optimistic.”

‘n Mens moet in gedagte hou dat hierdie menings meer as ‘n eeu gelede deur Mahler uitgespreek is. Daar was waardering vir sy eerlikheid, maar daar is ook gesê dat hy nie goed oor Amerikaanse omstandighede ingelig was nie. In die huidige era van politieke byderwetsheid is sy woordkeuse uiteraard ook gekritiseer. Wat nie betwis kan word nie, is dat daar ook waarheid in sy opmerkings is en dat gehalte en verfyndheid in musiek altyd voorrang by hom geniet het.

Viviers beweer dat musiek nie neutraal is nie. Dit is in ooreenstemming met die hedendaagse neiging om alles te verpolitiseer. In werklikheid is dit vir luisteraars moontlik om hulle eie betekenis aan klassieke musiek te heg, soos wat kykers vry is om skilderye na goeddunke te vertolk. Smaak verskil. In die geval van musiek kan smaakverskille sowel individueel as groepgewys voorkom. Swartes kan meer geredelik van jazz en soul hou en pryssangers se vertonings geniet. Bruin mense kan gemaklik aanklank by klopsemusiek en rieldanse vind en blankes by Boeremusiek. Die aangewese pad vorentoe is nie om ‘n potpourri van alle soorte musiek en sang en dans te maak nie maar eerder ruimte aan elke etniese groep te gun om na eie goeddunke vryelik uitdrukking aan sy kultuur te gee.

‘n Verskynsel waaroor ‘n mens kan wonder, is waarom Oosterlinge, soos die Japannese en (selfs onder kommunistiese bewind) die Chinese, so ‘n groot en opregte waardering vir Westerse klassieke musiek ontwikkel het? Hulle slaag daarin om Westerse kultuur te omarm en ekonomiese voorspoed in hulle lande te skep; skynbaar sonder om hulle eie kultuur noemenswaardige skade aan te doen. Is dit nie ook vir Afrika die aangewese weg om in te slaan nie? ‘n Goeie beginpunt in Suid-Afrika kan ‘n opregte herwaardering in swart geledere wees van die vermoëns van die blankes wat steeds hier is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Wat een toeval.
    Even voordat ik deze pagina opende, de volgende muziek opgezet 😉
    Nou dat nog vrijelijk gedeeld mag worden, in het eerste comment wat eruit knalt alvorens, als primeur, het artikel te hebben gelezen 😉

  • Hans Onrust

    1. “Die etniese verskille in die Suid-Afrikaanse bevolking is myns insiens te groot en te baie om beduidend met nasiebou by nie-swartes te slaag. Wat nodig is, is groter erkenning van verskille by mense, dus pluraliteit; nie net ‘n gehamer op eendershede nie.”

    In ‘Der grüne Kommunismus und die Diktatur der Minderheiten’

    Eine Kritik des westlichen Zeitgeists

    von Wolfgang Gedeon

    spreekt de sindsdien opgejaagde dr Wolfgang Gedeon vrij vertaald over verfoeilijk ‘gelijkmakingsracisme’.

    2. Het door Beethoven gecomponeerde pianostuk was schijnbaar ook een favoriet van haatdragende massamoordenaar Vlad Lenin.
    (was niet Seneca de leermeester van Nero)
    Tijdens pompeuze bolsjewistische begrafenissen in de USSR, werd bijvoorkeur de dodenmars van Chopin gedraaid. Waarbij geregeld ook de moordenaar met een meewaarig smoelwerk achter de kist aan sjokte.

    Kiest bv. bloody Blade N. voor ras of het volgen van de grote geplastificeerde leider ?
    Wat was de muzikale voorkeur van de bloederige misdadigers Joe Slovo en Chris Hani ?
    Waarschijnlijk klonk het gekerm en gekrijs van gemartelde slachtoffers hen als muziek in de oren.

    • Hans, die Sowjetbloklande het klassieke musiek en kunste so bevorder dat ek dit in vandag se tydvak selfs bewonderingswaardig is. Inderdaad pluk die wêreld van klassieke musiek vandag die vrugte van puik musiekante en operasangers vanaf die ander kant van die ou ystergordyn. Maar hierdie huidige progressiewe linkses is gebreidel deur die postmodernistiese generasie van Marcuse, Adorno, Sarte, Habermas et al. Hulle doel is om elke aspek van die Westerse samelewing af te breek en te verkleineer, oënskynlik tot op die vlak van die mitiese edele barbaar sodat ‘n suiwer Marxistiese Nuwe Mens gebore kan word sonder enige dekandente invloed.

      • Suidpunt

        Ek het onlangs ‘n resensie gelewer by Goodreads na aanleiding van ‘n boek oor die New Age-beweging deur Prof. J.S. Malan (1991; https://www.goodreads.com/book/show/36244873-gevare-van-die-nuwe-era-beweging). Ek dink ons kyk dikwels slegs net in die Marxisme alleen vas. Hier steek meer agter, en dit is jammer PRAAG let nie meer hierop nie: daar is ‘n veel groter euwel – MONISME. Of, soos Malan self skryf:

        {…}
        Alles
        wat bestaan, is onderdele van ‘n groter geheel. In die materiële én
        geesteswêreld is daar ‘n onderlinge samehorigheid tussen alle dinge, en
        hierdie geheelbeeld moet daadwerklik bevorder en uitgebou word. Die mens
        moet daarteen waak om grense tussen rasse, kulture, godsdienste en
        politieke ideologieë te trek, omdat dit na verdeeldheid en die najaag
        van konflikterende groepsbelange lei. Hierdeur sal die kosmiese eenheid
        en harmonie versteur word. Monisme moet op alle terreine deur ‘n proses
        van sintese, samevloeiing en die bou van versoeningsbrûe bevorder word.
        Daar is niks wat wesenlik sleg en boos is nie, daarom is daar nie ‘n
        duiwel, ‘n Antichris, bose geeste of ‘n hel nie. Al wat sleg en boos is,
        is die neiging by ‘oningeskakelde’ mense tot verdeeldheid,
        onverdraagsaamheid en die veroordeling van andersdenkendes as gevolg van
        die bevordering van selfsugtige denke.
        {…}

        Hiervan is die humanisme en die kommunisme, alles uitvloeisels. Vir die wakker Christen kan mens ‘n “eenvormige wêreld” indink voor die Antichris sy verskyning maak (dis nou volgens die tradisionele eskatoloë, wat juis hierdie verskynsel probeer uitstel). Vir die ateïs en agnostikus is dit ewe sorgwekkend: want het die geskiedenis nie gewys wat gebeur as uiteenlopende kulture geforseer word om saam te smelt en van hul eie kultuur geroof word nie? Die hoë kultuur word afgestaan, ingeboet. Selfs evolusioniste sal vir jou uitwys die natuur sprei uit en verander en vorm hul eie manier van dinge doen. En nou, hier, moet almal in ‘n smeltkroes saamgebondel word, truwaarts. Teruggaan na die “beginpunt”.

        • leonlemmer

          ‘n Uitstekende resensie. Ek hou van die manier waarop Suidpunt sy standpunt formuleer.

        • Johann Schutte

          Die entropiese nulpunt is `n toestand van ongeordenheid/ongedifferensieerheid (Chaos teorie). Die drif om alles te reduseer na soortgelykheid staan m.a.w. lynreg teenoor die skepping of evolusie, as jy verkies om lg. twee konsepte as wedersyds onversoenbaar te sien. Westerse musiek toon `n evolusionere lyn wat waarskynlik `n maksimum groeipunt bereik het tydens die Romantiek (19e eeu), meegebring deur veranderinge in instrumenttegnologie en toenemende eksperimentering met chromatiek, toonduur, toonsterkte, toonhoogte en toonkleur. Evolusie/Skepping en die beskawingsindentiteit wat dit meebring is `n groei- en lewens -verskynsel. Daarteenoor is reduksionisme beduidend op agteruitgang en sterwing. Westerse musiek is `n simbool van beskawingsukses (groei, lewe, differensiasie) by uitstek. (Met apologie aan die Hollanders wat sal aanvoer dat dit eintlik kaas eerder as musiek is wat beskawing definieer).

          • Hans Onrust

            Pak er tijdens het lezen van het volgende boek door deze Vlaamse schrijver, een paar lekkere blokjes Beemster kaas bij, Johan.
            Kaasdroom……..

            https://uploads.disquscdn.com/images/c12f010f0a3c2f3dcf6a206bf78b20089378b41af6fe59c485a351bfcba34d6a.jpg

          • Johann Schutte

            Niks soos oorspronklike Boerenkaas van Gouda nie.

          • Hans Onrust

            haha.
            Weet u Johann, veruit de meeste ‘Gouda’ die in Duitsland en Nederland (€ 7,90 per kg) wordt verorberd, komt tegenwoordig uit de mega-stallen van de Oekraïne.
            ‘Gouda’ is geen beschermd merk.
            Dus kijk even uit wat u naar de mond brengt 😉
            Maar u zult de goede wel herkennen.

        • Toevallig het iemand enkele weke gelede ‘n boekie hier aangebring – Humanistiese Hervormings in Regering en Samelewing deur prof J.S. Malan en ds E.J. Zevenster. Dit het midde in ‘n stapel papiere en dokumente langs my tafel beland (ek het verskei sulke stapels, hulle kom oornag soos sampioene op by my.) Die boekie is uitgegrawe en lê nou hier langs my.

          Ja daar steek veel meer hierin as net Marxisme. As die Christelike geloof toenemend vervang word deur atteïsme, beteken dit nie meer atteïsme nie, maar ‘n groter heidendom en ‘n terugkeer na die heidense gelowe. Dus beroep Jennifer Lawrence haar op die GAIA aardmoeder (animisme) waar sy vir Trump blameer vir die orkane Harvey en Irma. Ander Hollywood sterre wend hulle direk tot okultisme waar hulle bindende heksevloeke op Trump asook die regses uitspreek. Nog meer verbeisterend is dat die Babiloniese gode Molog en Baal in hierdie tyd terugkeer en na bewering aanbid word deur groepe wat wissel vanaf Vrymesselaars tot die Illuminati. Die hele eenwêreldbewing, multikulturalisme en die diskoers dat ons almal dieselfde is, is bloot ‘n terugkeer na die toring van Babel.

          As ek ‘n lysie moes maak van wat die duiwel nodig het om binnekort die aarde te regeer, dan sal dit woordelik lyk soos wat vandag aangaan in hierdie wêreld.

    • Hans, ek sal moet opkyk in Slovo se biografie deur Alan Wieder oor sy musikale voorkeure… Dis ‘n heel interessante vraag.

    • Karel Combrinck

      Hans, jy raak ‘n interessante punt aan as ek dit reg verstaan: Onder die wêreld se mees weersinswekkende booswigte was daar ook ook liefhebbers van die wêreld se grootste musiek. Daar word dikwels in linkse kringe beklemtoon dat Hitler ‘n liefhebber was van Wagner se musiek. Die vraag is watter afleiding ‘n mens hiervan moet maak. Is Wagner se musiek uit die bose omdat Hitler daarvan gehou het? Is Bach se musiek beter of slegter omdat ‘n massamoordenaar in die tronk daarna geluister het? Groot musiek het sy eie bestaan en is nie vir sy grootheid afhanklik van wie ookal daarna geluister het of daarvan gehou het.

      • Hans Onrust

        Goedemorgen.
        Met de strekking van uw opvatting is alleen maar in te stemmen, Karel.

        Een deel van de anti Wagner hysterie vloeit klaarblijkelijk voort uit het feit dat enkele ongezond opdringerige geesteszieken hem ook ‘anti semitisme’ verwijten omdat hij wel eens kritiek heeft uitgeoefend op Joden.
        Dat gaf kennelijk ook de ‘beredeneerde’ doorslag bij bv. het niet doorgaan van een gepland concert aan de Uni van Tel Aviv in 2012.

        Hitler hield zoals bekend ook van honden, en kennelijk nog wel Duitse Herdershonden in bijzonder…….. 😉

        Bach was regelmatig te gast op ‘Sans Souci’ bij Friedrich II in Potsdam. Zij maakten daar wel gezamenlijk muziek. Een fluit van Friedrich ligt nog in het compleet gerestaureerde paleis ter bezichtiging.
        Van (Protestant !) Pruissen mocht na 1945 niets meer overblijven. Daar waren kapitalist en bolsjewiek het over eens 😉

        Het zal hier hopelijk niemand ontrieven als er ter ondersteuning nog wat toepasselijke muziek, en zorgeloos 😉 een foto van Sans Souci geplaatst wordt.

        https://uploads.disquscdn.com/images/1edf00e34d6372671ecbe6eb6ec7c01c3a21e4a7b1a9ab212f61f997574f8aff.jpg

        • Johann Schutte
          • Hans Onrust

            ‘Voor elk wat wils’….
            ‘Verschil moet er zijn’ 😉

          • Johann Schutte

            Let op die ritmiese onvoorspelbaarheid, die melodiese emansipasie gestruktureer op die ryk harmoniese onderbou, die subtiele variasies in toonkleur, en die verleidende stemkuns

            /sarkasme

            Die feite is dat die drek van die stedelike barbaar nie onderskei kan word van Bach nie, behalwe op subjektiewe vlak. Die majeur triade (basis van alles) is nie deur iemand ontwerp nie, maar is teenwoordig in die natuur as die eerste drie botone van `n fundamentele noot (m.a.w. `n snaar wat vibreer = fundamental + botone). K musiek (soos hierbo) maak gebruik van dieselfde stelsel as Bach in baie veramde vorm, en is geassimileer vanuit die Westerse omgewing na kolonisering, net soos sinkplate, spoeltoilette, elektrisiteit, ens.

  • 1) Ek moet sekerlik volksvreemde bloed in my are hê, liefde vir Boeremusiek was in my geval glad nie deur gene oorgedra nie, en oor ‘n halwe eeu kon ek die liefde ook ongelukkig (of dalk gelukkig?) nie aanleer nie.

    2) Die doel van die Westerse progressiewe postmodernisme is om alles wat Westers is, af te breek, te verkleineer, onbenulligmaak en te bespot. Duidelik geld dit vir Westerse klassieke musiek ook.

    3) Net hier oorkant die bult van waar ek nou sit, is Maokeng ‘n swart woonbuurt wat ‘n puik operatenoor opgelewer het, Levy Sekgapane, wat opvang maak voor die wêrelgehore. Hoeveel meer bewys wil ons hê dat egte talent nie deur linkse populisme onderdruk kan word nie?

    • eduard

      Wat wel die geval is by swart soprane en tenore dat die die stem nie eintlik ‘n operastem is nie maar ‘n skreestem. Die blanke se verhemelte verskil heelwat van die swarte s’n, en dan is daar die resonansie in die hoe en lang verhemelte van die swarte wat nie goed is vir die opera nie. Die blanke se verhemelte is platter en breer na agter.

      ‘n Swarte het ook meer tande as ‘n blanke. Dat die spul in Europa so opgeneem is met die swartes, is omdat hulle die donkeres as eksoties beskou.
      Dit is bejammerlik dat ons nie ‘n radiostasie het in Afrikaans met uitsluitelik klassieke musiek nie. ClassicFM het TalkFM geword, met sy allerlei soorte musiek wat hulle uitsaai.

  • sussie se vissie

    Mahler :-

    “It is not reasonable to expect that a nation ( tribe? ) could arise from a savage condition to a high ethnological state in a century or two”.
    Umm. Van 1917 stoep/boskuckers tot 2017 sushi-connoisseurs. ( selfs sjefs in die koskuns neem [ onder toesig ] 5-jaar alvorens hul toegelaat word om rys te mag kook )
    Mahler :-

    “They are great imitators”.
    Umm. Miskien beperk tot tamboerslaan ja. In n breër sin lyk dit maar ( wat die skeppende kunste betref ) – ewe dhonners droewig.
    In die kits paradigma-sprong van een eeu – is begrippe soos ‘gepoleer/gesofistikeerd/elegant’ – gereduseer tot n masbieker in n pers of pienk Carducci.

  • Suidpunt

    “‘n Verskynsel waaroor ‘n mens kan wonder, is waarom Oosterlinge, soos die
    Japannese en (selfs onder kommunistiese bewind) die Chinese, so ‘n
    groot en opregte waardering vir Westerse klassieke musiek ontwikkel het?”

    Ek sou selfs sê die Oosterlinge maak klassieke musiek gewild. En juis daarom sal ek Vanessa Mae se “Contradanza” aanbeveel (1995). Sy laat die elektriese viool les opsê met tromritmes en elektriese kitaar in die agtergrond. En dit noem ek modernisering. Miskien nou nie so opgewe(r)k soos die Amerikanerin Lindsey Stirling se “Shadows” nie, maar ja. ‘Rondo alla turca’ op swaarmetaal is seker ook nie te sleg nie, maar dit het eenvoudig nie die verfyndheid nie.

    • Rifrug
      • Suidpunt

        Het ons maar so ‘n musiekonderwyser gehad…

      • sussie se vissie

        Dki.
        Hy mag maar!

  • Karel Combrinck

    Die sienswyse dat Westerse musiek en Westerse kultuur in die algemeen iets met kolonialisme te make het, is gewoon onsinnig en verdien geen ernstige kommentaar nie.

    • Charles

      Sou dit so wees, is dit dan ook maar so, ek is min gepla. Die barbare kan dink daarvan net wat hulle wil, ek en Brahms stuur hulle in hulle dinges in! Hoeveel nog vervelige nonsens, slagofferskap-mentaliteit uitlewing, akademiese marxisme, en dom-astrantheid kan mens nog vat?

  • Rooikop

    Hier in PTA kry ons darem gereeld kans om op ‘n sondagmiddag na koloniale westerse en wit klassiekemusiek te luister. So ‘n paar naweke gelede was daar ‘n uitvoering van Bruch se vioolsonata. Wat ‘n plesier om na te luister. Selfs as laerskoolkind het doef-doef my geirriteer. Kletsrym is die toppunt van waardelose geraas. Daar is mos die liedjie wat Roger Whittiker ook in sing: “And the music isn’t gentle anymore…”. Meeste goed wat vandag as “musiek” geklassifiseer word is eerder ‘n oorlog met jou sinne en gehoororgane.

  • Charles

    Die vyande loop in ons “eie” geledere rond, op die uitkyk vir geleenthede van wraak en selfbespotting. En so is ek mooitjies toe van oordeel dat die Puk ‘n bolwerk van die Afrikaner- en Westerse beskawing in Suid-Afrika is…Daar moet tog sekerlik ‘n verband wees tussen die geestesongesteldheid van liberalisme, en Hugenoot bloed wat deur jou are loop(BY VOORBAAT om verskoning aan enige lesers van Franse afkoms vir my besonderse bevooroordeeldheid!!) …-sien die Du Preez’s en die Vivierse van die wereld. Sal ‘n interessante onderwerp vir ‘n verhandeling wees (let Wel: Nie in Afrikaans nie, jy mag nie in Afrikaans skryf nie!! OP LAS!!)
    Besef Viviers dat Mahler ‘n Jood was, of tel dit des te meer nog meer teen hom. Ag foeitog, arme Felix Mendelssohn, “shame” hy is seker volgende in lyn om opgeoffer te word op die altaar van selfhaat en wrewel teen eie prestasies.

  • Charles

    Selfs “die edelste en mooiste van mooi”, bly nie ongeskonde gelaat deur “die siekte” nie.
    En ek is sooo lief vir Mahler, Mendelssohn, en die res! Ag nee!

  • Antonie Geyser

    ek het nie van boeremusiek gehou nie, maar beethoven ‘all men shall be brothers’ is n pot stront met n mooi wysie