Noorweë is vol, sê minister van immigrasie

Toe die VN se hoëkommissaris vir vlugtelinge (UNHCR) onlangs gevra het dat Noorweë hulp verleen aan 40 000 addisionele kwota-vlugtelinge uit Libië en ander Afrika-lande, het hulle ‘n reguit antwoord van Noorweë ontvang: Nee.

In ‘n brief aan die Noorse minister van immigrasie het die EU se immigrasiekommissaris, Dimitris Avramopoulos, verklaar hoekom hy die inisiatief ondersteun het om 40 000 addisionele vlugtelinge uit nie-oorlogsgeteisterde lande in Afrika na die EU te bring. Hy het die Noorse minister versoek om “so ambisieus as moontlik” te wees om hulle te verwelkom in haar land.

Maar in ‘n e-pos aan ABC Nyheter het Listhaug gereageer dat dit nie vir Noorweë moontlik is om meer kwota-vlugtelinge te aanvaar nie.

“Dit is nie moontlik om nou meer vlugtelinge te ontvang nie. Noorweë is een van die lande wat die meeste kwota-vlugtelinge in verhouding tot ons bevolking ontvang het,” het Listhaug gesê.

Avramopoulos moes erken dat die meerderheid Afrikane en ander fortuinsoekers en uitkeringsparasiete wat na Europa kom deur die Middellandse See oor te steek, nie beskerming benodig nie. Die grootste groepe is immigrante uit lande soos Nigerië, Guinee en Bangladesj waar vrede heers.

“Maar ons het ‘n wettige en morele plig om beskerming te bied aan diegene wat dit regtig nodig het,” het die EU-kommissaris geskryf.

Volgens Listhaug is Noorweë egter nou vol.

Verlede week se algemene verkiesing in die land is gewen deur die konserwatiewes, saam met die anti-immigrasie Vooruitgang party koalisie vennote en twee kleiner sentrum-regse parlementêre bondgenote.

Sylvi Listhaug, ‘n lid van die Vooruitgang Party, het net voor die verkiesing ‘n herrie veroorsaak deur te sê dat sommige immigrante-ghetto’s in Swede “ontoeganklik” geword het.

Sy het maande lank gewaarsku dat Noorweë sy buurman nie moet kopieer en toelaat dat “Sweedse toestande” ontwikkel nie, met inagneming van integrasieprobleme in die voorstede van drie groot stede, Stockholm, Göteborg en Malmo.

Listhaug het meer olie op die immigrasievuur uitgegiet deur minder as twee weke voor Noorweë se parlementêre verkiesings na Stockholm te reis om een ​​van die berugte voorstede, Rinkeby, te besoek, en sy het dit ‘n “leersame toer” genoem.

Swede se eie minister van immigrasie het ‘n vergadering met Listhaug gekanselleer nadat haar Noorse eweknie beweer het daar is vandag 60 sulke “ontoeganklike gebiede” in Swede.

“Dit is volkome onsin,” het Helene Fritzon, Swede se minister van immigrasie gereageer. Fritzon het gesê sy sal eers ná die verkiesings in Noorweë Noorse ministers ontmoet,” want ek wil nie deel wees van die veldtog nie.”

Carl Bildt, ‘n voormalige Sweedse premier, het ook vir Listhaug aangeval en gesê dat sy nie die geleentheid gebruik het om iets te leer nie, maar om haar verkiesingsveldtog te voer. “Swede is ‘n goed funksionerende samelewing en ons maak vordering in ons immigrasiebeleid. Daar is areas waar daar probleme is, en dit is wat jy altyd in ‘n oorgangsperiodes sien,” het Bildt gesê. Hy het nie genoem hoe lank die “oorgang” nou eintlik gaan duur nie.

Maar Listhaug is nie alleen in haar besorgdheid oor oop grense nie. “Die Swede is naïef. Hulle het die deure net oopgemaak en gedink alles sal goed uitwerk,” het ‘n senior Deense politikus verlede jaar aan die Financial Times gesê.

Geen konserwatiewe regering het sedert 1985 ‘n tweede termyn kon inpalm nie. Eerste minister Erna Solberg, wie se regering die land deur die migrasiekrisis in 2015 gestuur het asook die ineenstorting in ruoliepryse in 2014, het verdere belastingverlagings belowe. Haar linkse opponent wou “ongelykheid” verminder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.