Leon Lemmer: Transformasie in Mosambiek

Een van die Mosambiekse eilande in die Indiese Oseaan, 'n gewilde vakansieplek vir toeriste

Ek het al oor baie lande geskryf, maar nog nie oor Mosambiek nie. Ek onthou Mosambiek as ‘n ordelike Portugese kolonie waar Suid-Afrikaners in die vorige eeu graag vakansie gehou en visgevang het. In die midde- of sementstad van Lourenço Marques was daar pragtige ou Portugese geboue soos die spoorwegstasie en indrukwekkende moderne geboue soos die Hotel Polana. Dit was Lissabon in Afrika. In die groot kampeerterrein het ‘n mens feitlik net Afrikaans gehoor. Beira was ook ‘n stad met ‘n aantreklike Europese atmosfeer.

Jacinto Veloso

Mosambiek en ons ander buurlande, Zimbabwe en Namibië, en die eertydse Britse protektorate, Lesotho, Swaziland en Botswana, asook die oud-Portugese kolonie Angola, is met Suid-Afrika se omstandighede en geskiedenis ineengestrengel. Dit was verhelderend om Jacinto Veloso se outobiografie te lees vir die (eensydige) perspektief wat dit op die onlangse by uitstek politieke geskiedenis van Mosambiek en Suider-Afrika bied: Memories at low altitude: The autobiography of a Mozambican security chief (Cape Town: Zebra Press, 2012, 288p; Amazon Kindle $11,40 ). Hierdie werk is oorspronklik in 2006 in Portugees gepubliseer.

Die “low altitude” in die boektitel verwys na die feit dat die outeur ‘n opgeleide vlieënier is. Sy ma was oor sy veiligheid bekommerd (Kindle 412), gevolglik het hy belowe “I’ll always fly slowly and at low altitudes” (419). Die titel verwys eintlik na sy intieme, eerstehandse kennis van wat op grondvlak in Mosambiek se politiek gebeur het: “This book is written as a low-altitude reconnaissance flight, flying over the land … and the truths and lies of recent history, to verify, recognise and report the facts” (108). Hierdie feite, soos vertolk deur Veloso, is bv dat Portugal ‘n fascistiese staat was en dat Suid-Afrika ‘n apartheidsregime gehad het. In die voorwoord kry ‘n mens ‘n bietjie moed vir sy siening wanneer hy vertel hoe Mosambiek die slagoffer van die Oos/Wes-stryd tussen kommunisme en imperialisme was. Na politieke onafhanklikheid in 1975 het die Mosambiekse regering hom aanvanklik by die kommuniste geskaar, maar van 1983 en veral 1990 af in groter mate by die Weste. In 1995 het Mosambiek lid van die Statebond geword; die enigste Statebondsland wat nooit deel van die Britse Ryk was nie.

Veloso was ná politieke onafhanklikheid nie net die Mosambiekse sekuriteitshoof nie, maar later ook ‘n minister wat agtereenvolgend vir verskillende portefeuljes verantwoordelik was. Graça Machel, gebore Simbine in 1945, was die Mosambiekse onderwysminister (1975-1989), maar word skaars in die boek genoem (47, 1005). Sy het in 1975 met Samora Machel (1933-1986) getrou, wat toe reeds vyf kinders gehad het. Hulle het twee kinders bygevoeg. Graça was daarna die derde vrou (1998-2013) van Nelson Mandela. Die getransformeerde Universiteit Stellenbosch het weens onblusbare kruipsug in 2008 ‘n eredoktorsgraad aan haar toegeken. Dalk uit erkentlikheid vir die kommunistiese indoktrinasie wat sy op Mosambiekse skoolkinders losgelaat het – kyk hier onder. Of moontlik weens hierdie gemene skuif: Die terroriste wat landmyne geplant het, moet nie verantwoordelik gehou word vir die koste van hulle opruiming nie, maar wel diegene wat die landmyne vervaardig of verskaf het (South African History Online).

Soos in Suid-Afrika was die Khoi-San die eerste inwoners van Mosambiek. Die intog van swartes het eers later plaasgevind. Voor die jaar 1000 was daar reeds Arabiese handelaars in hierdie gebied. Die naam Mosambiek is ontleen aan die naam van een van die Arabiese heersers. Mosambiek het Portugese setlaars gehad dekades voordat Hollandse blankes in 1652 in Tafelbaai geland en hulle hier gevestig het. Veloso is ‘n blanke van Portugese afkoms wat in 1938 in Lourenço Marques/Maputo, Mosambiek, gebore is (340), maar hy reken dat Mosambiek aan die swartes behoort. Hy noem die blankes setlaars, maar nie die Asiate, bv Indiërs en Chinese, wat hulle heelwat later in Mosambiek gevestig het nie. Hy loof diegene wat aan sy kant “in the struggle for the elimination of colonialism and apartheid in southern Africa” was (28).

Veloso het sedert 1956 naskools in Lissabon, Portugal, aan die Militêre Akademie studeer (369) en later opleiding as vlieënier aan die lugmagbasis in Sintra (454) en ook in Spanje (461) en Duitsland (481) ontvang. “In Lisbon at the time there was plenty of anti-colonial and anti-fascist political agitation among students from the colonies … I learnt about the injustice and immorality of the oppression, exploitation and humiliation of human beings by other human beings. The social contrast between the reality of Lisbon, where I was living, and the miserable conditions in my grandparents’ village in Beira Alta, where I spent my holidays, taught me that it was necessary to fight fascism in Portugal and to sweep away colonialism in what were called the ‘overseas provinces'” (392). Vroeg in 1962 was Veloso terug in Mosambiek (494) as ‘n toetsvlieënier gestasioneer in Beira (508). In die jare sestig was daar Portugese vlieëniers wat terrorisme in Mosambiek entoesiasties beveg het, met as leuse op hulle helms: “Make love and war” – na aanleiding van die leuse van die Blommekinders: “Make love, not war.”

Op 12 Maart 1963, toe hy 25 jaar oud was, het Veloso se politieke bedrywighede daadwerklik begin. Hy en ‘n ander blanke Mosambieker, João Ferreira, van wie ‘n mens daarna nie veel hoor nie, het in ‘n Harvard-vliegtuig uit Mosambiek na Dar es Salaam in Tanzanië (polities onafhanklik sedert 1961) ontvlug en om politieke asiel aansoek gedoen. Die Harvard T-6 word beskryf as “an American two-seater plane normally used for training, but which the French had adapted for ground attack in the war in Algeria [1954-1962]. Portugal had purchased from France a number of these planes, which were equipped with machine guns, rockets, bombs and other ground-attack materials” (164). “I had reached the conclusion that the only valid anti-colonial position I could take was to desert with great international fanfare, drawing the attention of all to the fact that the war being prepared against the anti-colonial independence movement [Frelimo] was unjust, and to the need to fight against the Salazarist regime” (298). António Salazar was die eerste minister van Portugal (1932-1968).

Veloso en Ferreira wou by die Mozambique Liberation Front/Frelimo, gestig in 1962, aansluit en die Portugese koloniale bewind beveg. Samora Machel het in daardie stadium as ‘n verpleër in Lourenço Marques gewerk (200). “Samora ended up leaving the country some weeks before us, passing first through Swaziland and then through South Africa before boarding a commercial flight out of Botswana at the beginning of March. He occupied a seat which should have been filled by an African National Congress (ANC) member, but which ANC leader Joe Slovo had given to Samora at the last moment” (208). Later het Machel vir Veloso graag beskryf as “the first aircraft hijacker in the world” (242), asof dit ‘n prestasie is.

Die twee asielsoekers het sewe weke in tronke in Tanzanië deurgebring en is daarna na Kaïro in Egipte. Die Harvard-vliegtuig “was taken to pieces” in Dar es Salaam (249). Hulle kontak met Frelimo was aanvanklik via die ANC in Suid-Afrika (263). Veloso het vier maande lank in Kaïro vertoef (577) en kennis gemaak met “vryheidsvegters,” bv ANC- en Swapo-kamerade, almal deurtrek met Marx en Lenin se idees, waarteen Veloso geen beswaar opper nie. In September 1963 is hy na Algerië. “Like Cairo, Algeria was filling up with exiles fighting for the freedom of their countries. Algeria, which had only been independent for a short period, had already decided to do its utmost for the liberation of Africa” (690). Algerië, wat as ‘n Franse kolonie ‘n miljoen blanke inwoners gehad het, was die eerste blanke Afrika-domino wat in 1962 geval het. Daarna het die blanke bewinde in Afrika die een na die ander soos ‘n kaartehuis ineengestort, ook dié met Afrikaners as inwoners, bv Kenia (1963), Angola en Mosambiek (1975), Zimbabwe (1980), Namibië (1990) en primêr weens ruggraatloosheid ook Suid-Afrika (1994).

Naas Frelimo was daar in Algerië ook verteenwoordigers van die Angolese MPLA en van Portugal se ander Afrika-kolonies, Guinea-Bissau en Kaap Verde, asook terroriste wat teen die Brasiliaanse regering gekant was. Brasilië, die enigste Portugeessprekende land in Suid-Amerika, is sedert 1822/25 onafhanklik, maar kommuniste het ook daar politieke verandering begeer en in Algerië daaroor gekonkel. Ter ondersteuning van hulle het Veloso, met ‘n vals Portugese paspoort (893), Argentinië en Uruguay besoek (886). Die Brasiliaanse uitgewekenes in Algerië het die Amerikaanse asook die Duitse ambassadeur in Algerië ontvoer om die vrylating van terroriste in aanhouding te bewerkstellig (873). ‘n Vals paspoort (633) het Veloso in staat gestel om in 1963/64 ‘n jaar lank in Frankryk te werk (690).

Voor Mosambiek se onafhanklikheid het Veloso meesal in Algerië as tegnikus vir die nasionale lugdiens gewerk. In 1966/68 was hy ‘n onderwyser aan die Mosambiekse Instituut in Dar es Salaam (704), waar Mosambiek se geskiedenis herskryf is (773) en die skoliere geleer is om bv kaarte te teken wat militêr bruikbaar was (753). Die direkteur van hierdie skool was Janet Johnson (gebore in 1935), die blanke Amerikaanse vrou van die swart Mosambieker, Eduardo Mondlane (1920-1969), die eerste president van Frelimo (767). Hy is gedood toe ‘n briefbom ontplof het (835). Veloso gee die Portugese geheimediens die skuld hiervoor (3239). Samora Machel het Mondlane as president van Frelimo opgevolg. Later was Veloso voltyds ‘n Frelimo-verteenwoordiger in Algerië ten einde sowel inligting as fondse in te samel (886). Hy is ook daar met Teresa Gaivão, ‘n Portugese kommunis wat in Mosambiek gebore is, getroud (985).

Op 25 April 1974 was daar ‘n suksesvolle militêre staatsgreep in Portugal, onder die leiding van António de Spínola, wat vir enkele maande die Portugese president geword het. Frelimo het dadelik onafhanklikheid vir Mosambiek geëis op grond van die mate waarin hulle met terrorisme in die sentrale en noordelike dele van Mosambiek geslaag het. Spínola se reaksie was: “That can’t happen! We have to find another solution. If necessary, I will telephone Nixon or John Vorster and ask them to send troops to Mozambique” (1069). Hierdie opsie is “‘Vietnamising’ Mozambique” genoem (1069). Op 7 September 1974 is suksesvol met die Portugese regering vir onafhanklikheid onder ‘n Frelimo-regering onderhandel (1076). In die geval van Mosambiek was daar net een terreurgroep, naamlik Frelimo, wat op eiendomsreg van die land aanspraak gemaak het. In die geval van Angola was daar drie terreurgroepe, MPLA, FNLA en UNITA, gevolglik het Portugal die land bloot aan die Angolese bevolking oorhandig, wat tot ‘n burgeroorlog tussen hierdie drie terreurgroepe gelei het. Soos in die geval van sy ander Afrika-kolonies, Guinea-Bissau en Kaap Verde, asook São Tomé en Principe, het Portugal deur hulle onafhanklik te verklaar holderstebolder van hulle almal in 1974/75 ontslae geraak.

Onmiddellik was daar ‘n “ultra-colonialist settler revolt” in Mosambiek (1090) in die vorm van bv “the occupation of the radio premises, the airport and the daily paper Notícias (1117). Lourenço Marques “was totally barricaded in response to the revolt of the settlers” (1097). Tot hulle eer het hierdie blankes nie goedsmoeds oorgawe, sonder ‘n verkiesing, aan die Frelimo-terroriste aanvaar nie. Veloso noem dit ‘n “far-right settler putsch” (1097). Hy het na Mosambiek teruggekeer. Op 20 September “the Transitional Government and the Joint Military Commission took office” (1110); dus die samespanning van die Portugese regering en Frelimo teen die blanke Mosambiekers. In 1990/94 sou die NP-regering en die ANC op ‘n soortgelyke manier ten koste van die blankes konkel. Veral Zambië het gehelp om uitgeweke Frelimo-terroriste terug na Mosambiek te karwei (1110).

“A few days after the Transitional Government took office, there was an attempted coup d’état in Lisbon on 28 September, led by forces of the far right who supported General Spínola. At the same time, in Beira and in Tete, we detected the start of the recruitment of mercenaries” (1117), waarby bv Mike Hoare betrokke was. “After the failure of the [28] September coup in Lisbon, Spínola resigned as President, and General Costa Gomes was appointed in his place” (1157). “Some of the far-right settlers set up a party called FICO, the Portguese word for ‘I’m staying’. They didn’t” (3310). “The FICO movement, also known as Moçambique Livre (‘Free Mozambique’), did not take us by surprise. In fact, we already had information from reliable sources that the PRIDE [“International Police for the Defence of the State (Portuguese secret police under fascism)” (139)], in coordination with the Central Intelligence Organisation (CIO) of Rhodesia, headed by Ken Flower, and the apartheid regime’s military, were planning to destabilise Mozambique” (1124). Ná Zimbabwe se onafhanklikheid in 1980 het Flower egter hartlik met Robert Mugabe en ander terroriste saamgewerk.

“The rebel’s plans collapsed when, at the last moment, the then South African Prime Minister, John Vorster, gave orders to the military forces based at Komatipoort near the border not to cross into Mozambique. Vorster had apparently promised Zambian President Kenneth Kaunda that South African troops would not intervene in Mozambique” (1131). “From the politico-military viewpoint, 25 April [1974] took the apartheid and Ian Smith regimes by surprise. It had never crossed their minds that their main ally, the Portuguese colonial-fascist regime, might drop dead so suddenly” (1157). Vorster het in die hande van Kaunda en die terreurbewegings gespeel en in die tweede helfte van die 1970’s ook die blanke bewind in Rhodesië vir die honde gegooi. Ná Vorster het PW Botha ‘n mate van weerstand teen terroriste gebied, wat egter onder FW de Klerk heeltemal verkrummel het. Die Mosambiekse blankes het nie so maklik gaan lê nie. Al was hulle ‘n gideonsbende het die Potugese kommando’s op 20/21 Oktober 1974 in opstand gekom (1214, 1309). Dit het “36 deaths and hundreds of injuries” tot gevolg gehad (1227). In Suid-Afrika het die ANC-regering later die kommandostelsel, wat ter blanke beveiliging veral in die landelike gebiede hoogs suksesvol was en plaasaanvalle bekamp het, sonder slag of stoot ontbind.

Sowat ‘n kwart miljoen blanke Portugese het die land verlaat. “The creation of a refugee support institute in Portugal, with substantial financial resources granted by the Americans, encouraged and accelerated the flight of Europeans to Portugal” (1255). Dieselfde het met onafhanklikheid teen ongeveer dieselfde tyd in die ander Portugese kolonies in Afrika gebeur. “It was this psychosis, this fear of communism, that induced the majority of the Portuguese to flee” (1261).

Wat Veloso verkies om te verswyg, is dat die Frelimo-regering alle skoolkinders met kommunistiese ideologie wou indoktrineer, met Graça Machel as onderwysminister, al het sy weens haar ondermyning van en spioenasie op die Portugese regering nooit in Lissabon naskools afstudeer nie. Sy het na Switserland gevlug. Daar was blankes wat graag in Mosambiek wou aanbly omdat die lewensomstandighede in Portugal vir hulle glad nie gunstig sou wees nie. Weens die Frelimo-regering se kommunistiese verknogtheid het hulle verplig gevoel om Mosambiek te verlaat. Jare later het Samora Machel erken dat die kommunistiese rigting wat aanvanklik ingeslaan is, ‘n fout was; dat die land as gevolg daarvan noodsaaklike kundigheid verloor het en die land se ontwikkeling gevolglik ernstig vertraag is.

Asiate, bv Indiërs en Chinese, het Mozambiek ook op groot skaal verlaat (1255, 1269, 1349). Die Chinese het geredeneer: “We escaped from communist China, and now here comes Mao Tse-tung again” (1268). Veloso beweer: “With hindsight, I can say that the Western secret services, the apartheid regime and the CIO [Central Intelligence Organisation] of Ian Smith encouraged, in a coordinated way, the spreading of such rumours, which sought to foment social instability and stir up panic in independent Mozambique” (1349).

By die onafhanklikheidsplegtigheid op 25 Junie 1975 het Samora Machel as president van Mosambiek “the People’s Republic of Mozambique” (1193) uitgeroep en die “workers, peasants [and] fighters” geloof (1185). Die misdadigheid, gewelddadigheid en terrorisme van Frelimo is ryklik beloon. Sonder ‘n verkiesing het Mosambiek ‘n kommunistiese eenpartystaat geword. Joaquim Chissano was die eerste minister (1322). Privaat eiendom is genasionaliseer. In Desember 1975 het muitery onder die Frelimo-soldate uitgebreek, wat na drie dae onderdruk is (1309, 1356). Veloso beweer: “It was … clearly shown that the South African secret service had fomented all the intrigues that had led to the rebellion” (1362).

As kommunistiese swart Afrikastaat wou Mosambiek graag die internasionale boikotte teen Suid-Afrika soveel moontlik steun. Een van die grootste probleme was dat meer as 100 000 Mosambiekers in die Suid-Afrikaanse myne gewerk en meer as ‘n halfmiljoen Mosambiekers in Suid-Afrika gewoon het (1362). “The South African government paid Mozambique in gold 60 per cent of the wages of each Mozambican migrant mineworker, at the fixed price of $35 an ounce. This allowed the colonial government to make extraordinary profits by selling this same gold on the international market, notably in London, for three or four times the official price” (1917). “This was an indirect way in which apartheid subsidised the Portuguese colonial regime. The South African government had no interest in offering the same subsidy to an independent Mozambique” (3342). “Immediately after Mozambican independence, the Pretoria regime scrapped the contract” (1917). Ook: “Pretoria had imposed a virtual boycott on the port of Maputo” (1923).

Mosambiek “did not have the economic conditions to survive on its own immediately after independence, when South Africa scrapped the payment in gold of the deferred wages of Mozambican miners” (3009). Daar is die standaardbeskuldiging dat kolonialisme uitbuiting was, maar sodra ‘n kolonie onafhanklik geword het, kon dit meesal nie finansieel oorleef nie. Onafhanklikheid beteken dus bloot (‘n mate van) politieke onafhanklikheid; nie ekonomiese onafhanklikheid nie. Bloot ‘n mate van onafhanklikheid omdat sulke lande, bv Mosambiek, uitgelewer was aan die Oos/Wes-magstryd.

“We condemned apartheid, and we maintained good relations of solidarity and support for the ANC” (1369). “We had no diplomatic relations with South Africa” (1930). In 1976 het Mosambiek sankies, soos voorgeskryf deur die Verenigde Nasies, teen die blanke bewind in Rhodesië ingestel (1369) en sy grens met daardie land gesluit (1567). “This increased the tension in the region, and brought the Smith regime to intervene militarily in the internal questions of Mozambique” (1376). Veloso noem nie die ander sy van die munt nie. Robert Mugabe se terroriste het uit Mosambiek teen Rhodesië geopereer en Joshua Nkomo s’n uit Zambië. Wanneer Rhodesiese magte oorgrensoperasies uitgevoer het om die moordbendes te neutraliseer, het hierdie terreurgroepe moord geskree.

Op ‘n soortgelyke manier het die terroristiese ANC uit Mosambiek Suid-Afrika probeer indring; dikwels via Swaziland en ook uit Lesotho en Botswana. Mosambiek “provided military support to the infiltration of trained men and weaponry into South Africa (and also often made clandestine use of Swaziland’s territory)”(1601). Die opleiding van ANC-terroriste is egter eerder in Angola en Tanzanië as in Mosambiek gedoen. Wanneer Suid-Afrika oorgrensaanvalle gedoen het, is luid beswaar gemaak. Toe reeds het die ANC-kamerade van die veronderstelling uitgegaan dat hulle stryd vlekkeloos en blanke Suid-Afrikaners se weerstand boos is.

In die PW Botha-era (1979-1989) is terrorisme steeds daadwerklik bestry, veral in die eerste helfte van daardie termyn. Daarna het vermurwing begin intree. In 1975 het die weerstandsbeweging Renamo in Mosambiek begin veg teen die kommunistiese bewind in Maputo. Renamo is deur sowel Rhodesië as Suid-Afrika finansieel en militêr ondersteun. Hulp het van ontwortelde blanke en ook swart Mosambiekers gekom. Renamo se magsetels was by Gorongosa in Sentraal-Mosambiek en Nampula in Noord-Mosambiek, waar Renamo ook op steun van die Hastings Banda-bewind in Malawi kon reken (2589). Hierdie burgeroorlog het die Maputo-bewind uitgeput. “The conflict … was destroying Mozambique” (2975).

“The US administration had begun humanitarian support to Mozambique in 1982” (2459). In 1984 is kommunisme amptelik afgelê “to give priority to agriculture and food production” (2342). “A new development strategy for the country was drawn up and implemented” (3009). Aansoek om bystand is by die Wêreldbank en die Internasionale Monitêre Fonds gedoen (1417). In 1987 “we embarked on the first structural adjustment programme, with the devaluation of the metrical [currency] and the introduction of measures favouring the reactivation of the market” (2982). “With these steps we demonstrated our intention to adhere to the Western economic model” (2397). Maar polities was daar “a policy of clear independence and non-alignment with any blocs or powers” (2479).

In 1984 is die Nkomati-verdrag tussen Mosambiek en Suid-Afrika gesluit (1951). Dit het glo om “non-aggression and good neighbourliness” gegaan (2046). Mosambiek was bang dat Suid-Afrika hierdie land militêr sou inneem. Maar let op Veloso se mislike siening: “We had to deal with a white South African mentality made sclerotic by years of isolation and a Boer culture of segregation” (2109). Die kern van die ooreenkoms was dat Mosambiek sy ondersteuning aan die ANC sou staak en Suid-Afrika syne aan Renamo. Veloso se vertolking is egter:”The essential objectives of Nkomati [were] the preservation of national independence and the guarantee [!] that the ANC would continue to have a base of action in Mozambique to operate inside South Africa” (2173). “I should add that the infiltration of heavy weaponry into South Africa occurred after the signing of the Nkomati Accord – and everything went well!” (2179). “In practice, we took part and we closed our eyes to these violations of the Accord, in support of the just cause of the ANC” (2186). Heeltemal tereg het die Suid-Afrikaanse regering toe nie sy hulp aan Renamo gestaak nie. Die “good neighbourliness … [was] of an economic nature” (2248).

Op 19 Oktober 1986 het Samora Machel by Mbuzini, in die Lebombo-gebergtes in Suid-Afrika en digby die grens met Mosambiek, omgekom toe die Tupolev-vliegtuig met ‘n Russiese bemanning neergestort het (2513). Die radartoerusting van die vliegtuig was buite werking (2534) en daar was ‘n “false signal from the radio beacon leading him [the pilot] wrongly in the direction of Mbuzini, rather than Maputo” (2541). Maar “all the evidence pointed towards pilot error” (2527). Ondersoeke deur Suid-Afrika en die Sowjetunie het tot die gevolgtrekking gekom “that the crash was caused by human error” (2603). Veloso verkies egter om enersyds te beweer: “It is very likely that the South African secret services did not act on their own in the murder [!] of Samora Machel” (2541) en andersyds om die Sowjetunie van medepligtigheid te verdink, want Machel “betrayed the Soviet camp” (2541) vanweë “Mozambique’s apparent slide towards the West” (2555). Veloso noem dit “the transition from ‘scientific socialism’ to ‘democratic socialism'” (2562). Die Russe het Veloso as ‘n “social democrat” beskou (2836) maar hy het jare lank skynbaar geen probleem daarmee gehad om met fundamentalisties-Stalinistiese kommuniste saam te werk nie.

In Julie 1989 het FW de Klerk met Joaquim Chissano in Maputo gesprek gevoer en genoem dat Suid-Afrika sy steun aan Renamo gaan onttrek (1896). De Klerk was toe reeds in toegeemodus, wat spoedig oorgeemodus geword het. Op 4 Oktober 1992 het die Maputo-regering ‘n wapenstilstandsooreenkoms met Renamo in Rome gesluit (1903, 2330, 3126). ‘n Nuwe demokratiese grondwet is in 1990 vir Mosambiek aanvaar (3375). Die eerste veelparty- algemene verkiesing is in Oktober 1994 gehou (2729). Dus, Mosambiek en Suid-Afrika het in dieselfde jaar albei ‘n oorweldigend swart “jong demokrasie” geword. Die ANC-terroriste en hulle meelopers het toe ten koste van die blankes begin oes waar hulle nie gesaai het nie. Soos Johann Rupert dit pas gestel het: “Radikale ekonomiese transformasie is diefstal” (Netwerk24, 13 September).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Is ons wragtig onder dieselfde ster gebore?! Ek is ‘n Vis. Ek lieg nie – gistermiddag wonder ek nog: “Hene, moet ek nie ‘n artikel oor Mosambiek begin skryf vir die Afrikaanse Wikipedia nie? Voortdurend moet Toerismeleerlinge iets oor SAOG-lande soek. En alles (die elitetaal, die koeranttaal) in Mosambiek is soort te sê in Portugees. Daar is ‘n reeds ‘n gratis Afrikaans-Portugese woordeboek by Unisa beskikbaar wat afgelaai kan word, miskien kan Duolingo bietjie help; ‘n mens hoor nooit iets wat in daardie buurland aangaan nie.” Selfs vanoggend het ek nog daaroor gedink. En kyk hier! Net waarna mens soek.

    Ek dink ek het my eerste artikel gevind: https://de.wikipedia.org/wiki/Grande_Hotel_Beira

  • Wim Kotze

    Tog vreemd hoe die oud terroriste graag die morele hoë grond wil beset. Die Mosambiekers het nou wel oogluikend ANC terreur bedrywighede toegelaat maar hulle het darem die terroris en ANC verteenwoordiger, Indres Nadoo, in die middel van die nag al protesterend uit Mozambiek geskop om die “Boere” te behaag en om te verseker dat Veloso se dogter in SA kan kom inkopies doen. En die einste Veloso en sy trawante was besonder gretig om die Kamer van Mynwese te oortuig om die aantal myn trekarbeiders te verhoog sodat hulle die gedeelte van die werkers se lone wat direk an die Mosambiekse regering betaal is, in waardelose Metical teen die amptelike wisselkoers aan terugkerende werkers te betaal. Dit was in Machel se werkers paradys.

  • Rooikop

    Nog ‘n storie van ‘n dr0l wat in die son gelê het en wit geword het – stinkend van binne en wit van buite. Ek weet nie hoe diegene se koppe so in oorgee mode beland nie. Waar jy ‘n land wil oorgee aan die mense wat jou grootste vyande is. Nog ‘n storie van iemand wat sy eie genetika verraai – dit is mos maar wat kanker ook is. Hier is mense die kanker in die samelewing – ek is bevrees ons hele samelewing is deur hierdie kanker deurtrek.

    Ek het al lankal besef, ons oorgawe het lank voor 94 begin – hier is net nog bewyse soos aangehaal uit hierbo: “Vorster het in die hande van Kaunda en die terreurbewegings gespeel en in die tweede helfte van die 1970’s ook die blanke bewind in Rhodesië vir die honde gegooi. Ná Vorster het PW Botha ‘n mate van weerstand teen terroriste gebied” – let wel net ‘n ligte mate want sy bynaam was nie verniet pasela wêna nie. Die chaos het egter al by Vorster begin- wel eintlik voor hom. Dis tydens die hippie era wat die weste se kop hom heeltemal gelos het en ons leef nou maar met die gevolge daarvan saam.

    “De Klerk was toe reeds in toegeemodus, wat spoedig oorgeemodus geword het.” – Toegeemodus in my opinie was maar ne om die mense te paai – die padda wat jy stadig kook en die mense was te onnosel om dit te besef. Weereens het hy tjeks geksryf waarvoor ander mense met hulle grond en lewens moet instaan. Sy dag sal kom.

    • sussie se vissie

      Die huidige Hotel Paloma kentekenend aan wat gebeur as swart kloutjies aan’t stuur van dinge staan.
      Op die tuisfront het 57/0 ‘bakstene’ gekantel en die hand-oppie-hart Reënboog Warriors se polsies bloei.
      Maar wat wou! Soos getroue anusse van Angus is dieselle lot weer aanstons ( en hoopvol ) te sien op Bloem.
      ‘Ons wag immers op die Kaptein’…dan nie?

      • Rooikop

        Ek moes nou eers mooi dink oor die 57/0 bakstene – heelwat later toe ek perongeluk lees van die treumare van die getransformeerde span met die getransformeerde afrigter wat getransformeerde resultate lewer het ek besef waarvan jy praat.

        • sussie se vissie

          ….en die uwe se getransformeerde verskonings om van te kôts.
          Ons handjievol golfers kan maar wakkerloop.
          Apartheid’s giving them an edge.
          Geblinddoek speel aanstons hul voorland.
          Ook Le Closs sy nering voortsit in n bad dryfsand.

          • Rooikop

            Daai lang stok met die klein balletjie heeltemal te moeilik vir my (wel so ook alle balle wat stilstaan of vlieg) Le Clos se speletjie is darem moontlik omdat mens boep ondertoe kan dryf. Al daardie dinge gaan verbode raak soos jy sê.

      • eduard

        Die bokke het hulle gat gesien en vandag is die kerkbanke weer vol.

    • Antonie Geyser

      ja maar chester crocker en die ameraikaanse politieke denke en CIA het sa gesink in die ashoop waarin ons vandag is-n tipe neo-liberatarian anti-‘life’ en ‘community’ saamevoeging en ‘mixing’ van totale verskillende denkwyses

      • Rooikop

        Stem saam maar hy kon dit nie op sy eis gedoen het nie – Vorster en kie het hom gehelp

  • Mr Domestos

    Hmmm… Die masbiekers kon nie wag om van die Portugese ontslae te raak nie. En, steeds kon Portugal nie wag om jaarliks reuse bedrae geld te skenk vir hulpverlening nie en het dit eers verlede jaar (tydelik) gestaak. White guilt? Die wittes is nie goed genoeg nie, maar hul geld kom heel handig te pas.Net soos oom Bob noord van ons. En daar het heelwat blanke boere getrippel daarheen om te boer – leer hul dan niks uit die verlede nie?

  • Iets interessants: In 1974 het ‘n horde toegesak op die kantore van die regering en alle koloniale dokumente is verbrand. Onder die dokumente was die volledige rekord van minerale en geologiese opnames in Mosambiek. Vir dekades het die burgeroorlog enige verdere geologiese opname verhinder. Die enigste ander instansie met ‘n kopie van die oorspronklike opname is die maatskappy Anglo American, en hulle het die institusionele vermoë en geduld om te wag totdat regerings in Afrika eendag by hulle inval, en nie andersom nie.

  • Grondhervorming; Enigeen wat wil weet hoe sal Suid-Afrikaanse landbou uitsien nadat grondhervorming gelei het tot die wegdoen van wit boere, moet na die satellietfote van die gebied in Mosambiek langs die Limpopo rivier op Google Maps gaan kyk. Klein lappies grond, bestaansboerdery, weinige van die mees basiese infrastruktuur soos paaie ens. Ook ‘n absolute ekologiese katastrofe met ontbossing en totale habitat vernietiging vir die meeste spesies wat daar eens was.

    ( https://goo.gl/maps/pifRs9AMowt )