Wat YouTube toelaat en nie toelaat nie

Deel op

Watter tipe video’s word van YouTube afgehaal en om watter rede? Enigeen wat oor dié vraag wonder: jy mag maar ‘n video vertoon van ‘n blanke seuntjie wat aan ‘n galgtou opgehang word.

‘n Ysingwekkende video wat die seuntjie uitbeeld, word steeds sonder ‘n ouderdomsperk en mét advertensies vertoon, in weerwil van die Google-beheerde maatskappy se stappe om ‘n breë spektrum van politieke kommentaar oor die afgelope ses maande as “aanstootlik” te demonetiseer. Dié besondere video het reeds 4,5 miljoen sigte ontvang.

Die rasgelade “liedjie” deur die swart kletsrymer XXXTentacion teen die polisie in die VSA, vertoon ‘n blanke kind wat opgehang word terwyl ‘n swart kind die toneel dophou. Die video vir die liedjie Look at me begin met ‘n skets waarin XXXTentacion ‘n onlus in ‘n skoolklaskamer aanhits voordat ‘n skare ‘n blanke onderwyser begin slaan.

Die onderwyser word met kunsfallusse geslaan terwyl die kletsrymer aangaan oor hoe hy “can’t keep my dick in my pants”.

Die kletsrymer word dan gesien waar hy aan ‘n boom hang terwyl hy na die sterftes of aanrandings op Emmett Till, Philando Castile en Rodney King verwys, asook na die onlangse geweld op Charlottesville.

Die “liedjie” verteenwoordig in wese ‘n lang monoloog teen “rasse-onreg”, maar as die toneel na twee kinders, een blank en een swart, verskuif en XXXTentacion die galgtou om die blanke seuntjie se kop plaas ten einde hom op te hang, is die speletjie oor “geregtigheid” oor. Die klein blanke seuntjie word gewys waar hy stuiptrekkend aan die galgtou sterf terwyl die swart kind boontoe na hom kyk.

Terwyl dit lyk asof XXXTentacion swart plunderaars in Ferguson en Baltimore teregwys omdat hulle winkels stroop met woorde soos “Look at all the stores you wreckin’ – Nigga I reckon – Think about the people who own it for about a second – I know you got your problems but brother they got theirs,” gaan hy voort om moord op polisiebeamptes in reaksie aan te hits, met die volgende kletsryme:

Murder ops
Killing shit
I’d enjoy the thrill of it
Bath in blood of officers
Different corpses, offing them
Auction them
Don’t you bark at them
Murder them

“XXXTentacion se duidelik onopreg-blykende wending na ‘n sosiopolitieke bewussyn gaan waarskynlik min doen om sy koor kritici stil te maak, wat steeds vereis dat hy verantwoordelikheid neem vir sy beweerde gewelddadige optrede en om verantwoordbaarheid vir die inhoud van sy musiek te toon,” meen Uproxx.

Bewerings van huishoudelike geweld het rondom die kletsrymer na vore gekom, nadat hy onlangs van kopstampe, verwurging en vuishoue op sy swanger metgesellin beskuldig is.

Die kletsrymer het op die bewerings van huishoudelike geweld gereageer deur ‘n video vry te stel waarin hy verklaar: ““Everybody that called me a domestic abuser, I’m finna domestically abuse ya’ll little sisters’ pussy from the back”.

Elizabeth Johnston

Intussen het Twitter die skryfster Elizabeth Johnston, wat vir “The Activist Mommy” skryf, verbied weens haar woorde-oorlog met die redakteur van Teen Vogue, Phillip Picardi, wat ‘n artikel gepubliseer het waarin hy die lof van anale seks vir 13-jariges besing.

Nie net het Twitter haar versper nie, maar YouTube laat ook nie toe dat haar videokommentare gemonetiseer word nie. Johnston se sienings oor homoseksualiteit is op die Bybel gegrond. Nadat Picardi in ‘n onlangse uitgawe ‘n gids by anale seks vir tienerjarige meisies gesteun het, was ouers oral om begryplike redes ontsteld en het hul besware getwiet. Picardi se reaksie was om hulle ‘n middelvinger te wys terwyl hy ‘n ander man soen.

Picardi het beswaar gemaak teen Johnston se gebruik van die woord “sodomie”, maar het desnieteenstaande artikels gepubliseer waarin hy jong meisies aanmoedig om dit te beoefen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.