Brief: Die krisisvergadering by Jacaranda FM

Tumi Morake en Martin Bester van Jacaranda FM

Kevin Fine, ruggraatlose stasiebestuurder: “Wat gaan ons aan die situasie doen, mense?”

Tumi Morake, “komediant”, professionele slagoffer en voltydse viswyf: “Watter situasie?”

KF: “Um, jy weet, Tumi, jou, um, uitlatings op die lug gister…..”

TM: “Wat bedoel jy, uitlatings? My uitlatings was die reine waarheid! Blankes is diewe wat gestraf moet word!”

KF (op sy knieë, terwyl hy mik-mik om Morake te aansienlike agterstewe te soen): “Ek is só jammer! Ek bedoel jou pogings om die nasie te bou. Ek is jammer dat ek die indruk mag geskep het dat ek jou onfeilbare woorde bevraagteken het.”

TM: “Jy beter jammer wees! Jy moet onthou, ek is ‘n slagoffer van apartheid. Witmense soos jy het my grond by my gesteel!”

Menslike Hulpbronnebestuurder, wat skepties lyk: “Jou leêr sê jy is in 1981 gebore. Jy was slegs nege toe Mandela vrygelaat is. Apartheid is amptelik geskrap toe jy dertien was. Teen die jare tagtig is baie van die apartheidswette reeds nie meer toegepas nie. Waar is die grond of besittings wat witmense van jou gesteel het, en wie presies was daardie witmense? Jy is ook, volgens jou personeelrekords, ‘n drame-gegradudeerde. Baie witmense het nie die voorreg gehad om universiteit by te woon soos jy nie. Help my gou dus verstaan wat daar presies van jou gesteel is?”

(Pandemonium. Madame Morake beleef ‘n Grace Mugabe-agtige uitbarsting wat oorgaan in geweld. Sy rand die menslike hulpbronnebestuurder met ‘n stoel aan. Skree dat hy ‘n rassis is, terwyl sy hom halfdood slaan met die stoel. Die nooddienste word ontbied om die slagoffer na die hospitaal af te voer, Kevin Fine lek die bloed van die vloer af met sy tong, en soen Madame Morake se skoene. Fine belowe ook om onmiddellik, desnieteenstaande sy beserings, die menslike hulpbronbestuurder agv rassisme te ontslaan, want hy is immers wit. ‘n Hele bottel Johnny Walker Blue Label word bestel om Madame Morake te kalmeer.)

KF: “Ek vra nederig om verskoning, me Morake, dat die menslike hulpbronbestuurder se rassistiese kop in die pad van jou stoel was. Ek hoop darem nie die skade aan jou stoel was te erg nie? Kan ons asb net dink hoe gaan ons die situasie hanteer?”

TM, wat reeds die helfte van die Johnny Walker Blue Label afgesluk het: “Dis eenvoudig. Ons maak soos Spur gemaak het. Ons blameer gewoon maar net die wit rassistiese luisteraars wat in KP-gebiede bly, wat na Jacaranda luister.”

KF: “Daar het wel ‘n boikot van die Spur ontstaan wat tot vandag toe nog aangaan. ‘n Aantal restourante is toegemaak.”

TM: “Dit wys jou net, wit rassisme is vir ewig en ongeneesbaar. En daardie wit varke verdien in elk geval nie om by ‘n restourant te eet nie. Hulle het die konsep van ‘n restourant by swartmense gesteel.”

KF: “Hoe dan gemaak met die boikot, die luisteraars wat ons gaan verloor, en die lokval-inbellers wat jou gaan aanvat?”

TM: “Dis geen probleem nie. Sedert ek my geweldige talente hier kom teentoonstel het, het derduisende van daardie blanke rassiste reeds vertrek en na ander, rassistiese stasies gaan luister. Ons transformeer bloot Jacaranda verder, totdat dit ‘n 100% swart stasie is, deur elke dag in die nuus denkbeeldige stories oor blanke rassisme uit te saai, Jimmy Manyi die stasiebestuurder te maak, en speel niks behalwe R&B-musiek nie.”

KF: “Dit klink na ‘n uitstekende plan! Welgedaan! Ek kry sommer nou vir iemand soos ‘n wafferse Bell Pottinger op die lyn, om ‘n ordentlike haatveldtog teen ons wit luisteraars van stapel te stuur. Ons sal daardie rassiste darem ‘n ding of twee wys! Martin, as iemand wat jy kan hoor wit is inbel, sny hom af. Rian, maak jy asb ‘n punt daarvan om blankes op die lug selfs nog meer te verguis!”

Rian van Heerden: “Jimmy Manyi as stasiebestuurder? Wat gaan dan van jou word, Kevin?”

(Kevin Fine lyk geskok. Hy het nie mooi besef hy is ook nou oppad om getransformeer te word nie.)

TM: “Kevin, Kevin, Kevin. Jy dink sekerlik tog nie jy, as ‘n wit gronddief, kan jou pos wil behou nie? Wie het in elk geval respek vir jou of ‘n ruggraatlose jellievis soos van Tonder by Spur; julle wat bereid is om julle eie mense uit te verkoop? Jy sal jouself moet opoffer wanneer die stasie miljoene in advertensie-inkomste verloor. Jy verwag tog nie dat ‘n swart persoon die sondebok moet wees nie?

‘Take one for the team, Kevin! You’re not a racist, are you?’”

—Jared van Niekerk

Hier is die klankgreep waarin Tumi Morake blykbaar die gewraakte anti-blanke stellings maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.