Soesjikoning Kenny Kunene gee Ramaphosa ‘n sedeles terwyl hy porno publiseer

Kenny Kunene vanoggend by die Johannesburgse Hooggeregshof, besig om met die SAUK, ANN7 en PRAAG te praat. Foto: PRAAG.

Die magstryd binne die Suid-Afrikaanse swart elite is besig om klugtige afmetings aan te neem. Vanoggend by die ingang van die Johannesburgse Hooggeregshof het die pierewaaier Kenny Kunene, wat voorheen soesji vanaf naakte dames af geëet het, aan die media ‘n sedeles aan die adres van Cyril Rampaphosa gerig en geregverdig waarom sy aanlyntydskrif Weekly Xposé, gaan aanhou om die adjunkpresident se privaat e-posse te publiseer.

‘n Beweerde minnares van Ramaphosa, die 29-jarige Natasha Theledi, het blykbaar gereeld pornografiese video’s van haarself aan Cyril Ramaphosa gestuur. Kunene se aanlynpublikasie het sowel van die video’s as uittreksels uit die e-posse gepubliseer, waarna Theledi hom en die tydskrif in die Hooggeregshof vir laster en skending van privaatheid gedagvaar het.

In ‘n kwalik bedekte verwysing na Ramaphosa het Kunene gesê, betreffende sy en Theledi se verhouding: “As jy nie luise wil hê nie, moenie by die honde slaap nie.”

Volgens Kenny Kunene (sien video-onderhoud hier onder), is Ramaphosa die hoof van die Vigsraad en daarom ‘n “Koning van Etiek”. “Nou, as jy getroud is en jy gaan uit met ‘n Koning van Etiek, raak jy ‘n saak van openbare belang. En as jy met die adjunkpresident van enige land uitgaan, word jy ‘n voorwerp van belang. Hoe geheim jy dit ook al wil hou, as dit uitkom, word dit ‘n saak van openbare belang, veral as daardie spesifieke adjunkpresident getroud is. En dit word ‘n daad van huweliksontrou. Dit word ‘n saak van openbare belang. Dit is my siening, en die siening van Weekly Xposé dat, as jy in dié tipe verhouding betrokke raak, dan weet jy wat die gevolge is. Die feit dat daar e-posse was wat spesifiek opgestel is vir kommunikasie in die verhouding sê ook (vir ons) dat die dames bewus was… van die risiko vir hul privaatheid. Dit is die grondslag waarop ons dié (aansoek) teenstaan.”

Elders in die hoofstroommedia, waar Ramaphosa as die establishmentkandidaat steeds beskerm word, is daar gewys op die bande tussen Kunene en die ander bekende swart nasionalis, Andile Mngxitama, wat laas glo die redakteur van die Business Day, Peter Bruce, namens die Guptas met betogings voor sy huis “geteister” het.

Volgens Ranjeni Munusamy van die Sunday Times, bestaan daar ‘n “gemeenskaplike agenda” tussen Mngxitama en Kunene aangesien hulle albei in die naweekhofsitting tien dae gelede teenwoordig was toe Ramaphosa gepoog het om die publikasie van sy e-posse te keer. Op 4 September het sy in dié koerant geskryf:

“Die teenwoordigheid in die hof van Andile Mngxitama en Kenny Kunene, wat met die Gupta-geborgde fopnuusnetwerk gekoppel word, het ‘n gemeenskaplike agenda tussen die staatskapingsnetwerk en die aanval op Ramaphosa onthul.”

Soos wat die magstryd verhewing in aanloop tot die ANC se kongres in Desember 2017, sal nog vuil wasgoed uitkom en die absurde aard van die Suid-Afrikaanse politiek nog verder verhoog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Die enigste nut vir die “struggle” monster is dat dit die ingeboude vermoee het om homself en al sy ondersteuners te vernietig .

  • sussie se vissie

    Moes gaan loer. Isse vroumens ding..sien?
    So spaar julself die ding.
    Lyk kompleet soos n rolbos voor n erdvarkgat.

    • Anton Schutte

      braaf! net die idee om in daai “erdvarkgat” vas te kyk laat my kots

      • Bittereinder

        Soos jou engels my ook laat braak.

  • Anton Schutte

    just remember folks, the Moral Regeneration Movement was placed under the stewardship of one Jacob Gedleyihlekisa Zuma, who was soon to show a wildly swinging moral compass, a predeliction for shoving his member into an unwilling, HIV positive woman, and singularly lacking any understanding of moral behavior. Why would squirrel, kunene or any other savage be any different ? After all, amongst the majority (and also seen in primate troops), ama-leadah’s sexual prowess and conquest is admired.

    • Bittereinder

      Hoekom skryf jy in engels?

      • Anton Schutte

        hoekom nie? Daar is bepaald a groot persentasie van “uitlanders” op die blog wat nie nootwendig Afrikaans as hul eerste (Moedertaal) erken nie. Dink jy dat die ou wat langs jou in die loopgraaf le en skiet gee n donner om oor jou huistaal? Skrik wakker man!

        • Bittereinder

          Wat n flou verskoning! As jy nie eens op hierdie forum, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, Afrikaans wil praat nie, wanneer dan? Moenie bekommerd wees nie, ek wil langs geen kapitulerende apologeet in n loopgraaf lê nie! Terloops, die regte spelling is noodwendig..

          • Anton Schutte

            verkramp tot die bittereinder

          • Bittereinder

            Hoekom is ek nie verras deur jou opmerking nie? Ek het nogal gedink dat dit vir jou makliker sal wees om te etiketeer eerder dan argumenteer. En dis net die bittereinders wat enigsins ooit uit loopgrawe gaan veg. Beslis nie meelopers ens hanskakies nie.

          • Ek is bevrees dat verkramp (of verlig) absoluut niks te make het met die beskerming van-, bevordering van-, of die basiese reg om aan te dring op Afrikaans nie. Jy is nou besig om politieke aspekte te verwar met die bevordering van jou geboortetaal. Sou jou argument water hou, was Skotte en Iere verkramp wat Gallies praat, asook die inwoners van Katelonië en Gallisië in Spanje.

        • En die groot persentasie uitlanders het nog nooit van Google Translate gehoor nie? Of is dit meer korrek dat Afrikaanssprekendes op ‘n Afrikaanse blad eerder Engels moet lees, of andersins, selfs Google Translate gebruik?

          Sou jou selfde argumente gegeld het, sou ‘n soortgelyke Praag in Japan, Rusland, Spanje of Iran in die onderskeie landstale bestaan het?

        • En die groot persentasie uitlanders het nog nooit van Google Translate gehoor nie? Of is dit meer korrek dat Afrikaanssprekendes op ‘n Afrikaanse blad eerder Engels moet lees, of andersins, self Google Translate gebruik?

          Sou jou selfde argumente gegeld het, sou ‘n soortgelyke Praag in Japan, Rusland, Spanje of Iran in die onderskeie landstale bestaan het?

          En dan, sou jou redenasie enigsins water hou, hoekom skryf die oorwegende Engelse nuusmedia in SA dan nie ook maar eerder vir die grooste meerderheid in ons bevolking wat Zulu praat nie?

  • Snaaks hoe daardie “koning van etiek” beginsel nie ook vir Jacob Zuma gegeld het nie waar hy jare voordat hy die president geword het, in sy berugte stort-na-HIV-seks in die hof getuig het na ‘n verkragtingsaanklag.

    Maar dit weet ons reeds, vir sommige geld moraliteit slegs wanneer hulle dit as wapen teen hul opponente kan gebruik. En is dit nie interessant hoe dikwels die voorkoms van sulke selektiewe gedrag wat moraliteit betref ook dan meeval met die insidensie van ‘n bepaalde rassegroepering nie? Hier is ‘n wenk, daardie rasgroepering is nie bekend vir ‘n Calvinistiese lewensbeskouing nie.

    Nee, die credo van die Nuwe Suid-Afrika is, “Wat is daarin vir my, want al wat saakmaak is ek.” en enige metode om

    die maksimum geld met die minste insette te verkry is nie net toelaatbaar nie, maar mits die opbrengs reusagtig is, ook bewonderingswaardig deur die meerderheid van die land se bevolking.

    Wat swart politiek betref, is die enigste verbasing hoe gou dit gebeur, nie wat gebeur nie. Ons weet reeds alles wat gebeur en alles wat gaan gebeur, daardie fliek het ons amper vyftig keer al in amper elke land in Afrika gesien – dis alles dieselfde ou storie ongeag van die daaglikse opskrifte.

    Dis Afrika, dit moet so wees en dit moet gebeur want dis hoe dit werk in Afrika.

    • Dit val my op dat Suid-Afrika ‘n land is waar mense pluk, gryp en plunder vir eie gewin, of jy nou wit of swart is. Elkeen wil dan ook alles, – hoe brutaal ookal, – in die openbare stryd werp om eie of organisasie standpunt as ‘n regverdigbare norm voor te hou. Ek beleef werklik bitter min wie objektief-konstruktief wil saamwerk om benaderings te hersien en tot meer volhoubaarheid te probeer handhaaf en hou. Nou is my vraag weereens, – wetende wat ons weet en op PRAAG beskryf, – doen die blanke Afrikaner werklik enigsins beter?

      • In Kroonstad, waar ek woon, werk die meerderheid blankes vir die staat (Eskom, Transnet, Korruptiewe Dienste, Weermag(loos), SAPS, onderwys.) Hulle is na 20 jaar beter wit Staliniste as wat die swart Staliniste ooit kan droom om te wees. Die wit sakemanne het dikwels baie lonende kontrakte met swart sakemanne wat weer aan Ace Magashule & Zupta (Inc) voorsien en sal tot uiterstes gaan om te verhoed dat hul geldbootjie geskud word. En dan is daar die honderde (of duisende?) arm wittes wat ook op die soustrein van staatstoelae ry. Meeste van hulle het oor dekades geleer dat ‘n ANC-lidmaatskapskaart die toegangsfooi is tot net nog meer staatstoelae.

        Dan is daar plaasboere wat in die georganiseerde landbou is, waar hulle bereid is om gereeld offers te bring aan die swart krokkodil sodat hulle self eers heel laaste opgevreet sal word.

        Ek stel nie belang om daardie spul te probeer red nie. Die Nasionalepartyregering het hul genes wat opstaan en selfstandigheid bepaal oor 48 jaar totaal uitgewis.

        Maar daar is ander plaasboere, jonges en ook wit sakemanne en entrepreneurs. Maar slegs ‘n baie klein groepe. Dit is waarmee ons moet werk.

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!